Blesbok vir R7,8 miljoen verkoop

Top Deck. Foto: Kirkwood Wildsfees Katalogus

Top Deck. Foto: Kirkwood Wildsfees Katalogus

‘n Eksotiese saalrug-blesbok is vir R7,8 miljoen verkoop, het Beeld Maandag berig.

Die bruin-en-wit blesbok, genaamd Top Deck, het die kollig gesteel by die 13de Absa Kirkwood Wildsfees toe Phillip Mostert, eienaar van Gamevest, hom gekoop het.

Top Deck se broer, Mnumzane, is glo in Mei op ‘n veiling in Limpopo vir R4,2 miljoen verkoop.

‘n Blesbok kos gewoonlik tussen R1 500 en R2 000. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henk ·

Hierdie eksotiese mutasies is ‘n borrel wat wag om te bars.

Ek het nou die dag in ‘n artikel gelees dat die enigste mark vir hierdie duur eksotiese mutasies kom bykans slegs vanuit die telers self. Suid Afrikaanse jagters gaan dalk nog ‘n Grandslam (wit, swart, koper en gewoon) vir Springbokke kan bekostig en hier en daar is daar ‘n trofee jagter vir duurder boksoorte, maar waar gaan die jagters/kopers vir hierdie duur mutasies vandaan kom?

Ek kan nie dink dat buitelanders dit gaan kom jag nie. Hierdie diere staan ook nie stil nie, hulle teel aan en een van die dae is daar meer as wat daar kopers is.

As jy teel en met die mutasies wil geld maak sorg maar dat jou geld betyds in die bank kom.

Gerhard Bezuidenhout ·

Vir R7,8m koop ek darem vir my sommer n spoggerige beesplaas en ek gaan baie meer geld as die wildkoper verdien.

Kobus Maritz ·

Ek het self n paar unieke blesbokke op my plaas. Is tans besig om uit te vind of daa5r nog mense is wat van hulle het.
Die bokke het n swart gesig en geen wit bles nie. Sal nog fotos publiseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.