‘Bird Island’-boek is ‘kwaadwillige propaganda’

bird-island-magnus-malan

‘Die Seuns van Bird Island’ maak bewerings teen genl. Magnus Malan wat skokgolwe deur die Afrikaanse gemeenskap gestuur het. Foto: En.wikipedia.org.

“Verregaande, laakbaar en absoluut ʼn poging om Magnus Malan se naam swart te smeer.”

Dít was genl.maj. Gert Opperman, ʼn oudkollega van genl. Magnus Malan en woordvoerder vir die Malan-familie, se reaksie oor die onthullings wat in die omstrede boek, Die Seuns van Bird Island, gemaak word.

Dié boek beweer dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was. Mark Minnie, ʼn oudspeurder, en Chris Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, beweer in Bird Island dat die destydse polisie-ondersoeke na Malan, ʼn voormalige minister van verdediging, sowel as John Wiley, ʼn voormalige minister van omgewingsake, en ʼn derde minister wat nog leef en wie se naam op regsadvies weerhou word, se betrokkenheid glo verhoed en toegesmeer is.

“Ek beskou die aantygings teen Malan as bitter onregverdig, veral in die lig dat dit nou teen hom gemaak is terwyl hy nie meer daar is om homself te verdedig nie,” het Opperman gesê.

Volgens aantygings in die boek het die ministers jong bruin seuns na die Birdeiland naby Port Elizabeth gelok met beloftes van werk en duiklesse en daar met hulle gelol. Twee van die seuns het glo nooit teruggekeer van die eiland nie.

gert-opperman

Genl.maj. Gert Opperman, ʼn oudkollega van genl. Magnus Malan en woordvoerder vir die Malan-familie, het gesê die aantygings is bitter onregverdig. Foto: Facebook.

“Familie, vriende en oudkollegas van Malan is geskok. Ons almal beskou dit as kwaadwillige propaganda. Die manier waarop hy in hierdie boek voorgehou word, is nie die manier waarop ons almal hom geken het nie. Hy was ʼn voorbeeld vir almal met wie hy te doen gekry het. Ek onthou hom as ʼn gelowige en opregte mens.”

Opperman het gesê die eerste keer dat die familie nog ooit van dié aantygings van pedofilie gehoor het, was nadat die Sondagkoerante die nuus oor die boek se uitreiking geplaas het.

“Nóg die koerante nóg die uitgewery het eens die ordentlikheid aan die dag gelê om die familie vir kommentaar te nader voordat hulle die boek se aantygings bekend gemaak het.

“Dit was vir die familie ʼn geweldige skok en teleurstelling om so van dié nuus te hoor. ʼn Mens kan maar net bespiegel oor die motiewe van die mense wat die boek geskryf het.

“Ek kan net sê die familie en sy oudkollegas in die weermag en politiek verwerp die aantygings in geheel,” het Opperman gesê.

Hy het gesê hy wil nie die familie se optrede vooruitloop nie en kon nie bevestig of hulle wel verdere regstappe oorweeg nie.

Wiley en David Allan, ʼn skatryk vrygesel-sakeman en polisiereservis van Port Elizabeth, wat na bewering ook by die misdade betrokke was, het hulself albei vermoedelik om die lewe gebring. In die boek word daar ook bewerings gemaak dat hulle moontlik in opdrag van die ministers vermoor is omdat hulle glo inligting gehad het wat die staat erg in die verleentheid kon stel.

bird-eiland-lugfoto

’n Lugfoto van Birdeiland naby Port Elizabeth. Foto: Thecasualobserver.co.za

Dié onthullings het ʼn skokgolf Sondag deur die Afrikaanse gemeenskap gestuur met talle mense wat Malan verdedig het en die aantygings as loutere snert afmaak terwyl ander weer oor die moontlike waarheid daarvan bespiegel het.

Opperman wou geen kommentaar op die feitelike bewerings in die boek lewer nie, maar het gesê hy is sedert die uitreiking van die boek en nuusberigte oor die aantygings in die boek oorval deur oproepe van oudkollegas en voormalige weermaglede wat hulle misnoeë oor die boek uitgespreek het.

Maroela Media het Tafelberg-Uitgewers en die skrywer Chris Steyn genader vir kommentaar vir ʼn opvolgberig oor Die Seuns van Bird Island. Die artikel sal binnekort ook op Maroela Media geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

114 Kommentare

Paul ·

Kom ek vra so, diegene wat enigsins in sulke skrywes soos hierdie geïnteresseerd is en belangstel om dit te lees, wat maak jy nou as jy ‘n ent weg gelees het en besef dit is nie vir jou nie, jy moes die boek in die eerste instansie nie eens gekoop het nie, of as jy die boek klaar gelees het, sit jy die terug op die rak, of gooi jy dit weg?

Willem ·

Per die artikel hierbo word daar in die boek bespiegel dat Wiley en Allen, wat na bewering ook betrokke was, of hulself om die lewe gebring het of dat hulle in opdrag deur ministers vermoor is. Wat se raaiwerk is dit, en dan moet mens dit glo?

Benadé ·

Lees die boek. Dit sal al jou vrae beantwoord. Onderhoude is gevoer met voormalige BSB / Polisietaakmag-lede wat verduidelik wie het die mag om die moord van ‘n kabinetslid goed te keur, wat die opsies was i.t.v eenhede wat dit kon sou uitvoer…sonder dat daar nie vrae gevra sal word nie…

Benadé ·

….en hulle het. Daar’s heelwat wat nie in die boek is nie. Jy bêre you aces vir laaste…

Benadé ·

Daar is onderhoude gevoer met voormalige BSB / Sekuriteitspolisie- lede: Wie het die mag om ‘n moord op ‘n kabinetslid te beveel, en watter eenhede sou hy kon gebruik sonder dat vrae gevra word…

Paul ·

Ek was middel jare 70’s by ‘n instansie werksaam. Op die direksie was ‘n persoon wat baie hoog op in die Staat se strukture was, hy was nie ‘n minister of ‘n parlementslid nie. As hy daar met ‘n direksie vergadering was, was dit my taak om hom by die Kaapse lughawe te gaan haal en na die vergadering weer terug te besorg. Op sy versoek het ek hom dan ook op ‘n keer of so na ‘n koelkamer-gebou op die lughawe geneem waar hy ‘n groot boks kreefsterte in ontvangs geneem het. Dit is mos niks snaaks nie. Ek self het dikwels in Houtbaai by Snoekies vir myself soortgelyke items gaan koop.

So het ons hier en daar ‘n paar woorde in die kar gesels, dit was ‘n Ford Granada Ghia, en waar ons een oggend in Kaapstad in een van die strate gery het, op pad terug na die lughawe, beloer hy die mense op die sypaadjie en vra my hoe ken ons die verskil tussen die bruin mense en onsself uit. Gaats dit was nogal snaaks, maar nie werklik vreemd nie, want hy was van die Transvaal af. Ek kan nie onthou wat my presiese antwoord was nie, maar ek kan onthou dat ek beduie het dat die kleur so ‘n skakering donkerder kan wees, dit is nou op die oog af.

Nou waarom vertel ek dit? Net om te beduie ek kon die storie anders vertel en bespiegel het oor waarom hy daardie vraag gevra het.

Willem ·

Benade, jy bêre nie jou aces vir laaste nie, jy maak soos Jacques Pauw, jy maak seker van jou feite en plant die doodskoot. Dit is nie ‘n vervolgverhaal en moggetroffe nie.

Andreas Meyer ·

Dat hulle die nog lewende persoon se naam nie wil noem nie is alles wat jy moet weet. Wat dit beteken is dat hulle nie bewyse het nie, maar slegs op gerugte kon staat maak.

Platbek padda ·

Natuurlik sal familie en oud kollegas dit ‘ten sterkste’ ontken. Natuuuuurlik.

De Villiers ·

Dis tog altyd ironies dat sulke aantygings en beskuldigings gemaak word teen ‘n bekende persoon indien hy nie meer daar is nie. So bv. het ‘n ene Hamilton Naki beweer dat hý die eerste hartoorplanting gedoen het terwyl Chris Barnard hom net geassisteer het.

Nettie ·

@De Villiers – ja-nee, want ‘n dooi’ man kan nie praat nie. En hoe sit dié “Chris” Steyn gist’raand nie en krokodiltrane uitPERS uit die ooglidjies tydens haar onderhoud met die joernalis nie …….

Shame, sy kry seker die ‘arme bloedjies’ van Voëleiland baie jammer. Seker ter wille van politieke korrektheid ……

Benadé ·

Jy’s reg, sy kry die “arme bloedjies” van Voëleiland baoe jammer. Hulle was kinders.

Benade ·

@Nettie, die seun wat in die hospitaal opeindig was wit. Nou sal jy ook seker ‘die arme bloedjie’ jammer kry.
Hulle was kinders. As ek jou kind skop, wat sal jou “polities korrekte” reaksie wees?

Dereck Le Roux ·

Ons moenie ooit uit die oog verloor dat sulke bewerings saamgaan met die wit haatveldtog waaraan swart politici en die swart politieke elite lustig deelneem om haatspraak teen witmense te regverdig as vryheid van spraak om vervolging teen hulle te ontwyk.

Lerato ·

Die Malan gesin moet die krywers en uitgewers dagvaar. Dan sal die waarheid uitkom.

Mens wonder , indien wel, waarom die skrywers soiets uit hulle duime sou suig

Ellisras ·

Dalk moet die Malan gesin doodstil bly dat daar nie nog waarheid uitkom nie.

hendrik ·

Lerato, vir politiek en propaganda want die ANC se rok begin nou baie vinnig uithang. Vir dekades moes die Afrikaner hoor dat hy n verkragter en moordenaars is en was maar “birdisland” wys ons hoe belaglik hierdie swartsmeerders is. Pateties!

Amelia ·

Agh bog. Volgende gan ons hoor dat hulle Gert van Rooyen se handlangers was.

Johann cb ·

Hi Amelia, daar is alreeds ‘n moontlike verband opgediep! Dit is nou volgens ‘n Afrikaanse radiostasie vanoggend…

Harrie1501 ·

Is dit nie ironies dat die heilige en goeie mense van wie mens dit nooit sou verwag het altyd by dié tipe van dinge betrokke is nie.Kyk maar na die geskiedenis die afgelope paar jaar.Elke mens het ‘n donker kant wat weerhou word van familie en vriende.Ek kan nie dink dat joernaliste kwaadwillig so iets uit hulle duim sal suig nie.Ek voel jammer vir die familie vd beskuldigdes.Maar dit sal goed wees as die waarheid aan die lig kom.Niks en niemamd in hierdie wêreld is vanselfsprekend heilig nie.

Domvraag ·

Ag Herrie is jy wragtig só naief? Hoekom is die bewerings nie gedoen toe Magnus nog gelewe het nie? Hierdie is liberale wat die witman se beeld probeer vernietig. Bang gatte want hoekom sè die skrywer nie wie die derde persoon is wat nog lewe nie,. Laakbaar Chris Sreyn

TLC ·

Regtig ek weet darm nie mooi nie Hkm het die “seuns” nie self met hul storie uitgekom nie
Dit is so bietjie verregaande van hulle moet sekerlik nog leef
Dalk die skryfster wat nie rerig kan skryf nie nou suig sy duim
Voor jul my slag dis maar weer net n gedagte

Slappe ·

En di helikoper het op “auto pilot” op di eiland gekom… Waar is di vlienier(s) en boortegnici en hoekom praat hulle ni daaroor ni?
Bog, twak en onsin – met apologie aan Staal Burger (Afrikaanse radiodiens – 1960)

Klara ·

Dis hoekom ons elke dag só moet lewe (veral in hierdie dae) dat mense wat jou ken in ‘n geval soos hierdie sonder huiwering sal sê: “Hierdie is smerige leuens wat ek nooit sal glo nie, want ek kén daardie man.”

A ·

As dit wel gebeur dan moes een van daai seuns nou al gepraat het

PLP ·

Snaaks die waarheid word altyd afgemaak as goedkoop propaganda

Ria ·

Hmmm…wonder wie is die minister wie se naam nie genoem mag word nie…lol…Loutere snert man…

Chris du preez ·

Ek glo die storie glad nie. Ek was n generaal drywer vir genl.Malan 1974/75 in my diensplig tydperk en onthou hom as n nederige gelowige en opregte mens.

Ellisras ·

Presies wat Die Valke en Nasionale Intelligensie gesê het van The Presidents Keepers. Dit is twak en ons gaan jou hof toe sleep.
Die skrywers het BEWYSE.
Sleep gerus die mense hof toe. Dat die bewyse kan uitkom. En daar het na die boek verskyn het nuwe getuienis na vore gekom. Hou die spasie dop.

M ·

Waar daar n rokie is…. is daar gewoonlik ( nie altyd) n vuurtjie. Jammer vd familie ; maar n skrywer sal nie sommer n boek skryf met geen bewyse nie. Hul ( en uitgewer ) het te veel om te verloor.
Indien waar, is dit absoluut skokkend!! Onskuldige seuns. God sal eendag almal oordeel volgens dade.
En… iemand vra hoekom het die seuns nie uitgekom het nie…. mmmm…. bruin seuntjies in apartheid regime… kom ons dink…. wats die kans iemand sou luister….

Bewyse ·

Is daar enige bewyse wat hulle voorle in die boek of is dit nou weer net hoorse. Fakenews!!

Ria ·

Glo dit nie…Wonder wie is die sogenaamde minister wie se naam nie genoem mag word nie…lol…Ria

Alta ·

Ek dink dis ‘n spul snert…Mense moor en slag renosters om geld te maak…Waarom sal iemand nie ‘n boek skryf om geld te maak nie? Dis ‘n skande om dooie mense van sulke dinge te beskuldig! Ek stem saam met die vorige kommentaar…Waarom praat die sogenaamde “seuns ” dan nie… Of gaan iemand dalk nou gefabriseer word ,wat kan praat namens hulle?

wilma ·

PLP – Dit blyk uit jou kommentaar dat jy dalk weet wat die waarheid is?

JC ·

Laakbaar, verregaande en ‘n grootse poging van die HSMedia kompleks om, nadat hulle besef hul dekades-lange propaganda stryd teen die Afrikaner is besig om omgekeer te word en uitgewys te word vir DIE LEUEN wat dit nog ALTYD was; om ‘n laaste desperate poging aan te wend om die edele en opregte karakter van ons volk wat aan’t rys is aan te val. Dankie.

Charles ·

Laakbaar, verregaande en ‘n grootse poging van die HSMedia kompleks om, nadat hulle besef hul dekades-lange propaganda stryd teen die Afrikaner is besig om omgekeer te word en uitgewys te word vir DIE LEUEN wat dit nog ALTYD was; ‘n laaste desperate poging aan te wend om die edele en opregte karakter van ons volk, wat WEER aan’t rys is, aan te val.

adriana ·

Totale propaganda en ek hoop die skrywers en mede-skrywers word gedagvaar tot by oom Daantjie in die kallerhok. Hoe desperaat moet jy wees wanneer jy sulke klomp snert verkoop. Hoop die ouens wat die boek lees kom agter dit is ‘n klomp bog.
Hierdie skrywers het seker erens ‘n bloutjie geloop en kon nog nie daarmee vrede maak nie.
Ek is seker wat hulle nou gesaai het hulle ook sal maai.

Msp ·

Soos altyd kry hulle nie genoeg nuus nie dan krap hulle nonsens uit. Soos ek al voorheen gesê het, die media is die blankes se ondergang. Ek koop nie meer die koerante nie juis omdat ek nie sodoende hulle wil sterk in hul kwaad nie.

John ·

Van gesiene kerkmanne tot ouers en grootouers tot onderwysers tot sportsterre tot politici… het al in duiwel se val getrap. Ontkenning is natuurlik die eerste reaksie van familie, wat natuurlik is. Afrikaners word deesdae geteer en veer oor grond en nou hul seksuele gedrag. Die volk ly weens iemand of ‘n paar mense se ongure gedrag en dit word uitgebuit. Pes en hongersnood het Israel laat ly en koning Dawid se misdrywe was die rede. Leiers kan ‘n volk lei of laat ly.

respekloos ·

Ek was in die Weermag in daardie tyd en het die grootste respek vir Genl Magnus Malan gehad en het dit nog steeds. Ook familie van my wat in die Weermag was en hom persoonlik geken het – het respek vir hom.
So ek weet nie waar kom die mense aan hierdie twak nie. Ook nie eers met die familie gepraat nie?
Wys jou die integriteit van die skrywers. En daar is die antwoord. Integriteitloos en woeps weg is die respek vir die skrywers.

SjN ·

Wat n pot bollie, hoekom nou eers n boek skryf na sy afsterwe, die een wat nog lewe kan seker sy kant van die saak stel indien moontlik.

Mickey ·

Toe e nuus berig het oor hierdie boek het die dame wat oor die boek gepraat het haarself 2 keer verspreek. Ek het dadelik begin twyfel of die boek die waarheid praat. Op watse feite is die boek gebaseer??? En hoekom nou dat iemand homself nie meer kan verdedig nie. Liewe skrywer hier is baie baie dinge in hierdie land waaroor n boek geskryf kan word wat ware feite is. (Hoop maar julle het julle huiswerk deeglik gedoen want as dit false bewerings op hoor sê is is daar baie mense en geliefdes wat seer gemaak kan word)

leser ·

‘ñ woordjie aan alle hoë bome, om teleurstelling of aantygings in familie en kennise kringe te voorkom, krap die geraamtes nou uit en kry jou naam skoon voor jy dood gaan

Naas ·

Die probleem is dat ‘n mens die skrywers en uitgewer R280 moet betaal om die boek te lees voor jy kan besluit of daar dalk bewyse is. Ek wil dit beslis nie doen net om tot die slotsom te kom dat dit ‘n spul twak is nie.

Kiet ·

Die kort aanhaling wat ek gelees het, is ‘n sieklike, vieslike, smerige gemors. Ek glo nie een enkele woord daarvan nie. Spaar jouself geld en die verotting van vuil leuens. Hierdie is polities-gemotiveerd, om haat aan te blaas.

Marius Viviers ·

Ek glo niks van wat ook al in die boek geskryf is nie. Snert en ‘n gelieg is al wat deesdae verkoop.

Anoniem ·

Wat wil die skrywers van die boek bereik? Volgens hulle was ‘n derde minister wat vandag nog lewe betrokke daarby, hoekom teiken hulle hom dan nie, hy kan immers nog vervolg word indien die stories waar is, hoekom iemand wat al jare gelede oorlede is nou beswadder? Ek wed daarop dat hulle nooit sy naam sal noem nie, want dis ‘n wolhaar storie.

Naar ·

Hulle wil emosionele vure aanblaas om politieke doelwitte te bereik.

bollie ·

Dit is totaal ‘n pot bollie SjN. Daar is soveel dinge wat nie sin maak nie.
Hulle het dit totaal uit hulle duime uit gesuig en dan glo hulle dit nog boonop!~
My genade tog.
Sleep hulle asb tog hof toe.

wilma ·

PLP – Uit jou kommentaar blyk dit dat jy weet wat die waarheid is?

Daan Erasmus ·

Presies. Markus Jooste het ook as ‘n eerlike hardwerkende ou voorgekom.
As dit so maklik was het ons ‘n leërskare van mense gekry wat die strate gepatrolleer het en die goeie en slegte ouens uitgewys het. Die sigbare slegtes as voorsorg in die tronk gestop. En siedaar. Alles loop reg.

Sonjal ·

Ek glo dit… rede net soos die ANC het die apartheidsregering geld gemors! Alles is ook onder die mat ingevee. Hoe lyk ‘n person want met kinders lol. Lyk hulle anders? Wat se beroepe doen hulle? Waar ‘n rookie is is n vuurtjie? ek glo hulle het feite, anders sal daar nie ‘n boek gewees het nie. Net soos in ons apartheidsregering was daar baie skandale gaan lees dit op. Mens moet miskien net verder gaan lees en kyk, hulle was nie engeltjies nie. ek is net jammer kinder se lewens is verseker vernietig of dit liggaamlik of geestelik is. Ek sal die boek wil lees.

Lindie ·

Ons weet vandag nog nie wat Met Die helderberg gebeur het nie, wat ons wel weet dinge is nie pluis nie, en is toegesmeer! Wat van Die Smith moorde? Dit is ook op regerings vlak toegesmeer. Wat van Die Van Rooyen kinders? Ek glo soos jy Sonjal, dat ons nog gaan sidder oor dinge van Die apartheid’s jare wat toegesmeer is. “Stille water, diepe grond, onder draai die duiwel rond…”

Daan Erasmus ·

Daar is met een van die skrywers op Kyknet gepraat. Die 2 skrywers het ONAFHANKLIK begin skryf. Vreeslik moeilik om dinge uit jou duim te suig en dan is dit presies dieselfde.

Faan ·

Sê wie? Hoogs eienaardig dat hulle na soveel jaar nou eensklaps gelyktydig “onafhanklik” begin skryf… Onafhanklik, ja, met dieselfde politieke doelwit en oogmerk wat spruit uit dieselfde bron van oorsprong.

Skade ·

Ek kan net my kop skud vir die skade wat hierdie skrywer aan families rig.
Lanklaas soveel bog teegekom.
Groot gaan die trane wees indien dit nie gestaaf kan word nie – en dit gaan nie want dit is nie waar nie.
O wee!!

Paul ·

Wat ek graag wil weet, is dit reg dat mens oor al die moontlikede in ‘n boek bespiegel, soos bv dat hulle hulself om die lewe gebring het of dat hulle in opdrag van ander ministers vermoor is. Wat se skrywe en bewerings is dit? Raaiwerk? Goeie genade.

Ben ·

Dis jammer die ‘skrywer’ kon niks beters uitdink om oor te skryf nie.

Strooi ·

Hoekom het nie een van hulle voor die TRC verskyn wat in elk geval eensydig was.Daar was meer as genoeg tyd vir hulle.

Grootste Gevaar ·

Ja die media is ons grootste gevaar – dit is ‘n feit.

Grotman ·

Birdeiland lyk nie vir my werklik na veel nie en werklik ook nie na die regte plek waar so iets sou kon gebeur nie. Die is vals nuus! En dit gaan net oor geld. Jaag die skrywers voor die hof en weeg hulle op die skaal. Klug en propoganda…

Oud Weermag Lid ·

Ek was in die Weermag en het hierdie man geken.
Wat julle skryf is ‘n skande.
Ek hoop julle kry skaam.

Propaganda ·

Totale Propaganda..
Pottinger?
Miskien moet die skrywer ondersoek word?
Hoop die Malan familie doen dit.

Egtheid Ontbreek ·

Ek wonder wat het die ‘skrywer’ vir S A beteken behalwe kwaadwillige propaganda versprei.

henk ·

Ek wonder waarom die familie nie geken was in die saak nie?
Kon seker nie die familie in die oe kyk nie.

Gertjie ·

Dit is baie snaaks dat die inligting en boek nou na die dood van Magnus Malan na vore kom.
Ek vind dit kwaadwillig! Hy kan hom self nie eers verdedig of sy kant stel nie!

Adam ·

Indien so storie destyds die lig sou sien was die skrywers vandag nie meer met ons nie. Daar is heelwat hieroor bespiegel agter geslote deure, so hou maar die spasie dop.

Johann cb ·

Ek kan nogal glo dat die aantygings waar is! Gedurende die genoemde tydperk het ek in Port Elizabeth se middestad gewerk en gereeld die “executive” helikopter(s) gehoor en gesien! Daar was baie aktiwiteit by Bird Island en het gewoon deurgegaan as “weermag besigheid”! Het mens nogal laat wonder! Nou word die gerugte, wat destyd as snert afgemaak is in die media, bevestig!

Dw ·

Belaglike afleiding wat jy maak net omdat jy ń chopper sien vlieg het . Lol

JoeV ·

Jammer ons het nou nie name van die slagoffers nie, sou dalk help om tydens kruis ondervraaging te kon bepaal of daar enige waarheid in die storie is,
Dit klink om die minste te sê a baie swak poging om beledigende propaganda te versprei!

JoeV ·

En die probleem met propaganda is, die wat dit moet glo, hulle glo dit wel, al sit jy die bewyse voor hom neer!

Ans ·

Hulle het opgelos in die lug. Al verskyn “hulle” ook in lewende lywe, hoe kan dooies hulleself verdedig as enigeen oor hulle lieg? For that matter kan ek ook nou ‘n storie uitdink en publiseer oor enige mens wat lankal dood en begrawe is. Dalk is een van die doelstellings om die Afrikaner se voorvadergees skade te berokken…ingeval hy sou terugkom om Afrikaners te lei…soos Delarey…

marous ·

1978 Ovamboland – Radio boodskap dat ons nie mag terugkom basis toe nie . Moet nog twee dae sit en swets sonder rantsoene . Twee Freelons vlieg oor ons koppe. Twee dae later moet ons half gevreete kreefsterte en drankbottels optel. Vind ons drinkwater swembadjie vol seep en vrouens onderklere . Al die basis personeel ook uitgejaag. S/ Majoor moes kroegman speel vir lourier pette en das draers . Hy was duidelik tot in sy fondament geskok. Nooit name gehoor maar dit is die waarheid. 1989 – Greeffswald Shasi samevloei . Knetter geweervuur hele nag . Volgende oggend vroeg moet ons gaan gat grawe om hoop dooie klipspringers , muskuljaat katte en selfs nagapies wat flenters geskiet is te begrawe. Een half dronk kuifkop sit by die lapa en probeer onsamehangend iets aan ons beduie. Hy was een van die grootste kannone in die ministerie . Die middag kom ‘n gevolg na die swembad wat uit klip gekap is by McGreggors rock te kyk . Ons word verskreeu om in die hoenderhokke te gaan sit. Geel pette waar jy kyk . Dis ook die waarheid.

Nuuskierig ·

So julle het met die oë gesien die Eiland was daar Vir Pret en plesier soos dit hulle behaag het.

Kloekie ·

Ek sal dit glo as daar n hofsaak gemaak word deur die seuns. Soos met Bob Hewitt. Sodat almal betrokke in hof kan getuig en deur n onafhanklike?? Regter geoordeel word.

Cherokee ·

Lees die kommentare en let op die enkeles wat smeek vir ‘n skinderstorie om oor te vertel en dit so graag wil glo. Dit herinner aan die snert wat destyds vertel is oor Eugene Terre’Blanche.

leser ·

daar kom van rooyen en sy ministers bymekaar op die nuus, sa nuus sal seker nie twak praat nie

Nuuskierig ·

Geen wonder die vermiste 6 meisiekinders kon nooit opgespoor word nie. Sodra daar n positiewe leidraad was word ondersoek beampte verplaas na n ander afdeling toe en SAP het opdrag gegee van Rooyen moes veras word ASAP alles begin nou sin maak

Troep ·

Die media praat die grootste twak.Onthou Pottinger.Nou is hulle bankrot.
Grootste skinderstorie ooit.
En o ja ek was deel van die Grensoorlog en was nie een dag spyt nie.

Mimi ·

Ek glo absoluut wat die skrywers sê! Daar was en is baie bullebakke wat hoog heilig vooor in die kerk sit. Het jy nou al ooit n pedofiel gesien wat met n bord om sy nek adverteer dat hy n pedofiel is ??? Die feit dat die mense wat die sogenaamde wonderlike, nederige ministers geken het as soo goed soos goud….is presies wat sulke bedrieers doen!…. Hulle lei n dubbele lewe….hulle is meesters daarin. Dit is idioties om die speurder se direkte “” >>>opgeneemde verklarings “”” van, van die seuns as twak af te maak. Genade was julle daar om dit aan te hoor? Daardie pedofiele het, reeds gebreekte kinders, wat aan dwelms verslaaf was misbruik ! Hoe sal so gebreekte kind nou in die apartheids dae n klag teen n politikus gaan lê ? ? Hallo dink n bietjie….. n Persoon wat hom so goed voordoen asof hy nooit n fout kan maak nie….laat my wonder……soos die wonderlike ministers. Nee wat ek het te veel van sulke voorgee in my lewe gesien… ek laat my nie mislei nie. Weet vrouens wat hulle wonderlike mans agter hulle rug aanvang….you can only but wonder.

Anoniem ·

Dit mag so wees, maar jy kyk die hele punt mis. Die breinspoeling agenda wat ons land verder in die verderf in stuur, die perfekte tydsberekening om verdere haat, marteling en moord oor die blankes aan te hits. Jy sien nie wat hier aangaan nie, doen jy? As die storie waar is, sit die outeurs al JARE lank op die informasie en het hulle doelbewus vir ‘n spesifieke tyd gewag om hierdie boek vry te stel so kort voor die 2019 verkiesing en in lyn met die Junie 1993 ANC memorandum waarin ons ondergang puntsgewys en in ooreenstemming met ALLES wat besig is om te gebeur, gestipuleer word.

Vaalknapie ·

Mimi daar is net een vraag wat n gat in die opblaas publikasie skiet wat almal mis. Waarom het die slagoffers nie sake gaan maak na die politieke oorgang in 94 nie? Waar is hulle dan nou, want nerens sien ek direkte prima facie getuienis nie.

Sapeur ·

Ek was n trotse Sapeur op die grens. Beste tyd van my lewe. Alles gegee vir my land wat nou vernietig verskroei en vertrap word.
Dit is nie Genl Malan se SA nie. Ook nie myne nie. Ek is trots Suid Afrikaans.

Goeie Man ·

Ek het n goeie man en is trots op hom!!!
Baie van ons het!
Hy was ook op die Grens so ook my pa en my broers.Ek het by 1 Mil gewerk en was trots om na die Troepe om te sien.

Johan H. ·

Enige iets om die wit blanke afrikaanse man te beswadder. Dit vat die aandag weg van die skrywers wat seer seker geraamtes in die kas het. Ek se ondersoek dit. As onskuldig is. Trap daaie joernaliste tot in die ewgheid in. Hulle is soos sekere polisiemanne. Sal hul mas verkoop vir geld.

Duifie ·

This book is just like the “droppings” on Bird’s Island…

Ruiklont ·

Die “Boek” is volgens my laakbaar en ‘n poging om goedkoop geld te maak. Om siveel jare die “GEHEIM” te “bewaar” is bewys genoeg dat dit snert is

Nuuskierig ·

Regtig. En Flippie van Rooyen moes die downfall vat. Daai verkragting en moord was was gestage en hy moes die blaam vat Vir Alles omrede hy te veel geweet het en hy moes still gemaak word. Waarom dink jy was een van sy parool voorwaardes dat hy nie voor 2019 met die media mag praat nie ?? Natuurlik gehoop al die ouer betrokkenes sal nie meer lewe nie. Surprise surprise

Israel ·

Onthou julle vir die naarheid Bell Pottinger? Waar is die gen wat nog leef, vra hom of is hy soos baie spookwerkers by die staat ook net n spook,hoekom mense se name noem wat dood is maar die wat lewe nie?

Oom Kalahari ·

Hierdie skrywer asook die boek is ‘n linkse liberale opdissing om die Afrikaner in oneer te bring. Na sovele jare word dit skielik openbaar, na Genl. Magnus Malan se afsterwe in Julie 2011, waar vele gelenthede was om dit vroeer na vore te kon bring………..hoekom dan nie. Laat alle feite weerle word en sekerlik sal Genl. Constant Viljoen en Adriaan Vlok dan ook bewus wees van sulke gebeurtenisse. Hoop hierdie skrywer gaan nog baie nagmerries beleef om ‘n afgestorwene in sovele onguns te wil bring en ook die families se waardes aan te tas. Wie wil nou werklik geld verkwis aan ‘n boek met Cinderella stories. Kla hierdie skrywer/s ook aan oor die weerhouding van inligting indien dit werklik dan plaasgevind het en hul die bewyse kon voorle. Dan het hul mos in oneer opgetree om later jare miljoene rande vir hul propoganda te bekom. Hul is dan net so skuldig om dit nie destyds aan te gemeld het nie. Swak optrede.

TIM ·

Hoekom laat hulle nie die minister wat nog lewe kom vertel wat hy weet nie. Nou is hulle kamtig bang uit “regsoorwegings” om dit te doen. Al was Magnus Malan skuldig, sal hy in elke geval voor die Groot Regterstoel moet verskyn voor die groot God wat die lewendes en dodes sal oordeel. Maar hierdie joernaliste se tydsberekening en die skade wat hulle aan die Afrikaner beeld probeer aanrig laat ‘n swak smaak in die mond en is totaal ongevraag en onaantasbaar. Ek het trots onder die leiding van Genl. Malan my pantseropleiding ontvang en hy was ‘n formidabele minister van Verdediging. Daarmee praat ek nie die saak goed nie. Hoekom sonder hulle sekere mense uit. Ek sal graag meer wou weet van ander bekende name aan die ander kant van die gevegslyn wat vandag “engeltjies” gemaak word maar graf toe is met die onskuldige bloed van weerlose mense op hulle hande. Ander is steeds in belangrike posisies. Wat van hulle?

Wanda ·

Indien die stories waar is, wat as die oorledenisse met die Skepper reg gemaak het en reeds onvergifnis ontvang het. Dan sit die skrywers met al die gemors om wat mee te maak. Geen een kom die oordeel toe nie. Werk eerder aan jou eie lewe en bid vir krag en genade want om self gif te drink ten opsigte van ander gaan jou liggaam net besoedel. So wat is die punt nou eintlik…….die geld vir die boek???. Laat die dooies met rus.

Bekommerd ·

Net huwelike wat se fondasie nie sterk is nie is bekommerd oor hulle partners.

Vaalknapie ·

Daar is net een vraag wat n gat in die opblaas publikasie skiet wat almal mis. Waarom het die slagoffers nie sake gaan maak na die politieke oorgang in 94 nie? Waar is hulle dan nou, want nerens sien ek direkte prima facie getuienis nie.

Adriana ·

Vinnig ryk word het nog nooit gewerk nie.Ek hoop die mense het die wysheid om nie die boek te koop nie. Die wat dit wel gaan koop gaan dit doen sodat hulle by die braaivleisvure kan spog dat hulle dit gekoop en gelees het.Ek glo nie dit is naastenby n Pauw boek nie.
Dit is sonder integriteit en moedswillge propaganda en vinnig ryk word geskryf.

Sinies ·

ANC -verkiesingspropaganda.
.
In die week voor die bekendstelling word alle wittes vanaf Jan van Riebeeck af as verkragters uitgekryt deur ANC politici.

Net nog nuwe haatveldtog, dit en grond is al wat die ANC nog het om emosie, veral haat, te skep waarmee hulle hulle mense mobiliseer stembus toe.

HPV ·

Ons weet wie Hennie Van Deventer was, hy sê eintlik niks meer as die meeste kommentare in die berig nie. Persoonlik stel ek ook nie eintlik belang in wat hy te sê het nie.

Andre ·

Iemand het nou weer n boek geskryf en soek sensasie om dit te verkoop. Wat van Jan van Riebeeck ?

Kryger ·

Die mense wat se hierdie storie is uit die duim gesuig ken nie die liberale media nie. Ek wed julle die storie is waar, behalwe dat dit eintlik een of ander liberale anti apartheids aktivis was wat dit gedoen het. Kyk maar waarvoor blameer hulle pres. Trump; alles goed wat die deomokrate self gedoen het!

Klopkop ·

Omdat julle nie glo jou naaste kan n pedofiel wees nie kom die gemors weg met dit. Ja hulle kon dit doen hulle was verantwoordelik en feel van die apartheid waarvoor julle so Lief is en na verlang.

Inus Bester ·

John Wiley in opdrag van ministers vermoor? Wat kan meer belaglik as dit wees! John Wiley is in Maart 1987 (kort voor die 6 Mei verkiesing waar die KP die amptelike opposisie geword het) op sy bed dood aangetref met ‘n koeëlwond aan die kop – sy handwapen is op die toneel gekry. Destyds is gesê dit was oor “finansiële probleme.” Ek suig dit nie uit my duim nie. Ek werk tans daagliks met dié (en ander ou Suid-Afrika-nuuswaardige) tv-beelmateriaal wat ek binnekort op YouTube gaan plaas.

dejager ·

Dit sou vir my erger gewees het om te hoor my pa of oupa het ń waardevolle bydra gelewer om die 1994 oorgang na ‘demokrasie’ te bewerkstellig as om te hoor hy was ń pedofiel.Groter skande kry mens nie.

Cherokee ·

dejager, op ‘n grappige manier het jy eintlik ‘n raak stelling gemaak. Probleem is egter dat diè wat in hierdie forum van pedofilie beskuldig word, juis ook van die is wat die ‘waardevolle bydrae gelewer het’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.