Binnelandse sake ontken bewerings oor geboorteregistrasies

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

Die departement van binnelandse sake het Woensdag gesê bewerings wat op sosiale media versprei word dat ouers verpligte DNS-toetse moet ondergaan om ʼn geboorte te registreer, is onwaar.

Die departement het gesê ʼn gerug word op sosiale media versprei waarin beweer word dat die departement onlangs verpligte DNS-toetse geïmplementeer het. Die artikel beweer Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het tydens ʼn onderhoud die besonderhede van hierdie kamtige nuwe regulasie bekendgemaak. Volgens die departement is daar nooit so onderhoud met Gigaba gevoer nie.

“Die departement sal amptelike kommunikasieplatforms gebruik om enige veranderinge in beleid aan te kondig of bewusmaking van beleid te skep,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Die departement het dit duidelik gemaak dat die laaste verandering aan regulasies rakende geboortes en sterftes in 2014 aangekondig is. Volgens dié regulasies word ouerskaptoetse slegs van buitelanders aangevra wat aansoek doen vir permanente verblyfstatus in die land en hul kinders saambring om by hulle te bly.

Hierdie regulasie is ook van toepassing wanneer ʼn derde party vaderskap van ʼn kind betwis en versoek dat sy besonderhede op die kind se geboortesertifikaat aangebring word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

M A ·

Oe! Dink net aan al die geleenthede vir korrupsie in daardie geval.

jennefer ·

So het die nederlandse regering duisende uitbetaal as kinder”grant” in Marocco. hehehe, daar was vroue wat sommer elke 6maande n baba gehad het.

KarooKlong ·

Hierdie vooruit skinderstories van regeringskant af het altyd ‘n nadraai. Hou dop.

Francie ·

Oënskynlik ‘n goeie reëling, maar dit kan ook tot baie hartseer lei; die ouers behoort die keuse gegee word. Sou die fasiliteite dit kan hanteer, ek het verstaan selfs hofsake moet uitgestel word agv die werkslading van die labarotoriums?

Grassie ·

Dit sal eintlik ‘n baie goeie doel dien. Volgens ‘n professor wat navorsing op daardie gebied doen is tot soveel as 10% van pappas besig om onwetend ‘n ander ou se kind groot te maak.

KarooKlong ·

Lankal wonder ek hoe kry my buurman dit reg om sulke stout kinders te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.