Binnelandse sake Saterdae oop voor kiesersregistrasie

(Argieffoto: Megan Swart/Maroela Media)

Die departement van binnelandse sake gaan sy kantoorure verleng in aanloop tot die kiesersregistrasienaweek wat op 18 en 19 November gehou word.

Kantore van die departement sal nou ook op Saterdag 4 November, asook op Saterdag 11 November vyf uur lank oop wees om mense bykomende kans te gee om hul ID’s en paspoorte te gaan afhaal.

Kantoorure is van 08:00 tot 13:00.

Die bykomende diens wat gelewer word, is egter uitsluitlik vir die afhaal van slim ID-kaarte en paspoorte. Om druk te verlig en lang toue te verkort het die departement by groter kantore ook toegewysde toonbanke beskikbaar gestel waar dié dokumente afgehaal kan word.

Afsprake om dokumente af te haal kan ook aanlyn gedoen word. Diegene wat nie aanlyn ʼn afspraak kan maak nie, kan egter steeds as instap-kliënte gehelp word.

ID-dienste sal ook op kiesersregistrasienaweek by alle kantore van die departement beskikbaar wees en kantoorure sal strook met dié van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sodat kiesers hulle ID’s kan afhaal of vir tydelike ID’s aansoek doen. Tydelike ID’s word dadelik uitgereik en kan gebruik word om vir die verkiesing te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annie ·

Meeste van die nuwe dokumente is vir nuwe burgers. Die storie dat ID dokumente verbrand is of verdwyn het is twak en sy kry ons miljoene nuwe burgers a la migrante.

Gert ·

Sien nie die nut hiervoor nie. Die belasting betalers is reeds in besit van hulle ID dokumente.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.