Blaaskans vir Zuma

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die presidensie het Vrydag gesê president Jacob Zuma sal ʼn paar dae vakansie neem.

“Die president moet rus ná ʼn veeleisende verkiesing en oorgangsprogram vir die nuwe administrasie,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ʼn verklaring gesê.

Die ANC het vroeër in ʼn verklaring gesê sy leierskap het besluit dat Zuma ‘n ruskans benodig.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het ook bevestig dat Zuma ná ʼn strawwe verkiesingsveldtog gaan rus. Hy het nie aangedui hoe lank Zuma nie amptelike pligte sal nakom nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Erich Goosen ·

Kyk, om ‘n nasie te bestuur en 5 vroue gelukkig te hou wanneer jy in jou sewentigs is, is nie vir sissies nie. Die man verdiende ‘n welverdiende rus, weg van die werk af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.