Die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, het Sondag die uitvoerende hoofde van die Amatola-waterraad in die Oos-Kaap en die Lepelle Noordelike-waterraad in Limpopo daarvan beskuldig dat hulle die regering, die departement en haar as minister doelbewus in oneer probeer bring deur “beëdigde verklarings” oor hulle aan die media uit te reik.
Sisulu het albei rade onder administrasie geplaas. Die verhouding tussen die minister, die departement en die twee waterrade het onherstelbaar verbrokkel, het die departement gesê. Die uitreik van die verklarings word ook gedoen om die departement, die regering en die minister doelbewus in oneer te bring.
“Die optrede is onprofessioneel en [weerspieël] nie gedrag wat van ʼn uitvoerende hoof van ʼn staatsbeheerde onderneming verwag word nie.”
By die Amatola-waterraad is Maxwell Sirinya as uitvoerende opsigter en Dudu Hlatshwayo as waarnemende uitvoerende hoof aangestel. Die tussentydse raad word steeds behou.
Die termyn van die Lepelle Noordelike-waterraad het verstryk en die raad se oorhandigingsverslag word na verwagting Maandag by die departement ingedien. Adv. Joseph Maluleke is intussen as uitvoerende opsigter van die raad aangestel. ʼn Tussentydse raad sal ook aangestel word.
Die ondersoek na die twee uitvoerende hoofde word deur adv. Terry Motau gedoen.
Sisulu het Motau vroeër aangestel om bewerings van bedrog, korrupsie en onregmatige besteding in die departement te ondersoek.
Luidens berigte het Vuyo Zitumane (Amatola-waterraad) en Phineas Legodi (Lepelle Noordelike- waterraad) Sisulu daarvan beskuldig dat sy by verkrygingsprosedures inmeng. Albei is intussen op verlof geplaas.
Een van Sisulu se raadgewers word ook daarvan beskuldig dat hy druk op die twee waterrade probeer plaas het om tenders vir droogteverligting in die guns van ʼn spesifieke maatskappy te bewimpel.
Sisulu en die ander betrokkenes ontken die bewerings.
Maak vir wolf skaapwagter.
Natuurlik was ie ek nie… Wat is nuut.
Hoekom nie die bedrogsaak oorgee aan die Vslke nie
..oorgee aan die ‘Vieslike’?
Een woord wat hul goed ken is ontken ontken ontken
Here’s a tissue. Shame, cannot take some honest critisism. Guilty. Done.
My naam is Sisulu, en ek is belangrik! Nou net in oneer? Die ANC is al van 1994 in oneer toe ou Jacob Regop Zuma se gedagtes al gele het by sy eerste 10 veg vliegtuige en 2 duikboote. Vandaar het die oneer nog nooit opgehou nie! 1994 tot 2020 – 26 jaar om te probeer om Jacob Regop Zuma in die tronk te kry. Dit moet ‘n rekord wees?
Wat se water ? Daar is niks . Gaan sy maak ?
Ekke weet nie, ekke nie gesien nie, ekke ken hom nie die werk nie.
Julle bring julleself in oneer. Al wat doelbewus is, is julle eie korrupsie en vaardigheidsgebrek.
Dit kry jy daarvan as jy, by wyse van spreke, die duiwel aanstel om die satan te ondersoek.
en ja weereens – EISH DIS NIE EK NIE ???????????????????
In oneer bring? Nou wil sy stry?