Blaam verskuif ná noodlottige treinongeluk

Blade Nzimande (Foto: ANA)

Terwyl die minister van vervoer kabeldiefstal blameer vir Dinsdag se noodlottige treinongeluk in Pretoria meen die vakbond Untu dit is hy en Prasa wat moet pa staan vir die ongeluk.

Minister Blade Nzimande het gesê hy is woedend oor gister se ongeluk naby die Mountain View-stasie wat die lewe van minstens drie mense geëis het. Honderde mense is beseer. Nzimande het die blaam vir die ongeluk voor die deur van kabeldiefstal gelê.

Volgens Nzimande lei kabeldiefstal tot die wanfunksionering van die seinstelsel wat tot gevolg het dat treinbedrywighede na handmatige en mondelinge magtiging oorgeskakel moet word wat dan tot wankommunikasie lei.

Nzimande het gesê daar moet antwoorde gegee word oor hoekom geld bestee word om veiligheid op te skerp, maar gevalle van kabeldiefstal toeneem.

“Die veiligheidsmaatskappye kry honderde miljoene rande van Metrorail, maar daar kan nie ʼn groot verskil gesien word nie.”

Foto: Verskaf

Nzimande het daarop aangedring dat die Passasierspooragentskap (Prasa) en die Nasionale Reguleerder vir Spoorwegveiligheid binne die volgende paar dae antwoorde moet gee oor watter stappe gedoen gaan word om veiligheid op te skerp.

Die vakbond Untu meen egter Nzimande en Prasa moet verantwoordbaar gehou word vir die ongeluk. Steve Harris, hoofsekretaris van Untu, meen die ongeluk kon verhoed gewees het indien Prasa gehoor gegee het aan ʼn vroeëre hofbevel.

Volgens die hofbevel moet Prasa verseker dat ʼn toesighouer elke handmatige magtiging bestuur om menslike foute uit te skakel.

Harris het gesê Untu het al herhaaldelik die verlengde gebruik van handmatige magtigings veroordeel aangesien dit die risiko vir noodlottige ongelukke verhoog.

“Ons vra al 11 maande lank vergeefs vir ʼn samespreking met minister Nzimande. Hy word in die donker gehou oor die ware stand van sake op grondvlak terwyl ons lede en pendelaars doodgaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Piet Lourens ·

Die gevolg van korrupsie koring net verder uit en die land gaan nog lank die gevolg dra.

Andre ·

Wat gee Blade om? Hy is in sy pos en lees die boodskap van `n stukkie papier soos wat voor hom gele is. Hy het moes nou sy werk gedoen.
Ek glo nie `n word uit die mense se mond nie.

Adrian ·

Nou hoe ry die treindrywe dan blind hy of sy moes immers die trein op hul spoor raakgesien het en onmiddellik stadig gery het. Die probleem is dat treindrywers na n te kort tyd as drywers optree geen dissipline wotd toegepas nie want dit is rassisties. Hoeveel treinoglukke vind jaarliks plaas agv van swal opleiding en te vinnig agter die stuur …. SELA

Ryan ·

Apartheid moet ook nog die skuld dra. om in te pas by vandag se algemene verstand.

Johnnie ·

Die minister is skuldig maar soos dit in die anc regering gaan kry iets of iemand anders altyd die skuld dis nooit hulle nie. As hy sê dis kabel diefstal bring dan die bewyse dat die publiek dit kan sien.

Hanna Hoekom ·

Vreemd, die “woede” wat altyd volg wanneer die slagoffers “our people” is. Maar n dawerende stilte wanneer boere of mense wat nie deel uitmaak van “our people” die slagoffers is. Die ironie van hierdie treinongeluk is dat dit juis agv “our people” is dat hierdie tragedies ontstaan. Of kom ons noem dit maar op die naam: BEE en algehele wetteloosheid (misdaad).

bgj van der westhuizen ·

dit is altyd eimand anders se skuld begin om werk te maak van die probleem en hou op praat en doen eits omtrend dit hoe veel mense moet nog dood gaan oor ras en kleur in die land mense kry werk oor kleur en is nie bevoeg om dit te doen nie en is ook nie behoorlik op gely nie

PJC ·

Die hele regering en ANC is te blameer vir hierdie tipe insidente. Hulle beleid is die oorsaak van al die onbevoegde mense wat die ongelukke veroorsaak.

Magrietha ·

Kom ons kyk wie het 1 (Trein bestuur)2(wat se stander het die persoon)3(waar het hy/sy hasr kurses gedoen)4(wie gaan nou weer lieg die persson wat in beheer van trein was of fie poor

alwyn burger ·

Verskonings……blaamlegging…..veronskuldiging……….ontkenning. Afrika se verdedigingsmeganismes.

marous ·

Stel ‘n komissie aan om die komissie te ondersoek wat die vorige komissie nie ondersoek het wat vergeet het om verslag te doen oor die komissie wat hulle ondersoek het om die komissies voor hulle te ondersoek ens ens ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.