Binnelandse sake slaggereed vir kiesersregistrasie-naweek

(Foto: Facebook)

Binnelandse sake se kantore oor die hele land is slaggereed vir die finale kiesersregistrasie-naweek nadat talle Suid-Afrikaners hul identiteitsdokumente (ID’s) betyds gaan afhaal het.

Die komende naweek is Suid-Afrikaners se laaste kans om te registreer vir die algemene verkiesing vanjaar. ’n ID word egter benodig om dit te kan doen.

Siyabonga Cwele, minister van binnelandse sake, het Donderdag alle Suid-Afrikaners bedank wat hul ID’s betyds vir registrasie by binnelandse sake gaan afhaal het. “Dit is duidelik dat ons inderdaad as land kan groei wanneer ons saamwerk. Die reaksie van landsburgers en alle belanghebbendes was wonderlik. Ek is bly dat soveel mense na ons kantore gekom het om hul ID’s te kom afhaal,” het Cwele gesê.

Cwele het ’n beroep op alle landsburgers gedoen om hul ID’s in orde te kry voor die finale kiesersregistrasie-geleentheid hierdie Saterdag en Sondag.

“Ek is heel tevrede dat ons kantore gereed sal wees om ons landsburgers oor die komende naweek te help.”

Volgens Cwele het die getal ID’s wat nog nié by binnelandse sake afgehaal is nie vanjaar verminder, veral in Gauteng. Die getal onafgehaalde ID’s het sedert verlede week van 90 000 na sowat 55 000 gedaal, sê die minister.

Diegene wat nóg nie hul ID’s gaan afhaal het nie hoef egter nie bekommerd te wees nie. Binnelandse sake sal Saterdag en Sondag vanaf 08:00 tot 17:00 oop wees om landsburgers te help met die afhaal van hul ID’s, die verwerking van aansoeke vir ID’s, asook tydelike identifikasiesertifikate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alida ·

Mag ‘n persoon met ‘n lisensie kaart gaan stem en/of registreer? ID verlore?

Marisca ·

Hi Alida, Jy kan ongelukkig nie met jou lisensie kaart nie. Slegs Groen ID, Smart ID of tydelike ID word aanvaar . Nie eers Copies word aanvaar nie,maar Binnelandse sake is oop die naweek so jy kan tydelike ID gaan kry. . Sterkte

zoom zoom ·

Kan ek die kospakkie en T- Hemp saamneem wat ek gekry het as bewys vir wie ek moet stem. Sekerlik tel dit meer punte as ‘n FAKE ID.

Nick ·

Kyk! Stem vir wie julle wil in my 49 jaar het ek nog net gedoen en gelewe soos ek wil. Ek worry nie oor die res nie want hulle wil hulself nie help nie. Stem maar lekker . My lewe is perfek en ek voel n veer vir die res.Afrikaners is te trots om saam te staan so ek het opgegee met my so called afrikaner wees en doen wat ek wil doen. Ek stress nie want my kids is klaar met skool en op hul eie,die lewe is te lekker om nog oor pollitiek te worry!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.