Binnelandse Sake versoek om dringend dienste te hervat

(Argieffoto)

Die Demokratiese Alliansie het Aaron Motsoaledi, die minister van binnelandse sake versoek om dienste vir identiteitsdokumente, burgerskap, paspoort en huwelike te hervat.

“Dit is eenvoudig nie regverdig dat dienste, waarop burgers grondwetlik geregtig is, van hulle ontneem word net omdat die departement nie alle moontlikhede wil oorweeg nie,” sê Adrian Roos, die DA se skadu- adjunkminister van binnelandse sake, in ʼn verklaring. “Die opening en sluiting van sekere dienste in verskillende stadiums van die afsonderingsperiode is die lui opsie en dit moet vervang word met volhoubare oplossings.”

Angel Khanyile, DA-LP, het onlangs versoek dat die eHomeAffairs-opsie oopgemaak moet word sodat aansoeke deur dié kanaal hanteer kan word. Dit sal dus geen bykomende verkeer veroorsaak na kantore van binnelandse sake nie. “Die minister het egter geen rasionele rede verskaf waarom dié diens gesluit bly nie. Dit moet oopgemaak word sodat ID- en paspoort-aansoeke onmiddellik kan voortgaan.”

Roos sê die DA het ook herhaaldelik versoek dat die kantore van binnelandse sake op Saterdae moet oop wees sodat dit gereserveer kan word vir spesifieke aansoeke. “Daar is egter geen teken van vordering oor gesprekke met vakbonde nie en ʼn algehele gebrek aan dringendheid. Intussen sit personeellede by die huis met volle betaling en burgers kan nie aansoek doen vir dokumente wat hulle benodig om toegang te bekom tot dienste of selfs om aansoek te doen vir werk nie.”

Roos sê dit is ongelooflik dat sommige van dié personeellede nie op ʼn Saterdag kan werk nie of dat gesprekke met vakbonde al twee jaar lank voortduur nie. “Dit is ʼn teken van óf absolute onbevoegdheid óf ʼn absolute gebrek aan politieke wilskrag van die ANC-regering. Voor ʼn diens van enige burger ontneem word, wat ʼn grondwetlike reg is, moet elke moontlike opsie deeglik ondersoek word om dié dienste beskikbaar te hou, selfs al is dit in ʼn verminderde kapasiteit. Die Demokratiese Alliansie sal aanhou baklei vir irrasionele beperkings op die regte van Suid-Afrikaners.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Casper ·

Ek wil net vir die agbare DA die volgende sê.Die vakbonde het die department hof toe gevat oor Saterdae werk en die hof het beslis dat die kantore Saterdae sal toe wees omdat beamptes nie oortyd vergoeding ontvang nie Daai beamptes het ook ‘n privaat lewe buit Binnelandse sake.Hulle will ook naweke rustig saam met families spandeer en na hulle kinders se behoeftes omsien.Ek het self 37 jaar daar gewerk en ek weet onder waste druk klerke verkeer om publiek elke dag klaar te help.Hulle is male sonder tal 6 uur eers uit die kantoor uit I p v 4 uur.Daar is geen ander staatsdepartement wat Saterdae werk nie.

Hennie J ·

As hulle net effens meer spoedeisend, doelgerig, gemotiveerd en akkuraat werk sal dit onnodig wees om ekstra ure te werk

Elize ·

Hulle sit al vir maande by die huis en kry geld. Ek het ook jare terug daar gewerk. In ons tyd was daar nie pandemies nie maar genoeg is nou genoeg!

Blikkies ·

Casper, dae van Saterdag nie werk nie is lankal verby. Ek het ook vir die staat gewerk en sommer partykeer op Sondae ook en sonder addisionele vergoeding of oortyd. Dit was van jou verwag en jy moes werk sodat alles om jou in n werkende toestand kan bly. Klink vir my eerder na n klomp lui mense wat nie regtig trots het vir hulle werk nie.

Anel ·

Op ‘n stadium mies alle staatsamptenare elke 5de Saterdagoggend werk. Niemand get iets daarvan oor gekom nie en niemand was oortyd betaal nie. Die spul word vol betaal om nou al maande by die huis te sit.

Die Wolf ·

Dit is mos lekker om by die huis te sit en salaris te verdien sonder om te werk. Nie gepla dat inkomste nie genereer word nie. Die bome is blykbaar nog vol note. Vra bietjie die vraag hoekom daar van die grootste munisipaliteite slegs beperkte fondse het om hulle salaris rekening te betaal?

Moedeloos ·

Hierdie sluiting van sekere dienste is regtig onnodig. Jy staan ure in die ry net om deur beampte later weggewys te word met ‘COME BACK TOMORROW’ en tomorrow sluit CR die grense. Jy neem verlof maar word nie gehelp nie. Hoekom kan daar nie voortgegaan word met aansoek vir paspoorte nie. veral omdat dit nou vakansie is en kinders saam die ouers die kantore kan besoek. Niemand kan tog nou vir plesier oor die grense nie maar wanneer dit wel oopgemaak word dan het jy jou dokumente.

Casper ·

Moedeloos,daar moet ek jou gelyk gee.As ander dienste gelewer word dan kan paspoortaansoeke ook gedoen word.

Misky ·

Die binnelandse sake kantore is een groot gemors!!!!! Ek het laasjaar November 2 dae verlof geneem om my seun se eerste uitreiking id te gaan doen. Ons is in Durban en was by 5 kantore en kon nerens regkom nie. Of hulle is toe weens Covid (maklikste en flouste verskoning deesdae), of die stelsel is van lyn af, of die scanner werk nie vir vingerafdrukke nie of daar is een of ander probleem. Pateties verby!!!!

Hendrik ·

Ek ondersteun Adriaan Roos in die pleitdooie om binnelandse sake oop te maak. Op hulle beste is hulle nutteloos, maar nou gaan daar niks aan nie.
Hoe binnelandse sake die Chinese se paspoorte en ID dokumente so vinnig kan doen maar burgers wag tot 6 jaar toe om ID dokumente ens te kry. Gee gas Adriaan.

Phillip ·

Hulle werk soos hulle agterente. Believe me….ek.koet gereeld soontoe gaan. Mev Els is n ster daar. Met huwelike inhandig. Maar as sy nie daar is nie dan is dit kortaf ongeskikte behandeling. En juniors word haar senior. Sy is al jare daar. As sy jou help 8s alles.op system volgemde dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.