Binnelandse sake ontken bewerings oor Gupta-tender

Argieffoto: www.rabobank.com

Argieffoto: www.rabobank.com

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, het Maandag bewerings ontken dat ʼn kontrak, wat vier jaar gelede aan VFS Global toegestaan is om visum-ondersteuningsdienste te lewer, onregmatig was en dat die omstrede Gupta-familie glo uit die kontrak voordeel getrek het.

Hy het gesê die departement het VFS Global egter versoek om “soos altyd deursigtig te wees” en die besonderhede van die maatskappy se direkteurskap met hulle te deel.

Apleni het ontken die ooreenkoms is aangegaan met die goedkeuring van die huidige minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba en gesê die ooreenkoms is geteken toe Nkosazana Dlamini-Zuma nog die ministerspos beklee het. “Die korrekte tenderproses is volledig gevolg toe die departement VFS Global aangestel het,” het Apleni gesê.

“Die departement het maatskappye in 2010 uitgenooi om te tender. In hierdie tyd was [Gigaba] nie deel van die departement nie. Ons wil dit egter duidelik maak dit beteken nie daar was enige onreëlmatighede onder minister Gigaba se voorgangers nie.” Apleni het ook beklemtoon VSF Global het kontrakte met 50 ander staatsdepartemente.

Verlede week het die DA se Haniff Hoosen gesê die party het gevind ʼn plaaslike maatskappy, Islandsite Investments, met Duduzane Zuma en Rajesh Gupta as twee van sy direkteure, het voordeel getrek het uit visum-aansoeke wat gedoen is om in Suid-Afrika te reis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

My opinie ·

DEURSIGTIG?? Van wanneer af doen hulle iets openlik en deursigtig?

Anoniem ·

Net nog een ding…Hul moet onthou hul dag gaan kom..hulle gaan nog kruip voor Suid Afrika….God slaap nie…………….

neelsie ·

Hierdie regering het ons eens vooruitstrewende land (wat hulle ge-erf het) nou in n piesangrepubliek laat verval.
Verkoop die land en sy mense aan Gupta om jouself te verryk.
Laat my dink aan die boek Daniel 4;28- 37
Wees gewaarsku–die Almagtige God is in beheer!

alida ·

Hoe naief kan mens wees. Hulle sal dit mos NOOIT erken nie !!!

charmaine ·

Dit sal mos nou niks snaaks wees nie. So alles uit mekaar val noudat hulle gevlug het. Nou is party “Vet Katte” se geld kraantjies bietjie toe of opgedroog.

Yvonne ·

Nog ‘n paragraaf in die verhaal van die Guptafikasie van Suid Afrika!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.