Bittereinders-lid vas ná rusie by kuierplek

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Frederic J Brown/AFP)

’n Prominente lid van die Bittereinders-jeugbeweging is agter tralies ná ʼn geveg by ʼn kuierplek in Pretoria.

Die 25-jarige man, wat nie geïdentifiseer kan word alvorens hy in die hof verskyn het nie, is Dinsdagmiddag by die Wonderboom-polisiekantoor in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting Woensdag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Volgens die slagoffer hou die klagte verband met ʼn voorval verlede Vrydagaand by ʼn kuierplek in Gezina.

Die Bittereinders-lid het na bewering met ʼn jong man en ʼn groep van dié se vriende gesels.

Dit was glo nie lank nie of ʼn woordewisseling het ontstaan tussen die man en die vermeende slagoffer.

Die slagoffer wou glo by die man weet wat sy definisie van ʼn “boer” is oor sy betrokkenheid by die jeugbeweging.

Hierdie vraag het die Bittereinders-lid glo tot so ʼn mate ontstel dat hy glo ʼn brandewyn bottel gegryp en die jong man daarmee oor die kop geslaan het. Die man moes na die hospitaal geneem word om steke te kry. Hy is later ontslaan en het ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak.

Lt.kol. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het by navraag bevestig die man is Dinsdag in hegtenis geneem en sal vandag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

vuurvliegie ·

Laat dit ‘n les wees. Moet nie moeilikheid met ‘n Boer soek nie.

Olive ·

Wel slagoffer, jy wou weet en nou weet jy dat een van die definisies van ‘n Boer is iemand wat sy brandewyn kan hanteer. So daarhy en dis maar net een van hulle, ons definisies le wyd.

Gerhardus ·

Die Bittereinders moenie tot ander se vlak daal nie. Hulle wil altyd die slagoffer speel. Soms is dit beter om net om te draai en weg te stap.

Hendrik ·

Sy gebrekkige kennis is dalk ten gunste van hom. Dit kan dalk help tot n vesagtende straf.

Lila ·

Ek is nog altyd van mening dat die Bittereinders ‘n spul moeilikheidmakers is….

Piet parys ·

Lila jy is on ingelig wat die BITTEREINDERS betref . As die jeug nie opstaan vir hulle toekoms nie sal dit hulle einde beteken . Die vraag is wat het die man vir die Bittereinder gesê. . ?

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy vra nie iemand by ‘n kroeg om iets te definieer nie. Ook nie vir ‘n rigting nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.