Blade kap terug oor Afrikaans

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

“Afrikaans moet nie gebruik word as ’n middel om ’n eng, rassistiese Afrikanernasionalistiese agenda na te streef, soos die geval onder apartheid was nie. Afrikaans hoort in ’n demokratiese Suid-Afrika en moet van ’n wit, regse agenda gered word.”

Só het dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, Woensdag gesê nadat die DA ’n klag by die Verenigde Nasies (VN) se Organisasie vir Opvoedkunde, Wetenskap en Kultuur (Unesco) aanhangig gemaak het oor die departement se nuwe taalbeleidsraamwerk vir hoër onderwys.

Die DA versoek dat die VN sal ingryp om Nzimande en die regering te dwing om Afrikaans sowel as die Khoi-, San- en Nama-taal as volwaardige inheemse Suid-Afrikaanse tale in dié beleid te erken.

Nzimande sê in ʼn verklaring die feit dat Afrikaans en ander tale oënskynlik nie aandag in die departement se taalbeleidsraamwerk geniet nie, beteken nie daar word teen enige Suid-Afrikaanse taal gediskrimineer nie.

“Inteendeel, die beleidsraamwerk bevestig alle Suid-Afrikaanse tale en pleit doelgerig vir hul vakkundige ontwikkeling.”

Boonop, sê die minister, word daar uitdruklik na Khoi-tale in die beleid verwys as tale wat ook ondersteuning nodig het.

“Dit is teenstrydig met die bewering van die DA dat Khoi-tale vir vakkundige ontwikkeling uitgesluit word.”

Nzimande sê die hersiene beleidsraamwerk poog hoofsaaklik om die ontwikkeling van histories onderontwikkelde Afrikatale te bevorder, veral dié wat amptelike status in die Suid-Afrikaanse Grondwet geniet.

Nzimande het die afgelope maande veral deurgeloop oor die beskrywing van Afrikaans as ʼn “uitheemse taal” in die beleid.

“Afrikaans en ander tale wat nie aandag in die beleidsraamwerk geniet nie, moet binne die breër konteks gesien word van dit wat die beleidsraamwerk wil bereik, en nie bloot hoe hierdie tale in die beleidsraamwerk gedefinieer word nie,” sê hy nou.

Die nuwe taalbeleidsraamwerk tree in Januarie 2022 in werking, en die DA hoop dat die internasionale gemeenskap die party sal help om die regering te dwing om voor daardie datum Afrikaans sowel as die Khoi-, San- en Nama-taal as volwaardige inheemse tale te erken wat ook geregtig is op ondersteuning en erkenning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Heinrich ·

Blade is so stiksienig hy besef nie sy nuutste antwoord bevestig juis die gronde vir die klag nie. Sy politieke party kon nog nooit iets opbou nie en vir ‘n minderheidsgroep om ‘n taal tot die vlak op te bou wat ons het, moet hom jaloers en minderwaardig laat voel so onmiddelik kom die apartheidskaart uit. Sies tog, wys my iets wat die ANC kom opbou het…

Spook ·

“Afrikaans moet nie gebruik word as ’n middel om ’n eng, rassistiese Afrikanernasionalistiese agenda na te streef”

Nee wat ou Lemmetjie, jy doen dit sommer met INGILS.

Misky ·

Hierdie ou grou sy gat net al dieper en dieper…… hoop hy gaan HARD val!!!!

Jasper ·

Die geindoktrineerde siel moet besef dat sy taal nog meer uitheems is as Afrikaans. Inteendeel het Afrikaan op landsbodem ontwikkel. Nederlands en die koi-tale was ook in die Kaap gevestig lank voordat die swart tale die visrivier gekruis het.

TRP ·

Die hartseer waarheid van ons land is dat Geskiedenis misken word.

Skim ·

Ek wonder hoe hulle verskonings sou kon uitdink as daar nie woorde soos apartheid en rassisme was nie. Hul kan maar net nie wegbeweeg van die verlede af nie.

Perdeby ·

Dis die enigste 2 woorde wat hulle ken, hulle kan geen sit voltooi sonder die 2 woorde, maar wat hulle vergeet met die ou regering het GEEN swart werker in SA enige belasting op hul salaris betaal nie, net die blankes, kleurling en Indiers, so nou wonder ek net.

Lourens CFG ·

Dit is van alewig agtertoe kyk dat hulle so aanmekaar hul koppe stamp, maar is terselfdertyd te dom om te besef hóekom sy kop stamp.

Harley Davidson ·

Hy lieg,daar word alles in hulle vermoë gedoen om Afrikaans as taal te vernietig.

Snowball ·

Dis mooi gesê, in goeie Afrikaans. Ek dink aan ‘n ander een…

Althes ·

Dankie DA ons is siek en sat vir die ANC se doelbewuste rassistiese pogings om die demokratiese bestel en reenboognasie visie te ondermyn.

Johan ·

En Engels? Is dit inheems of uitheems? Hoe word dit in die beleidsraamwerk gedefinieer?

Raadsman ·

Ek hoop alle afrikaners weet wie hul vyand is by hierdie tyd, daar is mos sommiges wat hul hoop in Ramaposa en die ANC sit vir hul toekoms.
Die ANC sal eerder die land laat onder gaan as om iets vir die afrikaner te doen.

Jacobus ·

Dat ‘n regering wat so deeglik in meerderheid is, só ‘n minderwaardigheids gevoel kan koester ten opsigte van kleiner taal gebruikers. Moet deel wees van hulle vernietigings drang. Intussen krepeer die land!

Corrie ·

As dit nie vir Afrikaans was nie geagte minister, het jy nou nog “Naked and Afraid” gespeel met die beesvelletjie en spies.

piet ·

Ek wonder of hy weet dat daar meer anderskleurige Afrikaans-sprekende mense is as wit sprekers. Deur die taal nou as wit af te maak spreek uit onkunde. Iemand moet tog net die verlore siel reghelp.

Anoniem ·

Dankie Piet, selfs in Namibia en Botswana kan jy lekker Afrikaans praat en hulle praat mooi suiwer Afrikaans terug. Geen enkele eeeeee woord nie.

JohanR ·

#Voerstsak man jou useless kommunis! As dit nie vir jou ANC alliansie was nie sou jy net nog ‘n bier drinker wees wat iewers in die veld sit onder ‘n boom!

Diklizzy ·

Engels moet nie gebruik word as ‘n middel om’ n liberale, rassistiese ANC agenda na te streef soos die geval tans in die nuwe apartheidsera is nie.

piet ·

Sy hardekwas houding gaan net die teenoorgestelde effek he. Dit gaan nog meer nasionalisme onder die Afrikaner en Afrikaanssprekendes in die algemeen losmaak. Sukkel met iemand se taal en jy soek moeilikheid. Hoop die DA druk deur met die storie en klou soos ‘n neet daaraan. Die ander wat voorheen probeer het, kon ongelukkig niks regkry nie. Ons taal is nie onderhandelbaar nie. Tsek.

piet ·

“Afrikaans moet nie gebruik word as ’n middel om ’n eng, rassistiese Afrikanernasionalistiese agenda na te streef”. Dis makilik die belaglikste redenasie wat ek nog gehoor het. So asof jy nie rassistiese nasionalisme in enige taal kan aanwakker nie. Dan moet jy alle tale verban want nasionalisme en rassisme kan in alle tale bevorder word. Hulle is jaloers op Afrikaans en sy hoe vlak van ontwikkeling tot op tersiere vlak. Hulle kan dit byvoorbeeld nie verduur dat jy tot op die hoogste vlak in Afrikaans kan studeer nie en hulle is uit en uit afhanklik op uitheemse Engels om iewers te kom. .

Ria ·

Is ek net dom of is die ou se uitsprake teenstrydig. Het jou ma jou nie geleer om te dink voor jy sê nie

Johann ·

Wat sê die ANC, is Engels ‘n inheemse taal? By ons skole (oral behalwe die Afrikaanses) word Engels as voorkeurtaal beskou.

annie ·

Miskien moet die president gevra word wat sy siening is tov sy amptenare se hantering van Afrikaans. Die DA kan heel moontlik in die parlement ‘n vraag rig. CR moet beslis ‘n opinie hê.

Jakkie ·

Blade, bepaal jou met die probleme by skole, moenie jou energie mors op ligsinnige dinge nie. Verbeter liewer die kinders se opleiding tot voordeel van SA.

Jakes ·

Weereens n persoon wat liewer moet swyg voor hy praat want elke keer wanneer hy iets kwytraak het hy eiergeel op sy gesig. Sekerlik kon die ANC n bietje dieper delf as hy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.