Bird Island-skrywer: Selfmoordbrief gevind

Chris Steyn en Mark Minnie

Die polisie in die Oos-Kaap het Dinsdag bevestig speurders het op ʼn selfmoordbrief afgekom ná die liggaam van oudpolisieman Mark Minnie op ʼn kleinhoewe in Theesecombe, Port Elizabeth, gevind is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn selfmoordbrief is gevind, maar sy het nie die inhoud bekend gemaak of aangedui waar dit opgespoor is nie. Sy het ook gesê die vuurwapen wat Maandagaand gevind is, het nie aan Minnie behoort nie.

Minnie, medeskrywer van die omstrede boek, Die seuns van Bird Island, is Maandagaand dood aangetref op ʼn vriend se kleinhoewe. Dié boek beweer dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was. Minnie het dit geskryf in samewerking met joernalis Chris Steyn. Die boek vertel die verhaal van “visvanguitstappies” wat deur voormalige minister Magnus Malan, welvarende sakeman Dave Allen (wat in die ouderdom van 37 sy eie lewe geneem het), en voormalige minister van omgewingsake John Wiley gereël is. Wiley het in die ouderdom van 60 ook sy eie lewe geneem, net weke ná Allen dood aangetref is met ʼn soortgelyke skietwond aan sy kop. Volgens die boek het Malan, Wiley, Allen en nog ʼn voormalige minister, wat steeds leef, jong seuns na Bird-eiland naby Port Elizabeth geneem het waar die minderjariges na bewering verkrag en seksueel aangerand is.

Die polisie het vroeër gesê geen vuilspel word vermoed nie ná Minnie met ʼn skietwond in sy kop aangetref is. ʼn Pistool het langs hom gelê. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Speurders en forensiese spanne was Dinsdagmiddag steeds op die toneel en het later wit houers in verseëlde bewyssakke weggedra.

Lees alle vorige berigte oor die Bird Island-boek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

56 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ellisras

In die “ou” dae was daar 5 skote in agterkop met ‘n R1. Dan was die bevinding : Selfmoord. Intussen het die mense geleer. Maar dit was nie sy wapen nie.

Wolkie

So 2 uit 3 wat betrokke was met die storie het selfmoord gepleeg, weke uit mekaar.. en toe jare later word n boek daaroor geskryf, en 2 weke later pleeg een van die skrywers ook selfmoord ? WEIRD !!!

Rynhardt

Ek vind dit vreemd dat die polisie kan se vuilspel was nie betrokke nie,terwyl volledige ondersoek nog nie heeltemal afgehandel is nie.Wat verder verdag is,is dat Mark Minnie skielik uit die bloute homself gaan doodskiet het in sy vriend se huis,en dit nie eens met sy eie vuurwapen nie! n Vreemde wereld beslis.Gaan die polisie die eienaar van vuurwapen opspoor en hoe gaan ondervraging geskied agter skerms? Daar gelaat.Dit bring my by die volgende.Die skrywer en assistent redakteur van die Daily Maverick, Marianne Thamm het die volgende gese oor Mark:” He had been in PE talking to sources.I spoke to… Lees meer »

Lukie Carelsen

Wat ‘n gruwelike wending! (Minnie se dood word betreur en my medelye aan sy familie). Geen erger aantygings kan egter teen ‘n persoon gemaak word as om kinders te mollesteer nie (en nog boonop teen mense wat hulself nie kan verdedig, soos genl. Magnus Malan, omdat hulle dood is). Ek glo die bewerings is alles vals en gruwelik. Soveel mense se lewens is beswadder deur hierdie skandboek. En die uitgewers het (nog nie ) die boek van die rakke verwyder nie! Wanneer die waarheid uitkom sal hulle (die uitgewers) seker die eerbare ding doen en hierdie gemors verwyder en om… Lees meer »

Rynhardt

(DEEL2) “I know police say at this stage that it is not foul play but there are questions around how he was found, where he was found…” Jy as leser handhaaf self die goeie oordeel!