Bird Island-skrywer dood gevind

Chris Steyn en Mark Minnie.

Mark Minnie, een van die skrywers van die omstrede boek, Die seuns van Bird Island, is Maandagaand dood aangetref op ʼn plaas aan die buitewyke van Port Elizabeth.

Minnie het glo kort voor sy dood sy vriend gevra of hy na die plaas kan gaan omdat hy “bietjie wil wegkom van die stad af” en “vars plaaslug” nodig het. Hy is omstreeks 20:50 dood gevind met ʼn skietwond en ʼn vuurwapen langs hom.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar wou nie onmiddellik die oorledene se naam bevestig nie. Volgens Rheeder het die 58-jarige oorledene Maandag by sy vriend opgedaag en gevra of hy bietjie op die plaas kan uitspan.

“Die oorledene is na die woonkwartiere waar hy altyd bly terwyl sy vriend en die plaaswerkers aangegaan het met die werk op die plaas. Die vriend het aan die polisie gesê hy het in ʼn stadium ʼn skoot hoor afgaan, maar nie veel daarvan gedink nie, aangesien daar ʼn nabygeleë steengroef is waar mense gereeld gaan skiet,” het Rheeder gesê.

Volgens hom het die oorledene se vriendin omstreeks 19:00 die vriend gebel en gevra waar die oorledene is. “Hy het bevestig dat hy op die plaas is en is na die woonkwartiere gegaan waar die oorledene gebly het. Daar was egter niemand daar nie en die vriend en sy broer het na die oorledene begin soek. Hulle het later op sy liggaam afgekom buite die huis met ʼn skietwond en ʼn vuurwapen langs hom.”

Rheeder kon nie onmiddellik bevestig waar die oorledene geskiet is nie. Hy het bevestig die vuurwapen is ʼn handwapen. “In die stadium word ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen.”

Rheeder kon ook nie bevestig dat die oorledene ʼn oud-polisieman is nie en het gesê hy verneem maar deur die media dat die man ʼn oudspeurder is.

Die nuus van Minnie se dood het egter Dinsdagoggend soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Pieter Mulder, voormalige leier van die VF Plus, het ook getwiet dat die skrywer van die Bird Island-boek dood gevind is.

News24 het Dinsdag berig Chris Steyn, mede-outeur van Die seuns van Bird Island, het Minnie se dood bevestig, maar wou nie onmiddellik meer inligting bekendmaak nie.

Minnie is saam met Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, outeurs van die boek Die seuns van Bird Island wat opslae veroorsaak het nadat dit verlede week bekendgestel is. Dié boek beweer dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was. Daar word in die boek beweer die destydse polisie-ondersoeke na genl. Magnus Malan, ʼn voormalige minister van verdediging, sowel as John Wiley, ʼn voormalige minister van omgewingsake, en ʼn derde minister wat nog leef en wie se naam op regsadvies weerhou word, se betrokkenheid glo verhoed en toegesmeer is.

Lees alle vorige berigte oor die Bird Island-boek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

Whatever ·

Whatever, mense kan glo wat hul wil. Ek dink spyt het te laat gekom. Die boek is ‘n fout en moes nooit gebeur het nie, ek dink steeds dit is verbeeldingsvlugte wat omskep is om vir al die verkeerde redes lekker geld te maak. As die 2 skrywers by fiksie of die waarheid gebly het, sou hul beslis meer bereik het.

Lizelle Gibson ·

Hendrik, ek stem saam met jou, dit is net té toevallig.

Haan ·

Definitief. As ek reg onthou het Eugene Terreblanche ook gesê hy kan iets van die vorige sogenoemde “leiers” openbaar…

Nuuskierig ·

@ Haan en so word monde stil gemaak. Dit is afgryslik Om te besef as jy due waarheid weet jy maar net jou mond moet Hou

Mimi ·

n Mens kan maar net wonder, wie het regtig daardie sneller getrek? Die joernalis, Chris, moet maar oor haar skouer kyk….. As mens sien hoe het die Sauk boelies die joernalis Suna geteister en agtervolg….gee dit jou net n idee waartoe mense met die “regte” konneksies instaat is. Gelukkig is daar n God wat se oë alles sien. Sterkte aan Mnr. Minnie se kinders!

Nel ·

Wel ons weet verseker dit was nie Magnus gewees nie. Maar die arme Barend Du Plessis sal seker nou as ‘n verdagte gebrandmerk word.

Hartseer ·

Baie jammer om te hoor en sterkte aan die familie in hierdie tyd!

Vir geen oomblik glo ek dit was selfmoord nie. Waar daar ‘n rokie trek brand gewoonlik ‘n vuurtjie.

christa ·

dis so toevallig??? Het hy dalk onveilig gevoel by sy eie plek??? As die storie die waarheid is sal daar seersekerlik geveg word dat die bewyse vernietig word en getuies stil gemaak word.

Nuuskierig ·

Nou wat sê diegene wat nie die skrywers glo nie ? Geen wonder die vermiste 6 Kinders wat met Gert van Rooyen en Joey Haarhoff verbind word is so toe gesmeer nie !!!! En hulle moes onmiddelik veras word. Hierdie dood van die skrywer spreek BOEK DELE !!!

Lizelle Gibson ·

Nuuskierig, ek het ook daaraan gedink, die raaisel rondom daai vermiste dogters sal nooit opgelos word nie want ‘belangrike mense’ was ook daarby betrokke. In gesag posissies kan dinge maklik toegesmeer word. Mag die waarheid eendag seëvier.

Frans C ·

Moord of selfdood is nooit toevallig nie en is daar altyd ‘n opset agter dit wat dit daartoe dryf.

spyker op die kop ·

Stem HEELTEMAL saam met jou, Intanteris!!!! glo ook dit was selfmoord.

Dink ·

Hulle laat dit altyd na selfmoord lyk. Is daar regtig nog mense wat glo dit is net n storie?

Ria ·

Ons sal nooit die waarheid uitvind nie. Wonder of die druk nie te groot was nie. Ria.

Anne ·

Ongeag of dit selfdood of moord is, dit sal wel in die ondersoek uitkom. In my mening, die volgende… Moord: Onwaarskynlik dat dit iemand sou wees wat direk geimpliseer is (insluitend diegene wat “geweet” het en al die jare “geswyg” het), want dit sou die gerugte in die boek verder versterk. En indien die gerugte waar is, sou die dood van die skywer geen impak hê op hul lot nie. Selfmoord: Dalk, maar hoekom? Indien selfmoord, dalk die moontlike regs-implikasies indien daar nie genoegsame bewyse is om die oorlewende minister aan die pen te laat ry nie. Of, dalk het die golf, wat die boek veroorsaak het, te veel geraak om te hanteer? Wie weet, dis maklik om te spekuleer, maar hopelik sal die ondersoek gou antwoorde verskaf.
Ongeag wat gebeur het, ‘n lewe is verloor. Alle sterkte vir sy familie en vriende.

Anja ·

Ek stem saam. Kyk na die kommentaar van die vorige berigte op maroela media. Meeste kommentaarlewers was teen die boek: “heksejag; mense (oud-ministers) is dood wat nie hulself kan verdedig nie; indien die gerugte dan waar is, hoekom word die lewende minister se naam nie genoem nie ens ens ens”. Nou dat een van die skrywers dood gevind is, word die kommentaar omgeswaai en meeste is nou van mening dat dit definitief nie selfdood kon wees nie. Wag vir die ondersoek om afgehandel te word. En onthou: Moenie te vinnig vinger wys en sê iemand is skuldig voor die nodige bewyse nie op die tafel is nie.

Mickey ·

Klink maar eerder soos selfmoord. Mens sal nooit weet wat deur sy kop gegaan het nie. Dalk te veel druk van die publiek gekry wat hy nie kon hanteer nie (of dalk het hy self begin twyfel of die boek die regte ding was om te skryf). Ek stem nog steeds nie saam dat n boek op hoorsê geskryf moet word nie maar ek stem nog minder dat iemand sy eie lewe moet neem. Voel baie jammer vir die man en ook vir enige persoon wat voel dit is die enigste uitweg. Sterkte aan Minnie se family!

Jan ·

Julle is simpel as magnus wou kon hy by ryk mense in kaapstad of pretoria kinders gekry het hoekom sou hy bird island toe foeter waar die hele lugmag hom kon sien.en hierdie skrywer dink ons glo n koel direk in die anus kan maklik geopereer word….kyk maar na ballistiek op kort afstande..

M ·

Ryk kinders se ouers kon hul beskerm en mense sou luister…. nie arm kids nie

EBG ·

Daars n spreekwoord wat se moenie krap waar dit nie jeuk nie
And what happend on the island stays on the island

Lizelle ·

Nee Anja ek was nie. Sy lewe was destyds gedreig en koerante is verbied om iets te publiseer. n Helse toeval vir 3 mense wat of betrokke was of inligting gehad het op presies dieselfde manier dood is.

stem saam ·

jip, stem saam – sy motor en selfoon het van die toneel verdwyn,,,,

Anoniem ·

Niemand kan sekerlik vir Genl Magnus Malan hiervoor blameer nie.

Rynhardt ·

Manie,kom ek gee n beter perspektief op dinge vir jou.Rapport het reeds Sondag 12Augustus op rekord gestel dat oudpres.P.W.Botha die leer met NP ooms se gruweldade laat verdwyn het in 1987.Gerrit Smith het ook op rekord aan Rapport bevestig dat sy oorlede broer ingetrek was deur NP-ooms se gruweldade!In weekliks kan jy ook gaan lees waar Geoffrey Allen(broer van wyle Dave Allen )op rekord aan die joernalis ,Jani Allen(sy is vandag in VSA)gese het dat sy broer vermoor was, om dit te laat lyk na selfmoord!Jy kan ook die oudsoldaat,Wynand du Toit se opgradeerde boek gaan lees oor hoe die Nasionale Party hom op n geheime sending na Angola gestuur het om tenks te gaan opblaas,maar die vyand het reeds vir hom gewag.Wynand het dit duidelik gestel dat mense nie werklik geweet het wie die Nasionale Party in hul kerkpakke was nie.Manie wat ek vir jou en talle Afrikanertjies uitwys, is om n beter perspektief te kry van NP politici, want hulle was nie engeltjies met goue vlerke nie!

Casper Labuschagne ·

@Rynhardt, as dit wat jy sê waar is, dan is ek vandag heel verbysterd om te verneem dat ek self, asook my nabye familielede wat in die NP was vanaf junior tot senior poste, sulke slegte duiwels is. En ek het al die tyd geglo dat hulle regtig niks verkeerd gedoen het nie, in die Afrikanervolk geglo het, die land wou dien en boonop vir hul gesinne baie lief was en ook diep gelowig was. Wie sou kon dink dat ek so verkeerd kon wees?

Daar was wel probleme, soos die Robert Smit moorde gewys het, maar wat ek in die verlede self ondervind en waargeneem het verskil lynreg van die aantygings wat vandag gemaak word.

En ja, van die dae van Dr Albert Hertzog af was daar aanhoudende en felle beskuldigings van hoe onheilig en satanisties die NP regering en hul ministers sou wees en dieselfde treurige refrein speel vandag nog, maar net soos destyds is dit vandag steeds nog sonder ‘n enkele bewysbare feit.

Judaskleed ·

Reinhardt – alhoewel ek BAIE empatie met die skrywer het, het ek ook in-diepte navorsing oor Kerslig en die ander ops gedoen, en ek moet se hou maar perspektief op subjektiwiteit.

Haan ·

Lyk my hoerdie is die ingang na n rotnes wat baie graag onaangeraak wil bly

Debra ·

Ek kan geensins kommentaar lewer oor die moontlike motief agter sy dood… Maar sal die volgende sê:

Indien dit selfmoord was, is dit hartseer, ‘n lewe is weg. Vir ons Here is almal kosbaar ongeag ras of geslag, ouderdom ens ens.
Indien hy nie self die sneller getrek het, wel… God sien ALLES en sy oordeel sal die skuldige verswelg!

Mag die waarheid uitkom.

Aan diegene hierbo wat hul so verlekker in n persoon se afsterwe, ONGEAG die omstandighede, gaan stel selfondersoek in, want daar is fout met jul….

Carel ·

As iemand dink die eertydse regering was so onaantasbaar rein en regverdig met slegs goeie bedoelings, gaan lees gerus Adv. P.J. Pretorius se boek “Volksverraad”. Dit is gratis op internet beskikbaar.

Rynhardt ·

Is die skrywer van Bird Island,Mark Minnie se onverwagse, skielike dood werklik selfmoord???Die vraag moet gevra word,hoe gaan sy dood werklik ondersoek word en gaan die waarheid ooit seevier? Ek vind dit uiters moeilik om te glo dat Mark selfmoord gepleeg het,terwyl sy hele toekoms voor hom le!

Alex ·

Kom ons skiet gou die skrywers, dan sal die boek van die rakke verdwyn en almal sal maar net dink dit was ‘n droom.

charmaine ·

Iemand het van die boek gehou nie? Dalk was daar waarheid in?

BenaYaHU ·

@Infanteris
Baie naiewe kommentaar vermoed ek.. En jy glo vir een oomblik dat die pedofilie-storie die ENIGSTE info. sou wees wat hierdie ondersoekers van sou kennis dra? Ek is van mening dat sou die publiek van die ware feite / toedrag van sake aangaande die doen & late van s.g. “leiers” uitvind, daar veel meer vergelding dan net ‘n s.g. “selfmoord” sou plaasvind .. Maar ja, wie sou weet, dalk is dit ek wat die naiewe een is.

Johanna ·

Bitterlik jammer om dit te hoor. Hy het beslis iemand baie kwaad gemaak. ek glo glad nie dis selfmoord nie. RIV Mark.

Frans C ·

As ‘n mens soos Minnie afsprake maak met mense om nog meer inligting te bekom,gaan pleeg jy nie selfmoord nie.Dit wil dus voorkom dat hy te na gekom het aan mense wie se reputasie skade kon lei en gerieflik ‘selfmoord’ gepleeg het.

Manie ·

Kyk dit is duidelik dat ons as ‘n volk die einde van ons pad in Afrika bereik het, maar om so ‘n vals nooit uit te gaan is darem erg vernederend.

Erika ·

Dit is nie Toevallig nie.. Minnie het mos n Blik wurms oopgemaak ..en die die betrokkenes in mags posisies se reputasie is mos op spel… weens die vieslike sinistere bedrywighede wat onder rader plaasgevind het waarvan Niemand mag uitvind nie

Speurder ·

En soos gewoonlik is al die misdaadkenners besig met julle eie afleidings?

Bossie ·

Soms maak dinge tog sin…of het die potensiaal om waar te wees. Moet mens dit dan miskyk omdat jy dit nie graag sou wou glo nie?

Piet ·

Is Magnum regtig so onskuldig te veel mense beskerm sy eer ek dink hy was nie onskuldig nie waar n rokie trek is daar n vuur

Jan ·

Niemand se die np was onskuldig nie die anc doen presies dieselfde.maar om my te vertel iemnd kan herstel na n koel direk in die buikholte is bog..

Rob ·

Ag Jan ons het jou reeds die eerste keer gehoor… Jy is soos ‘n plaat wat vashaak.

Hou op tussen grootmense speel en gaan maak liewer koffie.. :)

Ilze Boshoff ·

Snaaks dat John Allen en John Wiley op presies dieselfde maniere gevind is… skoot in die kop en geweer langs hulle… ook afgeskryf as selfmoord.

CR ·

Hierdie kan selfmoord wees. Hy en Steyn het gesê die waarheid sal uitkom in hofsake wat volg. Het hul dan nie die waarheid in boek blootgelê nie? Ek dink hulle het vir hulself ‘n gat gegrou met hierdie boek.

Francois Joubert ·

Ek gaan jou ondersteun hier. Van wat ek op verskeie berigte gelees het (ek was nie daar nie) glo ek dat Allen wel met die kinders gepeuter het, hy is immers formeel aangekla. Hy het rede gehad om selfmoord te pleeg maar min mense skiet hulself in die voorkop. So ek wonder? Wiley was te veel saam met hom en daar is bevestiging dat hy deel was aan die peutery. DIT is wat Minnie se dosier bevat het. Hierdie dosier is deur PW aangevra soos in NOU en hy het daarna vir Wiley ingelig dat hy nie weer ‘n minister sal wees a.g.v. die skade wat hy die party kan aandoen as dit bekend word. Ek glo Wiley het selfmoord gepleeg. Nou Minnie het hierdie inligting gehad, maar hoe maak jy dit beter as jy ‘n boek skryf? Jy betrek ‘n groot naam. Dit is welbekend dat die helikopter daar geland het met ministers saam met Wiley en d.m.v. assosiasie is die storie aangedik. Die reaksie op die boek was toe nie soos verwag tesame met moontlike dreigemente (maak ‘n plan of ek haal jou seun uit) en daar is ‘n selfmoord. Net my opinie.

1+1 ·

Die sinsnedes ” ‘n Vuurwapen” se vir my niks, daarom sal ek maar wag vir meer duidelikheid oor die gebeure, voordat ek enige verdere kommentaar lewer.

Anita ·

Ek dink dat hierdie boek het ‘n skaduwee ontbloot wat in die donker moes bly, tensy daar van die jeugdiges uit die tyd te voorskyn kom sal daar altyd twyfel bestaan oor wat is werklikheid en wat is versinsel.? Ek vind dit raar dat die skrywer homself dood skiet ‘n paar weke na die onthulings, het hy miskien oproepe van prokureurs ontvang die hom wou dagvaar vir naamskending? iewers sleep ‘n slang deur die gras.!

J van Rustenburg ·

Ek lees die stukkie in die Sunday times raak
Botha’s former deputy minister of law and order‚ Roelf Meyer‚ said while he had seen the story he had no knowledge of the allegations. “I don’t know whether it is true or not and cannot comment on it‚” said Meyer.
Former foreign affairs minister Pik Botha and former finance minister Barend du Plessis could not be reached for comment.
Dit bly maar interesant dat geen minister van daai era dit afmaak as leuns nie So asof hulle bang is dit word later bewys dit is die waarheid

Missy ·

J van Rensburg gaan koop verlede Sondag se Rapport en lees Barend du Plessis se onderhoud met Hanlie Retief.

Anoniem ·

En waar kom jy aan als wat jy se?!
Verskeie voormalige ministers get gese die beweringe in die boek oor Magnus is onwaar

Nettie ·

Ek ruik ‘n (VROT) rot ……………………………..

Feit bly staan: òf Minnie het selfdood gepleeg nadat die druk en/of kritiek na die boek se verskyning vir hom te veel geraak het óf Minnie is uit die weg geruim, deur ‘n nie-so-vriendelike-strategies-geplaaste koeël, wat gevuur is deur ‘n persoon of naaste/vriend van ‘n persoon/persone wat op persoonlike wyse benadeel kon word deur die inhoud van die boek, waar of onwaar.

Hmmmm ……. Miskien moet Chris Steyn ook maar oor haar skouer begin loer en solank maar ‘n vuurwapen aankoop, as sy nie alreeds een het nie ………………………… “Ongelukke” gebeur gou, wil dit my voorkom.

Jan ·

Hoeveel skade sou magnus se wapen aangrig het verheleke met n 9mm dienspistool…aan n rektum…

Alida ·

Hy is stil gemaak om ander te keer om te praat. Was daar nie n tyd terug n medium wat gepraat het van dreigemente as sy iets sou se. En een het voorspel van hoekoppe in di parlement wat uitgelig gaan word. Ek kan net nie onthou wie dit gese het. Van Rooyen se naam is ook genoem. Dis hoog tyd dat die gemors oop gevlek word.

Stuiwer ·

Het hy hom gaan afsonder op ‘n plaas met die bedoeling om selfmoord te pleeg, of het hy gevlug vir sy lewe en daarom op ‘n plaas gaan wegkruip.

Antoinette ·

Die ou se selfoon en motor is weg????? waar het hy heen gery na sy selfmoord???? Kom mense word wakker. Minnie het self gese die boek is net die tip van die ysberg! Hoop nie Chris laat haar ondersoek vaar, hier is beslis n slang in die gras of dalk n Van Rooyen.

Annamarie Olivier ·

Hy kon die druk nie hanteer en het geen bewyse gehad. Punt

Jax ·

Selfmoord se voet! Sy selfoon “gerieflik” weg en so ook sy kar! Koel deur die kop – klink bekend! Niks sal my meer verbaas of skok nie. Dink hierdie bevindings/bewerings is nader aan die waarheid as wat Jan-alle-man wil weet/glo!

Siek! Die mensdom is n siek spul! Gaan alles oor mag! Deur die hele wêreld heen! Geen enkele land/nasie het n skoon gewete nie en wie word elke hard getref – kinders! Onskuldige kinders wat nou met erge littetens sit- binne en buite!

Ek skaam my vir my eie ras!

Sterkte aan Mark se familie en vriende!
RIV Mark!

Jax ·

@ Jan – die menslike ras my vriend! Maw – elke mens oor die ganse aarde!

Fluit, fluit die storie is nog nie uit .... ·

Geen mens sal so ‘n boek skryf sonder enige bewyse nie. Daar is heelwat puik en professionele ondersoekende journaliste in hierdie land wat alreeds verder ondersoek gedoen het of besig is om verder ondersoek te doen. Hierdie twee dapper skrywers het net alreeds ‘n magdom speurwerk vir hulle gedoen.

Piet ·

Gewoonlik doen mens eers die “speurwerk” en dan skryf jy die boek. Dat mens goeie ondersoekende joeraliste kry is inderdaad waar. Mandy Wiener is een van my gunstelinge. Haar karakters bestaan – ek dink dit is nogal ‘n noodsaaklike begin. Sy gebruik gepuliseerde inligting en voer onderhoude met die betrokkenes. Sover ek weet het sy haar nog nie self geskiet omdat mense se sy lieg nie. As mens nog nie eintlik goeie joerlalistieke werk gelees het nie sal jy seker ook nie weet wat die “rubbish” is nie.

Bossie ·

Soms maak dinge tog sin…of het die potensiaal om waar te wees. Moet mens dit dan miskyk omdat jy dit nie graag sou wou glo nie?

Gerrit ·

Nou ja toe… al die slim sensasie soekers….Selfmoord nota by Minnie gevind… sy leuens het hom op-gehad, ingehaal en dit was sy manier van uitkoms…. sela.

regtig ·

en daar was nog nooit n “selfmoord brief” vervals nie! Regtig!!

Antoinette ·

Ai, nou hoekom die lyk gisteraand, die brief vandag?????????????

Careltjie ·

Ek kan nie verstaan nie. As dit dan so maklik is om mense uit te haal wat die vorige regering se ministers beswadder, hoe maklik moet dit nie wees om mense in die huidige regering uit te haal nie. Waar of onwaar??

Elsabe ·

Sal nooit die waarheid weet nie maar die vorige bedeling se regering net soos vandag sin het ook maar baie toe boeke wat die publiek niks van weet nie.

Hoc est bellum ·

Gaan iemand ‘n boek skryf oor ANC se wandade in hul detensiekamp, genaamd, Kamp Quatro in Angola? Ek glo nie iemand sal dit waag nie. Dis amper soos “career suicide”. As Minnie se dood dalk nie selfmoord is nie, dan sidder ek oor wat tans in die land van ons aan die gang is. Ek neem aan dat die Staatsveiligheids Agentskap tans alle sosiale media platforms monitor. Mens moet twee keer dink voor jy die stuurknoppie op jou selfoon druk.

Jean ·

Onthou iemand die Smit moorde so 40 jaar terug……of miskien was dit regtig selfmoord?

Francois Joubert ·

Gaan Google dit. Al die inligting is daar, selfs wie die moorde gepleeg het en waarom dit gedoen is. Probleem is niemand wil se wie die opdrag gegee het en dit is waarmee hul dogter vandag nog wroeg.

Joe ·

Selfmoord- boek is ‘n klomp twak. Moord – waarheid in die boek.

honourable member ·

Ek dink hierdie man het n “can of worms” oopgemaak en dit was net te groot om te verwerk en kon maar net nie al die spanning verduur nie. Dalk was hy gedreig oor die uitlatings. Niemand sal nou ooit weet wat regtig gebeur het nie…. Wys jou net wat alles daar buite aangaan.

Ai ai ·

Nou is hier baaaiiiieee slimjanne en slimsannies wat dink dis nou toevallig en ‘n komplot en wat nie alles nie. Die logiese gedagte by my is dat mnr Minnie se gewete hom erg gepla het oor wat hy in die boek kwyt geraak het, sonder enige vorm van bewyse hoegenaamd, n die familielede vd mense wat beswadder is, te na gekom het. Hy het seker nie kans gesien om vir die res v sy lewe met sy gewete saam te leef nie. Aan die komplotters: die ander outeru is seker volgende op die hit list ne? En die moordenaar het presies geweet mnr Minnie gaan kuier op ‘n plaas buite PE ne? En die selfmoordnota is vervals ne? En die wapen sal nie terug gespoor kan word na sy eienaar nie ne? En as die eienaar se dat hy die wapen aan mnr Minnie geleen het, gaan die komplot seker net aangepas word ne? Ai ai. Maar baie geluk Chris Steyn

mc ·

Of die boek waar is of nie, of dit selfmoord is of nie – die verkeerde generasie word deur die publikasie van die boek gestraf.

CR ·

Neels, ek stem saam jou. Hoekom wag mense eers tot iemand dood is of stokoud is en dan met stories vorendag kom. Hier is nie eens klinklare bewys nie, hoe kan boek geskryf word sonder bewyse en Chris Steyn met haar trane op tv is vals. Filmregte reeds verkoop, vinnige paar rand maak sonder om aan die nagevolge te dink en aan die oorledenes se familie. Hulle moes dalk eerder boek geskryf het oor hoe ons land die afgelope paar jaar agteruitgaan en in swak toestand is.

Annamarie ·

Regering voor 1994 was erger as vandag en het eenvoudig mense laat verdwyn uit samelewing en vandag se regering wil net hê en bedrog pleeg. Wonder wat was en is die ergste.

Missy ·

Die heel ergste vir my is mense, soos Annemarie, wat links en reg oningeligde opinies rondstrooi asof dit die Heilige waarheid is.
Het jy persoonlike insae in die vorige regering se doen en late dat jy sulke bewerings kan maak? Besef jy nie dat jy net dalkies in die hande speel van diegene wat hierdie hele tragiese en smerige besigheid georkestreer het net om te vernietig en af te kraak nie? En so doen jy saam.

Nel ·

Wil hierdie ellelange gesang nie nou maar einde kry nie? Die armbeurs is tot oorboordens toe vol en lyk my nie daar is nog iemand wat ietsie meer het as net stuiwers/sente om in te gooi nie.

Erika ·

Dit is Moord defnitief Minnie het op Info afgekom wat die Skuldiges se reputasie wat in mags posisies was Ruineer Ne en hy mos het te diep gekrap om om die waarheid bloot te stel . .Toe moes hulle hom elimineer want hy het te veel geweet…

Johann du Toit ·

Ek wag maar liewers tot die ondersoek afgehandel is voor ek ‘n mening uitspreek.
Dinge klink op hierdie stadium baie deurmekaar. . Minnie se selfoon is weg en sy voertuig klaarblyklik ook. Waar is dit? . n Selfdoodbrief (inhoud onbekend) is gevind maar eers die volgende dag. Was die brief dan weggesteek? Ek weet ook nie of die patroondoppie waarna die polisie opsoek was al gevind is nie.
Van weē my persoonlike belangstelling lees ek verskillende koerante. Volgens die Sondagkoerant,Die Son, het die polisie bevestig die vuurwapen waarmee Minnie geskiet is behoort aan die eienaar van Theescombe Roses, Brent Barnes. Dit is onseker hoe Minnie die vuurwapen in die hande gekry het. Het Minnie self dan nie ‘n vuurwapen gehad nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.