Blade Nzimande sê oor Afrikaans by universiteite

Bekendstelling van Akademia op 25 November 2014 Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Bekendstelling van Akademia op 25 November 2014 Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, is van plan om die privaat universiteit Akademia se registrasie te onttrek indien dit eksklusief Afrikaans gaan bly, het Rapport Sondag berig.

“Indien dit die geval is, sal ons hul registrasie onttrek,” het Nzimande gesê. “Ek sal selfs nie eers daarvoor om verskoning vra nie.”

Hy het gesê hy kan nie ʼn universiteit toelaat wat enige toegang aan enigiemand weier nie, selfs nie as dit op taal gebaseer is nie. “Daar is ongelukkig nie ʼn plek vir rassistiese instansies nie – geen plek nie. Ons sal nie so instansie toelaat nie.”

Akademia, deel van die Solidariteit Beweging, bied universiteitsopleiding aan studente wat in Afrikaans wil studeer. Nie een van die histories Afrikaanse universiteite, Pretoria, Stellenbosch, Vrystaat, Potchefstroom, Johannesburg (voormalige Rand Afrikaanse Universiteit) is eksklusief Afrikaans nie.

Nzimande, ook die leier van die SA Kommuniste Party, het in ʼn onderhoud met die koerant sy standpunt herhaal dat universiteite ʼn reënboognasie moet verteenwoordig, met toelating wat gewaarborg is, ongeag taal. Hy het gesê dit is nie ʼn standpunt teen Afrikaans as ʼn taal, wat hy respekteer nie. “Dit is ons eie taal, ons wil dit nie vernietig nie.”

Flip Buys, voorsitter van Solidariteit, het gesê hulle is nie bekommerd nie, aangesien hulle nie skuldig is aan dit waarvan Nzimande hulle beskuldig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Rapport het natuurlik sy neus daarin moes vryf. Want dit verkoop koerante as daar stryd is. Nou moet hy hardekwas wees om nie swak te lyk nie. Mens kan net jou kop skud. Mammon.

Rudi ·

Dear Blade, Afrikaans is not a race. It is a language. Either you didn’t know this, in which case you’re an idiot; or you did know this, in which case you are a racist as well as an idiot.

Remondo ·

Sorry but only white persons can be racist Rudi , anyone else its called “affirmative”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.