Bird-eiland: Verslag sê daar is geen bewyse

Mark Minnie. Foto: NB Uitgewers

Wouter de Swardt, ʼn private ondersoeker, het gesê hy is ontsteld oor mediaberigte wat beweer sy ondersoek na die bewerings in die boek Die Seuns van Bird-eiland rakende ʼn pedofielnetwerk in die Port Elizabeth-omgewing “kon beter” gewees het.

De Swardt het twee verslae in opdrag van die Menseregtestigting in Februarie saamgestel oor onder meer die beweerde selfmoord van Mark Minnie, die medeskrywer van Die Seuns van Bird-eiland. Die twee verslae is vroeër vandeesmaand aan mediahuise uitgelek.

In die verslae het De Swardt bevind daar is geen bewyse wat genl. Magnus Malan of Barend du Plessis, oudministers van verdediging en finansies onderskeidelik, kan verbind aan ʼn pedofielnetwerk, wat glo in die 1980’s in die Port Elizabeth-omgewing bestaan het nie.

De Swardt sluit een van sy verslae met ʼn opsomming af en onder die punte wat hy uitlig, sê hy daar is ʼn groot onreg teen Malan se naasbestaandes en Du Plessis en sy gesin, asook die breë publiek gepleeg omdat die boek misleidend is. Hy het verder gesê Malan en Du Plessis se menseregte is geskend in die proses.

Hy volstaan egter met sy standpunt dat ʼn pedofielnetwerk in die 1980’s bestaan het en dat Dave Allen waarskynlik hiermee verbind kan word. John Wiley, destydse minister van omgewingsake, wat ook in die boek met die netwerk verbind word, se naam is nie in De Swardt se opsomming genoem nie.

Seuns van Bird-eiland maak opslae

Maroela Media het verlede jaar berig oor Minnie, ʼn oudspeurder, wat saam met Chris Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, die omstrede boek geskryf het.

Minnie is skaars twee weke ná die boek se bekendstelling op 13 Augustus dood aangetref op ʼn vriend se kleinhoewe in Theescombe aan die buitewyke van Port Elizabeth. Hy het ʼn skietwond in die kop gehad en daar was ʼn vuurwapen langs hom. ʼn Selfmoordbrief is ook op die toneel gevind.

De Swardt het aan Maroela Media gesê hy het alles in sy vermoë gedoen om die beweringe te ondersoek omdat hy die skuldiges in die netwerk wou vastrek.

“Ek het met minstens 14 mense gesels vir die ondersoek en nie een van hulle kon vir my enige getuienis verskaf wat in die hof van krag sou wees nie. Alles was net hoorsê.”

De Swardt sê hy het telkemale vir Steyn gevra om die kontakbesonderhede te verskaf van die dokter, wat na bewering ʼn seun behandel het wat gedurende een van die “visvanguitstappies” geskiet is, maar wag nou nog daarvoor. Hy kon ook nie die kontakbesonderhede van Mnr. X, ʼn beweerde slagoffer, kry by Steyn of joernaliste wat met hom gesels het nie.

“Ek dink dit is ʼn onregverdige en doelbewuste poging om my ondersoek in ʼn swak lig te stel.”

De Swardt sê hy weet die stigting is “baie kwaad” vir hom, maar hy kon net nie langer stilbly oor die “leuens” waarop die Bird-eiland-boek gegrond is nie – daarom het hy besluit om die verslae en sy ondersoek te laat praat.

Hy sê hy het binne ʼn week ná Minnie se dood genoeg forensiese bewyse gehad wat aandui dat Minnie wel sy eie lewe geneem het. De Swardt sê in die verslae Minnie het beplan om sy lewe te beëindig en het breedvoerig oor metodes om dit te doen, opgelees volgens die geskiedenis van sy soektogte op die internet.

Daarna het De Swardt vir William Hart (die skuilnaam vir ʼn getuie in die boek) opgespoor en met hom gesels. “Ek het nog in dieselfde week vir Chris en haar uitgewer gesê hulle het ʼn groot fout gemaak om ʼn boek gegrond op leuens uit te gee. Daarna het hulle glad nie verder met my gepraat nie.”

De Swardt het gesê hy het nog talle vrae oor die bewerings, maar ʼn mens hoef eintlik net vier vrae aan die skrywer Steyn te stel om aantygings in die boek te toets.

“Chris, ek wil steeds weet: Waar is jou getuies? Waar is jou slagoffers? Waar is jou bewyse? En as jy bewyse het, hoekom vat jy nie die mense dan hof toe nie?”

Chris Steyn en Mark Minnie. Foto: NB Uitgewers.

Bird-eiland se skrywer kap terug

Chris Steyn het verlede week aan Maroela Media gesê sy gaan nie verder kommentaar lewer op De Swardt se vrae of aantygings nie.

Steyn het egter aan Rapport gesê De Swardt het in ʼn stadium haar en Minnie se werk geloof.

Sy het tydens ʼn boekbespreking die naweek by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gesê De Swardt se bevindinge het haar verras aangesien hy elke keer ondersteunende boodskappe aan haar gestuur het ná sy deur die voormalige polisiekommissaris genl. Johan van der Merwe uitgedaag is om ʼn poligraaftoets af te lê en die joernalis Jacques Pauw die boek gekritiseer het.

Steyn het verder aangevoer sy wou aanvanklik graag met De Swardt saamwerk, maar hy het skielik net afwysend geword.

Maryna Lamprecht, hoof van Tafelberg Uitgewers se nie-fiksieafdeling, het gesê hulle neem kennis van De Swardt se verslag, maar heg geen waarde aan die inhoud van die verslag nie.

“Dit is deurspek met feitefoute. Die Suid-Afrikaanse polisiediens, onder leiding van brig. Sonja Harri, is besig met ʼn hoëvlakondersoek na die saak en Tafelberg het die volste vertroue in die polisie se ondersoek.”

Yasmin Sooka, uitvoerende direkteur van die Menseregtestigting, het op haar beurt gesê sy is geskok dat De Swardt se verslag aan die media uitgelek is. Die stigting het bevestig dat inligting uit die verslag aan die Wes-Kaapse polisie se eenheid vir kinderbeskerming en seksuele misdrywe oorhandig is vir verdere ondersoeke.

bird-island-magnus-malan

‘Die Seuns van Bird Island’ maak bewerings teen genl. Magnus Malan wat skokgolwe deur die Afrikaanse gemeenskap gestuur het. Foto: En.wikipedia.org.

Magnus Malan se familie eis ʼn verskoning

Genl.maj. Gert Opperman, ʼn woordvoerder van Malan se familie, het intussen aan Maroela Media gesê hulle eis ʼn verskoning van Steyn vir die bewerings wat teen die voormalige hoof van die weermag gemaak is.

“Ons het altyd geweet die aantygings teen Malan was onwaar. Ons vra die skrywer, uitgewer en media wat deelgeneem het aan ʼn smeerveldtog teen genl. Magnus Malan moet om verskoning vra. Die media wat deelgeneem het aan die swartsmeerdery kan gerus nou hulle woorde terugtrek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Johan ·

Die media behoort hulself te skaam vir die lugtyd wat hulle die skaamtelose opportuniste gegee het. Maar enige iets vir sensasie,né?

Ellisras ·

Ek was ‘n oulike baba. MAAR daar is geen bewyse nie. Niemand het dit opgeteken nie. Daar is nie fotos nie. Niemand het ‘n verslag oor dit opgestel nie. Mense wat dit gesien het is al dood. Maar dit is steeds die waarheid.

Annie Webb ·

Nee, Ellisras, dit is nie die waarheid as jy geen bewyse het nie. Dis net jou bewering.

Cherokee ·

Soos Annie sê Ellisras en Madeleine, dit is nie die waarheid net omdat júlle dit graag so sou wou hê nie. Wouters De Swart se vier vrae word dan voor jul deur ook gelê.

Marinda ·

Baie maklik om mense wat al reeds oorlede is en nie hulle self kan verdedig van goed te beskuldig.

Andreas ·

Wat kan mens meer sê buiten dat te wagte was dat Chris Steyn en Maryna Lamprecht so sou reageer. Skaam julle.

Lina Smit ·

Ek het hierdie boek gelees en was glad nie oortuig van die waarheid daarvan nie, en nee, ek het nie konkrete bewyse niks nie, dit was net my gut feeling gewees. Wat ek wel oortuig van was, was dat die manlike skrywer dit eerder n autobiografie oor homself moes gemaak het.

Boy van die Suburbs ·

Van die word go af geweet hierdie is grootste klomp snert wat al ooit gepubliseer is! Saluut Genl. Malan!

Gwen ·

Gaan ons dus voortaan die boek langs werke van Deon Meyer in die fiksieafdeling sien?

Gaitsigubib ·

Gwen ek hoop nie so nie, want fiksie en laster hoor eintlik nie op dieselfde rak nie.

Gaitsigubib ·

Ek kan ongelukkig nie se dat enige idioot geweet het dat die boek se inhoud bloot net sensasie en verdagmakery van die ou regering was nie. Niemand beweer dat hulle vlekkeloos was nie, maar mens kan ook nie net modder slinger in alle rigtings en kyk of dit iewers gaan sit nie!

Tanya ·

Daai mens kan hulle nie self verdedig nie dit is hoekom daar so veel stoories is. Hoe van 1980 tot 2018 met sulke snet uitkom boel man daai seun manne wil iemand die skuld gee nou gee hulle die dooies die skuld gee kom by

Willie ·

Dit het hulle bykans 25 jaar geneem om met die aantygings in die boek vorendag te kom. Hulle sinspeling op sinistêre magte is lagwekkend. Die “powers that be” van die nuwe Suid-Afrika sou die feite met albei hande aangegryp het om die ou NP regering en sy ministers in beskuldiging te plaas en te vervolg tot die fynste letter van die wet. Hierdie skrywers het sensasie gesoek en hul uur in die kollig gekry, maar nou is dit verby.

Niek ·

Die bewering dat die Lugmag kinders sou aanvlieg na die eiland is afgemaak as snert deur die vlieënier wat Malan en du Plessis na die eiland gevlieg het. Daardie spesifiek helikopters het ook altyd drie bemanningslede. Rompslomp en regulasies sou die vlieg van kinders onmoontlik maak. Lugmaghelikopters was deur die Lugmaghoofkwartier getaak om ministers rond te vlieg. Hulle sou glad nie in hulle instruksies die vervoer van onbekende kinders toelaat nie. Miskien moet die skrywer dalk die vloot probeer betrek en beweer die kinders wat per duikboot vervoer. Baie moeiliker om duikbote te sien. Dit is eintlik eenvoudig. Met ‘n lugmaghelikopter is daar net bloot te veel mense wat kan sien wat gebeur. Dit is duidelik dat geen oorweging deur die skrywer gegeë aan die onwaarskynlikheid dat kinders per lugmaghelikopter aangevlieg was nie. Alles is blote bog en ook uiters kwaadwillig.

Annie Webb ·

Juis, Niek. Niemand klim in enige amptelike vervoermiddel van die Weermag (elk geval destyds) sonder dat verskeie amptenare presies weet wie, waarheen, wanneer opstyg, ens. nie. Die hele storie is belaglik as mens hoegenaamd iets weet van die destydse Weermag.

Andreas ·

Maroela, julle noem ook nie dat Chris Steyn gesê het die verslag het nie bevind dat die bewerings nié plaasgevind het nie. Weer ‘n keer, sies vir Chris.

Anon ·

Jy dink nie die hele storie was baie gerieflik net so voor vanjaar se verkiesings nie? Plaas jou in dieselfde posisie, as jy Kaapse nie-blankes wou oortuig om ANC te stem is dit die ideale plan.

Madeleine ·

Goed gestel. Die waarheid bly die waarheid. Daar het baie baie verkeerde dinge in die ou regering gebeur. Daars genoeg bewyse. Ons almal sal rekenskap gee voor God.

Chrisjan ·

Nou waar is die bewyse? Waaroor moet ons nou rekenskap gee? Daar bestaan geen bewyse nie.

Rekenskap ·

maar daar was geen bewyse van hierdie vergrype nie maar julle glo maar al te graag alles wat van die NP gese word? Het jy geweet wat in die ANC strafkampe aangegaan het? En nee ek vergelyk nie die twee nie, ek se net as jy NIE bewyse het nie .. dan kan jy nie ‘n boek skryf en ander se naam beswadder nie .. hulle moet gedagvaar word.

Gaitsigubib ·

Meen jy nou as hulle twak praat dat die rook so trek? Is almal wat hof toe geseep word skuldig of word sommige onskuldig bewys op grond van die feite wat gegee word? Dalk moet jy ook ‘n boek gaan skryf.

Dereck Le Roux ·

Jy hoef nie ‘n kenner te wees om te hoor ‘n gewese soeurder het pub crawling gedoen om die storie ‘n spul leuens te kan skryf nie en ek hoop dat die beskuldigde families ry die skrywers en uirgewers tot by oom Daantjie in die kallerhok en terug.

Ma ·

Ek het my 55 jaar gelede my raakgeloop in so ‘n vuurtjie waar daar ‘n rokie getrek het en hy het ‘n baie groot neus gehad. En ek het nie daai tyd pubcrawling gedoen nie. EK WAS 12, maar saam met my ouers in die kringe beweeg.

Gert Marais ·

Jy kon skaars loop, maar toe doen jy ‘pubcrawling’?

Waarheid kom altyd uit ·

Ek stem met Ma. So bly al die ondergrondse aktiwiteite begin lig sien. Bill Cosby, daai tennis afrigter en en en

Annie Webb ·

Ek glo De Swardt onvoorwaardelik. Tensy Chris Steyn sy “vier vrae” kan antwoord. Chris Steyn het haar joernalistieke loopbaan begin by die Rand Daily Mail, wat hulle totale tyd daaraan gewy het om die destydse NP-regering en almal daarin te verguis. Daarna het sy by soortgelyke publikasies gewerk. Vir mense soos sy, wat hulle lewe daaraan gewy het om die meerderheidsregering wat ons nou het, aan bewind te stel, moet die afgelope 25 jaar se eindelose mislukking en korrupsie ‘n bitter pil wees om te sluk. Sulke mense se enigste verweer is om weer eens gal te braak oor die vorige regime se “vergrype”, dikwels “conspiracy theories” soos dié voëlstr*ntboek, net om hulself te sus dat hulle lewenstaak toe tóg nie ‘n totale mistasting was nie. En sommige van die kommentare hier toon dat dié soort swartsmeerdery van mense wat nie hulself kan verdedig nie, belaglik vir dié wat daar was, tog geglo word deur dié wat nie van beter weet nie. Dieselfde onkundiges wat vandag se politieke korrektheid verwar met waarheid. Ek hoop Steyn maak ‘n geldjie, want watter ander bevrediging sy uit dié storie kan kry, is nie vir my duidelik nie.

Anon ·

Weet jy wie hét die NP uitgewerk. Dis veel meer ingewikkeld as wat jy besef. As jy nie die vuilspel in hierdie hele storie raaksien nie, dan is dit ook seker maar so dat jy nie sal weet dat die Afrikaanse Broederbond agter Nelson Mandela was nie. Mandela is “gegroom” om president te word.

Ma ·

Al ooit Eugene DeKock se boek gelees, “A Long Night ‘s Damage” as told to Jeremy Gordin? Working for the Apartheid STATE. Skokkend waartoe die hulle met bebloede hande blad skud met die wat hul uitstuur om die vuilwerk te doen. Wat skatryk aftrede geniet het terwyl hul handlangers wat hul gewerf het in tronke sit.?? Hulle was tot enige iets in staat.

Gert Marais ·

Ma, so eintlik, jy wat beduie dat jy op 12 jarige ouderdom saam met jou ouers in kringe rondbeweeg het, probeer dit daardeur substansie gee, en maak asof jy sekere informasie het, maar dan verwys jy na Eugene De Kock se boek. Ek het Siener se boek hier, ek kan dit ook vir jou gee om te lees.

IK ·

Kom ons kyk wat rig die SAPD uit met hierdie ‘feitefoute’. Sjoe, om net ‘n verskoning te eis i.p.v. ‘n geldelike eis?

Ma ·

Pandora ‘s Box, hou aan krap die waarheid gaan uitkom. Van die slagoffers leef nog en hulle gaan praat.

Chrisjan ·

Dit is as daar enige slagoffers was. Hoekom het hulle nie lankal vorendag gekom nie. Hierdie is n pot jellierige snot en niks meer nie.

Gaitsigubib ·

Obviously het jy inligting wat die ondersoekbeampte nie van weet nie. Hulle hoef nie te krap nie, jy ken die “slagoffers” so gee net die name. Terloops, weet jy waar koop n mens PCP, ek hoor dis die nuutste ding wat die mense rook?

Waarheid ·

Hoop die families kla die skryfster aan.
Sy het soveel skade aangerig en dit net om te probeer het om vinnig ryk te word.
Kla haar aan.

Domvraag ·

Hoekom is Chris Steyn bang om haar bronne bekend te maak, omdat hulle nie bestaan nie. Het sy nie dieselfde gedoen in die tagtigerjare en toe sy haar “bronne” moes bekend maak toe vlug sy land uit of is dit nie so nie?

LS ·

Die NP van daardie tyd was verseker n spul booswigte in die ergste graad maar hierdie storietjie beskryf gebeure wat wat in die praktyd nooit so sou kon plaasgevind het nie.
Talle praktiese leemtes kan uitgewys word.

BlinkStephaans ·

Ouens ek dink die laaste ding wat enigiemand moet doen is om die bewerings sommer net as ñ pot snot af te maak. As jou brein nie lekker om so ñ gedagte sit beteken dit nie dis ñ pot snot. Hierdie is moeilike en sensitiewe inligting en gebeure met groot rolspelers. Mense waag letterlik hul lewens om met hierdie dinge om te gaan…en dit is juis pot snot reaksies wat maak dat mense nie navore kom. Daar is reeds vooraf besluit hulle is leunaars, so hoekom sal hulle hulself ontbloot. Ek wys geen vingers… maar ons weet almal konings, pous, keisers en heroes se name kom by snaakse plekke op, met bekentenisse. Ons plaas mense op ñ troon en laat iemand net waag iets lelik van hulle sê dan is dit ñ pot snot. Net die feit dat daar sulke bewerings is is reeds ñ bekommernis. Daar is nognie met die regte mense gepraat of name bekend gemaak… want dit is nognie veilig vir hulle om hul gesig te wys.

Liz ·

@BlinkStephaans ek hou van jou kommentaar. Dit kan nie sommer as onsin afgemaak word nie. Ek twyfel of mense hul naam aan n boek sal koppel sonder dat hul seker is v hul feite Ek sou ook bang wees om vorendag te kom as ek n slagoffer was. Ek hoop dat, as dit d waarheid is dit sal uitkom. Niks kan my meer verbaas noe.

Annie Webb ·

“Ma”, soos Chris Steyn maak jy allerlei beweringe. Nie net sonder bewyse nie, maar sonder selfs besonderhede van waarvan jy praat. Eugene de Kock was deel van ‘n spesifieke eenheid wat op onaanvaarbare maniere teen vermeende spioene opgetree het en hy het lang tronkstraf daarvoor uitgedien. Die grootste deel van die regering het hulle egter besig gehou met REGEER en heelwat meer suksesvol as tans. As jy mense van onaanvaarbare praktyke wil beskuldig, kan jy sê “ek het persoonlik gesien/gehoor dat die of daardie amptenaar/afdeling dit of dat gedoen het en dis onaanvaarbaar/immoreel/ teen die wet”. Maar wat jy in dié kommentare kwytraak, maak nie eens sin nie. Die mooi woord daarvoor is “verdagmakery”, maar daar is heelwat meer beledigende maniere om dit te beskryf.

Dries du Toit ·

Magteloos Malan was verseker nie n gunsteling in die geskiedenis van die Afrikaner nie. Ook maar een van FW se trawante MAAR ek glo darem nie dat hy so laakbaar kon wees soos waarvan hy beskuldig word nie. Te dik vir n daalder

Meerkat ·

Nadat almal hul mening gelug het, kom ons kyk ‘n bietjie wie is die nuusgroep wat die storie verbete aan die lewe probeer hou het? Dan die verbintenis met die uitgewers van die “storie”. Enigiets om kasregisters te laat klingel! Ek het tydens hierdie stofstorm my sterk uitgelaat teenoor die finansiële belanghebbendes in die sage. Ek het op tone getrap, en die reaksie van die stokers van die vuur was blitsig op my rug. Ek volstaan dat die eier poeier steeds op die gesigte van samesweerder teoriste gaan beland. @Ma – ek het ook op daardie ouderdom, saam met groot mense in kringe beweeg – nie in kroeë nie, maar op die regte plekke. Ek het die geleentheid gehad om lang ore te kweek, wat my baie deur my jare gehelp het. Hierdie is ‘n volledige sn*tstorie. Uit en gedaan. Restitusie aan die wat onverdedigbaar belaster word, is beslis van pas.

Ruaan ·

Wat n klomp snert reg van die begin af. Ek is amper seker dat die “getuies” wat so goedsmoeds beskerm word, nie n uur se kruisondervraging sal oorleef nie.

jakes ·

Ek het die beskuldiges geken en was vir 12 jaar betrokke by militere operasies. Die sotlike aantygings wat deur Chris Steyn, n “joernalis” gemaak word het geen substansie nie. Sy behoort gedagvaar te word en agter tralies geplaas te word. Waarom skryf sy nie eerder oor die honderde verkragtings wat maandeliks in SA plaasvind nie en noem die groepering wat daarvoor verantwoordelik is nie? Of die die getal gewapende rooftogte, kapings, diefstal deur prominente politisi van die regerende party? Dit is hierdie tipe valse beriggewing wat die geloofwaardigheid van joernaliste in gedrang bring.

wielie ·

Waarom is daar dan nou nie maar van fiktiewe name gebruik gemaak? Dan kon die boek langs Deon Meyer se boek staan. Dan kon ons lekker lees aan n fiksie boek

anton ·

Ai die mense wat sommer alles as bog of waarheid wil afmaak darm!!!
Weet mense waste mag regerings werklik het en wat hulle kan doen en vermag?
En hoe weet ons werklik waarom die getuienisse nie na vore wil kom nie?
Daar is dalk baie meer agter die skerms aan die gang as wat die gewone mens op straat ooit sal van weet!!
En soos Ellisras se, baie dinge is feite/waarheid maar kan nie altyd bewys word nie.
Selfs moord kan so opgemaak word dat dit na selfmoord lyk. Glad nie moeilik nie. Enige iets kan geplant/opgemaak word.
Daar is mense wat daarin spesialiseer.

Spesialis ·

so kom vorendag met die feite en waarhede en bewyse . hoe sal jy voel as jy vals beskuldig word??

Sarel ·

Hoe siek het ons mens nie geword nie. Ons sal enigiets saamflans om die vorige regering in diskridiet te bring. Wat dryf mense tot sulke optredes? Indien , en ek glo van harte dit is net n opgemaakte storie, wonder ek oor die skrywers se motief, dit sal dalk die moeite loon om hul doen en late te ondersoek.

Ma ·

Pub crawling kom van Dereck Le Roux se aanmerking dat die speurder sy inligting vandaar gekry het. Skeur mekaar maar uitmekaar die hond het bloed geruik. Minnni is dood, selfmoord of te nie kyk om jou rond ‘n pedofiel is nie wie jy dit van verwag nie. Tandarts getroud met kinders, Dominee, Dokters ens. Ek wil ook net noem dat Siener gesien het wat jy ook sou sien as jy jou Bybel so goed soos die hy geken het. Jy kan die siening die heel tyd aanpas en nog briewe “ontdek” As jy die koerant of nuus dophou sal jy ook “Sien ” wat op ons almal wag… Maar ‘n profeet kry sy boodskap van God aan sy volk en 100% foutloos, in die kol. Siener die was nie so ‘n profeet nie. OOR EN UIT.

Miemie ·

Geen wonder die een skrywer het toe selfmoord gepleeg nie .. so enigeen kan nou ‘n boek skryf en mense (veral blankes) of oud NP lede van die allerverskrikliste goed beskuldig sodat hulle hulleself nie kan verdedig nie .. die LIBS het hierdie een geniet en alles as ‘n FEIT aanvaar terwyl daar werklik GEEN bewyse was nie . DAGVAAR die ander skrywer …

marous ·

En die hooggeplaaste wat nog leef ? Waarom het hulle hom nie hof toe gesleep nie ? Want hul regsverteenwoordigers het hulle gewaarsku hulle gaan moeilikheid kry . Dan beswadder hulle maar diegene wat nie kan antwoord nie !

Roelf ·

Sê vir ons wie is die Mnr Wouter de Swart
enige agtergrond kennis van ondersoek werk.
Ek sê nie hy in nie opgewasse nie maar hierdie
geval van die eiland is baie ingewikkelder as net
n gewone ander misdaad want met vooraanstaande
persone betrokke of genoem verander die speelveld gevaarlik
baie. Baie vrae bly on beantwoord
ook so met sy ondersoek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.