Binnelandse sake sê oor ‘sekspastoor’ se burgerskap

Timothy Omotoso tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA.

ʼn Beampte van die departement van binnelandse sake was Donderdag by die hooggeregshof in Port Elizabeth en het die Nigeriese pastoor, Timothy Omotoso, met dokumente bedien om te verklaar dat hy ʼn verbode burger in Suid-Afrika is.

Sibulele Boyi, waarnemende streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Omotoso het ʼn aansoek by die departement ingedien om sy verbode burgerskap op te hef. Dié aansoek is van die hand gewys.

Regter Irma Schoeman het die verdediging se aansoek, om die staat te verplig om verdere besonderhede oor die klagstaat te verskaf, verwerp. ʼn Beampte van die departement, begelei deur die Valke-ondersoekbeampte Peter Plaatjies, het Omotoso daarna met die dokumente bedien om dit te onderteken.

Omotoso was aanvanklik huiwerig om die dokumente te onderteken, en het navraag gedoen by sy prokureur. Lidmate van die Jesus Dominion International (JDI)-kerk het Omotoso ook ontmoedig om die dokumente te onderteken.

Omotoso het uiteindelik die dokumente onderteken ná die beampte hom ingelig het dat sy prokureur nie betrokke is in die saak nie. Dit beteken dat Omotoso, wat tereg staan op 63 hoofaanklagte, insluitend mensehandel, verkragting en seksuele aanranding, onwettig in die land is, aldus die departement van binnelandse sake.

Tydens sy eerste aansoek om borgtog in 2017, het die landdroshof in Port Elizabeth die pastoor se borgtog afgekeur, omdat Omotoso ʼn Nigeriër is en oor twee Nigeriese paspoorte beskik. Die hof het ook bevind dat hy nie enige vaste bates in Suid-Afrika het nie, alhoewel hy ses voertuie besit – elkeen ter waarde van meer as R500 000.

Dit het ook aan die lig gekom dat hy “onwettig” in die land woon, nadat daar bepaal is dat minstens een van sy permitte “bedrieglik uitgereik is”, het ʼn immigrasiebeampte in daardie stadium getuig.

Ivan Klaasen, senior immigrasiebeampte, het gesê hy het bevind dat Omotoso oor ses paspoorte beskik, en nie vier nie, soos die hof vroeër gehoor het. Tydens Mei 2000 is ʼn versoek vir agt permitte, insluitend ʼn tydelike verblyfpermit, ingedien. Volgens Klaasen is al dié permitte binne dieselfde dag uitgereik. ʼn Permit wat deur ʼn voormalige beampte van binnelandse sake uitgereik is, is bedrieglik, en die televangelis kom dus in aanmerking vir deportasie.

Omotoso se medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, word daarvan beskuldig dat hulle meisies van oor die land heen gewerf het om seksueel uitgebuit te word.

Hy is op 20 April 2017 by die lughawe in Port Elizabeth in hegtenis geneem deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). Sy borgtog is twee keer afgekeur en hy word as ʼn vlugrisiko beskou. Die vroue is in November 2017 in hegtenis geneem. Hulle is vrygelaat op borgtog van R2 000.

Die saak hervat Vrydag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarel ·

Hoe lank gaan hierdie.saak nog ‘n las vir die SA belastingbetalers wees?

Hanna Hoekom ·

En hulle dink dit gaan hom uit die land uithou? Die ou het geld, baie geld… Deporteer hom en hy is in n kits weer terug in SA. Nigiriers is besig om die lewe vir wetsgehoorsame burgers baie moeilik te maak. Vervalste SA paspoorte is tans n hengse kopseer vir Australie. Net laas week is nege Nigiriers daar aangekeer met “SA paspoorte” in die hand.

Dre ·

…het in my lewe van net kort van 56jr nog nie ‘n eerlike Nigeriër tee gekom nie !

Sarel ·

Klink my hy is besig met ‘n volksplanting hier.
Die Nigieriers is oral… in elke stad en elke dorp op die platteland.

Lientjie ·

Julle kommentare laat my lekker giggel. Ek het nie woorde nie. Eerste keer in my 43 jaar is ek spraakloos. Oee eh eh…

Msp ·

Hoekom noem hulle hom “pastoor” daar word van valse profete gepraat, noem hom eerder ń “false pastoor”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.