BLF-bankrekening gevries ná grondgryp-interdik

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Die sakeorganisasie Sakeliga het Black First Land First (BLF) se bankrekening laat vries nadat die BLF in gebreke gebly het om ʼn kostebevel wat in Desember verlede jaar teen hulle gemaak is, na te kom.

Die kostebevel spruit uit ʼn interdik wat aan Sakeliga toegestaan is, toe die hooggeregshof in Pretoria die BLF en sy leiers Andile Mngxitama en Zanele Lwana verbied het om die publiek tot grondgrype aan te hits.

“Sakeliga beoog om R68 000 se regskostes van BLF te verhaal en sal die gelde aanwend ter finansiering van Grondgryp911. Grondgryp911 is ʼn platform om grondbesettings te help stuit. Dit bemagtig grondeienaars met inligting, regshulp, en eiendomsrekords vanaf die landmeter-generaal, ten einde voor te berei of op te tree teen onwettige grondbesetters,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Le Roux sê dit is belangrik dat ekstremistiese, randorganisasies soos BLF nie toegelaat word om sakebelange, persoonlike belange of die openbare belang met kriminele optrede te skaad nie. “Aanhitsing tot grondbesettings is kriminele gedrag en sou – as dit eenmaal posvat – ʼn rampspoedige uitkringeffek hê. Daarom behoort sulke gedrag in die kiem gesmoor te word. Ons neem kennis dat die BLF blykbaar hierdie geld wou gebruik om vir die verkiesing van 2019 te registreer, maar gaan nie afsien van ons verhaling van die koste nie. As BLF hom van kriminele gedrag weerhou het, het hy nie nou hierdie geld verloor nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Jys reg Wonder Net ·

Ja Wonder net soos die EFF en die ANC .. jy is reg . daar is nog BAIE van hulle ..

trevor ·

wat van EFF malema ? hulle moet ook nie verkiesing deelneem nie omdat rasist haat netsoos die blf.

Lana ·

Lyk my hulle het nie “a snowball’s hope in hell” om aan die verkiesing deel te neem nie.

O aarde ·

Dis verskriklik snaaks! :-)
Mooi so.
Siestog. Arme Endaail (die voorman se naam in Engels)

Dries du Toit ·

Sakeliga se Piet le Roux is n yster. Dankie julle gee ons hoop.

Petro ·

Beste nuus hierdie jaar nog. Well done Sakeliga… Well done!

koos1 ·

Slaan hulle op die sak, lyk my dis al wat werk….. Guptas, Bosassa nou moet EFF, DA en ANC volg, dan kan ons voorentoe beweeg!

bolla ·

Gee die verregse rassiste aan die ander kant ook ‘n oranje gevangenispakkie dan kan ons vorentoe beweeg.

frikkie ·

piesang vir enige iemand? dalk bietjie popcorn? shame arme bloeitjies

Elsa ·

Dis nou wat ek goeie nuus noem. Voorblad nuus en sommer agterblad ook.

Pieter ·

Waar gaan hulle nou sy sassa en bosasa geldjies inbetaal ? Dis lekker om hierdie tipe nuus te kry. Veral as jy belasting betaal.

Andre ·

Vat so katvis! Wanneer word hy langs Penny opgesluit vir 2 jaar?

VD ·

Dis hoekom die Land Party gestig is sodat hulle net soontoe kan oorgaan en aangaan indien hulle skuldig bevind word. Iemand moet dalk kyk hoeveel geld die afgelope tyd vanaf BLF na die LP oorgeplaas is. ….

Chris Ws ·

Die BLF is ‘n trop rassiste.Ruk hulle hard in die bek!Net jammer die geld is nie 10 maal meer nie!Goed gedaan Sake Liga!!Werk hulle gal!

SjN ·

Ek het werk vir hom op die krokdilplaas, ons moet hul more voer. Meer as welkom.

Se. Aar net ·

Sjn nee sjoe jy lan dit nie doen nie groot skade!! Laat hy/hulle/Sommer die hele lot bietjie gaan bruin brood en water proe! Oh nee dit word ook mos nie meer so gedoen nie! Steak en chips want dis hoekom die tronke so vol is en almal wat daar was bly teruggaan! ??

Danie ·

Iemand sal hulle uit bail. Dink nie dit sal hulle stuit nie.

jakes ·

Kry vir jou Andile. Soos hy aangaan sal hy kort voor lank n oranje pak dra. Miskien kan hy dalk dan matriek skryf in die tjoekie. En miskien kom kuier sy Bosasa tjommies ook vir hom in hul oranje klere tussen die hoge mure.

Rikus ·

As jy ‘n sekere kleur is koop jy sommer jou matriek. Hoe hoër jou punte moet wees hoe meer betaal jy. Ek is dood ernstig.

Domvraag ·

Kan nie eers hul eie finansies self bestuur nie, maar wil grond bestuur. Mees onkundige as jy nie self jou eie tekortkominge kan begryp nie.

D B ·

Dis dan dieselfde wat die EFF doen. Hoekom laat niemand hulle bankrekening vries nie?

ne ·

Hoera vir Sakeliga. Julle doen ons ‘n groot guns. Volgende op die lys…. eff???

Johan ·

Daar is mense wat dink hulle is bo die wet verhewe. Omdat hulle neig tot geweld, kry hulle baie keer hulle sin. Nie hierdie keer nie!

Johanna ·

Wat het van Andile se uitspraak geword oor die wit skool kinders wat oorlede is?? Gaan hulle weg kom met daardie haatspraak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.