Bird Island-skrywer: Selfmoordbrief gevind

Chris Steyn en Mark Minnie

Die polisie in die Oos-Kaap het Dinsdag bevestig speurders het op ʼn selfmoordbrief afgekom ná die liggaam van oudpolisieman Mark Minnie op ʼn kleinhoewe in Theesecombe, Port Elizabeth, gevind is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn selfmoordbrief is gevind, maar sy het nie die inhoud bekend gemaak of aangedui waar dit opgespoor is nie. Sy het ook gesê die vuurwapen wat Maandagaand gevind is, het nie aan Minnie behoort nie.

Minnie, medeskrywer van die omstrede boek, Die seuns van Bird Island, is Maandagaand dood aangetref op ʼn vriend se kleinhoewe. Dié boek beweer dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was. Minnie het dit geskryf in samewerking met joernalis Chris Steyn. Die boek vertel die verhaal van “visvanguitstappies” wat deur voormalige minister Magnus Malan, welvarende sakeman Dave Allen (wat in die ouderdom van 37 sy eie lewe geneem het), en voormalige minister van omgewingsake John Wiley gereël is. Wiley het in die ouderdom van 60 ook sy eie lewe geneem, net weke ná Allen dood aangetref is met ʼn soortgelyke skietwond aan sy kop. Volgens die boek het Malan, Wiley, Allen en nog ʼn voormalige minister, wat steeds leef, jong seuns na Bird-eiland naby Port Elizabeth geneem het waar die minderjariges na bewering verkrag en seksueel aangerand is.

Die polisie het vroeër gesê geen vuilspel word vermoed nie ná Minnie met ʼn skietwond in sy kop aangetref is. ʼn Pistool het langs hom gelê. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Speurders en forensiese spanne was Dinsdagmiddag steeds op die toneel en het later wit houers in verseëlde bewyssakke weggedra.

Lees alle vorige berigte oor die Bird Island-boek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Ellisras ·

In die “ou” dae was daar 5 skote in agterkop met ‘n R1. Dan was die bevinding : Selfmoord. Intussen het die mense geleer. Maar dit was nie sy wapen nie.

Wolkie ·

So 2 uit 3 wat betrokke was met die storie het selfmoord gepleeg, weke uit mekaar.. en toe jare later word n boek daaroor geskryf, en 2 weke later pleeg een van die skrywers ook selfmoord ? WEIRD !!!

Rynhardt ·

Ek vind dit vreemd dat die polisie kan se vuilspel was nie betrokke nie,terwyl volledige ondersoek nog nie heeltemal afgehandel is nie.Wat verder verdag is,is dat Mark Minnie skielik uit die bloute homself gaan doodskiet het in sy vriend se huis,en dit nie eens met sy eie vuurwapen nie! n Vreemde wereld beslis.Gaan die polisie die eienaar van vuurwapen opspoor en hoe gaan ondervraging geskied agter skerms? Daar gelaat.Dit bring my by die volgende.Die skrywer en assistent redakteur van die Daily Maverick, Marianne Thamm het die volgende gese oor Mark:” He had been in PE talking to sources.I spoke to Mark last week and there was no indication that he was feeling down…well he has always felt threatened, that people would like to see him out the way,so it came as a very big shock to me this morning that he would have committed suicide”. Thamm says Minnie understood that he might become a target. “Once he realised who he was dealing with he understood he might become a target,so I think. Mark found himself investigating something without the backup of the police,he stumbled upon the story and then afterwards he was not protected either.I think we should have given him more protection in democratic South Africa”. (Vervolg)

Lukie Carelsen ·

Wat ‘n gruwelike wending! (Minnie se dood word betreur en my medelye aan sy familie).

Geen erger aantygings kan egter teen ‘n persoon gemaak word as om kinders te mollesteer nie (en nog boonop teen mense wat hulself nie kan verdedig, soos genl. Magnus Malan, omdat hulle dood is).

Ek glo die bewerings is alles vals en gruwelik.

Soveel mense se lewens is beswadder deur hierdie skandboek.

En die uitgewers het (nog nie ) die boek van die rakke verwyder nie!

Wanneer die waarheid uitkom sal hulle (die uitgewers) seker die eerbare ding doen en hierdie gemors verwyder en om verskoning vra vir al die lasterlike bewerings wat die skrywers ipgedis het!

Sophia ·

Lukie waarom moet die boek verwyder word? En hoe weet jy dis laster? Niemand weet wat die waarheid is nie – die waarheid of die teendeel moet nog bewys word

Lerato ·

Lukie
Minnie was blykbaar op die punt om meer onthillings te maak.

Lukie Carelsen ·

Sophia, jy vra hoekom die boek verwyder moet word?
Die antwoord is baie eenvoudig: daar is geen enkele bewys dat die gruweldade gepleeg is nie!
Natuurlik is dit laster om ongetoetste, valse bewerings te maak wat ander mense se menswaardigheid aantas.

bren ·

ek dink menigte mense weet dat die stories nie fiksie is nie!! waar n rokie is is n vuurtjie! Dis beslis nie laster nie! ek glo elke woord!

Rynhardt ·

(DEEL2) “I know police say at this stage that it is not foul play but there are questions around how he was found, where he was found…” Jy as leser handhaaf self die goeie oordeel!

Antoinette ·

Ai! Ek kan nie glo daarbestaan mense met die denkwyse van vorige kommentaar leweraars nie!! Liewe aarde ek is bly ek was nie julle wiskunde onderwysers nie ant wragtig julle weier om te aanvaar dat daar LANKAL al bewys is 1 plus 1 is 2!!!!!!!!!! Mense daar IS bewyse en getuies en ja die boek is waar dit is hoekom daar so baie moorde voorkom nie selfmoord , MOORD!! Vervlaks ons is darem seker almal groot met n bietjie verstand!

Antoinette ·

Ja, die waarheid en teendeel van die boek moet bewys w ord, net soos die feit dat dit selfmoord was of nie!

Stuiwer ·

My vraag is: hoe kan ‘n boek gepubliseer word en sulke uitlatings maak sonder konkrete bewyse? Waar is die getuies? Waar kom die skrywers aan die storie? Moenie alles net vir soetkoek opeet nie. Mese doen soms dinge om geld te maak (glo dit of nie). Hoekom het die kinders bv. nie na vore gekom nie? Ek dink die saak moet volledig ondersoek word. As ek familie van die ministers is wat in die boek genoem word, sal ek definitief dit verder vat.

Ria ·

Wat ek nie kan verstaan nie…Hy het selfmoord gepleeg…maar waar is sy selfoon en voertuig?…Ria.

Leon de Vries ·

Dit lyk vir my wat ook al die waarheid is, nog eers bewys moet word. Maar mense klim op hulle sosiale en ander waentjies en verkondig dit wat hulle glo as die absolute waarheid. Hokaai!

Mimi ·

Wie ken JOU storie beter as JYSELF ? As Minnie SELF uit die aard van sy deeglike speurwerk dinge ontdek het…weet HY meer as JY wat hom so afskiet! Wie is JY om te sê dis leuens? Wie is jy, almagtig? Waarom word daar so vreeslik vir die “”geveinsde WIT GRAFTE,” geskerm? As jou kind gemolesteer of vermoor word sal jy wens jyt n Minnie wat dit sal ondersoek. Nee dankie vir daardie smerige ministers en al hulle trawante. Magsmisbruik kom ons lewe lank wêreldwyd voor. RUS in vrede Mark Minnie!

Antoinette ·

Loekie het jy al ooit die boek gelees? Weet jy dat daar bewyse en ouens wat nog leef na vore gekom het, dink jy iemand skryf so n boek wat sy lewe ingevaar stel op hoorse alleen? Ken jy joernalatieke werk en hoeveel navorsing in so iets betrokke is? Hoe het die selfmoord nota so lank gevat om na vore te kom, al daaraan gedink? Hier is nie net n rokie nie , dit is n grooot vuur!

Lukie Carelsen ·

Antoinette, van watter bewyse praat jy?
Die vraag is nie wat ek of jy dink en of ek of jy enige “joernalistieke” ondervinding het nie.
Die vraag is WAT SÊ DIR REG?
Die anwoord is eenvoudig: ‘n mens is onskuldig totdat jy DEUR ‘N HOF skuldig bevind is.
Wie is die skuldiges?

Domvraag ·

Antoinette nou hoekom noem hulle nie die minister wat nog lewe nie en kla hom dan aan. Nee hulle doen dit nie want dan sal hulle dit moet bewys. Dooie mense kan nie getuig nie en daarom word hulle beswadder. As daar bewyse is dan moet Chris Steyn sê wie is die lewende eks minister

Nel ·

Na watter ouens met watse bewyse verwys jy? Na die ou wat op Rapport se voorblad beweer het dat hy destyds een van die gemolesteerde seuns was, wat vertel het dat die ooms safari pakke gedra het en duur reukweerder aangehad het? Hulle met die weermag se helikopters eiland toe gevlieg het en na die ‘outing’ met blou weermag kombis oop en bloot gaan aflaai het?? Is dit dieselfde ou wie se gesig op die foto uitgeblok is omdat sy familie nie van die destydse gebeure mag weet nie…??
I rest my case.

Stuiwer ·

Dit sal goed wees as ons ALMAL die boek lees en dan ons eie afleidings maak. Nou kan ons ALMAL net spekuleer.

Antoinette ·

Lukie ek vra weer, het jy die boek gelees? Het jy die nuutste koerante gelees met NUWE getuies? Weet jy hoe leers verdwyn het, hoe goed toegesmeer is? Weet jy hoe Vlakplaas toegesmeer is. Mens klou nie vas aan ou lojaliteite net omdat jy in daai era grootgeword het nie. Minnie het doodsdreigemente ontvang, skielik n selfmoord sonder selfoon, motor, vreemde wapen, en n selfmoord brief 24 uur later…..nee man

Lerato ·

Die Minnie kêrel is baie deeglik. Nie alleen leen hy n wapen om mee selfmoord te pleeg nie. Hy skenk ook as sterwens geskenk aan onbekende vriende sy selfoon en voertuig.

Mens wonder watter inligting was op sy selfoon

@Lerato ·

En gee ook sommer die semi automatiese pistool se koël doppie weg . Of gaan los dit iewers anders want die metaal verklikker (wat hopelik werk) kon dit nie opspoor nie. Baie deeglik en duidelik baie besig na agsterwe.

Antoinette ·

Lukie het jy ENIGE idee watse dade op Vlakplaas gepleeg is?????Praat van skokkend en vieslik en vreeslik, nou kan niemand glo die ministertjies kon die goed aanvan nie en soos Minnie in die nuutste Huisgenoot artikel se, dit is net die puntjie van die ysberg. Klink eerder na benoude katte maak benoude spronge.

Stuiwer ·

Dis gevaarlik en naïef om die artikels wat Huisgenoot publiseer, te glo.

Pieter ·

Dit is mos maklik, gaan vra die 80+jarige wat die opdragte gegee het en gesorg het dat Eugene de Kock al die skuld alleen dra. Dan het jy mos al die Vlakplaas geheime.

Antoinette ·

Ai Nel , het jy ook nog nie die boek gelees en oor hoe n lang tydperk inligting ens bymekaar gemaak is?? Ek is seker as die joernaliste of skrywers en self ou PW so dom was was daar n beter manier om hulself in lewens gevaar te stel omdat hulle probeer om ons bietjie wakker te skrik

Nel ·

Nee Annette ek gaan beslis nie my geld op goedkoop sensasie mors nie. Ek het genoeg uittreksels oor die boek op internet gelees om ‘n opinie te vorm – so wyd as 1980+. Het jy dalk al raakgelees op internet dat die destydse Rocky Williams MK operateur van die ANC ook in besit van die ‘dossier’ was?? So sit maar jou ou tassie weer neer en gaan doen jou huiswerk en leer sommer om ook tussen die lyne te lees.

Juan ·

Wat sonder twyfel is, is dat Magnus Malan verseker niks te doen gehad het aan Minnie se dood nie, tensy Magnus Malan se dood “gefake” is en hy iewers in geheimhouding die toutjies trek.
Wat ek wel weet is dat SA n erg verdeelde land is met n klomp mense wat groot ego’s en “scores” het om te “settle” – dis al

anton ·

Kan duidelik sien hier is mense wat nie die waarheid sal glo nie al word dit ook bewys/uitgebring!!!
Ek was gelukkig nooit n ondersteuner van die NP party nie want ek het hulle nooit vertrou nie. (Elkeval nie na Dr. Verwoerd se era nie.)
En met de klerk ( met klein letters geskryf met opset) en die NP se uitverkoping van sy/hul eie mense was dit maar net weer vir my n bewys dat hulle nie te vertroue is/was nie!!!

Stuiwer ·

As jy ‘n hond wil slaan, sal jy altyd ‘n stok vind…….

Anna ·

Die NP regering van Verwoerd en die NP regering van Magnus Malan en later FW de Klerk is nie dieselfde nie. Daai tyd se politiek was ook nie wat dit vandag is nie. Daai tyd het dinge gebeur wat net vandag in die flieks te siene is. Daar is ‘n paar vreemde goed wat glad nie ooreenstem nie. Eerstens, pedofiele pleeg nie sommer selfmoord nie agv van hoe hulle breine werk. Tweedens, ‘n ou wat selfmoord neigings het gaan skiet homself nie by ‘n vriend se huis met ‘n ander ou se vuurwapens nie. En waar dit die betrokke ouens en die molestering aangaan stem ‘n paar goed ook nie ooreen nie. Dink hier sit baie meer dinge agter die saak as slegs molestering.

HPV ·

Anna, die NP, lees ook Broederbond, en meelopers was dieselfde van sy stigting tot en met sy ontbinding! Baantjies vir boeties asook korrupsie was nie uitgesluit in hul daaglikse omgang nie.

DHK ·

HPV – Jou absolute onkunde verraai jou. Die Waarheidskommissie van Desmond Tutu kon geen, maar geen klagtes van enige onderduimsheid of vergrype postuum teen die NP regerings van Dr DF Malan, Adv JG Strijdom en Dr Verwoerd opdiep nie. Hulle opvolgers vanaf September 1966 het ‘n beleid van integrasie begin toepas tot dat dit op ‘n swart meerderheidsregering uitgeloop het. As jy nie weet waarvan jy praat nie moet jy liefs swyg.

hoe se 2 ·

Van die huidige regering ook – eintlik van meeste regerings – hulle is almal pionne van iemand anders wat die toutjies trek.

Wereldwyd ·

Kyk hoe gaan dit in die Katolieke Kerke aan met pedofiele.

Die Britse regering was ook bewus van sulke dinge by hulle wat ‘n paar jaar gelede gebeur het en niemand het dit toe openbaar gemaak nie – dit het eers later vorendag gekom en toe loop dit dood.
Ons leef in Sodom en Gemorra.

wilma ·

In ‘n vorige artikel is oud-minister Barend du Plessis se naam deur homself genoem. As daar dan konkrete bewyse teen hom is, waarom word dit nie verder gevat nie?

Nuuskierig ·

Ek wou al vra hoekom noem hy homself ? Of weet hy van iets. Dit was baie vreemd vir my

RIP ·

DIE MAN HET ‘N SELFMOORD BRIEFIE GELOS, MAAR nee al die SPEURDERS hier wil nou vir almal vertel hy is vermoor . net omdat julle nie van die vorige ministers gehou het nie beteken NIE dat alles wat hier in druk was die WAARHEID was nie .. die man het selfmoord gepleeg . punt .. aanvaar dit nou en hou op speurder Colombo speel … nie een van julle het genoeg kennis daarvoor nie.

Ina ·

En jý, RIP, het ook net geléés of gehóór van ‘n “selfmoordbrief”! Jy weet nie eers OF dit deur Minnie sélf geskryf is nie né? Énigeen kan ‘n “selfmoordbrief” skryf en naby ‘n vermoorde persoon laat! Ál dié goed sal (hopelik) dééglik ondersoek word, die forensiese ondersoeke sal dit vasstel indien dit ordentlik gedoen word. Die “feit” dat daar ‘n briefie was, is dus nog géénsins ‘n bewys van sélfmoord nie! Daar’s net té veel toevallighede, mý persoonlike opinie is : dit was moord! Nié net uit wraak omdat Minnie als oopgevlek het nie, maar ook as waarskuwing aan enigiemand wat dálk met bewyse na vore wou kom……

PJC ·

Hierdie storie raak by die dag meer interressant. Elke joernalis se droom.

Almal is/was HoogHeilig en Hulle sal beslis wat die Waarheid is/moet wees ·

Selfmoordbriefies is ‘n ou tegniek wat (steeds?) gebruik word om ‘n moord te verdoesel. Dit wil voorkom of sommiges ernstig angstig begin raak oor hulle verlede en miskien oor hulle hede ook.

Hierdie raak nou meer interessant as enige Father Brown episode ooit kan droom om te wees.

Jerry ·

Tot tyd en wyl daar geen klinkklare en getoetste bewysstukke is wat n persoon (Malan) se skuld bewys moet hierdie gebeure gesien word as pogings wat kwaadwillige beswaddering ten doel het en moet dit met minagting verwerp word. Net soos wat pedofiele bestaan en boos is, net so is geldgierigheid en aantygings met n valse aanslag ook boos. Beide moet egter eers as n onweerlegbare feit bewys word voordat dit as waarheid kwalifiseer, wat tans nie die geval is nie en dus verwerp moet word as fopnuus. As dit dus volgens opinies reg is dat Malan beswadder mag word omrede hy reeds oorlede is dan sal dit seker ook reg wees om Minnie wat oorlede is se geraamtekas uit te gooi en te beswadder met aantygings dat sy geraamtes kwansuis daarop dui dat hy eintlik die een was wat agter die deur gestaan het en deur die vinger na ander te wys sodoende die fokus weggeskuif het van homself. Sy selfdood dui ook daarop dat sy gewete hom daaroor ingehaal het. Hierdie voorbeeld wys vir ons hoe maklik dit is om enige oorlede persoon verdag te maak deur hom aan iets te koppel sonder dat jy dit noodwendig hoef te bewys nie. Dus sou dit uiters naief, bevooroordeeld en gevaarlik wees om enige kant te kies van n storie voordat dit voldoen aan wetlik getoetsde en gestaafde feite en kan die beweringe nie gereken word as in beste belang van die publiek nie.

Gaan die Seekoei opstaan uit die Water? ·

Stem saam CDK dat Chris Steyn erg op haar hoede moet wees. Daar is ook baie wat nog steeds vas glo aan die “Helde” van die vorige bedeling en hulle (die “Helde” van die vorige bedeling) nog steeds bewonder en gevolglik absoluut niks hou van hierde boek nie en hierdie aanhangers van die Verre Verlede kan haar ook benadeel. In ander media berigte is reeds geskryf dat hierdie boek oor wat op Bird eiland gebeur het maar net die oortjies van die Seekoei is.

Gaan die Seekoei eersdaags in volle glorie sonder ‘n tutu uit die water uit opstaan?

Stem Saam ·

Jerry jy is reg.
Stem saam met jou.
Daar is baie ander waaroor ook boeke geskryf kan word en hulle is almal oorlede.

Stuiwer ·

Boeke is nie die alfa en die omega nie. Dit word meestal geskryf uit die opinie van die skrywer(s) en die leser mag maar sy eie opinie daaroor hê. Niemand kan jou dwing om dit te glo of nie. Dis elke individu se keuse.

zeno ·

Gelukkig vat ek alle artikels in koerante en tydskrifte met `n knippie sout. Magnus Malan is oorlede en kan homself nie verdedig nie. Hoekom het die persone nie al jare terug met die storie uitgekom nie? Wonder maar net.

Andrea van Vuren ·

Onthou julle hoe lank het dit Solly Ostrovich se slagoffers gevat om na vore te kom? Veertig 40+ jaar. Ons nageslagte gaan dalk eers hoor wat werklik op Bird Island gebeur het.

AH ·

Ek ruik ‘n dooie rot……Ek dink nie dat dit selfmoord was nie. Te veel dinge maak nie sin nie. Ek glo dat die boek die waarheid bevat. Wat sou die skrywers dan motiveer om onsin te skryf wat hul lewens in gevaar sou stel en hulle kwesbaar maak vir regsgedinge en vervolging vanuit verskillende oorde? Ek twyfel of hulle so dom sou wees…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.