Blade veroordeel ouers ná #FeesMustFall-veldtog

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Dinsdag ouers veroordeel wat studente aangemoedig het om kampusse tydens die #FeesMustFall-veldtog te vandaliseer.

Nzimande het tydens ʼn gradeplegtigheid by die Universiteit van KwaZulu-Natal gesê universiteite het skade gely van meer as R300 miljoen ná die betogings.

Hy het verwys na uitlatings deur ouers wat studente ondersteun het wat kampusse gevandaliseer het. “Ek het gehoor sommige ouers het hul kinders ondersteun wat in die betogings betrokke was. Ek wil eerlik wees, dit is onverantwoordelike ouerskap. Ons universiteite sit met ʼn rekening van meer as R300 miljoen om die skade te herstel. Minstens 10 000 arm studente kon uit dié geld voordeel getrek het,” het hy gesê.

Nzimande het aan die gehoor, waaronder akademici, die universiteit se kanselier, en tesourier van die ANC, dr. Zweli Mkhize, asook gegradueerdes en hul ouers, gesê terwyl die land se wette betogings toelaat, kan die beskadiging van eiendom nie goedgekeur word nie. Hy het ʼn beroep gedoen op ouers om te help om die orde te herstel by die land se tersiêre instellings.

“Ons universiteite het transformasie nodig, nie verwoesing nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Irene ·

Sluit die univ dan moet elkeen a prof kry om jou te leer dan kan hul op sekere tyd iewers gaan eksamen skryf ons sal sien wat dan gebeur

Jordaan ·

Blade, definieer asb watter transformasie presies nodig is en wanneer julle tevrede sal wees?

rudi ·

Ek wonder of hy nou praat van Madonsela se dogter wat betoog het. Ek het gewonder waarom sy so anti ANC was. Dis nou duidelik dat Sy Julius ondersteun vir mag en anti wit. En hier dink ons dat daar darem een ligpuntjie is vir die regverdige in die land. Merk my volgende stelling: ANC gaan deur EFF oorgeneem word en gaan n burgeroorlog sien. En Madonsela en haar dogter gaan een van die verassings wees vir die naiewe DA mense

Dup du Plessis ·

……..nogal hartseer maar waar t.o.v. Madonsela en haar kranige EFF dogter……en soos ons in Afrikaans se : die appel val nie ver van die boom nie is die teenoorgestelde hier van toepassing nl: die boom staan nie ver van die appel wat geval het nie……bloed is dikker as water….

Sarie ·

Speel die blame game. Altyd iemand se skuld. Nooit die ANC wat alles deur hulle onbevoegdheid en rassisme vernietig nie.

Rupert Ashford ·

Blade en kie het dan die mense so “groot gemaak” van die 60s af. Hoe verwag hy moet hulle nou verander?

CHRISTA ·

Rupert, ek stem!! Gaan terug in die geskiedenis en almal sal sien die ANC en al hulle ander “sleeping partners” se modus operandi was om af te brand en te vernietig wanneer iets nie na hulle sin is nie. NOU PLUK HULLE OOK DIE VRUGTE DAARVAN! Nou moet HULLE regmaak wat vernietig word en hulle sien dat al hoe meer belastingbetalers ons land verlaat!!! WAT JY SAAI, SAL JY MAAI!!!

KarooKlong ·

Hierdie blade (humpty dumpty) sal moet leer om met een mond te praat en wanneer om te praat en wanneer om net te lê en stil te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.