Bitter koue duur voort

(Foto: Elke van Wyk)

Die koue weer wat dele van Suid-Afrika in ʼn ysige greep het gaan na verwagting vandeesweek oor die sentrale binneland en ooste van Suid-Afrika voortduur – en in sommige gebiede gaan dit selfs nóg kouer word.

Die weerdiens het Maandag gesê bewolkte toestande met reënbuie word van Dinsdag oor Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en sommige gedeeltes van Limpopo verwag.

Die oorsaak van die uiterste koue is ʼn afsny-laedrukstelsel wat Dinsdag en Woensdag oor die Vrystaat in ʼn noordoostelike rigting beweeg.

Die stelsel kan Woensdagaand en Donderdag lei tot swaar reën en oorstromings in dele van die KwaZulu-Natalse kusgebied en Mosambiek.

Teen Vrydag behoort temperature weer effens te begin styg en behoort teen die naweek in die lae 20’s te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marius ·

As limpopo oorstroom sal daar nog meer woorde van dankbaarheid opgaan .

RB ·

Was lanklaas sò koud vir so lank aaneen.
Wonderlik! Dis waarom mens dit winter noem.

Hoop, glo en vertrou van harte dit gaan gepaard met genoeg sneeu en reën om vir ons boere werklik verligting te bring.

Amatambo ·

Om my gunsteling-digter – C.Louis Leipold – aan te haal:

Dis winter en die boom verblaar,
In bruin hou al die bulte rou;
Die môremis lê vou op vou
Oor pan en plat land opgegaar;

En rustig waai die môrewind,
Wat skaars die ruigte-halme roer
En oor die kaal veldwêreld voer
Sy groetnis aan sy berge-vrind.

Die lewe wat die lente kroon,
Lê slaperig in sy rougewaad
En in die harde sooi die saad
Wat later hoog in groen sal troon;

En wat nog, ná die stryd verduur,
Ná smart-geworstel, roggelkreun,
As pragpilaar die bou sal steun –
Dit sluimer nog en wag sy uur.

Gun ook ‘n volk sy wintertyd
Om rus te neem en krag te win,
Voordat die somerson begin,
Met groen en sap: sy somertyd.

Dirk Mostert ·

Daar val nou nog sneeu in dele van die VSA. Dankie tog vir “aardverwarming”. Anders was dit nog kouer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.