Die radikale organisasie Black First Land First (BLF) sê ʼn aanval op sy adjunkpresident was polities gemotiveer.
ʼn Onbekende man het in Saterdagoggend omstreeks 02:00 toegang tot Zanele Lwana se woonstel in Soweto verkry en haar te lyf gegaan. “Mede‑kamerade het wakker geskrik van die worsteling toe Lwana terugbaklei het,” sê Lindsay Maasdorp, BLF-woordvoerder, “waarna die inbreker op die vlug geslaan het met twee selfone, onder meer die adjunkpresident sʼn.”
Maasdorp sê die inbreker het Lwana probeer wurg. Haar nek is beseer en sy het kneusplekke aan haar arms opgedoen.
“BLF glo dit was nie ʼn lukrake misdaad nie,” sê Maasdorp, “maar ʼn polities gemotiveerde daad om die adjunkpresident te probeer intimideer in die hoop dat sy te bang sal wees om getuienis te lewer voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.”
Lwana sal na verwagting op 12 Februarie voor die kommissie getuig. “Wat jammer is, is dat die polisie na die toneel ontbied is,” sê Maasdorp, “maar heeltemal onbehulpsaam was en geweier het om ʼn saak te open.”
BLF het onderneem om die kommissie in te lig van “dié poging om die adjunkpresidente en ons beweging te intimideer”. Die organisasie waarsku almal wat geïmpliseer word in korrupsie “om terug te tree, want niks sal verhoed dat die BLF getuienis voor regter Zondo lewer nie”.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
42 Kommentare
Siestog!!
Iemand verwurg haar, sy baklei terug en haar comrades word wakker om te help en toe vlug die ‘inbreker’ met 2 fone? Mmmmm, iets rym nie
Byna, Amper? Nou wat moet die mense op Schweizer van hul ondervinding sê, o ja en op baie ander plekke oor hierdie uitgeworpe Julius-man?
Oe aaa adjunk president nogal! Wow, waar kan ons kom neurbuig om die parasiet te aanbid? Hoog edele dierbare parasiet!
Vergelding na die mislukte ontvoering van die wit seun in Hilton? Maasdorp het onderstreep dat vir elke swart persoon wat sterf in taxi geweld, 3 wittes sal sterf. Toe draai die gety. Pas op wat jy kwytraak.