Bles se dogter reageer op Chris Chameleon se uitlatings

Sunette Bridges. Foto: Facebook

“Niemand is daar om sy verhaal te betwis nie. Ons gaan ook nie.”

Só het Sunette Bridges, dogter van die ontslape Bles Bridges, reageer nadat die sanger Chris Chameleon in ʼn plasing op sy Facebook-blad geïnsinueer het dat Bles sy biologiese pa is.

Bridges, wat oorsee woon, het op Facebook beskryf hoe sy gevoel het toe sy Chameleon se inskrywing gesien het. “Wat vandag ‘nuus’ sou wees, sou ek nie in my wildste drome kon dink nie. Skielik is dit terug, daai aaklige bewerasie in my binnegoed en ore wat suis, lam arms. Ek het lanklaas so gevoel…”

Volgens Bridges was sy dadelik bekommerd oor haar ma, Leonie Bridges. “Here … bid ek  … laat sy net oukei wees. Ek vra haar … sy antwoord: ‘Ek is honderd present, Sustertjie. Pers maak my net mal. My foon hou nie op lui nie. Wat wil hulle hê moet ek sê?’ Vra ek ook … wat wil julle hê moet ons sê? … oor iets waarvan ons niks weet nie, nog nooit, tot vandag, gehoor het nie, wat ons, soos julle, op Facebook moes lees?

“Nie ʼn oproep of ʼn briefie in die pos nie. Nie ʼn versoek vir ʼn koppie koffie en ʼn gesels nie. Niks. Net ʼn Facebook‑inskrywing wat nou soos ʼn veldbrand versprei, tesame met duisende skelwoorde, beledigings, beskuldigings oor iets waaraan ons nie skuld dra nie, wat ons nie eers die feite van ken nie, wat ons nie kan bevestig of weerlê nie. … soos ʼn vuishou wat jy nie sien kom het nie, ʼn mes deur jou hart…”

Chameleon het in sy inskrywing op Facebook gesê hy loop al jare met sy eie donker geheim rond. “Ek is nou getroud. Ek hoop om ʼn pa te word. Ek het die punt bereik waar ek voel dat ek die boek op my verlede moet toemaak en die skoon bladsy van my toekoms moet optrek.”

Hy vertel hoe moeilik dit vir hom was om sonder ʼn pa groot te word. “Maar erger as al hierdie dinge is wanneer jy gespot word dat jy soos iemand, ʼn bekende lyk, terwyl jy in jou hart die vernederende waarheid alleen dra. En nou, het julle of julle ouers dalk hierdie album in die 80’s geniet?”

Chris Chameleon (Foto: Facebook)

Onderaan die inskrywing het Chameleon die voorblad gepubliseer van Bles se album Vir een en almal waarop ʼn foto van Bridges pryk waarin hy opvallend baie soos Chameleon lyk.

Volgens Bridges het sy Chameleon se inskrywing oor en oor gelees om te probeer sin maak daaruit. “Ek gaan lees oor hom. Waar is hy gebore en wanneer? Ek sien hy is 13 maande jonger as ek. Gebore in Johannesburg in 1971. Waar was ons in 1971? Ons het in Rothdene naby Meyerton gebly. Ons was arm. My pa, Lawrence John Gabriël Bridges, het in ʼn blou oorpak in ʼn fabriek gewerk. Bles Bridges het toe nog nie eens bestaan buiten in my pa se drome en die sterre in sy oë nie.

“Ek lees hoe Chris skryf van sy skewe windpomp wat hy en sy ma en sy sussie gemaak het. Wie was sy sussie se pa en waarom het hy nie help bou aan die windpomp nie? … of was hy ook ‘afwesig’? Wie was sy ma in 1970 toe sy, volgens Chris se groot openbaring, klaarblyklik in ʼn buite-egtelike verhouding was met ʼn getroude man wie se vrou by die huis was met ʼn drie-maande-oue baba? Hoe lank weet hy al? … of het Bles Bridges eers sy pa geword toe hy ‘Bles Bridges’ geword het? Te veel vrae. Te min antwoorde.”

Bridges sê verder sy ken nie vir Chameleon nie hoewel sy hom al ontmoet het. “Dit was onaangenaam. Hy was ongeskik en woedend oor die spieëls in sy kleedkamer nie met lappe toegegooi was nie. Hy hou nie van spieëls nie, maar nou staan ons almal voor een – onbedek vir die wêreld om te sien en vir ons om in te kyk. In die spieël voor my sien ek myself, vir Victor en my Ma soos ons nou al vir meer as 18 jaar is. My pa is nie daar nie. Lankal nie meer nie. Ek sien my ma se trane, maar ook haar vrede. Hierdie is nie haar stryd of storm nie. Dis ook nie my of Victor s’n nie. Ek weet nie wie staan almal voor Chris se spieël nie en ook nie wat hy sien as hy daarin kyk nie. Dit is sy stryd, sy ‘openbaring’. Dis sy verhaal wat hy kan inkleur soos hy wil – Chameleon wat hy is. Niemand is daar om sy verhaal te betwis nie. Ons gaan ook nie.”

‘n Skermskoot van ‘n gedeelte van die Facebook-inskrywing.

Volgens Bridges is dit jammer dat Chameleon gekies het om nie met die Bridges-familie in verbinding te tree nie. “As die jou idee is van ʼn pad tot die een of ander ‘genesing’, is ek bly vir jou. Dat ons nou ʼn prys moet betaal vir jou ‘vrede’ is ook ‘okay’. Dat jy nie my 70-jaar-oue ma ontsien het of vir ʼn oomblik gedink het wat dit aan haar en haar ‘vrede’ gaan doen nie, is absoluut al waaroor ek vandag ontsteld is. As Bles Bridges jou pa is, geluk. Hy is dood. Sy graf is in Vanderbijlpark. Ek stel voor jy vat rose. Rooies. … en gaan soek jou vrede daar … as daar so iets te vinde is op hierdie aarde,” sluit sy af.

Maroela Media het Denise Barnes, Chameleon se bestuurder, Sondag genader, maar sy wou nie enige kommentaar oor die inskrywing lewer nie. Sy het onderneem om Maroela Media se vrae wel aan Chameleon oor te dra. Ten tyde van die publikasie hiervan is steeds geen terugvoer ontvang nie.

Bles Bridges was veral in die 80’s en 90’s een van die grootste sangers in die Afrikaanse vermaakbedryf en veral bekend daarvoor dat hy tydens sy optredes rose aan sy aanhangers uitgedeel het. Hy is in Maart 2000 in ʼn motorongeluk dood en het sy vrou, Leonie, en kinders, Sunette en Victor, agtergelaat. Duisende mense het sy begrafnisdiens bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

144 Kommentare

Se net ·

Ek stem volkome saam met die artikel. Jou facebook plasing Chris sou ek se het bietjie ge “backfire” aangesien jy geen menslikheid gewys het aan hierdie gesin nie. Mens bespreek dit mos met die mense wie dit betrek. Jy het aandag gesoek. Geluk. Jy jy het dit gekry. Maar teen watter prys?

Elana ·

Ek dink nie dis aandag soek nie. Die bridges naam bestaan nie meer 18 jaar al so ek dink nie hy soek geld daaruit wil die waarheid laat uitkom dis al

Alice ·

Nog nooit van Chris Chameleon gehou nie. Te vol van vreemde fieterjasies. Sulke sensitiewe ontmoetings moet liefs uit die openbare oog gereël / gehou word. Hy kies n vreemde tyd van die jaar.

Anoniem ·

Stem saam. Dis aandag soekery. Hy lyk glad nie naastenby soos Bles nie! Nie eers ‘n trek nie! Baie mense hou daarvan om te beweer iemand bekends is hulle pa of ma…

Snip van Joburg ·

Hoekom wag mense altyd tot di persoon dood is of laat 70/80 . Selfde met die verkragting sake. Praat dadelik moeni jare en jare wag ni.Ek dink hy was baie onsensitief.

Daan Erasmus ·

Ek onthou vir Bles as ‘n baie goeie veelsydige kunstenaar. Maar wat hom fantasties gemaak het was sy verhoogpersoonlikheid. Hy was DAAR. Ek sien dit nie in sy gene nie.

D P ·

Gun die man sy treer verlede.
Hy het niks om aan vas te hou nie.
Hy het ook niemand by name genoem nie
Hy is net op sy verlede gun die man dit asb.

Basjan ·

Sunette Bridges, hierdie is ‘n uitstekende artikel. Ek stem saam, daar is meer vrae as antwoorde. Sterkte aan julle familie.

As Chris Chameleon Sunette se vrae een-vir-een duidelik kan beantwoord, sal hy meer geloofwaardig wees. Ek twyfel egter of hy daarop gaan reageer.

Brenda ·

Dankie tog Chris Chameleon het oorspronklikheid van sy eie…. En homself op gebou sonder n ikoon se naam rond te gooi…. Verseker het Chris nie aandag nodig nie hy is n top kunstenaar baie oorspronklikheid en harde werk het Chris gemaak wie hy is…..

Buks Barnard ·

Malroela Media se verklaring dat Trapsuutjies na Kaalkop lyk is net waar in die opsig dat elkeen van hulle twee oë, twee ore, een neus en een mond het – verder niks. Die hele storie klink vir my na ‘n desperate soeke na publisiteit deur Trapsuutjies en ‘n desperate soeke na skinderstories deur Malroela Media.

Pieka ·

Ek weet nie of Chris se stelling waar of onwaar is nie. Ek wonder net wat hy wou bereik het hierdeur en wat hy reggekry het. Die bridges gesin is al deur soveel trauma hoekom wonde weer oopkrap? Hy kan tog nie meer ‘n band met sy “pa” smee indien Bles wel sy pa is nie. Die samelewing en ook sy aanhangers gee ook nie regtig om wie sy biologiese ouers is nie. Net so min gee die samelewing om wie die ouers van Steve Hofmeyr Kurt Darren of Nicholis Louw is. Dit gaan oor die kunstenaar homself, nie sy voorgeslagte nie.
Dus het hy inderwaarheid net mense kom omkrap. Behalwe as hy sou publisiteit soek vir een of ander rede. Mens sal nooit weet nie.

Gertryda ·

Was dit nou nodig om dit so te verkondig
Moes hy nie maar eerste dit met die familie uitklaar voor om dit aan wêreld uit te basuin

Jakes Jacobs ·

Ek stem 100% met jou saam, watter groot skok moet dit nie wees vir die Bridges familie wees nie, sies vir jou Chris.

DA BO ·

Ag asb tog Chris, kry die toets agter die rug dat ons nie hoef oor die tragedie van ander se lewens hoef te lees nie.

Janine ·

Doen die toetse Victor en sunette. Ons sal geduldig wag vir die uitkoms.

Sus ·

Goed gestel Sunette! Ek hoop dit was net ‘n onbesonne, ondeurdenkde uitlating van Chris, al is dit waar. Hyt gladie aan die gevolge van sy FB inskrywing gedink nie. Sies vir jou!

Viv ·

Sjoe. So inplaas van kwaad te wees vir die persone wat die probleem geskep het, verkwalik ons nou die slagoffer?
Watse “gevolge” kan daar wees wat erger is as n kind wat nooit erkenning, ondersteuning of liefde van n ouer gekry het nie?

Reti ·

Stem só saam met jou Vic. Ek hou baie van Chris. Dalk is dit hoekom hy so ‘vreemd’ volgens ander kommentator is. Hyt nie geld nodig nie. Net klarigheid. Sunette bly jy net stoepstil.

Ag asseblief! ·

Ag asb Viv, die ou by wie hy dan, na bewering. moet erkenning kry vir sy bestaan is 6-voet onder. Die “verkleurmannetjie” is n volwassene, blyk n suksesvolle loopbaan te hê en boem nie iewers op n straathoek nie. Hy lyk nie na n tipiese slagoffe wat ontberings het nie.? So vanwaar die soeke na simpatie? Vir wat?
Of sy publisiteit is aan die afneem? Of hy soek na n (non-existent) erfporsie.
Sou n ander saak wees as Bles nog gelewe het maar hier toon hy net onsensitiwiteit aan n gesin wat alreeds hulle eie seer moes verwerk.
Weet nou waar sy ge-tjirp soos n voël vandaan kom. Hy skyt net op almal se geute en stoepe en is n ergernis.
Plaas beindruk hy eerder die publiek met n nuwe liedjie en sy God-gegewe talent nou kies hy kortpad deur ander se gevoellens opsoek na aandag in die media.
Hy, Amor en Karlien moet begin saam optree dan noem ons hulle die “zero-styl-&-klas-fortuin-soeker” groepie.

Ania ·

Reti. Net omdat jy van Chris hou moet Sunette haar mond hou? Dink jy nie Sunette, haar broer en hulle ma is ook slagoffers nie? As hierdie storie waar is het hulle pa ‘n buite-egtelike verhouding gehad. En Chris se ma was daardie ander vrou wat met ‘n getroude man geslaap het. Chris is natuurlik ook ‘n slagoffer.

Nel ·

Soos die Namakwalandse sê-ding lui; as jy jou uitgee vir ‘n toffie moet jy maar bereid wees om gekou te word. Daar is dinge wat liefs persoonlik hanteer moet word en nie aan die grootklok gehang moet word nie. Ek het respek vir Chameleon verloor.

stoffel ·

ek dink die familie moet maar bymekaar kom en dit uit sorteer, sou baie graag ook my broer of suster wou ontmoet as daar een was en ek vind dit uit na al die jare.
Bles was altyd my gunsteling, so ook Sunette en Chris.
bewonder Chris dat hy so lank stil gebly het, dit sit nie in enige een nie.

Aandagsoekertjies ·

O kyk vir my ag asb. Ek het ‘n donker geheim!

Ek ook ·

Help egter nie. Dink nie hierdie ou ken die verskil tussen ‘n windpomp en ‘n rosie nie.

MH ·

Dit is seker sy goeie reg om sy gebrek aan karakter aan die wêreld te openbaar. Net jammer hy het dit op so ‘n wyse gedoen dat hy ander mense seergemaak het.

Bekommerd ·

Dis n erg aanslag wat Chris C maak n mens doen nie so iets in die openbaar nie. Nee wat ek ding dis n klomp twak. Ek Ignore dit……maar sy ma moet tog detail hieroor hê, of was sy nie betrokke nie??.

Johan H. ·

Verkleurman, laat jou self toets dan hou jy die uitslae vir jou self ek gee werklik nie om nie. Baaie

Anoniem ·

Hoe sal enige een van ons weet. Dalk dra hy dit al die jare saam laat daar gexoen word wat gedoen moet word en die waarheid bo enige twyfel bewys word as hy sy seun is so be it dan lewe elkeen maar sy lewe mens kan niks doen aan tyd in die verlede !!!!

cobus ·

Dit is hartseer.
Weer word die mens se kollektiewe psige weerspieël. Soos ons land en mense is die klem meermale alleen op die individu se eie seerkry, ipv. ook op die groep s’n saam.

johan ·

man gee die ou ‘n kanse – sy verkope is af en mense het al begin vergeet van hom – hy moes iets doen om weer aandag te trek – hulle se mos slegte publisiteit is die beste

Maar in die 2de asem was ou Bles ook nie so ‘n engeltjie nie -= ek bedoel onthou julle nog hoe hy sy skelmpie en sy vrou na dieselfde konsert toe genooi het

Elsa ·

Johan, Sunette kan ook nie regtig haar mond oor ander uitspoel nie. Haar kerfstok is lank. Moet ook nie glo dat Leoni Moeder Maria was/is nie.
Verder n mens gaan soek dit op n ander plek wat jy nie by die huis kry nie.

Henk ·

Verkleurmannetjie is die vent beslis. Akteur en musikant betwyfel ek ten sterkste. Eerder n nar wat in vandag se tyd goed sal inpas by die Sewende Laan sirkus. Daar tussen die waansinniges

Son ·

Ek wonder waarom het hy nie, toe BB geleef het hom gekonfronteer nie. Immers was hy al klaar met skool toe BB oorlede is. Swak styl om dit op sosiale media uit te blaker. Nog steeds sal hy nie vrede vind nie…jy bou nie jou geluk op iemand anders se ongeluk (pyn) nie!

ANNA ·

Ag,kom ons buitestaanders kalmeer nou!
DIT het niks met óns te doene nie en raak ons ook nie regstreeks nie!
DIS die twee skuldiges se probleem.
JAMMER DAT AL DIE ARME ONSKULDIGE SIELE NOU DEURLOOP.
BLY Chris voel nou beter en bly Sunette het nou klaar ontlaai!!
…en kom óns outsiders wees BLÝ en geweldig DANKBAAR só iets is ons gespaar.

Smurfie ·

Anna, as dit niks met ons te doene het nie? Vir wat vertel hy dit dan vir ons?
Hy kon maar net eers die familie genader het. Ek verstaan sy seer, maar watse skok moet dit ni wees om so iets op facebook te lees nie. Dis net so goed, jy hoor op facebook jou kind is dood en niemand het jou persoonlik gesê nie

Rene ·

Ek gaan nou gestenig word. Maar hier gaat ek maar. Hoekom moet chris sy mond hou daaroor? As dit die waarheid is, laat dit vaar. Hy moes vir jare stil bly, moes hy dan eers sunette en victor se toestemming gevra het? Ek dink nie so nie. Hulle sou hom net n leunaar gemaak het. Ekt nog nooit van chris se musiek gehou, so ek is nie ” pro-chris” nie. Maar liewers “pro-waarheid”.

MH ·

Die probleem is nie die waar of onwaar nie. Die probleem is die wyse waarop hy die saak hanteer.

Linda ·

Moet se Sunette lyk na Chameleon !!! O Bles was n haan onder die henne !!!

Mafia ·

Ek sien nog nêrens dat hy direk herken dat dit sy pa is? Hy praat in raaisels

Cherize Oosthuizem ·

Baie onsensitief om Chris Chameleon se ma op so ‘n negatiewe manier in die storie in te sleep.

Ekke ·

Hy moes eerste aan sy ma gedink het voor hy dit so in die openbaar uitgeblaker het. Swak smaak van sy kant af.

·

Sunette dit wat jy van sy ma sê kqn ook.omgeswaai word sou sy bewerings.waar wees. Watter getroude man los sy drie maande oue baba by die ma en gaan slaap saam met n ander vrou. Chris as jou bewerings waar is wil ek net sê sterkte met n sus soos Sunette. Het my respek jare terug vir haar veloor maar ek sal eerder nie moet sê hoekom nie.

janneman ·

Sunette, jou reaksie is so professioneel en volwasse, nes ek jou ken. Die “openbaring” is n stormpie in n teekoppie teenoor dit wat julle al deurgemaak het. Nie een van julle wat agter gelaat is na jul pa oorlede is, het enige deel aan hierdie sensasie skeppende geval gehad nie. Ek sou soos jy ook net my hande geskud het in onskuld.

Charlotte ·

Bles Bridges was ook nou nie van die getrousteouers op aarde nie…..so ek hoop Chris kry sy feite reg…….ek like Chris baie…..

Vixie ·

Maklik; doen ‘n DNA toets. As hulle dieselfde pa gehad het sal dit wys. Dan kan almal ophou bespiegel

Dries ·

Chris. Wat het jy gedink sou jy met hierdie openbaring bereik?

Melanie ·

Ek kry veral vir Leonie baie jammer. Het hierdie arme vrou nie al genoeg deurgemaak nie? Mense het destyds haar naam deur die modder probeer sleep maar sy het haar man gestaan. Mooi so Leonie, jy sal ook hierdeur kom. Jy is ‘n vrou duisend.

DJ ·

In volgende week se huisgenoot ….”Chris besluit om Christine Bridges te word” met prag fotos.

Claudette ·

Chris ek Hou van jou, maar ek dink jy moes eers met die familie genader het. Hoekom dit so bekend maak. Dis swak smaak.

Callie ·

Dis hoekom die Afrikaner volk op so lagwekkende manier gefaal het en in Ramaphosa se pot prut. Ons is seker by verre die mees patetiese spul siele in een land. Kyk na die kommentare. Alles afkrakend en afbrekend na een van die twee kante. Geen iets waarop gebou kan word of goeie raad wat gevolg kan word. Net soos Chris Chameleon nie n pa gehad het wie hom raad kan gee nie, net so waarborg ek altwee kante julle gaan nie raad by die mense van SA kry nie. Julle gaan baie onsensitiewe beledings kry. Moet egter nie julle daaraan steur nie. Suid Afrikaners is bekend daarvoor dat hulle op hulle gemakstoele sit en kritiek lewer maar nooit sal opstaan om iets te doen nie

aneja ·

Mooi Callie so in die kol niemand kan dit beter beskryf nie.

aneja ·

Callie niemand kan enige verbetering voeg by jou opsomming nie. Tog so in kol. Jammer mense steur hulle nooit aan goeie raad nie en verheug hulle daatin om eerder te vertrap.

Andre ·

Los maar die bitsigheid!

Bles, Chris (en sy ma), Leonie, Suné en Victor is almal gewone weerlose mense … met foute … soos ek en jy.

Chris … ‘gooi ‘n braai’ vir die bogenoemde mense … en praat die ding uit.

Die waarheid bring berusting en aanvaarding.

En dis ok met my as ‘fan’ … ! (of dit wáár is of nie).

Gatvol! ·

Kry jy nou lekker CC… Jy het die koerante gehaal! Mooi man! Doen ‘n DNA toets, vind uit Bles is jou pa, bou ‘n bruggie en kom daaroor! So maklik soos dit! Sterkte aan die Bridges-gesolin wat al deur soveel H E L is

Blackies ·

Ai Chris as jy maar net Bles se stem ge erf het en nie sy ‘looks’ nie sou jy nogals baie meer geld gemaak het.

Gatvol! ·

Kry jy nou lekker CC… Jy het die koerante gehaal! Mooi man! Doen ‘n DNA toets, vind uit Bles is jou pa, bou ‘n bruggie en kom daaroor! So maklik soos dit! Sterkte aan die Bridges-gesin wat al deur soveel H E L is

Andre Stander ·

Die skynbare wen-resep vir wanneer jou loopbaan op n nul uitloop blyk een van twee dinge te wees – en dit is verskillend vir mans en vrouens;

Vrouens – naak foto’s verskyn in die media nadat dit uit jou rekening “gehack” is.
Mans – Jy maak n stelling van òf jy was mee ‘gelol’, òf van vaderskap-oorsprong [paternity] (een wat gewoonlik Bitter moeilik bewys kan word a.g.v omstandighede).

Dan praat almal weer van jou, maak nie saak hoe lank nie. Tragies

Valerie ·

Stander, jy veralgemeen so erg dat dit duidelik is dat jy het nie ‘n idee het waarvan jy praat nie. Was jy gemolesteer, of iemand naby jou? Dink jy almal sal so iets afgryslik uitdink net vir “aandag”?
En naakte foutes kan “gehack” word, terloops. Of dit wys is om dit op te laai is nie die punt nie.

HPV ·

Ai Chris, daar is die regte manier of baie verkeerde maniere om so iets te openbaar, toe kies jy die verkeerde manier. Ek dink jy skuld die Bridges familie ‘n groot verskoning want jy het kon eers met hulle in gesprek getree het wat die regte ding was om te doen. Hulle is opgevoede bekaafde mense en sou waarskynlik net soos nou aangedring het op ‘n DNA toets as bewys.
Jy skuld ook vir jou aanhangers ‘n verskoning en doen dan die regte ding om die aangeleentheid op te los. Die keer sonder die sensasie.

Sky ·

As Chris enigsins edele of opregte bedoelings gehad het sou hy nie FACEBOOK gebruik het om so verklaring (skimp) te maak nie. As mens mooi groot en volwasse is dan hanteer mens sulke goed op die regte manier wat hy duidelik nie gedoen het nie.

Ekke ·

Sunet as dit waar is , is die sondebok Bles. Hy het jou ma seer gemaak nie Chris nie. Gee die skuld vir hom wat dit verdien.

Boet Fasie ·

Boeta ek dink jy het jou naam nou met ‘n plank geslaan. Ek het nog nooit van jou musiek gehou nie en hou nou ook nie van jou nie, ek glo jy gaan ‘n hele paar aanhangers verloor wat nie meer jou musiek en cd’s gaan koop nie.

Ria Naude ·

Deur wat se HEL is hulle?…Die hel wat Bridge vir hulle veroorsaak het deur sy rondlopery…

Heidi Lundie ·

Presies reg. Bles Bridges was geen rolmodel, hy was los. En sy losse sefes het sy gesin en sy vrou deur hel gesit, nie Chris Chameleon se pos nie. HUlle weet mos lankal wie en wat Bles was.

Rikku ·

Sunette
Jy het dit baie goed gestel. My hart gaan uit na jou en jou familie.
Nog nooit van die grillerige klein mannetjie gehou nie. Hy soek aandag. Ek gee ook nie om wie sy Pa is nie.

Steve Smit ·

En weereens soos met Oscar en reeva het ons n Team Chris en n Team Bridges.

Geregtigheid ·

Daar is tye om te praat en daar tye om jou moind te hou. Voordat jy praat, vra eers: Wat wil ek bepreik? Wie gaan of kan seer kry deur dit wat ek se? Is dit nodig om te praat? Is dit ek of ander wat gaan seer kry? Benader elke situasie soos n volwassene en nie soos n kind nie. CC ek dink jy het net aan jou self gedink en nie aan ander nie. Jy het jou naam met n plank geslaan. Bles was ontrou en hy het betaal met sy lewe. Ontrouheid is nie n grap nie. Hoekom na soveel jare die mense weer aan die geweldige hartseer herhinner???? CC tyd om groot te word en vergeet van die limelight. Jy het aandag gesoek en die teenoorgestelde het gebeur.

pieter ·

Een ding kan ek nie verstaan nie, beroemdes of eerder so word hulle verhef deur media en mense, misbruik en gebruik die roem om rond te slaap asof niks daarmee fout is nie, dit is blatant vekragting en kom daarmee weg en los n ma en kind agter en beweeg na die volgende ‘ slagoffer ‘ dit geld vir die meeste bekendes en daarna hemel wie weet almal die man of vrou so hoog op. Dan is dit hoe goed en hoe mooi die persoon vir die gemeenskap en wereld is. Maar jy/ sy los n weerlose man of vrou agter asof dit n gebruukte voeetuig was

9 ·

Is dit nie maar wat julle held Steve ook gedoen het nie? Hoeveel keer, 6 keer? Die bybel sê so ‘n man is erger as ‘n ongelowige. Julle is huigelaars en skynheilig.

Sanet ·

It takes TWO TO TANGO…
Oom Blessie netso skuldig soos arme onskuldige Magrietjie…en nou sit arme onskuldige mense meti gemors…
Moral Of The Story…
MOENIE “RONDLOOP” NIE!!
MOENIE OP FACEBOOK JOU HART UITPRAAT NIE!!

Foxi ·

Hoekom Chris so stenig? Hy het seker nrede gehad om dit stil te hou. Chris is n kunstenaar en dink julle nou vir een oomblik hy gaan dit net opdis en sy loopbaan in gevaar stel. Nee ek dink nie so nie.

Cherokee ·

Omdat dit ons nie aangaan nie. Ons stel nie belang daarin nie (ten minste nie ek wat geen handtekeningjagter is nie). Nou probeer hy voorgee hy is ‘n slagoffer terwyl hy vir sy ma en pa moet dankie sê, want nevermaaind wie hulle is, dit is deur hulle dat hy daar is.

Elvira ·

Vir hierdie verkleurmannetjie het ek nog nooit n titseltjie tyd gehad nie. Niks anders as aandag soek nie. Gaan trek jou bloed man en betaal self vir die onkostes en kry dit agter die rug. So what !!

Dienkie ·

@Foxi, hy het seker rede gehad om dit stil te hou maar hoekom dit op Facebook uitblaker
en dit nie eers met die familie wie daardeur geraak word bespreek nie. Dit sou die korrekte ding gewees het om te doen.

LHS ·

Mense vergeet regtig gou, hoe lank was Bles se buite egtelike verhouding en hy lankal nie meer saam met Leonie gewees nie.

Franco Scheffer ·

Ek wonder hoe lank het Chris geweeet Bles is sy pa. ‘n Mens kan sien Chris het Bles se gene. Hy het ook, net soos Bles, van moelike omstandighede sy eie sukses gemaak. Ek is trots op hulle albei, en ook op Sonette wat op so ‘n volwasse manier reageer. Goeie mense sowaar.

ouma ·

En al die wat nou lekker praat het nog nooit iets verkeerd gedoen. Ag asb kom weer, los ander mense en hulle ding uit en kyk na jou eie lewe.

Wessel ·

Chris, in ñ oomblik van swakheid het die waarheid uit gekom. Ek sou stil gebly het. Bles het weg gestap net soos Naas Botha. Jou suster maak groot geraas en hardloop dan VSA toe. Plaas jy sê eerder die melkman was jou pa.

Teleurgesteld ·

En hier sit ek al die jare en dink Steve is Oom BB se liefdes kind hulle is mos voëls van dieselfde kleeeure . Dink Steve moet ook sommer getoets word miskien is hy ook deel van die familie. Praat jou Hart uit Chris. Meer moet na vore kom. Miskien is die familie groter as wat ons dink.

Anna mart ·

Dis eintlik n hartseer storie. Ek dink Chris moet geleentheid gegun word om met die Bridges te gesels om sy kant te verduidelik. As dit waar is, is hy dan die twee kinders se halfbroer, wees positief en liefdevol en verwelkom mekaar. Ek glo nie Chris is agter enige geld aan nie, soos hy sê: wil hy graag die hoofstuk in sy lewe afsluit. Julle het almal seer in die storie. Moenie dat foute van die verlede julle uitmekaar skeur nie. Ondersteun mekaar en God sal julle seën. As julle Chris nie n geleentheid gee nie sal julle aanhou wonder? Bles was ook maar net n onvolmaakte man, hy kon foute gemaak het. Ek hoop julle doen die regte ding. Sterkte! Aan julle almal.

LHS ·

Verkeerd om iets te suggereer sonder bewyse en feite op die tafel. Ek sal kan glo sy storie is waar maar ek sien ook dat hy n paar rand kan maak uit die verkoop van sy storie. So terloops, hoeveel kere is Sunette getroud ?

Cherokee ·

Julle is jaloers op ‘n pragtige vrou wat kan skryf soos die gemiddelde kommentator nie kan doen.

Stefan ·

Ek kan nie verstaan dat bekende persoonlikhede ALTYD via die media hul persoonlike sake met die wye wêreld moet deel nie.
As ek gebore is vanuit ‘n verhouding tussen ‘n getroude man en ‘n enkel dame, sal ek swyg soos die graf.
As my Pa ‘n kind verwek het buite sy huwelik sal ek wegkruip en my hartseer binne my eie familie uitsorteer.
As ek en my vorige man ‘n probleem het, hoe hul kinders hanteer word, sal ek TER WILLE VAN MY KINDERS die aangeleentheid uit die media hou.
As ek nie benoem word in my vorige man se testament, of toe my vorige man siek word, vrae via die media aan hom stel, sou ek weereens TER WILLE VAN MY KINDERS, eerder alles verloor as om ‘n bohaai daaroor te maak.

Daar is ‘n paar AANDAG VRATE wat met alles media of sosiale media toe hardloop, maar as die media eendag iets negatief oor hul publiseer, dan wil hulle JANNIE JAMMER GAT speel.

Het Chris, Sunet, Amor en Karlien dan geen vermoë om stil te bly, ter wille van hul kinders of toekomstige kinders nie?

ANA ·

Stefan…geestelike volwassenheid, om eerder te swyg,ter wille van die kinders, is ñ baie skaars verskynsel…veral as jy nié Sy Vrede en Sý Vertroosting ken nie

SA Kinderkrans Soap Opera ·

Hoeveel pa’s met hul kinders gaan daar nóg onder die infantiele Afrikaanse Musiek Bedryf uit pop? Hahahahaha…..

ANA ·

Stefan…geestelike volwassenheid, om eerder te swyg,ter wille van die kinders, is ñ baie skaars verskynsel…veral as jy nié Sy Vrede en Sý Vertroosting ken nie

·

Cherokee jy is n gunsteling van my maar jy sien dalk net die poplap se uiterlike….laat ek dit so sê…sy is Bles se kind…die appeltjie val nie vêr van die boom nie. Dalk is sy nou anders en meer volwasse maar ek het jare gelede haar iets sien doen wat my tot vandag nog onstel as ek net aan haar dink.

Martin ·

Hy slaan sy naam met n plank, maak n “Public scene” en rig meer skade aan sy eie naam en iemand wat reeds oorlede is en homself nie kan verdedig nie. Soek net sensasie ( hopenlik koop meer mense sy cd’s as gevolg hiervan) Plaas dat hy dit privaat met die Bridges familie bespreek, toetse doen om dit te bewys voordat hy dit openbaar maak. Dink hy hy gaan enige voordeel hier uit trek, hy slaan nog steeds sy naam met n plank.

sus ·

Ek dink almal het die kat aan die stert beet ….
Nêrens sê hy pertinent dat oorle’ Bles sy biologiese pa is nie.
Ja die insinuasie is daar, maar gee hom kans om te verduidelik wat hy bedoel het. Ek glo Chris sal.

Sterkte Chris, jy was nog altyd ‘n baie private mens, ek kan nie myself indink wat di van jou gevat het om soveel v jou lewe te openbaar aan die publiek, wetend dat hul jou gaan oordeel nie.

Sabastiaan ·

AS dit waar is, oom Bles moes maar eerder van die begin af nie oor die draad geklim het nie. Dade het altyd gevolge, altyd.

Jax ·

N week voor Kersfees en die verkleurmannetjie los n publisiteit-bom en die media trap daarin. Sy CD verkope skiet die hoogtes in want, shame arme mens!
Ongeag wie hulle benadeel en seer maak. Tipies gedrag van sogenaamde hoë bome!
Soos die Hollanders dit so goed stel: hiervan word ek kots-mislik!

Nel ·

Wel as dit net ‘n ‘publisiteitsbom’ is sal hy maar solank al die ekstra geldjies uit sy verkope moet opsysit vir regsonkostes, want as ek die Bridges familie was sou ek hom kaal uittrek…

Teleurgesteld ·

Liewe Nel jyt jou feite verkeerd dus juis oor BB se kaal uitrekkery dat daar nou soveel drama is. So kies in die toekoms jou woorde beter.

Sean ·

Wie is chris chameleon?? Ek ken Bles Bridges maar nog nooit gehoor van die knaap nie Ek dink hy soek publisiteit omdat niemand weet van hom nie Sterte maerseun

Francois ·

ONGELOOFLIK. Jammer, ek het nie gesien “CAPS LOCK” is aan nie.
Cameleon is baie goed. Ongelooflik goed in wat hy doen. Ek dink nie vir een oomblik hy lieg nie. Maar – MENS (asprid gedoen) Is dit die manier om ‘n ding te doen? Ek lees wat jou”stief-sussie” se. Ek lees wat Leonie se – obvious sou jy met hulle al gepraat het?? Chris – die manier waarop jy dit gedoenhet…….jinne man, hoekom? Of is dit bloot “joernalisme”?

Jan Alleman ·

As dit waar is, is dit seker sy geheim om mee te maak soos hy wil.

As dit nie waar is nie dan is dit ietwat gemeen om dit saggies te stel.

Meegevoel101 ·

Dit lyk vir my baie asof Sunette nou weer alles oor haarself probeer maak. Korrek, dit raak haar en haar ma asook die res van die familie. Die ding is, Chris het nie ‘n beskuldiging of belediging na hulle geslinger nie, hy wou iets uitkry voor dit hom opeet van binne.

Ek verstaan hoekom Chris dit gedoen het. Sunette vra waar is sy sussie se pa dan gewees, maar dis tog nie dieselfde nie. As ek sonder my biologiese pa grootgeword het sou ek goed wonder soos: “waarom wil my pa my nie sien nie?”, “is my eie pa dan nie lief vir my nie?”, “is hy trots op my?”. Dink aan die tipe goed wat jy van jou eie pa sou wou he en plaas jouself in iemand anders se skoene voor julle hom so ‘n ongevoelige persoon uitmaak.

Sosiale media is ‘n euwel. Mense wil hul opinies afdruk en dink hul opinies tel meer as ‘n persoon se gevoelens. Ek glo hy’t dit gedeel op sosiale media om dit ut te kry voor hy ‘n nuwe hoofstuk self as ‘n pa begin en oor albei, hy en Bles, bekend is, maar niemand kan die onsigbare stippellyn tussen die twee sien nie. Hy het niks om hieruit te wen anders as om die waarheid oop te vlek sodat hy kan verder asemhaal. Ek sou dit self doen.

Alles van die beste, Chris. Jy is jou eie mens en jou pa en sy gedrag sal jou nie definieer nie.

Leon ·

So, Chris en Karlien behoort aan dieselfde whatsapp groepie… “My nuwe CD word volgende jaar vrygestel e ek het publisiteit nodig!”… Julle al2 is af, mors af!

Erica ·

Ek het lanklaas so lekker gelag vir van die kommentare sommer vergeet van al die negatiewe nuus wat ons elke dag in die koerante lees?

Hannelie ·

Ek dink so aan jou Sunette. Dit kan nie lekker wees….ek stel voor Cameleon doen bloedtoetse mens kan tog nie daarteen stry as hy die waarheid sou praat. Bles was die beste minnesanger ooit.

Stripes ·

Waar is CC se Ma? Hoekom dan die stilswye van haar kant af? Sy behoort mos te weet wie is die Pa van CC. Verskoon my maar ek het geen respek vir enigeen wat op so ‘n manier ‘n gat van sy ouer/s maak nie.

Cornelia 1 ·

Chris Cameleon,
Te hel met die Bles Bridges aanhangers.
Sosiale Media maak dit vandag moontlik om die onreg wat jou aangedoen is met almal te deel.
Dit is oor so baie donker geheime dat die wereld se mense besig is om te verrot.
Hoekom vir Chris Cameleon kruisig oor sy plasing op facebook.
Baie ooreenkomste as ek na die foto’s kyk.
Jy het niks om oor skaam te voel nie.

Se maar net ·

Ek weet nie of Chameleon Bles se seun is of nie, maar onthou net Bles het vir jare lank ‘n verhouding gehad met Marietjie van Heerden, selfs op Huisgenoot voorblaaie met haar gepronk.

Hannah ·

O wee, daardie blinde sambok. SB, onthou jy ‘n moeder met die naam Charmaine!!

Pieter ·

Hoekom moet soveel van die sogenaamde bekendes altyd hulle persoonlike sake op sosiale media oopvlek. Wat my aan betref is dit net ‘n soeke na publisiteit en aandag. Daar is ander maniere om so ‘n saak te benader CC.

ne ·

Nou CC was jou ma nie ook toe getroud nie? ‘n Saak het altyd 2 kante. Wie is jou suster se pa? Jy kry vrede – het jy ooit aan Bles se gesin gedink voor die plasing? Bles is nie hier om sy kant van die storie te vertel nie. Daag jou uit om die bloed toetse ook bekend te maak.

VanAfrika ·

“Snik” kan ek ook maar my vuil wasgoed hier kom was? Ek is ook n verlore kind wat nooit my pa geken het nie. Het eers in std 6 uitgevind die man wat ek gedink het is my pa, is toe al die tyd my stiefpa. Ek het ook uitgevind ek is die kind van n welbekende man, ja bekend as n verkeersman in die 60’s, daardie man wat boetes gegee het, “snik-snik” het toe uitgevind dat hy in die vroeë 80’s dood is aan kanker, presies dieselfde tyd toe ek hom begin soek het. Soekery het op niks uitgeloop tot by broer (ook sy seun) hom so n paar jaar terug begin soek het. “Snik” Ons vind toe uit dat hy oorlede is maar het n seun agter gelaat wat jonger as ons is, (ek het altyd gedink ek is die jongste) (huil nou baie hard) maar nou het hy my spot gevat. Maar deur al die trane is ek bly ons het hom opgespoor, ons is n nuwe broer ryker en op die ou einde van die dag lyk hy net soos sy ouboet al is hy deur n ander ma gebore, onse pa se gene het sterker deurgeslaan. Met ons ontmoeting het hy ons toe verder vertel ons pa is toe oorlede aan kolon kanker. Sien dit maak my ook bekend want my oorlede pa wat ek nooit geken het nie is daardie man wat spoedkaartjie uitgereik het en baie bekend was onder die publiek.

marius ·

Almal van ons weet hoe vry is die windjie. As hy draai wil hy draai as hy swaai wil hy swaai , die windjie.

AMS ·

As dit nou sou wees na behoorlike toetse dat hy nou wel julle halfbroer is, onthou net dat dit nie julle of jou ma se skuld is nie. Aanvaar dat dit jou pa se daad was en dat julle geensins verantwoordelik gehou kan word daarvoor nie. Hoe julle die uitslag van die toetse gaan hanteer gaan maak of julle water of petrol op die sensasie-vuur gaan gooi. Ek dink die tipe ding gebeur gereeld onder gewone mense, dis net omdat Bles en Chris celebrities is dat dit die nuus haal.

Annie ·

Kry mens nie eers al die feite en bewyse voordat jy so ‘n uitlating maak nie? En dan was jy nog jou wasgoed op sosiale media? Wat van bel of skryf vir hulle ‘n private briefie? Ek dink dit was swak smaak Chris.

jakes ·

Die enigste persoon wat die geheim kan oplos is Chris se ma. DNA toetse sal dit ook bevestig. Mense moenie vergeet dat Bles ook maar n mens was met voete van klei. Ek dink wel dat Chameleon na Bles lyk. Groot vraag is, indien Chameleon se bewering korrek is, het Bles daarvan geweet of nie?

Andrea ·

Chris Chameleon het beslis nie aandag nodig nie hy is bekend in eie reg, en is nie soos sekere bekendes wat op negatiewe publisiteit leef nie.
Elke huis het sy kruis en elkeen vir homself

Charlene beukes ·

Almal het iets te se Chris is n kunstenaar duisend wat wereld bekend is hoekom sal hy publisiteit soek hys gewoon daaraan . Vra eerder hoekom moes n kind sy pa en identiteit wegsteek was dit om Bles se lobaan of huwelik te beskerm en so is die kind nou weer die vark in die verhaal. As Bles sy pa is hoekom is hy as kind gekeer om sy ware identiteit te openbaar wat was die grootmense se besluit . Soms word die waarheid n swaar las en borrel dit verkeerd uit maar so draai die wiel en die waarheid seevuur altyd . Ek is nie mal oor Chis se musiek nie maar hy het dam sy eie naam gemaak nie op pappa se rug probeer ry nie doen die toets en vra dan die vrae

Linda ·

Jakes, jy het n goeie punt hier beet, het Bles ooit geweet hy het hierdie kind gehad ? Was Chris se ma bang vir Leonie wat n tier om Bles was ? Ek dinj Chris moet vir almal die waarheid bewys deur n DNA toets. Op die oog af lyk Chris na Bles en Sunette. Ek dink nie Chris wil geld he vir die waarheid nie, net aanvaarding as dit wel die waarheid is. Sterkte Chris !!!

Paul ·

En as ek die storie so in die media beloer, is Bles se familie nou dalk die vark in die verhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.