Binnelandse sake steier onder vlugtelingkrisis

(Argieffoto)

Die DA sê hy neem kennis van die departement van binnelandse sake se verklaring dat hy nie die nodige wetlike kundigheid of hulpbronne het om die land se immigrasiewette af te dwing en die soort situasie te voorkom wat veroorsaak het dat honderde vlugtelinge nou al hoe lank by die kantore van die VN se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge in onderskeidelik Kaapstad en Pretoria uitkamp nie.

Twee huiseienaarsverenigings in Pretoria sleep die minister van binnelandse sake, die minister van polisie, die bevelvoerder van die Brooklyn-polisie, die Tshwane-metroraad, die VN se streekskantoor én die betogers hof toe oor die situasie.

Die DA sê die departement van binnelandse sake se onvermoë om die saak te hanteer beteken nou dat daar van die VN en metrorade verwag word om dié departement se werk te doen. Adrian Roos, ʼn DA-LP en lid van die portefeuljekomitee oor binnelandse sake, sê die departement kan nie die probleem alleen oplos nie, maar moet die proses lei.

Die DA sê die departement moet dadelik ʼn veel doeltreffender stelsel in werking stel om te verseker dat vlugtelinge wettig in Suid-Afrika kan bly. Hy moet ook korrupsie in die departement  doeltreffend vasvat.

“Die departement moet verseker dat asielsoekers se dokumente betyds verwerk word en dat vlugtelinge van ekonomiese migrante onderskei word. Deur dít te doen, gaan die departement help verhoed dat buitelanders van Afrika as ʼn groep geteiken word deur dreigemente van geweld van diegene wat hulle as onwettige immigrante beskou,” het Roos gesê.

Hy het gesê dit is jammer dat die huidige xenofobiese krisis vererger word deur die feit dat binnelandse sake nie die kundigheid het om die land se grense te beveilig nie. “Daar is geen bewys dat die peperduur Grensbestuursagentskap kwessies van korrupsie en die gebrek aan dringendheid om ons grens te beveilig, gaan oplos nie. Dit is sleg vir maatskaplike samehorigheid tussen Suid-Afrikaners en buitelanders.”

(Argieffoto)

Roos het gesê die burgemeester van Tshwane, Stevens Mokgalapa, het die oproepe herhaal deur aan die ministers van binnelandse sake en van internasionale betrekkinge, asook die polisie te skryf en te vra dat ongedokumenteerde immigrante en asielsoekers se inligting bygehou word. Diegene wat by misdaad betrokke is, moet vervolg word en waar nodig moet ander gedeporteer word.

“Die verantwoordelikheid om Suid-Afrika se grense te bestuur, asielsoekers te registreer en ongedokumenteerde immigrante te verskuif, bly die verantwoordelikheid van die departement van binnelandse sake en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking.

“Dit is ʼn gedeelde verantwoordelikheid met die polisie om te verseker dat reg en orde gehandhaaf word. Sonder die betrokke departemente en ministers se verbintenis tot dié projek, gaan xenofobie aanhou om ʼn bedreiging te wees in ʼn Suid-Afrika waar burgers voel dat onwettige immigrante onbillike toegang tot geleenthede het,” het Roos gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

???? leser ·

na aanleiding van die laaste foto gepubliseer, peuter hulle sekerlik met die brandkraan

Hendrik ferreira ·

Die DA doen en sê dinge wat duidelik wys dat hulle nie die land se belange eerste stel nie ,hoe kan jy vlugtelinge invat in n land wat reeds stuier onder werkloosheid,armoede en misdaad ,en dan mense wat moet veg vir beskikbare hulpbronne veroordeel vir xenofobiese aanvalle op buitelanders.

Cherokee ·

Hendrik fereirra, wees regverdig asseblief. Hulle het die anc (kleinleters beoog) ondersteun met die geveg teen die ja-stemmers. Die geveg is gewen, deur die ja-stemmers, en ek is seker daarvan hulle (ja-stemmers) kan redes aanvoer waarom hulle oorgegee het. Nou, dink vir jouself, kan die (destydse) ja-stemmers hulle nòu wil afweer? Komaan Hendrik, jy woon in ‘n swart Afrika land waar ons nie meer sê het nie.

Marrietta ·

Vlugtelinge? Van wat vlug hulle af? Ander Afrika lande? Dink hulle dat dit hier, ń ander Afrika land, beter as in hulle land gaan? Hier is al so baie vreemde mense van ander lande dat hierdie land se water gaan op raak en dan wil ek nie die baklei tussen vreemde mense en wettige inwooners sien nie.

Pop ·

Cherokee dis nog ver van volgende verkiesing af. Gaan jy ons nou al irriteer met jou haat vir die DA. Gun mense nou maar hulle keuses. Ons hier in die kaap onder die DA is heel gelukkig dankie.

Schalk ·

Hoekom steier.Klomp onwettiges moes nie hier gewees het nie.Julle het self vals paspoorte uitgereik.Die grens amptenare is oneffektief.Stuur die mense na die ministers se wonings toe.Nkandla kan baie huisves.Zuma kan hul sommer verdere opleiding gee hoe om n land te regeer en terug te bring na oertyd toe.

Feite ·

Die onwettige immigrante kom uit konflik geteisterde afrika lande en bring saam met hulle n hele klomp “dirty tricks”. Hulle het Suid Afrikaners uitoorle, maar ook net tot Suid Afrikaners die tricks agter gekom het, toe strike die popo die fan en nou moet die immigrante vlug!

Leon ·

As dit van die ANC afhang is dit maklik. Gee hulle Suid Afrikaanse burgerskap en ID boeke, onteien ‘n paar wit huise en plase en gee dit vir die klomp en siedaar ons het ons pêlle se se vlugtelinge uitgesorteer.Nog ‘n stukkie skuld van die sogenaamde struggle betaal.

Gert van Wierdapark ·

Dis nie net Binnelandse Sake wat steier en skynbaar amper teen die planke is nie!!! Ons as belastingbetalers steier ook weens die skade wat die a en see in sy regeer po-gings op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak aanrig!!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.