Bisarre wending: Ace hef sy skorsing op en ‘skors’ Cyril

Ace Magashule (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die ANC het gesê hy neem kennis van Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die party, se brief waarin hy aankondig dat hy pres. Cyril Ramaphosa uit die ANC “skors”.

Die egtheid van die dokument is onmiddellik bevraagteken, maar Magashule het aan verskeie joernaliste bevestig dat dit eg is waarna die ANC ʼn verklaring uitgereik het.

“Die besluite van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) en nasionale werkkomitee (NWK) bly van krag,” het Pule Mabe, ANC-woordvoerder, laat Woensdagaand in reaksie gesê.

Magashule is Maandag ingelig oor sy skorsing uit die regerende party. Hy het ʼn brief ontvang wat deur Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, onderteken is, wat lui dat hy vanaf 3 Mei tydelik geskors word, hangende die finale uitslag van die strafsaak teen hom. Magashule is met volle voordele geskors.

Magashule het egter Woensdagaand ʼn verklaring uitgereik waarin hy onmiddellike appèl teen sy skorsing aankondig en volgens hom is sy skorsing nou “opgehef” tot sy appèl aangehoor en gefinaliseer is.

“Ek het ook, in ooreenstemming met die magte wat aan my as die sekretaris-generaal van die ANC toevertrou is en in volle nakoming van die betrokke konferensieresolusies, die president van die ANC, kameraad Cyril Ramaphosa, summier geskors,” lui die dokument.

In nog ʼn uitgelekte dokument voer Magashule aan dat Ramaphosa geskors word oor sy CR17-veldtog wat ingespan is om “geld in te samel in ʼn poging om die takke sover te kry om jou uiteindelik tot president van die ANC te verkies”. Die CR17-veldtog was reeds die onderwerp van verskeie ondersoeke.

Pres. Cyril Ramaphosa . (Foto: Siya Duda/GCIS)

Volgens die ANC sal die NUK oor die naweek vergader en dan reageer op Magashule se uitlatings. “Die ANC versoek die sekretaris-generaal om die besluite van die NUK te respekteer en hom aan die dissipline van die organisasie te onderwerp.”

Magashule voer verder aan dat Duarte nie by magte was om die skorsingsbriewe aan hom en ander ANC-lede uit te reik nie en dat dit dus ongrondwetlik is. Hy moedig die ANC-lede wat skorsingsbriewe ontvang het aan om ook te appelleer.

Tydens sy skorsing word Magashule verbied om enige van sy pligte as sekretaris-generaal uit te voer. Hy mag nie die ANC in die openbaar of op enige ander platform verteenwoordig nie, geen openbare uitsprake maak wat verband hou met die organisasie nie, asook nie deelneem aan die mobilisering van ANC-strukture, enige ander organisasie of mense nie.

“Ek doen ʼn beroep op alle lede van die ANC om met revolusionêre waardigheid en respek op te tree en die ANC-grondwet te handhaaf. Niemand van ons moet buig voor onwettige en ongrondwetlike optrede nie. Sodoende moet ons die eenheid van die ANC as leier van die samelewing beskerm,” sluit Magashule af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Pieter ·

Nog altyd gese julle ANC is die grootste sirkus in afrika. Gaan almal van julle terug skool toe en gaan maak graad een klaar asb

Harry ·

Daar staan op ‘n plakaat in ‘n restaurant geskryf- “moet nooit ‘n groep idiote wat bymekaar staan onderskat nie”. Enough said!!

Snowball ·

‘n Jakkalsdans of die laaste stuiptrekkings van ‘n desperate kader? Nietemin narsisime op sy beste!

Fedup ·

And this my fellow south africans is how one start a coup.
Now we will see the true colors of communists in a in house war.

annie ·

Cyril het glo voor kommissaris Zondo getuig dat die ANC verhewe is bo die parlement wat beteken dat die bende kan maak en breek soos dit wil en selfs die land in chaos kan laat verval sonder ingrepe. Wie kan nou ‘n noodtoestand afkondig as die regsbank ook onderhewig is aan die nukke en grille van die faksies wat om mag meeding? Dit kom daarvan dat ‘n bende tot heiliges verklaar word en die opperhand hou oor ‘n land se sake en finansies. Ons hoop die ANC-kaders geniet hul nagmerrie-rit.

Mallie ·

Ace se mentaliteit laat veel te wense oor, soos die res van die lot.

Tiptol ·

Hierdie regering is ‘n groot grap. Korrup, onprofessioneel, pateties…… Geen wonder ons land is in sy maai in nie.

Anton ·

Ek blameer elkeen wat vir hulle stem. Dis mos ons patroon, stem vir die narre, betoog en brand vir 3 jaar en 10 maande oor tekort aan dienslewering, stem weer vir hulle

Juffrou ·

Wat ń sirkus is dié hele spul!
Én astrante mannetjie dié. Kom Cyril, nou is jou kans om hom af te dank! GEEN voordele meer én vat sy sleutels.

Hennie ·

Wat ‘n vet “God” kompleks het die despoot nie? Tata Acie…

Hennie J ·

Wees stil en rustig broers en susters en neem kennis hoe hulle hulself vernietig. As jy so nou en dan wil uitbars van die lag, doen dit gerus.

Tubac ·

Divide and conquer, en of twee honde baklei oor n been en die derde gaan daarmee heen.

Joe Olivier ·

Sal dit nou nie wonderlik wees as die spul almal mekaar skors en ons dan ontslae is van die anc nie. Om te dink die klomp het sirkels om roelfie gehardloop en dat 30milj steeds stem om deur hulle regeer te word.

Kobus ·

Ek is nie ‘n Ace aanhanger nie. Almal onderskat hom. Indien die ANC hiedie ‘opsy staan” wit toepas,moet 99% van die regerin dieselfde doen.Ace gaan sekerlik argumenteer dat hulle grondwet onbillik is.Hou maar die spasie dop.

Arno ·

Dom, onnosel, verwaand! … geen pitte in daai blik boks nie.

Fred ·

Nee, hy is slim, korrup en desperaat. Die vonke kan nog spat

Tubac ·

Jy is reg. Hy gebruik al klaar van sy handlangers om sy nonsens te verkondig, aangesien sy mond volgens nou gesnoer is.

Pieter ·

Ons sien slegs ‘n klein gedeelte van hierdie geveg. Net soos met die res van al die sake wat nou al JARE aan die gang is in ons politiek is daar duidelik baie meer aan elke storie. Almal het vuilgoed op almal en dus kom niks tot ‘n punt nie… Die een krim probeer die ander krim uit werk… Die mooi beskrysing sal seker “gangsters” wees… Nee wat, as ek se sodra dinge so sloer dan is al die partye skuldig aan iets…

Hoe kan ons burgers van Suid Afrika so gyselaar gehou word? Daar is baie probleme in die wereld, maar hierdie het ons nou waaragtig nie nodig nie…
Ek wonder partykeer hou vinnig hierdie land van ons beter sal word as ons net kon ontslae raak van hierdie bloedsuiers… Hulle is vir my erger as die wereld se ergste krims… Hulle vernietig en beinvloed ieder en elk van ons al dink ons nie so nie…

Eragrostis ·

Voordat almal opgewonde raak en dink dat die ANC nou ernstig raak oor korrupsie, kyk weer. Ek glo vas dat hierdie en ander soortgelyke sake, soos met Zuma, ń fyn beplande toneelstuk is om die indruk te skep dat die ANC korrupsie wil beveg. Die ANC is te oneerlik om sulke eerlike goed te doen. Ace gaan beskerm word en steeds salaris ontvang, al word hy op die einde afgedank. Ace, Cele en soveel politici het reeds besoek afgelê by Zuma wat by die huis sit ipv in die tronk. Taktiek word bespreek om hierdie sake uit te stel en om die party en lede te beskerm. Die howe doen niks want die ANC besluit hoe om dié toneelstuk te manipuleer. Ook word hierdie gedoen om die aandag van hul daaglikse korrupsiesake by die Zondo-Kommissie af te lei in aanloop tot die verkiesing later die jaar

Misky ·

Kry die popcorn reg, hier kom nog GROOT sports!!!! Hopenlik haal hulle mekaar een vir een uit

melaney ·

Los maar die popcorn vir later. Baie later. So tien jaar.

Anoniem ·

Ek verlustig my daarin om te sien hoe die klomp patete mekaar vernietig.

MakersMark ·

Die ANC se pakkie kaarte is ‘n ace kwyt maar het nou ‘n ekstra joker…..

Noels244 ·

Clowns to the left of me, jokers to the right. Here I am, stuck in the middle with the ANC.
Ek lag my ‘n papie, dit verbaas my glad nie.

Deon ·

Ek laat sak my kop in skaamte vir ons leiers wat so kinderlik is en veronderel is om ons as intelligente burgers van die Republiek van Suid Afrika te lei en ons te verteenwoordig in die buiteland en dies meer.. Die is soos n graad een bakleiery, my ma is mooier as jou ma, my pa is sterker as jou pa, ons het 3 karre…. Spul clowns

Nie Verbaas ·

Kyk, die ANC van ons is maklik die grootste klomp narre ooit. Ek is seker die wereld daar buite neem kennis van hulle totale arrogansie en verstaan ten volle hoekom Suid Afrika se ekonomie in totale chaos is.

Dirk Mostert ·

Nie groter narre as die VSA se Demokrate onder Biden nie.

Rentia ·

Voorwaar ‘n sirkus, maar met geweldige gevolge vir blankes. As Ace die geveg wen, is daar baie swaar dae wat voorlê.

JM ·

Ag nè Ace! Jy het gepraat en die hele land moet jou salueer! Ace het die Vrystaat vernietig en steeds ken sy arrogansie en narcisme geen einde nie. Hy het eens vertel dat hy nie ge”struggle” het om arm te bly nie en dan praat hy waaragtig van “rewolusionêre respek en waardigheid!” Die man het geen benul wat laasgenoemde beteken nie! Hoog tyd dat hy ‘n oranje pak kry en vir lank toegesluit word, hy is ‘n gevaar vir die samelewing.

Madz ·

Only in Africa….maar EK sal ook nie omgee om “geskors” te word met volle voordele nie!

Aai ·

Ace nie happy want dan kan hy nie toutjies trek as hy op kantoor is.

LANA is ELANè ·

En die sirkusleier het gepraat. Niemand in daai organisasie steur hulself enigsins aan geen grondwet, geen hof, geen gesag, elkeen maak nes hy goeddunk op ‘n gegewe tyd. Die ACE kleef soos ‘n neet en is nie van plan om binnekort tot ander insigte gebring te word nie en hy is hopeloos te magsbehep om sommer net stilgemaak te word!

Kirst ·

Die mense wat huil omdat hy met volle voordele geskors is; dis hoe dit werk. Almal wat orals geskors word kry volle voordele totdat die rede vir hulle skorsing se ondersoek afgehandel is. En vanwee swak administrasie vat sulke ondersoeke gewoonlik jare in plaas van maande. Onthou egter dat Elias (sy doopnaam) vir die ANC werk. Hy is nie deel van die kabinet nie, en kry dus nie sy salaris by bankrot RSA nie. Onthou ook dat hy finansiele voordele behou, maar die voordeel van invloed verloor, en dis waaroor CR se taktiek gaan. Veral in die aanloop tot ‘n plaaslike verkiesing en later ‘n konferensie van die ANC om ‘n leier te verkies. Out of sight – out of mind. Elias is ‘n skelm wat homself verder wil verryk uit die staatskas, en ek dink ‘n meer geslepe en gevaarlike een as Zuma. Maar CR is ‘n slim strateeg en hy het reeds baie miljoene Rande se belange om te beskerm.

Dries ·

RAMAPHOSA vrs MAGASHULE Soos Jan-Jan Joubert sê “KOM ONS KYK WATTER EEN VAN HIERDIE TWEE SWART KRAAIE SE EIER IS DIE WITSTE”

antieke antie ·

Maak oop wat julle van mekaar weet en gooi oop vir almal.

ES ·

Verdeeldheid in die ANC word nou ‘n algemene ding. Die Zondo-kommissie het veroorsaak dat ‘n klomp kaders hul ware kleure wys en nou kan ons sien – as die sop spat, hardloop elkeen in sy eie rigting en dis elke man vir homself en die duiwel vir die res.

Michael ·

Ek wonder of CR ook nou gaan appelleer teen sy skorsing want dan is dit ook onmiddelik opgehef hangende sy appel.

Renier ·

Klap! Klap! Klap! Die ANC-sirkus is op die dorp! Wat ‘n grap, erger as die Kortbroek NNP-era. As die gevolge van alles net nie soveel finamsiële implikasies ingehou het nie, sou ek waarskynlik kon rol in die gras van lag…

Dirk Mostert ·

As hy nou geskors is as sekretaris-general van die ANC, volgens watter magte skors hy vir CR?

Tubac ·

Moontlik die verkeerde melk wat hom n bietjie deurmekaar maak.

Jakes ·

Die een mater se gedrag oortref heeltyd die ander sn. Gelukkig hoef ons nie te betaal om die narre te sien nie. Hoe ver het ons kamtige demokrasie in 26 jaar nie verkrummel nie?

Hoekom ·

ANC kan nie ‘n land regeer as hulle nie hulself kan regeer nie. Party politiek werk nie, ons sien dit oorals waar dit gebruik word. Partye werk vir hulself en nie vir die burgers van die land wat hulle aanstel nie…

Jacobus ·

Met taai hande klou hulle aan oneerlike geld – Zuma 2.1.

Johann ·

Whahhahhaaaaaa…..dis soos n Oprah show. Jy kry n brief….jy kry n brief…ALMAL kry n brief!

Dis wat gebeur as magsbehepte terroriste hulleself verhef bo aansppreeklikheid.

Aai ·

Jy kry ‘n brandewyn en jy kry ‘n brandewyn julle almal kry ‘n brandewyn gaan lekker braai die naweek

Anton J ·

Eerder die ANC as die EFF. Alhoewel beide ‘n sirkus is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.