Binnelandse sake verleng bedryfsure ná onderbreking  

(Argieffoto)

Die departement van binnelandse sake gaan sy bedryfsure verleng nadat sy stelsels nou weer aanlyn is.

Die departement se stelsels was Vrydag landwyd aflyn wat beteken het dat die meeste dienste wat deur binnelandse sake gelewer word, nie vir lede van die publiek beskikbaar was nie.

Die departement en staatsinligtingstegnologie-agentskap (Sita) kon intussen daarin slaag om die kabel wat die departement se stelsels met dié van Sita se stelsels verbind te herstel.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het die departement opdrag gegee om sy bedryfsure te verleng ten einde te verseker dat lede van die publiek wat Vrydag die departement se kantore besoek het, wel gehelp word.

Kantore van die departement sal Maandag tot 18:30 oop wees en enige persone wat op dié tyd in die betrokke kantoor is, sal bygestaan word, het Motsoaledi gesê.

Die stelselfout het tot gevolg dat dood-, geboorte- en huweliksertifikate nie uitgereik kon word nie. Handgeskrewe doodsertifikate is egter vir begrafnisdoeleindes uitgereik en lede van die publiek kon steeds hul paspoorte afhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willem Wikkelspies ·

3 keer al deur gery na ‘n ander dorp omdat dit te gevaarlik is om by die tak in ons dorp in ‘n ry te staan.
Elke keer kos dit my tyd af vat by die werk en boonop ‘n ‘lyn-hou’ persoon betaal sodat ek nie heel agter hoef in te val nie!
New ek gedink het sekerlik kan dinge nie nog swakker raak nie verbaas die regering my weereens deur die teendeel te bewys.

3 keer n bloutjie! Vrydag was dag 3 en het steeds nie ‘n aansoek om ‘n ID vir my kind nie.

Wat moet ons volgende doen,, afbrand soos die voorbeeld gestel word deur ander?
Nee, ons kan nie afdaal na hulle ‘vlak’ nie, maar hoe kry mens die boodskap oor dat ons g-vol is?

Nie Verbaas ·

En wie betaal vir die verlengde werksure van die hopeloses? O ja, ons die belastingbetaler betaal alweer vir regering se instandhouding foute.

neegoed ·

Laat ek julle vertel. Ek was Woensdag by Benoni, Delmas en Bronkhorstspruit se Binnelandse Sake, ek was by al 3 kantore weg gewys, (ek moet my ID vervang na ‘n smash & grab en my seun moet sy 1ste ID kry) Rye en rye mense. By Delmas was ek meegedeel dat hulle slegs 30 aansoeke per dag aanvaar en verwerk.
Donerdag is ek terug na Benoni (07:00 al maak hulle eers 08:30 oop) rye en rye. Die vriendelike kar wag het my meegedeel dat teen ‘n koste van R450.00 per persoon kan hulle my en my seun binne 15 min help…?!) ek is van daar na Standerd Bank se Binnelandse Sake in Centurion, daar was slegs 1 klient binne met 2 beamptes. Ek was weg gewys want hulle is besig en vol bespreek EN ek het nie ‘n “Booking” gehad. Toe na Centurion se Binnelandse Sake. Op die oog af nie besig gewees, weereens ‘n vriendelike karwag wat greetig vertel hulle is vol maar teen ‘n koste van R500.00 per persoon kan hulle ons dadelik help. Ek wonder maar net……

NWT ·

Gaan die staatsmptenare vergoed word vir die langer ure se werk. Seker nie.

Swerwer ·

Belaglik. Die kantore is almal in die woonbuurtes waar ‘n mens nie kan gaan nie, want jou lewe is nie veilig nie. As die ANC Kader eendag van hul trone afval en daar weer normaliteit kan geskied dat kantore binne redelike afstand is en nie in die ANC se woonbuurtes nie kan mens maar weer alles op datum bring. Ek is al meer as 3 jaar getroud maar nogsteeds nie my huweliksertifikaat ingedien nie want ek kan beslis nie my lewe weer waag in die ANC gebied nie.

Moedeloos ·

Hul sal 7 dae per week moet begin werk om almal gehelp te kan kry. Tydens covid het die beamptes mos lekker buite in die son gesit en niks doen nie. Plaas hul daai tyd wel die mense gehelp het met aansoeke, al kon jy nie die land verlaat het nie. Maar dis mos lekker om niks te doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.