Die koerant het berig dat daar verdelings in die SAKP is oor hoe om die party met die ANC te belyn en of die SAKP in sy eie naam as kandidaat in die verkiesing moet staan. Nzimande het die koerant van “gutter-joernalistiek” beskuldig.
“Die M&G berig dat ons [die SAKP] jammer is dat ons Zuma gesteun het en dat die SAKP beplan om ons steun aan hom te ontsê … dit is onderduimse gutter-joernalistiek,” het Nzimande aan ʼn skare by Walter Sisulu-plein in Soweto gesê tydens die 60ste viering van die Vryheidsmanifes.
“Ek stem saam met comrade [Fikile] Mbalula dat ons nie op ons gemak moet raak nie, maar die magte wat ons beweging wil afbring, moet ontbloot.”
Nzimande het gesê die SAKP sal ’n bespreking hou oor of die party voortaan sy samewerking sal verleen aan die koerant se joernaliste. “Dit is dieselfde koerant wat verlede jaar mense aangemoedig het om te gaan stem, maar om nie vir die ANC te stem nie … die Mail & Guardian probeer die ANC en die SAKP verdeel.”
Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie.
Blade was maar nog altyd baie uitgesproke vir sy grote.
Smaak my die blade is stomp
Nee ‘n Blade vir ‘n enkeling!!!