Black Lives Matter ontketen rassisme-debat in parlement

Argieffoto

ʼn Debat oor die Black Lives Matter-beweging het Dinsdag in die parlement vonke laat spat oor rassisme en persepsies van rassisme uit haas elke denkbare hoek.

Die debat is aangevra deur die EFF en ingelei deur die party se onderleier, Floyd Shivambu. Hy het aangevoer rassisme berus op magsmisbruik, en daarom kan swart mense nie rassiste wees nie, want hulle het nie mag nie.

In hierdie verband het hy spesifiek verwys na die wyse waarop die blaam vir die koronavirus in China deur die owerhede geplaas is op die enkele swart inwoners van China. Hy sê kapitalisme is rassisme.

Shivambu het uitgewys dat baie mense mediese verskering vir hul troeteldiere uitneem, maar nie vir hul huishulpe nie, en dat daar geen swart state (sy bewoording) is op die VN-veiligheidsraad nie.

Volgens Shivambu was daar nog nooit in Afrika ʼn massamoord sonder Westerse steun nie.

Toe het hy ʼn oproep om onteiening sonder vergoeding gedoen, en na onder andere Paul Kruger van die ZAR verwys as ʼn slawe-eienaar en ʼn rassistiese vark.

Floyd Shivambu. Foto: ANA

Volgens Shivambu is Cecil John Rhodes ʼn held vir baie wit Suid-Afrikaners.

Die ANC het een van sy mees gematigde LP’s, Richard Dyantyi, ingestuur in die debat. Hy het gesê die Suid-Afrikaanse bevrydingstryd was teen rassisme, nie teen ʼn spesifieke ras nie.

“Menslikheid is noodsaaklik. Pasop dat armoede en teleurstelling nie deur sommige politici misbruik word om ekstremisme aan te moedig nie,” het Dyantyi gesê.

Volgens Dyantyi is die enigste verskil tussen die EFF en die AWB dat die een rooi dra en die ander khaki, en sou Hendrik Verwoerd trots gewees het om rasse te verdeel soos die EFF dit doen.

Ander ANC-lede het verwys na die mate waartoe die VBS-skandaal arm swart mense verder verarm het, en na EFF-lede se maatskappye wat hierby betrokke was.

Die DA-LP Ghaleb Cachalia het gesê hy sal nie die knie buig vir die Black Lives Matter-beweging nie, maar eerder opstaan vir versoening. Hy het Friedrich Nietzsche aangehaal dat ʼn mens, wanneer jy ʼn monster soos rassisme wil beveg, moet oppas dat jy nie self daardie monster word nie.

Namens die IVP het LP Mkhuleko Hlengwa gesê rassisme kan nie beveg word met rassisme nie, maar met versoening.

Die VF Plus-leier, dr. Pieter Groenewald, het verwys na die Amerikaanse organisasie Black Lives Matter, ʼn Marxistiese groep met dieselfde naam as die denkrigting.

Hy het voorts daarna verwys dat swart lewens in Suid-Afrika nie genoeg saak maak vir die regering nie, soos gesien kan word uit die dood van Collins Khoza, die man wat deur soldate doodgemaak is in Alexandra aan die begin van die grendelstaat.

Hy het gesê die VF Plus is teen alle rassistiese wetgewing, ook regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, en dat sy party sy knie net buig voor God.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan D ·

Duidelik het Shivambu nie Geskiedenis op skool gehad of deur oorvertelling gehoor van massamoorde en uitwissing van stamme en groepe in Afrika nie! Dit alles sonder enige Westerse of wit inmenging, selfs voor die witman nog in Afrika gevestig was. Hy is baie selektief hoe hy met die waarheid omgaan!
Daar is ook ʼn paar ander punte waarop hy sal moet seker maak van sy saak!

Persheks Adri ·

Is dit huh? Julle korrupte klomp sit dan met die mag en ons geld! Jy’s vlak in die dak ou!

“Hy het aangevoer rassisme berus op magsmisbruik, en daarom kan swart mense nie rassiste wees nie, want hulle het nie mag nie.”

katerinadiekat ·

Ek weet. Ongelooflik. Dink hy die ANC is n wit apartheids regering? Is hy blind? Of verstaan hy nie wat die woord “mag” beteken nie? Ongelooflik..

Prikkie ·

Stem saam met Dr Pieter Groenewald en Dawid van ouds in die bybel – buig slegs voor ons Vader in die hemel, NIEMAND anders nie.

Pieter ·

Shivambu het nie eers graad een klaar gemaak nie hy is maar soos die ANC. Toe ander kinders skool gegaan het toe speel hulle buite.

Kalla ·

Uitstekend gesê Pieter Groenewald, dit is waardes wat ons maak wie ons is.

Pieter ·

Die groot rasiste is die wat praat oor ander as rasiste- dus is die eff die groot rasiste en ja swart is meerderheid rasiste Teenoor ander rasse. Die debat hoef ons nie te voer nie, kyk om jou en let op.

christo ·

Die VF+ het die beste debat in die parlement gehad. Ek buig ook my knieë, ja albei, voor God. Die ANC en EFF buig die knie voor korrupsie.

Adriana ·

Swartmense is hul eie grootste vyand, jul wat so rassisme skree, is die grootste rassiste. Hou op om ander altyd te blameer vir julle eie foute, staan op werk aan daardie minderwaardige “jannie jammergat houding”, niemand skuld jou iets nie, dis wat jy daarvan maak.

Andre ·

Die kennislose mannetjie is ‘n verleentheid vir die parlement.

Porseleintjie ·

Die skrif is lankal aan die muur. SA – buig die knie voor die enigste, ware Lewend God. Jesus C is SA se enigste hoop op bevryding.

Anoniem ·

Vir ‘n witman om die knie te buig voor BLM, is soos om nederig voor ‘n swartman te kniel as sy onderdaan.

Loompa ·

Dis nogal vir my opvallend – Dat ons DA wel nog na ons reenboog nasie as geheel sien.
Nelson Mandela se hoof strewe was gelykheid tussen swart en wit en groen en pers. Hy het ook ons nasie probeer leer; “niks gaan in jou skoot val nie. Jy moet werk vir dit wat jy in die lewe wil behaal”. En die ANC het klaar van hulle ou leier vergeet. Alles gaan oor die eie ek – voel al siek vir die mense se geraas.

Adam Adriaan ·

Wil net vir die EFF/ANC vra, waar het hulle al die geletterheid vaandaan gekry? Waar was jou oupa en ouma in 1671? As ek die EFF was sal ek my aandag liewers toespits op metodes wat die party dagliks groot skandes en skades berokken; te herstel. As ‘n sogenaamde Doktor wat jy agter jou naam skryf, laat jou oordeelsvermoë jou erg in die steek

Jack ·

Die eff is maar die ou militante deel van die anc en duidelik uit voeling. Hulle het dieselfde oogmerke as die islamietiese ekstremiste. Bly hy is op sy plek gesit arme drenkeling.

The Painter ·

As daar darem uit sekere mense se asem ‘n reuk en items in die form van prentjies vanuit hulle monde moet borrel ? ….
Die wil en vermoë om te Kan verstaan en te Wil leer – kom van diep binne mens-self as kind al ….. Baie kinders sien hulle ouers as hulle helde – maar sal ongelukkig nie van hulle ouers wat min of geen insig of kennis dra, die gawe dáárvan en dít wat waarheid en geregtigheid in hulle lewens vir hulle gaan beteken, sal kan leer nie.

Jakes ·

As Floyd Shivambu as n leier geag word van n politieke party dan het hulle werklik diep gedelf. Kan die EFF nie eers een of 2 bekwame mense kry om hul party te lei wat darem in staat is daartoe om n sinvolle gesprek te voer?

Anoniem ·

Ek is so verbitterd oor Shivambo se stellings dat ek eerder my mond hou. Hy was seker nie op skool gewees nie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.