‘Bird Island’-boek: Skrywer stel haar kant

Chris Steyn en Mark Minnie

“Dit is nooit te laat vir geregtigheid nie.”

Dit is die boodskap wat Chris Steyn, ondersoekende joernalis en mede-outeur van die boek Die seuns van Bird Island, hoop die leser sal ter harte neem by die lees van dié boek.

Steyn, wat per e-pos ʼn onderhoud met Maroela Media gevoer het, het gesê sy het die reaksie wat haar en Mark Minnie se boek sou ontlok verwag, maar het nie gedink dit sal die soort debat aanvuur wat nou reeds sedert Sondag op sosiale media daaroor woed nie.

In die boek word beweer dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 1980’s by pedofilie betrokke was. Mark, ʼn oudspeurder, en Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, beweer in dié boek dat die destydse polisie-ondersoeke na genl. Magnus Malan, ʼn voormalige minster van verdediging, sowel as John Wiley, ʼn voormalige minister van omgewingsake, en ʼn derde minister wat nog leef en wie se naam op regsadvies weerhou word, se betrokkenheid glo verhoed en toegesmeer is.

Steyn het gesê sy het die eerste keer van die bewerings bewus geword toe sy ʼn joernalis by die Cape Times was. “Wiley het gesterf en ek is gevra om ʼn opvolg te doen oor die bewering dat daar ʼn verbintenis was tussen sy dood en dié van sy vriend Dave Allen.”

Allen, ʼn skatryk vrygesel-sakeman en polisiereservis van Port Elizabeth, was ook glo by die misdade betrokke. Wiley en Allen het hulself albei oënskynlik om die lewe gebring. In die boek word daar ook bewerings gemaak dat hulle moontlik in opdrag van die ministers vermoor is omdat hulle glo inligting gehad het wat die staat erg in die verleentheid kon stel.

Talle Suid-Afrikaners wil egter weet hoekom dit Steyn en Minnie 30 jaar geneem het om hul inligting hieroor bekend te maak?

“Die redakteurs was in daardie tyd huiwerig om die bewerings te plaas. Jare later kon ek ʼn hoofstuk getiteld “Sex and Death in the Cabinet” daarin afstaan in my boek Publish and be Damned, maar dit is eers nou met Mark wat ook sy kant van die storie stel en met verdere ondersoeke dat ons meer hieroor kon vertel.”

Maryna Lamprecht, uitgewer van Tafelberg Uitgewers, het gesê hulle staan by alles wat in die boek geskryf is en het vooraf regsadvies van een van die voorste media-prokureurs in die land ingewin voordat hulle die boek Maandag amptelik uitgereik het.

“Minnie het sowat drie jaar gelede besluit om sy storie te skryf en sy manuskrip het in 2016 op my tafel beland. Ek het die manuskrip gelees en navorsing gedoen om te bepaal of die storie waar is.

“Ek het ook bewus geword van Chris wat 30 jaar gelede maande lank die storie ondersoek het en met meer as 25 bronne gepraat het om die bewering van molestering te bevestig. Ek het met haar kontak gemaak en gevra om mede-outeur van die boek te wees.

bird-island-magnus-malan

‘Die Seuns van Bird Island’ maak bewerings teen genl. Magnus Malan wat skokgolwe deur die Afrikaanse gemeenskap gestuur het. Foto: En.wikipedia.org.

“Ons het ook die gesoute joernalis Marianne Thamm gevra om betrokke te raak by die projek. Sy het gehelp met die redigering en sy het ook die voorwoord geskryf,” het Lamprecht gesê.

Volgens Lamprecht het die uitgewers die reaksie wat bewerings in die boek uitgelok het heeltemal verwag.

“Ons het baie uiteenlopende kommentaar in die media en op sosiale media ontvang. Oor die algemeen ondersteun die meeste Engelssprekende en swart Suid-Afrikaners die boek, en sê hulle is bly die waarheid word uiteindelik vertel.

“Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners is verstaanbaar meer skepties oor die boek en wil nie glo dat dit waar is nie.

“Ons is nie verbaas oor die reaksie nie. Dit is verstaanbaar moeilik vir mense om te aanvaar dat ministers, wat deel was van ʼn regering wat jy ondersteun het, by sulke gru-dade betrokke was.”

Lamprecht het bevestig die uitgewers is nie regtig bekommerd oor enige regsaksie wat nou moontlik mag spruit uit die onthullings in die boek nie.

Wat laat ʼn uitgewer besluit om ʼn omstrede boek uit te gee, of nie? “Ons gee nie ʼn boek uit omdat ons omstrede wil wees nie. Stories kom oor die uitgewery se pad en as dit ʼn storie is wat ons glo ʼn goeie boek sal maak, publiseer ons dit.

“Ons skram nie weg van omstredenheid as ons glo dit is die waarheid nie. Ons publiseer niefiksie sonder vrees of vooroordeel.

Jacques Pauw, die skrywer van The President’s Keepers, by die bekendstelling van die boek in Pretoria (9 November 2017). Foto: ANA

“Verlede jaar het ons The President’s Keepers gepubliseer wat gehandel het oor oudpres. Jacob Zuma en die ANC-regering se korrupsie en staatskaping en vanjaar het ons Die seuns van Bird Island uitgereik want ons glo albei hierdie is belangrike stories wat vertel moet word.”

Sy het bygevoeg dit is nog te vroeg om te sê hoe die boek se verkope vaar, maar het gesê die boekwinkels het goeie reaksie ontvang en dit lyk of die boek goed verkoop.

Lamprecht het egter benadruk die belangrikste rede waarom Minnie en Steyn dié boek geskryf het, was omdat hulle hoop daar kan een of ander vorm van geregtigheid vir die gemolesteerde seuns wees.

“Hulle hoop was dat die boek die slagoffers en mense met meer inligting na vore sal laat kom.

“Dit is ook verblydend dat ʼn klomp mense met inligting reeds met Minnie, Steyn en ons as uitgewer kontak gemaak het. Die leidrade word opgevolg en ons hoop en glo dit sal daartoe lei dat slagoffers na vore sal kom en die saak moontlik selfs deur die polisie heropen en ondersoek kan word,” het Lamprecht bygevoeg.

Wat het Steyn te sê vir diegene wat die feite in haar boek bevraagteken? “Lees dit en hou jou oog op die koerante vir nog onthullings wat by die bewerings aansluit.”

Volgens die aantygings in die boek het die ministers jong bruin seuns na Bird-eiland naby Port Elizabeth gelok met beloftes van werk en duiklesse en daar met hulle gelol. Twee van die seuns het glo nooit teruggekeer van die eiland nie.

Die onthullings het ʼn skokgolf deur die Afrikaanse gemeenskap gestuur met talle mense wat Malan verdedig het en die aantygings as loutere snert afmaak terwyl ander weer oor die moontlike waarheid daarvan bespiegel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

174 Kommentare

Pat Aldrich ·

Maklik om n dooie ou aan iets te verbind want hy kan nie die teendeel bewys nie en in die huidige politieke toestand sal alles wat nie Afrikaans is nie alle stories bevestig. Swak smaak sou ek se

ferdi ·

Jacque P het di guts om te skryf terwyl di mense nog leef hierdi 2 papsakke wag tot di mense dood is

Jip ·

Jip ek stem saam julle. Dit is net ontsettend hartseer wat mense vir geld sal doen!!!! Ek sal nie ‘n sent op jul boek of iets van jul spandeer, geen respek vir ander en soos een leser opmerk ” die doel van die boek is om Afrikaners af te kraak en stellings te maak wat niemand kan weerlê, want ons of hul familie was nie daar, die feit dat hul die een wat lewe se naam nie noem uit vrees vir regsgeding bevestig almal se vermoede. Geen respek vir sulke mense, daai geld sal ook nie gelukkig maak.

Henning ·

Waarom nie die derde minister wat ook betrokke was, se naam bekend maak nie? Gaan ook seker eers wag dat hy dood is en homself nie kan verdedig nie. Intussen beskerm hulle ‘n misdadiger. As hulle storie waar is sal hulle nie bang wees om sy naam nou bekend te maak nie. Meer as snert en ek hoop Malan se kinders sal hulle dagvaar, want daar is nie eers getuies beskikbaar nie. Vir die rekord, ek het nooit vir die NP gestem gedurende sy ampstermyn nie maar daar is darem iets soos billikheid.

Boerseun ·

Soos julle tekere gaan het die boek niks met slagoffers van molestering te doen nie en lyk dit meer soos n aanval op Afrikaners in geheel, en in my opinie n laag hou om Afrikaner mans as molesteerders uit te beeld. “Engels sprekendes en swart suid-afrikaners steun die boek”, hoef ek verder uit te brei? Nou ja ons sit en wag vir julle feite, en P.S. as beeld of burger so sê is dit dit nie feite nie. Laag hou om geld te maak, ry die Afrikaner want dit is die maklikste manier om deesdae status te geniet, blameer die Afrikaaner vir die wêreld se probleme.

Celeste Stander ·

Baie baie baie afrikaner mans is skuldig daarom glo ek ook hulle is skuldig! Daardie generasie mans het tot hulle eie dogters gemollesteer en verkrag dis hoe siek dit is!!

Pieta ·

Tafelberg en die skrywers sal maar die gevolge moet dra van laster-aksies wat gaan volg. Lyk my die sg getuienis berus op hoorsê en skinderstories en is derdehands. Maar dit beteken geldmaak in ‘n tyd dat daar jag gemaak word op wittes, veral as daar so ‘n sappige geleentheid is.

Swak ·

Dis so laag van tafelberg en die vierentwintigduiwels wat sulke twak publiseer om ons te probeer sleg lyk.

TLC ·

Dalk gaan hul nou n paar bruin seun optel en met geld omkoop om n storie en ek se n stori te vertel nee hoor jul het nou net n manier gevind op jul naam op voorblad te kry Maar pasop daar kan dalk gevolge wees om sulke aannames te maak sondr getuies Regtig mens skryf mos eers iets as jy jou feite het

Anita ·

Boek hierdie week uit al weer afgemerk? Wat doen die mens nie vir geld nie.v
,Laat vsn die slagoffers getuig.

Elize ·

Ja, vreemd dat twee seuns verdwyn maar een ingevlieg word vir mediese hulp? Waar is die slagoffers? Die storie word uitgerek vir bemarkingsdoeleindes dit is hoekom lesers nuuskierig gemaak word om maar die “nuus dop te hou”

Callie ·

Kan daar van die “slagoffers” vorentoe kom en bewyse op die tafel sit. Daar is net te veel wittes wat enige iets sal doen om in anc en politiek korrektes se goeie boekies te kom. Laat hulle getuig en kruisondervra word. Dan sal waarheid mos uitkom

Gemsbok ·

Dit sal interessant wees om te sien of die polisie die saak optel en die voormalige minister wat steeds leef in hegtenis neem op grond van die beskikbare bewyse. Indien hul skuldig is verdien hul vervolging. Indien daar nie genoeg bewyse is vir vervolging nie sal die skrywers moet verduidelik…

Gertjie ·

Dit is skrywers wat aandag soek op ‘n simpel manier. Moenie mense wat hul nie kan verdedig beswadder nie.
Laat my wonder…….is hierdie boek geskryf en uigereik met volgende jaar se verkiesing in gedagte OF wat wil jul bereik!! Jul skryf goed om die mense se families seer te maak…….skande!!!!

HPV ·

Die vraag wat mens jouself moet afvra, sou die bewerings waar wees, waarom het die slagoffers nog nooit te vore gekom en reuse eise ingestel nie? Met molestering daagliks in die media sou mens dink dit moes lankal gebeur het. Dit is ook moontlik dat hulle lankal begrawe is… Die boek laat baie vrae met min antwoorde, mens kan dit egter ook nie sommer as ‘n klomp snert afmaak nie…

Mickey ·

Was daar al met die ‘slagoffers’ onderhoude gevoer of wag sy nou dat hulle nou na vore moet kom?

SKEPTIES ·

……..”One child was maimed when a gun was thrust up his anus and the trigger pulled. He was transported by helicopter to a local hospital and treated under guard……..”kan dit waar wees as hulle so magtig was hoekom dan die kind red. Waarom die kind laat rond loop dalk vandag nog leef. Hoe lyk jy as “…a gun…” in jou oefenjol opgedruk is …..”and the trigger pulled……..”ek weet nie. Die skrywer is ‘n oud polisieman weet die man nie hoe lyk dit as daar ‘n “gun” in jou anus opgedruk en gevuur word nie. Sensasie op sy beste. Moenie alles vir soetkoek opvreet wat sulke mense skryf nie. Kom ons wag en kyk watse gangster gaan nou uitpop en sy anus vir ons wys. Die boek is slim geskryf die inhoud kan waar wees of dit Jan twak wees. Best seller materiaal.

Lynette ·

SKEPTIES. Hoe naief kan een pwrsoon nou wees? Het jy nog nooit gehoor van n geweer of rewolwer “afvuur” SONDER DAT DAAR N KOEËL in die loop/magesyn is nie? Dit is vanselfsprekend dat DIT is waarna verwys word. En diegene hier wat NIE glo dat ministers to so iets in staat kan wees nie – julle het seker OOK nie geglo dat Solly Ozrovech – die geliefde predikant – al cir dekades kinders grmollesteer het nie??? Hoe naief en stiksiende – en.DIT IS hoe ministers daarmee wegkom – want mense WIL dit nie glo nie, “want die man is dan n AFRIKANER en die man het dan so n hoë AANSIEN en bla bla bla. Die feite sou BAIE goed nagevors gewees het voor dit gepubliseer sou word.

Koos ·

Steyn se “Published and be Damned” is die enigste uit Galapagos se stal wat ek al spotgoedkoop opgetel het. As die stories waar is is dit jammer die skuldiges het weggekom. Die tydsberekening bly egter verdag. Noem die dooie ouens en te bang om die lewende se naam te noem. Hoekom? Want hy kan hulle hof toe sleep en hulle sal dan die beweringe moet bewys. Tot die stories getoets word bly dit ongelukkig hoorsê en net dit: stories.

Jenny ·

Daar was so baie betrokke ek was n kind n jong vrou in daai dae Botha, Malan,en nog ander was kop in een mis en dit is onder die mat in gevee want ons is gesiene mense en ons maag nie daar oor gepraat het in ons ouer huise dan wil die blankes huil as ons n swart president het wat die selle doen hulle het dan by die mesters geleer!!!

Ja-nee ·

En hoekom verbaas dit my nie dat daar nou weer ‘n klomp is wat hierdie ‘n rasse-ding maak nie. Veroordeel die boek nog voor dit gelees het want hul “Afrikaner-ikone” wat in die voorste gestoeltes van die kerk gesit het, is mos heilig. Hierdie het absoluut niks te make met die arme wittes wat weer vervolg word nie. Hierdie het te make met mense wat hul mag misbruik en onskuldige mense se lewens verwoes. Of jou nou pienk of pers is, maak nie saak nie – as jy sleg is, is jy sleg. Laat die feite praat, nie stiksienige beskouinge van valse trotsheid nie!

Johanna Botha ·

Dis n GROOOT SKANDE as dit wel waar is ! Kom asb na vore met feite ! Dit kan ons nie verduur nie !

Shaun ·

Propoganda…..Die man is nie hier om sy kant van die saak te stel nie……

Issie ·

Gaan kyk bietjie na die fliek , Skoonheid – dit is wat vandag nog gebeur!

Wondernet ·

Ja, vreemd dat twee seuns verdwyn maar een ingevlieg word vir mediese hulp? Waar is die slagoffers? Die storie word uitgerek vir bemarkingsdoeleindes… dit is hoekom lesers nuuskierig gemaak word om maar die “nuus dop te hou”

Anoniem ·

Ek stem saam met Boerseun – ‘n Aanval teen die Afrikaans Sprekende Afrikaner – Net soos President Ramaphosa se grondgryp bende : Mede Afrikaners : Die tyd het gekom dat ONS sal moet sterk staan in ‘DIE GELOOF’ Klou vas GOD is in BEHEER !

seuz ·

God sal self oordeel….! Hoekom gaan dit met ons Afrikaner volk soos dit gaan?? JUIS hieroor…dat ons nie mekaar kan beskerm soos die ander kulture in SA doen nie…
En klop julself op die skouer uitgewers en joernaliste….n perfekte tydsberekening vir jul veroordeling met hie boek…terwyl ons arme boere verbete veg om hul identiteite te behou!
Om trots te wees op so onthulling se als van n mens as persoon. Pleks bid jul eerder vir die bose land en geeste in die lug!!!!!

Elvira ·

Ek hoop en bid die skrywer van hierdie boek het haar of sy feite agtermekaar. Ek het nie en sal ook nie die boek lees nie. Ek glo dit gladnie. Waarom het niemand nog tevore gekom nie.Dis nou weer n gekrap aan die ewige apartheid era. Kyk liewer vorentoe en maak hierdie land weer heel.

Lynette ·

ELVIRA. Hoe kan jy iets nie glo wat jy NOG NIE GELEES HET NIE?? Sie boek is o gelooflik goed NAGEVORS EN PROKUREURS HET AL DIE BESKIKBARE FEITE NAGEGAAN voordat die boek gepubliseer is!! Geen uitgewer wil hof toe gesleep word nie – hulle sou DOODSEKER van hul saak gemaak.het! Julle is so naief – n kenmerk van ons Afrikaner-volk.

Piet ·

Ken jy n uigewer wat al deur n dooie ou hof toe gesleep is? Vir my sal dit nuus wees. Groete van die “Ware Piet”.

ferdi ·

So het witvrou ok di arme bruin kind wat in rolstoel was ondersteun dat 2 wit boere hom so aangerand het di ou oomie het to selfmoord gepleeg. Di waarheid kom to uit di 2 boere was onskuldig en di besorgde wit vrou het dit gedoen vi geld

Infanteris ·

Lynette, nee. Die prokureurs het nie die feite nagegaan nie, hulle het bloot gekyk na die regsgevolge(lasteraksies), en waarskynlik die mening uitgespreek dat ‘n lastereis nie kan slaag nie, asook die feit dat dooies nie meer regspersone is nie en dus nie ‘n lasteraksie kan loods nie. Die spesifieke uitgewer se sustermaatskappy is al van minagting van die hof skuldig bevind, so weereens nee, hulle skroom nie om twyfelagtige goed te publiseer nie.

Paul ·

HM, julle almal hier moet Hennie van Deventer, voormalige redakteur van Volksblad se brief vanoggend betreffende hierdie aangeleentheid op Netwerk24 of op sy Blog op Litnet gaan lees.

Neels ·

Wat wil die skrywers hiermee bereik , hoekom nie die boek geskryf toe die beweerde skuldiges nog geleef het nie. Waar is die betrokke bruin seuns hoekom word hulle nane en fotos nie in die boek genoem nie. Die storie kan dan mos meer waar klink as n naam of twee met bewyse genoem word. Klink maar meer na n persoonlike aanval op die apartheids regering. Die twee wil seker deur die skrywe vir hulle n veilige plekkie versker by die nuwe blanke onderdrukkers

Pieter ·

Baie dankie Paul. Hennie van Deventer het dit baie goed gestel.

Melanie Capazorio ·

Vandat ek die eerste keer laas Sondag van dié gelees het, het ek ”n naar kol op my maag. My eerste reaksie was God wees ons genadig.

Johan ·

Die skrywe wat 30 j wag om tepraat ,jaag net verkope. Klomp bollie. Geld geld geld

Hennie ·

Almal kerm dat dit verkeerd was om die boek te skryf en mense wie reeds dood is in diskrediet te bring. Dis goed om te weet van watter oorde jy nie geregtigheid te verwag nie. Daar is verskeie boeke wat met waarhede tevore kom uit die vorige bedeling, is dit verkeerd om dit te publiseer? Moet dit noodwendig verswyg word net omdat daardie mense reeds dood is? Moet dit onder die bed ingevee in geheim gehou word? Ons is vinnig om te verwys na grondgrype in Zimbabwe en te se dit het nie gewerk nie maar donker geheime uit ons eie geledere wil ons wegsteek omdat dit Afrikaners was. Ek is sterk patrioties maar ongeregtigheid het geen plek nie, daardie perlementslede wat betrokke was is nie ons vriende nie, hulle was skandemakers.

Dries ·

Hennie ,so jy weet alles omtrent hierdie storie. Jy moet maar hierdie twee skrywers bystaan om hul snert te versterk want ek en baie min glo hul stories

Pietman ·

Hennie. Sulke bewerings moet gestaaf word met goeie bewyse. Op die stadium is daar geen bewyse nie. Ek sou aanraai dat die getuies wat nou na vore kom leuenverklikkertoetse aflê. Die boek is vir eers fiksie.

LeClerq ·

Dankie Hennie, iemand wat sin praat en met bietjie balans hierna kyk.

Anoniem ·

Fiksie teenoor Realiteit ! Mooi storie opgediep om geld te maak Het nie die guts gehad om dit te publiseer toe die rolspelers nog gelewe het nie ! Lafaards !

Pieter van der Merwe ·

Skokkend indien waar!
MAAR : Dis heeltemaal te verstane dat hulle geswyg het voor 1994. Dalk selfs vir n jaar of 6 daarna. Maar 24 jaar daarna en 7 jaar na Malan se dood? En die snot en trane tydens TV onderhoud. Geloofwaardigheid is bedenklik in die geval.

Rocky ·

Riool joernalistiek in sy ergste vorm. Snert en nogmaals snert.

Celtis Africana ·

” Afrikaansprekende Suid Afrikaners is verstaanbaar meer skepties oor die boek en wil nie glo dat dit waar is nie.”
” … wat deel was van n regering wat jy ondersteun het…”
Hier gaan ons al weer met die ” Stralekransfout.”
Skeptisisme in hierdie geval is myns insiens te wyte aan die kwaliteit van bewyse vir bewerings en nie verbintenis met die Nasionale Party nie. Dié politieke party het so hard aarde toe gekom na 94 dat hul as gevolg van die impak in totaliteit gedisintegreer het. Dus totale apatiese kiesersdrostery. Die argument is dus nie geldig as rede vir die skeptisisme uit Afrikanergeledere nie.
Ek sal verseker die opvolgboek koop wanneer die lydende partye vorendag kom en bewerings bevestig, gebeentes uitgegrawe en herkoms met DNS bepaal is, helikopterloodse getuig en die misterieuse suster haar bankstrokie as bewys toon.
“Ons skram nie weg van omstredenheid as ons glo dit is die waarheid nie”
Mens wonder onwillekeurig dus op watter basis die ” geloof “berus.
Pauw se boek daarenteen, is van sulke gehalte dat die bewyse waarop sy openbaarmaking berus, as bewyse in n hof kan dien.

Toby ·

Julle almal wat vir hulle in die bresse tree beter bid en nogmaals bid dat dit nie waar is nie. Julle was nie daar nie!

Callie ·

En jy was daar Tobi. Jy glo alles wat opgedis word. Jy ook een van die wat sal kruip vir n ou plekkie saam met die politiek korrektes. Belaglik. Sit bewyse neer of bly stil. Dis n bedrogspul. Bewys my verkeerd. Die tranedal asof dy daar was en alles beleef het is huigelary in die ergste graad. Ek stel hierdie terwyl hulle nog leef.

Toby ·

Bid ou swaer, bid! Dat jy nie duiwelsadvokaat speel in jou onkunde nie!

C. Esterhuyse ·

Die verontwaardiging wat ek in kommentare lees het meerendeels te doen met die Afrikaners wat nou die morele hoë grond verloor -wat in elk geval op ‘n vals christenskap gebou was – as enige klinkblare bewyse dat die teendeel waar is en dit maar net ‘n smeerveldtog is.
Dit verklaar egter hoekom ons sit waar ons sit.

Kobus ·

Hoe ookal, dit is en bly ‘n smerige boek. ‘n Man of vrou van karakter en integriteit sal daar niks mee te doen wil hê nie. Nadat hulle klaar dooie mense se name verwoes het en geld gemaak het deur die Afrikaner weer eens polities die kranse af te stamp, hoe wou hulle geregtigheid bereik het? Wie moet dan wat doen om reg te doen aan wattter slagoffers? Dat iemand sy naam durf koppel aan sowat van verotting gaan die verstand te bowe.

Paul ·

Kobus, ek stem, en dié wat daarin sou belangstel om die boek te koop, wat maak die persoon daarna, sit hy dit in sy boekrak of gooi hy dit weg?

Al mense wie nou met die gebakte pere van die boek sonder bewyse sit is die familie van Magnus Malan.

kellie ·

Nee esterhuyse.Jy is verkeerd.Die verontwaardiging gaan oor gebrek aanBEWYSE.Punt

Casper Labuschagne ·

Dit is deel van ‘n georkestreerde aanslag vanaf die linkses teen enigeen wat met die ou bedeling of veiligheidsmagte ‘n verbintenis gehad het. Ek kan die stelling maak omdat ek self die teiken van so ‘n smeer kampanje was.

In sy outobiografie enkele jare gelede het Carl Niehaus die aantyging gemaak dat ek glo ‘n homoseksuele verhouding met ‘n linkse persoon sou gehad het wat selfmoord gepleeg het omdat ek glo die verhouding sou verbreek het. Dit was alles loutere snert, maar ek verwag enige tyd dat daar nog sulke, of erger beweringe in die toekoms sal verskyn.

Ja, ek was bevriend met die persoon wat ook self een van Niehaus se getroudste vriende was. Ja hy het selfmoord gepleeg maar vir heel ander redes, ek was een van die eerste persone wat op sy liggaam afgekom het. Nee daar was nooit sprake van ‘n homoseksuele verhouding nie, nie ek of die persoon is of was homoseksueel nie. inteendeel die oorlede persoon was smoorverlief of ‘n vrou wat goed aan my bekend was.

Maar die waarheid gaan geensins hierdie linkse liegfabriek stuit nie, hulle is uit op vergelding teen enigeen wat in die ou bedeling was. In my dae in die veiligheidsmagte het ek genoeg ANC lede laat toesluit en het genoeg ongemaklike feite oor die ou dae in my kop dat ek goed kan verstaan hoekom hulle vir my kom. Net so teiken hulle nou die lede van die ou regering wat ook reeds in die graf is.

Piet ·

Casper ongelukkig is dit waar. Kan nie se hoe ek weet dis waar nie.

Adrian ·

Wie is die lewendige sondebok of is die skrywers bang vir lasteraksie komaan se dit ….. klink verdag

Dot ·

Kyk net wie was die ander kandidaat om PW op te volg. Finansies. Mag nie sy naam noem nie want hy sal seker dan wil sue.

Jolanda Bruton ·

My mond hang oop as ek party van hierdie komentare lees….. G’n wonder ons het so lank in ‘n regering geglo wat gru dade gepleeg het nie.

Nix ·

Jonada, ek stem 100% saam met jou. Ons het grootgeword in n era waarin niks ooit bevraagteken is nie. Ons laerskool skoolhoof, n gesiene man en hoof ouderling, het vir jare skoolseuns gemolesteer en verkrag. Hy is uiteindelik uitgevang na omtrent 10 jaar, tronk toe gestuur en daar selfmoord gepleeg. Geen koerantberig het ooit daaroor verskyn nie en geen haan het daaroor gekraai nie. Als toegesmeer!! 100e van my skoolmaats se lewe is veraltyd vernieting deur hom. Ek hoop die waarheid kom uit!!

LeClerq ·

Stem saam Jonanda. Mense wat nog steeds nie met hulle medeburgers wil saamleef of die sondige dade van vorige bestel sal kritiseer nie.

Marleen ·

Ek kan nie help om te onthou dat daar met die ondersoeke na die Van Rooyen sage en die dogters wat verdwyn het, ook gerigte was dat dinge verswyg word omdat kabinetslede en hoër op betrokke was by alles nie. Daar was en is steeds soveel bespiegelinge endit was net so skokkend dat mens dit nie wou glo nie. Nou kom hier sulke stories ook uit? Iewers is n stukkie waarheid wat dalk nou opgeblaas word maar wat dalk nie so n groot leun is nie. Mag die waarheid uitkom wat ookal

Mag die waarheid seëvier ·

Iewers lui ‘n klokkie. Ek het êrens n artikel gelees oor die skoolmeisies wat in die laat 80’er jare verdwyn het met die Gert Van Rooyen en Joey Haarhoff storie. Mense het toe ook beweer dat persone in die vorige regering betrokke was. Ek hoop dat die volle waarheid sal uitkom. En dat geregtigheid sal seëvier. Ons kan nie oordeel sonder feite en bewyse nie. Maar niks kan my meer verbaas nie. Ek het altyd geglo mense in d 60’s en 70’s was so kuis. Tot ek uitgevind het hulle dinge is maar net goed onder d mat ingevee! Waar n rokie trek mag dalk n yslike vuur brand…of nie?

humor ·

Nouja as jy verraad kan pleeg, jou land en volk kan verraai en oorgee aan die oewerlose gemors wat vandag aan die die orde is dan kan jy ……………..??????????????

Dan kan jy ·

Dan kan jy seker doen wat in die boek geskryf staan en erger. So hoe lyk n kinder verkragter. Staan daar verkragter op sy kop getattoeër. Selfde met moordenaar: kyk maar na die afrikaner vrou se geluefde Oscartjie, en sovoorts wat ook so onskuldig is. Gevolgtrekking: as die afrikaners glo jy kannie kan jy. En ekt genoeg stories al gehoor dat die dalk ook mag waar wees.

Petrus Potgieter ·

Nogmaals @ Humor: Nie net verraad pleeg teenoor “jou land en volk” nie, maar teenoor jou eie soldate…
Op 1 Julie 1979, toe PW Botha, Magnus Malan en Constand Viljoen op die kruin van die golf gery het, was ek KSM tydens ‘n operasie in die Suide van Angola. Die kompanie tweede in bevel, luit André Scholtz, het my met ‘n R1-geweer deur die regter bo-arm en in my maag geskiet, maar ek was nie dood nie – weliswaar ‘n groot deel van die gebruik van my linkerbeen verloor, tot vandag toe.
Aangesien my dae as infanteris getel was en ek tersiêre én professionele opleiding gehad het, het ek aansoek gedoen vir ‘n oorplasing na militêre inligting, maar dis geweier “…aangesien jy nie meer infanteriekursusse kan doen nie…”
Ek het eers na my ontslag uit die SAW uitgevind dat dit ‘n poging was om my te elimineer en ‘n onsuksesvolle sivielregtelike eis teen hulle ingestel, gesamentlik en afsonderlik.
Ek het André Scholtz enkele jare later toevallig by Danie Theron Krygskool raakgeloop en opgemerk dat hy intussen tot kaptein bevorder is en nee, daar het geen woord tussen ons geval nie.
Ek het ook tot vandag toe nie ‘n enkele woord van verskoning van die SAW of genoemde individue ontvang nie – met daardie soort bewese etiek en moraliteit sal dit my nie verbaas dat die boek waar is nie.
(Jy kan nie ‘n witmuis voer met die ongeskiktheidstoelaag wat ek ontvang nie…)

Mariaan ·

Tipies ..ons Afrikaner volk…great dat ons so agter die dooie Hitlers v SA staan…MAAR as dit waar is…sies man…dit steek ons hele nasie in die skande! En ja…as ons eerlik moet wees…die ouer wit mans het altyd weggekom…in hul huise…by hul werk…en kerk….hmmmm as hulle skuldig is…BRING ALLES UIT!!

Wat maak oom Kallie daar ·

Waar woorde, veral die laaste paragraaf. En so op vrouedag! Mooi gesê.

LeClerq ·

Stem 100% saam. Volk sal nooit kan vorentoe beweeg met hierdie skynheiligheid nie.

Krokodiltrane ·

Chris Steyn se nagemaakte en aangeplakte trane op 144 nuus twee ande gelede sê ALLES! Siestog. Arme aandagsoeker

Tokkolos ·

Ek was net so geskok oor daai trane Ek het gedog sy was ook op die eiland Dalk is die plan om n paar rand uit die regering te wurg as hul net die regte slagoffers kan kry

Chris ·

Marlene en Mag die waarheid seevier. Daai klokkie van van Rooyen wat julle kwansuis iewers hoor lui, het julle gister oggend op Rsg uitsending gehoor en net soos die betrokke joernalis gaan julle op hoor se. Alles en almal wat weggeraak het moet nou betrek

Bewyse ·

“Die wat ons boek kritiseer is ondersteuners van die destydse NP.” Nee, ek was nog nie eers daar nie so kon nie die NP ondersteun nie maar gaan ook nie ‘n boek ondersteun wat geen feite en bewyse het nie. Boek wat net daar is om mense se name te beswadder en haat aantespoor.

Ada ·

Neewat hou verby ek steur my nie aan skinderstories nie.Hoop die skrywers kom vinnig hulle fout agter.

Respek ·

Dit skeel my min wat die skrywer se.Het klaar n gat vir haarself gegrawe met haar skinderstories.Haar respek en integriteit is daarmee heen.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahaha….gaan skryf ‘n resepteboek. Skryf dan een oor ‘n Minister wat lankal reeds dood is, en vertel in jou eie geur en kleur hoe hy manlike prostitute gehuur het…..sit dan so paar kinkels by wat onbewysbaar is…..en gaan plak dit op ‘n boekwinkel se rak neer….en kyk watter van jou boeke verkoop die beste!! Ek is seker jou resepteboek sou jou nie op TV gekry het, op die voorblaaie van SA se swakste media, of by jou bankbestuurder met die deposito vir die “fliek regte” nie….?? Shame, man….

2018 ·

Vat dit vanaf ‘n “millennial” soos hulle ons noem in die media. Ek was nie daar om die NP te ondersteun destyds nie maar weet ook jy beswadder nie iemand se naam sonder bewyse nie veral nie as hulle gesterf het nie. Is jy die “court, judge and jury”? Julle blaas net haat aan terwyl julle veilig sit in julle buitelandse huisies. Ons moet ophou kyk wat geraamtes gedoen het 50 jaar gelede en kyk en sien en verstaan wat om ons gebeur op die huidige OOMBLIK.

Infanteris ·

Hier is my analise: Whiley en Allen was dalk skuldig. Dit sou ‘n massiewe skandaal veroorsaak. Hoe voorkom ‘n mens so-iets? Jy laat hulle “selfmoord pleeg”. Dit was dalk hoe Magnus Malan betrokke was. Hy sou sekerlik weet hoe ‘n mens dit bewerkstellig. Ek het die boek gou in die boekwinkel gelees(weier om daarvoor te betaal). Lees heel lekker, soos gangbare speurfiksie. Hulle praat van Malan as sou sy bynaam ” Ore” wees. Ek het dit nog nooit tevore gehoor nie. Daar was tog ‘n ander baie senior minister met baie meer prominente ore?

Piet Pompies ·

Ek glo daar steek waarheid in die gerug, as dienspligtiges het ons die rol vervul soos van ‘n soldaat verwag word. Ek self was in die operasionele gebied en het ervaar dat daar ‘n misbruik van mag was deur senior permanente weermag lede teenoor dienspligtiges. Op Lugmagbasis Ondangwa het ek in ‘n geroeste spyker getrap, dit aangemeld by die Medics langs die aanloopbaan.. word ingelig deur die majoor om na 6 die aand terug te kom aangesien hulle besig is. Meld op die gereelde tyd aan, Medic neem my na een van die ondersoek kamers met die woorde dat die majoor my nou nou sal sien. Die majoor daag op, spuit my in die regterskouer in…… ek word wakker…. dit is al donker… plek is verlate… stap Bungalow toe…. die ander troepe vra waar was ek vir aandete…. ek was moeg, klim op bed en raak net daar weer aan die slaap. Die majoor is almal se hero, in hulle oe is hy ‘n held wat al baie dapper dade gedoen het. Wie is ek, net ‘n troep, nog ‘n slagoffer, wie gaan my glo oor wat gebeur het, hier hou jy jou bek, anders beland jy in die DB. Ek bly eerder anoniem voordat ek aan my vrou of enige iemand anders in die openbaar moet erken wat met my in 1983 op Ondangwa gebeur het.

J.C ·

Jammer oor wat met jou gebeur het. Dit vat moed om daaroor te praat, selfs onder ‘n skuilnaam. Weet net dat daar baie van ons is wat uit ondervinding weet dat dit die waarheid is, en hoe moreel korrup dit tot vandag toe is, want baie van hulle is nog tussen ons en baie met mag en status is net so siek.

Frans C ·

Ek is baie jammer dat jy die slagoffer van ‘n magsbehepte offisier.Sulke mense moet aan die kaak gestel word.Ek self en ‘n mede weermaglid is vir ‘n tribunaal gedaag en gedreig
met krygshof omdat ons gewaag het om die skandalige gedrag (ontlas op tafels in menasie)van mede onderoffisiere aan die kaak te stel.
Is daarna op ‘n volle militêre parade van rang gestroop.
In in die Mk het dit nie veel beter gegaan nie.https://mg.co.za/article/2017-10-27-00-our-women-freedom-fighters-tell-of-sexual-abuse-in-camps

“Female soldiers who experienced sexual assault – or its constant threat – still struggle against the myth of the untouchable men they fought alongside. And they are angry that this culture persists.”

Enigiemand wat dink mense is nie tot so iets instaat nie leef in ‘n droomwêreld van heldevereering,Ons het hier met gevalle sondige mense te doen met ‘n grootheidswaankompleks en nie heiliges nie.

Infanteris ·

Jou stories klink fantasies, bedoelende jy fantaseer. Was dit ‘n dokter of majoor? Hoekom loop jy kaalpoot in die basis rond? Medics gee jou gewoonlik dadelik ‘n klem-in-die kaak inspuiting, nie nodig om vir Maj/Dr. te wag nie. Klink of jy die majoor diep bewonder. Was hy jou direkte bevelvoerder? Dan was jy dus in die Geneeskundige Diens? Kon self nie die inspuiting by jou maatjies kry nie? Sien jy hoe maklik is dit om ‘n liegstorie uitmekaar te trek? Veral as jy dit nie eers vir jou vrou sal vertel nie, maar dit op elektroniese media uitbasuin.

marco polo ·

Kyk bietjie na die agtergrond van daai joernalis. Rand Daily Mail, ens. Hulle het deatyds uit hul pad gegaan om alles waarby witmense betrokke was, swart te smeer. My siening van haar is dieselfde as wat ek van ouens soos Carl Niehaus dink.

Infanteris ·

En Minnie. Narkotikaburo en later informant. Daardie tipes leef baie na aan die onderwereld, en soms vervaag die lyn tussen wetting en onwettig. Met sy gesig sal ek hom in elk geval nie by my kinders vertrou nie.

M ·

N vraag: die wat d boek kritiseer: is dit omdat jul WEET die feite is onwaar ( of hoop) of omdat daar oor die feite GEPRAAT word (waar of nie) ? Want 2e stelling laat my baie dink aan die tipiese afrikaner mentaliteit : al is dit die waarheid, moet net asb nie daaroor PRAAT nie!?

N bekende skrywer soos bo, asook uitgewers maatskappye soos bo het te veel om te verloor dat hul op hoor-se of n gevoel oor n onderwerp soos hierdie sal skryf. Dit is jare se navorsing; hierdie boek is die einste waarheid mense. Hoekom sal leiers wat ander menseregte direk geskend het deur APARTHEID ; dink dis verkeerd om menseregte op n ander manier te skend naamlik deur seksuele uitbuiting!? Dis presies dieselfde!

Wake up and smell the coffee! ….

Willem ·

Watter feite? Daar is nie feite nie, net bewerings en aannames.

Adam ·

Waar of onwaar, dis smerig en vieslik. Daarom het skrywers en publiseerders, wat dit om watter redes ookal nodig vind om saam met watter varke ookal in die modder te rol, en “te veel het om te verloor” reeds ‘n reuse skare se totale respek verloor.

Wtf? ·

Ek is nie snaaks nie maar daai vrou se oë gee my die horries. Koue rillings!

Elaine ·

Ek kan verstaan dat die uitgewer sê hulle 30jr gelede glad nie só iets kon publiseer nie, maar as die joernalis en kie so seker van hulle feite was (en die slagoffers beskikbaar was om te getuig), hoekom is dit nie aan n buitelandse publikasie voorgelê nie? Suid-Afrika is deur die buiteland gehaat, só enige uitgewer sou sy tande slyp om enige SA ministers swart te smeer (en die slagoffers kon in die buiteland beskerm word)!!

Josef du Toit ·

Maroelamedia het reeds reaksie gepubliseer van genl maj Gert Opperman, namens homself en namens die familie van wyle genl Magnus Malan. Wonder of Maroelamedia genl Constand Viljoen genader het vir reaksie op die sensasionele bewerings? Genl Viljoen is immers buitengewoon bekend, geliefd en gespekteerd onder Boere-Afrikaners, en as ‘n oud-kollega van genl Malan, sal sy mening oor die nuwe boek ook ongetwyfeld waardevol wees.

Frank ·

“… jong bruin seuns gelok met beloftes van werk en duiklesse”

T W A K man!

Hoekom sal ‘n jong werklose seun nou wil duik. In elkgeval, gaan kyk hoe lyk jong manne wat duik in Port Nolloth… Jy gaan hom nie misbruik nie.

Piet Pille ·

Sensasie op sy beste. Tydsberekening op sy beste. Geen bewyse maar alles gebaseer op wat hul gehoor het. Swak smaak. 30 jaar gewag , hoekom maar nie gewag het tot die lewende minister ook dood is nie. TYDSBEREKENING vir anc propoganda.

Ria ·

Wonder wie was die minister wat nie genoem mag word nie…lol…Ria

Nuuskierig ·

Ek persoonlik dink daar Gaan nog baie dinge uitkom. Nie bewerings nie maar die waarheid

M ·

Laat die waarheid seevier. En mense boet vir hul dade. Regverdigheid is nodig in ons land. Beskerm ons kinders en praat vir die wat nie namens hulself KON praat nie. Dankie skrywers! Hou media dop; hier kom n ding! Smerig of nie, indien die waarheid; laat dit uitkom!! Hoekom moet d zumas en guptas se dade oopgevlek word, maar indien dit nou n wit persoon is; onder d mat invee?

Gerda-Mari ·

Beide persone betrokke by die boek is gesout in hul onerskeie velde, ek twyfel of hul hulself doelbewus sou blootstel vir moontlike regsaksie indien hul storie nie agermekaar was. Ek glo ook dit is een van die redes waarom dit nagenoeg 30 jaar geneem het om ‘n skrywe te publiseer – die stukke van hierdie “legkaart” moes eers bymekaar gemaak word vir die voller prent om te vorm.

Diegene wat so galbraak en dit uitmaak as ‘n heksejag teen blankes sit die pot mis – dit gaan oor geregtigheid. Ongeag wie daardie slagoffers was, daar is van kinders misbruik gemaak deur die einste persone wat ons destyds toevertrou het om waarheid en geregtigheid te laat seevier… hoe ironies….

Hierdie boek gee mens maar slegs ‘n klein blik op wat agter die skerms moes gebeur het, ek glo ons sal ons hande saamslaan indien ons als geweet het! Net soos hul toentertyd se dinge oopvlek, net so sal ek die blootstelling van hedendaagse moles in ons huidige regering ook verwelkom, want die ANC is net so vrot soos die destyse NP.

Freud ·

Dankie Gerda-Mari
Jy dink oop kop oor die ding.
Die vorige regering was net meer gesout met skandes en skades wegsteek. ‘n Bydraende faktor is natuurlik ook dat daar in daardie jare nog geen TV of sosiale media was wat dinge so onmiddellik openbaar gemaak het nie, en net soos van die koerante vandag ‘n monopolie is van een of twee persone wat die koerante besit, het die ou regering ook maar goed gedoen om die ou Transvaler en Rapport en Sondagnuus te beheer. Die Transvaler daagliks maar die Rapport en Sondagnuus net oor naweke. Sosiale media speel ‘n groot rol vandag in die oopvlek van skandale. Was dit nie vir sosiale media nie sou niemand eers bv geweet het dat ‘n sekere politieke leier met ‘n semi outomatiese geweer skote in die openbaar afgevuur het nie.
Geen uitgewershuis sal sy naam en besigheid op die spel plaas sonder goeie rede en toets van inligting nie, wat hulle wel gedoen het as ek reg verstaan.

Infanteris ·

Freud en Zelda Marie, hulle is nie gesout nie, Minnie was 30 jaar laas ‘n poeliesman, en Steyn is ‘n voormalige joernalis wat nou ‘n tweedehandse slapbandboekwinkel bedryf. Kwalik intellektuele reuse.
Hulle het nie soos monikke drie dekades aan hierdie prul geswoeg nie. Ek sou dieselfde snert in drie maande kon skryf. Tafelberg het alle steun van Naspers, wat 300 biljoen dollar werd is, so hulle skrik nie vir kleingeld nie. En jy dink Facebook en Twitter sensor niemand nie? Oopkop lyk vir my na domkop.

Louisa ·

@ Infanteris

Sjoe, ek dink Gerda en Freud hierbo was slegs van mening dat dit byna 3 dekades geneem het om als bymekaar te kry om die agter die kap van die byl te kom, nie noodwendig dat daar so lank geskryf is daaraan. Dit moes deeglike speurwerk gekos het. Geen regdenkende persoon publiseer n storie sonder om dit te kan staaf.

Jou toon is belediggend. Ek dink jy’s kwaad vir jou eie stert…shame.

Zelda De Ridder ·

Ek sê net as dit waar is glo ek moet dit moet alles uitkom. Noem die naam van die sogenaamd/beweerde 3de betrokke minister. Indien dit nie waar is nie soos wat dit al hoe meer vir my wil lyk dan moet die families van die sogenaamd/beweerde ministers die skrywers en die uitgewers dagvaar. Vroeër jare was daar ‘n Engelse rooikop polisieman met die naam van Mark Minnie. Hy was ‘n goeie speurder in Port Elizabeth. Is dit dalk hy wat die mede skrywer van die boek is? Dit is ‘n vieslike bewering wat gemaak word en ek sal glo in hulle onskuld tot die teendeel bewys word. My oë is nie geslote nie.?

Maro ·

Of dit waar is of nie dit weet ek nie. MAAR as dit waar is, waarom maak die twee skrywers nie n saak teen die derde minister wat nog leef nie. Hulle hele doel is tog om reg en regverdigheid te laat geskied. Of gaan hulle morele waardes nou ook net om geld? Gaan kla hom aan!!!

Richard ·

Onthou net die einste Magnus Malan wat meeste mense hier wil beskerm was deel van dieselfde NP regering wat ons Afrikaners aan die ANC uitverkoop het.

Hendrik ·

Dat Tafelberg uitgewers hom in die era van fop-nuus met so spul twak sonder bewyse sal bemoei, gaan my verstand te bowe. Nog ‘n maatskappy wat bewys hy is teen die Afrikaner, nog ‘n maatskappy wat nie goed genoeg is vir my geld nie.

Freud ·

Ek dink nie mens werk 30 jaar aan ‘n ding, sit jou naam en vryheid op die spel en dit vir fop nuus nie. Dit is nie net die skrywers van die boek wie se geloofwaardigheid en lewens in gedrang kom nie maar ook die uitgewers. Dink iemand nou die uitgewers gaan hulle besigheid op die spel plaas vir fop nuus? I dont think so…….

Willem ·

Presies, waarom is hy dan nou minder verantwoordbaar as die ander twee. (Maar dooies kan mos nie hulself verdedig nie?)

Willem ·

O ja, en daai eerste sin van die berig pla my al van die begin af: “Geregtigheid is nooit te laat nie.” Vir wie, die kinders wat beweerdelik die slagoffers was, is nie meer daar nie. Diegene wat beweerdelik die dade gepleeg het is lank al oorlede. Die enigste beweerde oorlewende se naam word nie genoem nie uit vrees vir regsaksie. Die familie van Magnus Malan sit nou met die gemors.

Flippie ·

Blykbaar gee Cavendish n gratis tweede boek en n mikrogolfoond weg vir elke boek gekoop.

Ben ·

Die mens is vol sonde van natuure. Groot groepe van die blanke afrikaners veral met hoogmoed, ons is beter as jy. Dit is tyd dat blankes begin selfondersoek doen. Die Here is besig om ‘n “Spot light” te skyn op al die korrupsie en sondes in Suid Afrika. Alles gaan op die lappe kom. Dit is ‘n skoonmaak proses en ‘n herstel van die land. Jy gaan uitgevang word veral die besighede wat hulle mense so sleg behandel, ander vertrap en nie ‘n lewe gun nie. Lang tranne gaan julle huil.

Mag die waarheid seëvier ·

Ek stem saam. In my hart glo ek dat SA gestraf word v wat in d apartheidsjare aangegaan het. Dit kon onmoontlik nie God se goedkeuring wegdra nie. Ek glo heelhartig dat as ons SA’ners daardie dinge erken, belei en ons voor God verootmoedig, GAAN Hy ons land genees. Waarom anders is d hel so los in SA? Israel is gestraf agv hul ongehoorsaamheid en gruwelike sondes. Wanneer hul erken en repent het God hulle vergeef. Kyk nou hoe gaan ek aangeval word vir die waarheid… ?

annoniem ·

Hoekom word die verlede so oopgekrap? Laat die dooies tog in vrede rus. Dink ’n bietjie aan hulle families. Dis om van siek te raak. Ons wêreld kan so maklik vinger wys na andere, maar die eintlike probleem lê by elkeen van ons. Dit begin by my. Die vraag is, lewe ons nog soos christene as ons onsself uitgee as een, of het ons onsself al aan die wêreld se standaarde gelyk gestel? Hierdie boek is sensasie en niks anders nie. Sies vir die skrywers wat op die grafte van dooies dans en geld maak. Sies – skaam vir julle. Julle kan nie die dooies se kant hoor nie. Kyk eerder na julle eie lewe. Ons lewe in tye erger as Sodom en Gommora. Oordeel kom niemand toe wat die aarde bewandel nie.

Peet ·

Dit wys net daarop dat die stoere wit Afrikaner leiers ook voete and klei en geraamtes in hulle kaste het.Hulle wat die res van die burgers met streng wetgewing en reels regeer het ,het ook wette oortree wat hulle lakeie net eenvoudig laat verdwyn het. Dit verterk net weer die punt dat mense van natuur sondaars is, maak nie saak wie jy is.

melanie ·

Ek persoonlik dink dat die manier waarop die boek blootgestel is (Rapport) was heeltemal verkeerd, nl. Onreg is gepleeg onder APARTHEID se leiers. Ons land se politiek se bloedruk is al so hoog dat ‘n hartaanval op pad is. Die laaste ding wat hierdie land se klimaat nodig het is om vingers te wys met betreking tot ras, geslag of kultuur veral WIT en APARTHEID. Dus: Indien enige onreg gepleeg is, moet dit nooit saamgesmelt word met ‘n “label”, bv. APARTHEID, nie. Daar is wit en swart mense oor die wereld wyd wat gruwelike dade pleeg. Weereens, kleur, geslag of kultuur maak nie saak nien, die feit is: as jy siek en pervers is en mag misbruik dan doen jy dit, ongeag jou kleur of watter politieke party wat jy ondersteun.
Ek het grootgeword in ‘n Afrikaanse familie, maar nooit het ons swartes onderdruk of mishandel nie – inteendeel, van ons huidige werkers is al in diens vir ons vir 45 jaar.
Ek dink die uiterse negatiewe reaksie op die boek is oor die feit van die opskrif van Rapport, nl. APARTHEID. EK wens so dit was weggelaat, want die skrywers, Chris Steyn en Mark Minnie wil op die ou end van die dag net ‘n storie vertel van onreg. Maar op die ou end van die dag kies koerante opskrifte wat sal verkoop. My wense is ten gunste vir Chris Steyn en Mark Minnie en die slagoffers en die Afrikanse volk.
Mag geretigheid geskied.

Braam ·

“Maar op die ou end van die dag” was die beskuldigdes die gesigte van apartheid. Kan jy Hitler se dade skei van die Nazi party? Stalin van kommunisme?

Luister ·

Sjoe, maar die kommentators kan aangaan. Hierdie gaan nie oor nasie, ras of politiek nie.
Dit gaan oor mense, in hierdie geval mans, wat hul mag misbruik het. Hulle het – na bewering – gruwelike dade gepleeg. Gee nou kans dat daar meer inligting, dalk bewyse, getuies of selfs slagoffers te voorskyn kom. Mense behoort te weet dat slagoffers van seksuele geweld baie traag is om te voorskyn te kom.
Waarheid is dikwels vreemder as fiksie.

Kosie ·

Ek is verheug in die mense reaksie, maar terselwertyd bloei my hart vir die familie wat hierdie ongegronde aantuigings moet ervaar. Ek verbly my egter in die wete dat mense nie meer die Huisgenoot, Beeld, Burger, ensovoorts, en sy joernaliste se menings vir vetkoek opvreet nie!

humor ·

Sekerlik was daar meer leiersfigure wat respek afgedwing het en n growwe veralgemening soos “Onder apartheid” is heel onvanpas en skadelik. Maar daar was gewis ook van die ou “grotes” soos oa, Piet Promis wat ek dink nie goeie geselskap uitgemaak het nie.

1+1 ·

Daar is steeds NP kabinetslede wat vandag nog lewe. Selfs ‘n oud president. Sal graag hulle reaksie wil hoor. Al se hulle net onder eed dat hulle niks van die storie weet nie. Hulle was almal Christene en sal dit moeilik vind om onder eed te jok.

Cherokee ·

1+1, dankie dat jy, anders as vele ander kommentators, Christene met ‘n hoofletter skryf. Met verwysing na jou stelling oor gewese NP kabinetslede wat steeds hierdie kant van die rivier is, hulle blyk ook nie ‘n geskiedenis te hê wat getuig van uiterste geloofwaardigheid nie.

Hahaha ·

Haha, politici sal “dit moeilik vind om onder eed te lieg” Hahaha

Wesley ·

Hoekom voel mense aangevat deur hierdie aantuigings? Is Magnus Malan en die apartheid regering nou n persoonlike familielid of DIE afrikaner identiteit? Of dit nou waar is of nie, wat maak dit saak vir my of enige afrikaner persoonlik? Nes Julius of Zuma se optredes, maak dit nou elke swart persoon skuldig deur dat hul n velkleur of sekere afkomstigheid deel? Laat die storie uitkom en laat dit sy pad loop. Bygese, die stories loop al rond in die Baai area vanaf die jare tagtigs, met doodsdreigemente heen en weer as dinge verder gevat was…

Elaine ·

Ek glo nie Afrikaners wil hê dat enige onreg, hoe sleg ookal, onder enige mat ingevee moet word nie. Feit is egter, bewerings oor sogenaamde gruweldade moet gestaaf word deur onweerlegbare feitelike bewyse en getuienisse van betroubare aard. Daar ‘n tyd, plek en wyse waarop geregtigheid kan geskied. Onreg, weet almal, behoort in die hof aangespreek te word deur die regte persoon, op die regte tyd en manier. Hierdie boek is geen regverdige verhoor wat tot enige geregtigheid kan lei nie. Beskuldigings wat op straat verkondig word, bly slegs bewerings totdat dit behoorlik getoets is in ‘n betroubare hof. Ek glo dít is waarom ontelbare stemme in protes opgaan oor hierdie saak. Skrywers wil geregtigheid hê, maar tree self nie binne die reg op teenoor beskuldiges nie. Laastens ‘n woord aan alle skrywers en publiseerders. Dat u bepaalde motiewe en doelstellings het om ‘n spesifieke boek te skryf en te druk, is seker. Daar is egter ook ‘n ander sy van die saak. Besef u dat u deur die skryf en druk van só ‘n tipe boek, in die proses besig is om saad te saai? U is besig om duisende sade te saai van die gruwelikhede wat u so omsigtig beskryf in u boek. Waarom vind u dit nodig om saam in die varkhok te rol? Om booshede in detaille ten hemele uit te basuin sodat die saad van boosheid mag groei in baie harte? U kweek nuwe gruwelike booshede deur u pen, want saad groei.

LB ·

Ek lees dat die Engels sprekendes en swart Suid Afrikaners positief reageer oor die boek.. wel ek is Afrikaans, ek het geen respek vir die Nasionale Party regering gehad ooit nie en die manier waarop hulle hul land en mense uitverkoop het nog altyd verag, en glo die waarheid sal wel nou uitkom oor hierdie storie ook. Indien dit waar is, is dit ‘n hartseer dag vir ‘n klomp mense maar geen mens mag so verontreg word soos daardie kinders blykbaar verontreg is nie. Julle kan dus aflei dat ek geneig is om te glo dat hierdie skrywers nie sulke ernstige aantygings uit hul duime sou suig nie.

Oom Kalahari ·

Goeie tydsberekening vir Afrikaner afkraking deur sensasie. Chris Steyn en Mark Minnie het goeie poste beklee en terwyl Genl Manus Malan nog gelewe het, kon hul mos darem ‘n ondersoek en onderhoud met hom gevoer het aangesien hul al dertig jaar van dit bewus was. Waarom het hul dan inligting van die Polisie weerhou vir verdere ondersoeke in daardie stadium. Haar trane op tv het net die geld klokkie gelui vir hul sensasionele boek verkope. Moenie wag dat die derde hooggeplaaste ook eers sterf nie en bring hom tot die man sodat alle duidelikheid en ongeregtigheid dan oopgekrap kan word. As jul fotos of video bewyse van vlugte, vlug roosters, personeel, dade, slagoffers, persone en name, tye ens kan deurgee en dit word gestaaf dan het ons geen rede as om te glo nie. Laat die derde persoon kom bieg asb. As al die feite nie geplaas word nie bly dit fiksie en ‘n aanval teenoor die Afrikaner volk en strategies beplan voor 2019 verkiesing en buitelandse aanvaardinge. Hoekom het die 02 vermistes se familie deur al diejare nog nie vorendag gekom of ‘n saak in die verband ge-open nie. Swak smaak van jou kant af Steyn.

Skuus ·

Wie is julle 2 se baas????????
anc
eff
da????????????????? (ek skryf dit in kleinletters want hul is nie een hoofletters werd nie.

HPV ·

Jan, ‘n mediese spesialis kennis beweer dit is wel moontlik om so skoot te oorleef. Alles hang af van die hoek waarteen dit gevuur is, en dit was waarkynlik gedoen met met ‘n handwapen en nie’n geweer nie. Dit laat die trajek met vyf moonlike rigtings, vorentoe,agtertoe, links, regs, en reguit, van noodlottig tot minder ernstig.

bren ·

Totale misbruik van mag; ek glo elke woord!! hoor daar het reeds n getuie na vore gekom; walglike klomp gewees!

Jerry ·

Interresante tyd waarin ons lewe. Verdagmaking of fopnuus is aan die orde van die dag en om die rede sal dit wys wees vir kommentators om te reageer eers wanneer voldoende bewyse gelewer word wat bewys dat dit nie fopnuus is nie. Die enigste mense wat nou behoort te reageer is die Malan familie wat dit dan ook reeds gedoen het by monde van Gert Opperman.

joe ·

Lynette kan jy my se hoe word n wapen afgevuur sonder n koeel in die magasyn of loop soos jy dit stel? As daar niks in die magasyn of loop is nie en jy trek die sneller gebeur daar niks. So hoekom Dan die ou hospitaal toe vat? Geen koeel Geen afvuur

Identiteit ·

Mense mense mense – hoekom so heftig? Dade gepleeg of nie gepleeg definieer nie vir
MY of my verlede nie.

As iem opgeskroef was distansieer ek my daarvan en my lewe gaan aan. Dit klink of julle nou persoonlik skuldig en verantwoordelik voel???

Julle gee te veel lugtyd hieraan en die ‘roerders’ verlekker hulle in julle self-aanvaarde posisies. Dink net bietjie mooi rasioneel weer vir ‘n slag :)

Ai Ai ·

Tafelberg se strategie is tog duidelik (vir mense met ‘n breinsel of meer). Die tradisionele mark bring nie meer geld in nie, by verreweg meeste v hul verkope is in Engels. So hierdie boek volg maar net die strategie van meer verkope genereer. Mense moet nie so bohaai maak nie, dis juis wat hulle wil hê. Ek wed die eerste skip vol boeke is reeds op pad Europa toe …

Paul ·

My oë vang die opskrif van die berig vroeg oggend op Netwerk24, een van die slagoffers wat na vore gekom het. Ek wil dit nie weet nie, ek sal dit nie lees nie, al is dit elders verniet beskikbaar. Ek leef in ontkenning van dat mens, na wie mens opgesien het, sy volk so in die rug kan steek. Dan is ek eers kwaad en my siel roep, “maak die derde man se naam bekend!”

HPV ·

Abstract
BACKGROUND:
The aim of the study was to evaluate the results of treatment for ano-rectal gunshot injuries in civilian population, caused by low-velocity bullets.

METHODS:
Nine patients with ano-rectal gunshot injuries were admitted to the emergency department. All the patients were males, with a mean age of 23 years (range 20 to 37 years) and presented within the first two hours following injury. Complete physical and abdominal examinations were performed and injury severity scores (ISS) were calculated. Injuries were evaluated by rectosigmoidoscopy in the operating room. Seven patients had associated tissue or organ injuries including bladder disruption, pelvic bone fractures, and wide muscular defects. Surgical procedures included a diverting ostomy, irrigation of distal rectum, presacral drainage (6 patients), and retrorectal drainage through the abdomen (3 patients). Antibiotic prophylaxis was routinely administered. Control examinations were made at the end of the second month.

RESULTS:
Seven patients had rectal blood discharge on admission. The mean ISS score was 7.3+/-3.7, with only one patient having an ISS of 15. Early postoperative complications were urinary infection in three patients, wound dehiscence in five patients, and osteomyelitis in one patient. Anal continence was not adversely influenced after surgery.

CONCLUSION:
Our results suggest that a diverting ostomy, distal rectal irrigation, and presacral drainage yields favorable outcome in patients with ano-rectal gunshot injuries.

Johanna ·

Ek wonder hoe kom sy tot die gevolgtrekking dat Afrikaans sprekendes meer skepties is as die ander sprekendes? Sal interesant wees om dit te weet.

Petra ·

Ek wil net se, ek heti vir die NP gestem nie, ek heti ja gestem nie, maar om te beweer dat ‘n geweer in iemand se watsenaam opgedruk is en “‘n skoot” afgevuur het, dit oorleef om hospitaal toe te gaan??????? En ewe skielik nou besluit om ‘n boek te skryf om mense swart te smeer????? Rerig????

Frans C ·

In die Bybel lees ons van koning Dawid wie se seksuele wellus tot moord en bedrog gedryf het.Dit was wel oor vrou,maar is nietemin gepleeg deur die hoogste gesag in Israel.Dawid het het egter beou getoon,maar is nogtans deur God gestraf.
Ons eie President het ‘n buite egtiglike verhouding met sy gasheer se vrou aangegaan wat op twee egskeidings uitgeloop het.
Ek skryf dit om aan te toon dat selfs hoogeplaastes kan struikel.Die seuns in die betrokke boek was mi nie onskuldig nie,maar eerder jong straat prostitute wat gedrewe
deur vele faktore hul lywe op straat verkoop het.Maak jou oë op ons stede wemel van hulle.Dit is veral dwelms wat ‘n groot rol speel.
Gert van Rooyen was ‘n ouderling het in die voorste kerkbanke gesit,maar was ‘n pedofiel gedrewe deur sekslus wat hom tot moord en selfmoord gedryf het en vandag is daar talle families wat nie weet wat van hul dogters geword het.Is dit nie ‘n reuse skandvlek op die samelewing van blankes nie?

Nuuskierig ·

Nou wonder n mens hoekom Maryke vermoor was ?? Het sy gedreig om te praat toe moet sy stil gemaak word ?

ek sê maar ·

Julle kan maar aangaan NES jul wil, die waarheid kom ALTYD uit en so is dit ook… Nisk met Afrikaner of ras te doene, spring af van jul ras-behepte perdjies en kom by. Daai “leiers” het gedink hulle was godjies maar hul het toe voete van klei.

Lerato ·

Daar is verkragters en moordenaars in elke volk. Gaan kyk maar in ons tronke.
As daar beweer word dat n generaal kinders gemolesteer het, is dit kwansuis n aanslag teen die Afrikaner. Wat se loutere twak

HPV ·

Volksblad voorblad vandag, een van die seuns het na vore gekom.

Johann ·

Ou streek van die media…trek die publiek se aandag af van wat saak maak

Frans C ·

Is jy seker jy het die hele berig gelees.In een geval gerapporteer:”The final shot, Mr. Vaughan said, entered his groin area and exited through his rectum, leaving him lying in a pool of blood and feces. He never lost consciousness.”
In die ander geval.’Matter from Mr. Guzman’s intestines spilled into his abdominal cavity, creating the potential for deadly infection, Dr. Cooper said.’

Kan ek maar my miljoen kom haal?

Johann ·

Skielik kom die nou uit…en skielik kom daar nou ‘n slagoffer te vore… media trek mense se aandag van goed soos die grond kwessie…se maar net…

Rynhardt ·

Afrikanertjies leef in ontkenning oor alles!Julle is die oorsaak dat Boermense alles verloor het!Albei die Nasionale Party en Anc-regerings se misdade moet uitkom.Baie dinge gaan uitborrel!In April2016 het Radio Helderberg(die enigste om dit te noem),ander media het tjoepstil gebly,verslag gedoen oor die WVK se 20jarige bestaan.Daar is toe die volgende gese:” Die WVK kon nie sy volle taak afhandel nie.Die WVK is bewus van duisende leers wat toegesluit le in kluise wat beide die regeings(NP en Anc) se misdade uitwys”.Al hierdie dinge moet navore tree,dit moet bekend gemaak word deur n neutrale liggaam, en nie deur die WVK wat eensydig was in sy optrede nie.Vandag op Radio Helderberg was reeds genoem dat een van die beweerde slagoffers van genl.Malan se beweerde dade navore getree het.De Klerk sit in n R30miljoen woning,Cyril Ramaphosa sit ook in n R30 miljoen woning en is $700miljoen dollar ryk,maar Boermense mag nie vir 24jaar n toekoms he nie, SA kan ook nie 10%ekonomiese groei bereik met beide regerings nie.Kyk wat aangaan.Besef daar is groot fout! Albei regerings se toegesmeerde misdade moet uitkom,en dit gaan!Ek ondersteun dit met mening !!

Frans C ·

Hierdie boek het ‘n sweer opgesteek waarvan die bestaan weggesteek is.Waarom sou iemand nou na al die jare beweer:’Magnus was oom 2 wat my seksueel angerand het.
Ek gaan vir altyd Magnus Malan se duur reukweerder onthou.Dit sit aan my lyf.Dit het toe.
Oo nou.’Netwerkwerk 24.
Hierdie is ‘n baie ernstige aantyging en hoewel die man se indentiteit beskerm word,is dit van groot belang vir almal,vir alle families aan beide kante dat die waarheid ,nou
ontbloot word.want dit skeur die gemeenskap in twee.
As dit alles leuens is moet diegene wat die valse getuienis lewer,vir naamskending en laster gedagvaar word.As dit die waarheid is is moet die hand uitgesteek word en berading voorsien word aan enige slagoffer wat tans leef,ongeag of hul vrywillig of teen hul wil in dit betrokke was.

Paul ·

Hulle moet nou daai derde man se naam ook bekend maak, maar hulle sal nie voor hulle konkrete bewyse het nie. Hulle weerhou die naam, nie omdat hy nog leef nie, maar omdat hulle nog nie konkrete bewyse het nie.

Paul ·

Hierdie onthulling is nog nie ‘n bewys wat op Bird Island gebeur het nie, dit wat nou na die oppervlak gekom het, is wat op land gebeur het.

jakes ·

Die skrywer sal haar twyfelagtige bewerings in die hof moet bewys. Haar kamtige trane wat sy in n TV onderhoud gestort het, het baie oppervlakkig en verdag voorgekom. Dooie mense kannie hulself verdedig nie. Ek dink dat dit seker nie te moeilik sal wees om sogenaamde ‘slagoffers ‘ te vind om na vore te kom nie.

Paul ·

Hulle kan nou maar net sowel die boek se naam “Afrikaners van Bird Island” gegee het, so het die twee ons versaak!

Bly gefokus ·

Die gemors is om ons aandag af te trek van
wat die HUIDIGE weermag hom nou mee besighou. Ou taktiek bly liewer gefokus op eie
toekoms en behoud en GELOOF.

Paul ·

Dit wil my nou voorkom asof die boek op bewerings geskryf is, die aas is uitgegooi en nou wag die skrywer en die uitgewer om te sien of iemand na vore kom wat die bewerings kan staaf.

Piet ·

Amper almal wat hier kommentaar lewer soek na die waarheid maar die res is aanhangers van fiksie. Jy maak dit nie duidelik wat jy soek nie.

Andre ·

Glo mense regtig alle twak wat aan hulle opgedis word. Hoe hou mens so n ernstige aantyging so lank uit die pers of sonder dat iemand gaan kla.

Piet ·

Jan ongelukkig is dit waar . ek ook gedink dis twak. Maar glo my dis waar.

De Wet ·

Enige sogenaamde “slagoffer” sal moet BEWYS… Gekoopte slagoffers mag dalk ook nou soos paddastoele oornag ontstaan.

Lastersaak ·

Die jonk kinders kon dalk deur iemand anders gemollesteer gewees het.
Wat dan? Pure skinderstories.
Sorry ek koop dit nie.
Hoop die skrywers ry aan die pen vir hierdie lastersaak.

Anti Bird ·

Die skywer/skryfster het natuurlik gedink hulle gaan so die instant helde word – maar helaas – hulle het nou alle respek verloor.

Hannalene Greyling ·

Die heel snaaksste hier is die man wat nie genoem mag word nie, omdat hy nog leef. Se nou hy sterf oor 5 minute, gaan hierdie “ondersoekende joernalis” gou gou haar betroubare inligting bekend maak omdat die man dan ook nie meer daar sal wees om homself te verdedig nie. WVK kon nie wag om Afrianers te “grind” nie. Hoekom so ‘n wonderlike kans deur die vingers laat glip, of was dit omdat Genl. Malan toe nog geleef het. Foeitog.

Nuuskierig ·

Want die Marrone was n klomp geld te betaal Om te shutup …. Alle leers Alles het verdwyn !

Maritza ·

Die hel is n plek met baie blanke ou ooms en gwooooot Mercedez’e. Die meeste outannie weduwees is die gelukkigste mense wat ek ken….. say no more. Ons generasie, boere ingesluit, boet vandag oor die ooms met die gwoooooot mersedez’e se perversie. Almal moes boonop vir hulle bang wees …… hulle vrouens en kinders ingesluit…… loop tjel mar hoeveel van sulkje ooms se kjinders het serial issues in die lewe in…… ek glo die storie….. die waarheid is n plek wat min Afrikaners ken….. ons like mos die meeste lieg vir onsself, en dan dit glo……

Piet ·

Maritza, uit die kommentaar lui mens af dat jy dalk ook sukkel met die “jammer dat ek lewe sindroom” waaraan baie Afrikaners lei omdat hulle val vir die tipe snert wat die sensasiesoekende media aan mens opdis. Jou (ons) voorouers het ontvlugting gesoek van vervolging deur die katolieke kerk uit Europa – In Afrika wou die Afrikaner sy geloof kom uitleef. Hulle het alles wat hulle geken het agter gelaat en na ‘n verre land getrek om ongekende siektes te trotseer en daar het hulle geveg vir hul vryheid en hul kinders se toekoms. Hulle nageslag pluk nou nog die vrugte van hul opofferings, wat blykbaar nou nie waardeer word nie. Uiteraard was daar die vrot appels tussen hulle – enige Afrikaner sal dit erken. Ek dink egter jou voorvaders, met wat se karre ook al hulle gery het, verdien bietjie respek.

Frans C ·

Suid Afrikaanse dokters het tydens die 2de wêreldoorlog wondere verrig.My oorlede skoonpa was ‘n treindrywer wat op ‘n dag oor ‘n ranggeerwerf geloop het.
Hy wou ]n kort pad vat tussen twee trokke deur en het nie opgelet dat hul besig is om te rangeer nie.
Hy is vasgevang in die sluitstelsel wat sy ingewande vergruis het.Niemand het gedink hy sou dit oorleef nie.Twee dokters met slagveld ondervinding het sy vergruisde binnegoed,verwyder en dit wat bruikbaar was weer aanmekaar gewerk en teruggesit.

Toe hy jare ;ater weens ‘n verstopping in die hospitaal beland is daar X-strale geneem
en was die snydokter verstom oor wat hy sien en het besluit dat hy nie sou opereer nie,want alles was aanmekaar gelas,maar het tog gewerk.My skoonpa was 84 jaar oud toe hy oorlede is.
Die mediese bewyse is daar.So hou jou miljoen want ek buit nie mense se onkunde uit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.