Blade ontken berig oor steun aan Zuma

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, het die Mail & Guardian sterk gekritiseer oor ʼn berig dat die party sy besluit om pres. Jacob Zuma bo oudpres. Thabo Mbeki te steun, berou.

Die koerant het berig dat daar verdelings in die SAKP is oor hoe om die party met die ANC te belyn en of die SAKP in sy eie naam as kandidaat in die verkiesing moet staan. Nzimande het die koerant van “gutter-joernalistiek” beskuldig.

“Die M&G berig dat ons [die SAKP] jammer is dat ons Zuma gesteun het en dat die SAKP beplan om ons steun aan hom te ontsê … dit is onderduimse gutter-joernalistiek,” het Nzimande aan ʼn skare by Walter Sisulu-plein in Soweto gesê tydens die 60ste viering van die Vryheidsmanifes.

“Ek stem saam met comrade [Fikile] Mbalula dat ons nie op ons gemak moet raak nie, maar die magte wat ons beweging wil afbring, moet ontbloot.”

Nzimande het gesê die SAKP sal ’n bespreking hou oor of die party voortaan sy samewerking sal verleen aan die koerant se joernaliste. “Dit is dieselfde koerant wat verlede jaar mense aangemoedig het om te gaan stem, maar om nie vir die ANC te stem nie … die Mail & Guardian probeer die ANC en die SAKP verdeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie.
Blade was maar nog altyd baie uitgesproke vir sy grote.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.