BLF-adjunk byna verwurg

Zanele Lwana, adjunkpresident van BLF. Foto: Facebook

Die radikale organisasie Black First Land First (BLF) sê ʼn aanval op sy adjunkpresident was polities gemotiveer.

ʼn Onbekende man het in Saterdagoggend omstreeks 02:00 toegang tot Zanele Lwana se woonstel in Soweto verkry en haar te lyf gegaan. “Mede‑kamerade het wakker geskrik van die worsteling toe Lwana terugbaklei het,” sê Lindsay Maasdorp, BLF-woordvoerder, “waarna die inbreker op die vlug geslaan het met twee selfone, onder meer die adjunkpresident sʼn.”

Maasdorp sê die inbreker het Lwana probeer wurg. Haar nek is beseer en sy het kneusplekke aan haar arms opgedoen.

“BLF glo dit was nie ʼn lukrake misdaad nie,” sê Maasdorp, “maar ʼn polities gemotiveerde daad om die adjunkpresident te probeer intimideer in die hoop dat sy te bang sal wees om getuienis te lewer voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.”

Lwana sal na verwagting op 12 Februarie voor die kommissie getuig. “Wat jammer is, is dat die polisie na die toneel ontbied is,” sê Maasdorp, “maar heeltemal onbehulpsaam was en geweier het om ʼn saak te open.”

BLF het onderneem om die kommissie in te lig van “dié poging om die adjunkpresidente en ons beweging te intimideer”. Die organisasie waarsku almal wat geïmpliseer word in korrupsie “om terug te tree, want niks sal verhoed dat die BLF getuienis voor regter Zondo lewer nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Ig ·

Iemand verwurg haar, sy baklei terug en haar comrades word wakker om te help en toe vlug die ‘inbreker’ met 2 fone? Mmmmm, iets rym nie

Gert ·

Byna, Amper? Nou wat moet die mense op Schweizer van hul ondervinding sê, o ja en op baie ander plekke oor hierdie uitgeworpe Julius-man?

Hennie ·

Oe aaa adjunk president nogal! Wow, waar kan ons kom neurbuig om die parasiet te aanbid? Hoog edele dierbare parasiet!

Pieter ·

Vergelding na die mislukte ontvoering van die wit seun in Hilton? Maasdorp het onderstreep dat vir elke swart persoon wat sterf in taxi geweld, 3 wittes sal sterf. Toe draai die gety. Pas op wat jy kwytraak.

HPV ·

Die blf predik geweld elke dag, kry wat hulle saai. Geen simpatie!

De Villiers ·

Nou is hierdie aanval volgens die BLF polities gemotiveerd, maar volgens hulle is plaasaanvalle sommer net gewone misdaad. Ironies hoe die BLF skielik ‘n ander deuntjie sing (dieselfde as die slagoffers van plaasaanvalle) as hulle agter dieselfde deur staan.

Felix ·

Die BLF is NIE ‘n hoë boom nie, dis ‘n lae dik boompie!

Maljan ·

Eerder kapsekêrel bos wat enkelhoogte lang ranke van verpesting uitstoot.

TLC ·

Sy moet dankbaar wees
Boere word vermoor vir minder as dit
Volgende gaan sy deur ons tax geld wagte kry om haar op te pas

kolla ·

Daar is nou ‘n nuwe organisasie wat hulle opdraand gee. TFBS (Theft First Black Second).

Anoniem ·

Die misdaadsyfer is besonder hoog on SA. Hoe kan sy so seker wees hierdie was ‘n politieke poging spesifiek teen haar gemik? Sy is dalk maar net deel van die gewone misdaadstatistieke… Sy kan dankbaar wees sy nie verkrag en /of gemartel en/of vermoor nie soos wat die geval is by sommige plaasaanvalle.

Jurie Vermeulen ·

Soek n verskoning om in die nuus te kom, as die slagoffer.

Johan ·

Op een of ander duistere manier sal rassisme ingebring word. Dan is die radikales weer van ‘n verskoning voorsien om hulle te wangedra…

hendrik ·

Johan, ek wou nounet se dat daar n wit ou 2:oo uur die nag in Soweto rondgeloop het.

Snowball ·

Laat ek sien of ek empatie voel……. …….. nee, sorry, wag ek probeer weer……. …….nee, lyk my nie so nie.

Chris ·

Praat mens van deadloks of is dit nou dreadloks, lyk soos in ‘n fliek met die slange sonder koppe wat na alle rigtings beur. Tina Turner kom in my gedagtes op.

kolla ·

Tina is klas. Nou die dag ‘n video afgelaai van ‘n konsert toe sy 60 jaar oud was. Beste wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Sy dra ook nie dreadlocks nie.

Geregtigheid ·

BLF wil oorlog maak. Dis wat oorlog is. hulle skree vir oorlog. Die wat geweld wil gebruik moet nie kla as geweld hulle pad langs kom nie. Moenie n gat grawe vir ander nie. jy mag dalk self daarin val.

Henk ·

Laat ek raai – die aanvaller was nie wit nie. Want as hy was het die helfte van die land vanoggend weer tot stilstand gekom omdat trokke, busse, skole, hospitale en wat ookal gebrand het. En elke 30 sekondes was daar n nuusflits oor die afskuwelike wit rassiste wat uitgemoor moet word omdat hulle durf waag het om die vrou aan te val. En News 24 het tot in die AWB se dagblad (as daar so iets is) op die voorblad geskryf van hoe haatdraend die wit rassiste is!!

Mmmm ·

The blf lives by violence, I am sure that they will reep what they sow.

Maljan ·

Wha ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha! Blinde sambok m..r seer ne

Maljan ·

Eerder kapsekêrel bos wat enkelhoogte lang ranke van verpesting uitstoot.

Koos de Meyer. ·

Nou wil sy seker ook ‘n blou lig brigade hê om haar op te pas. Volgens die polisie kon hulle nie ‘n verklaring af neem nie omdat daar drank by betrokke was. News 24.

Hoc est bellum ·

Ek glo nie die storie nie. In ‘n Engelstalige berig val die BLF die Oppenheimers aan die einde van die berig aan. Wat het dit met die verwurging te doen? Hulle het seker bietjie laat in die werk besef hulle het nie die koerante dié week gehaal nie en toe moes hulle sensasie en simpatie soek. Siestog!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.