BLF hou by opmerkings oor Hoërskool Driehoek-tragedie

Andile Mngxitama (Foto: Andile Mngi, Facebook)

Solidariteit het Maandag bevestig dat hy opponerende stukke van die Black First Land First (BLF) se president, Andile Mngxitama, ontvang het na aanleiding van die klag wat Solidariteit op 14 Februarie 2019 by die gelykheidshof teen dié party ingedien het.

Dié klag volg nadat die BLF-woordvoerder, Lindsay Maasdorp, die dood van vier leerlinge in die Driehoek-skoolramp gevier het en in effek gesê het dat die tragedie ʼn gepaste straf is vir wit mense en hul kinders.

Vier leerders van die Hoërskool Driehoek is dood en minstens 20 kinders beseer nadat die betonvloer van ʼn loopbrug by die skool ingegee het.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, voer die BLF in sy eedsverklaring aan dat dit redelik van swart persone sal wees om nie empatie vir wit mense se pyn te hê nie. Mngxitama sê voorts in die verklaring dat Lindsay Maasdorp se uitlating in die lig gesien moet word van die pyn wat swart persone daagliks beleef as gevolg van die voordeel wat elke wit persoon op grond van kolonialisme ontvang het.

Hy bevestig verder dat swart mense nie rassiste kan wees nie, en dat die aansoek derhalwe nie sal slaag nie. “Die feit dat hy dit sê bevestig net hoe uiters rassisties sy uitlatings eintlik is en dat dit met die volle mag van die gereg veroordeel moet word,” het Van der Bijl gesê.

Van der Bijl voer aan dat die eedsverklaring vir die BLF ʼn gulde geleentheid gebied het om die ouers van die slagoffers van die Driehoek-skoolramp om verskoning te vra vir sy uitlatings, maar die party het eerder van die geleentheid gebruik gemaak om verskonings te soek oor hoekom hy rassisties kan en mag wees. “Alhoewel ons vryheid van spraak ondersteun, het die BLF heeltemal te ver gegaan en is daar min twyfel in my gemoed dat hulle nié die oorgrote meerderheid van die Suid-Afrikaanse publiek se siening weerspieël nie,” het Van der Bijl saamgevat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Leana ·

Uhm ja, daar is baie wat mens kan sê maar ek weerhou my maar liewer daarvan. Vreeslike koddige ou mannetjie nê?

Lana ·

Ja, koddig. Die bril pas hom glad nie. Dit spreek van kolonialisme.

Andreas ·

Hierdie ‘arme, arme’ mense het nie ‘n idee waaroor dit gaan nie, jy kan hom die waarheid oor en oor vertel, oor en oor laat lees, maar dit pas hom en sy ideologie nie, sy volgelinge wil nie die waarheid hoor nie, want dit beteken hulle moet of bes gee, of hul leier moet met nuwe verreikende idees vorendag kom, dit egter het hul leier nie in hom nie, maar eendag lees hul kinders dit wat in die geskiedenis opgeteken staan.

https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/onteiening-disrupted-land-en-die-irv/

Wielspore ·

BLF versprei propaganda teen vergoeding, die doel is om woede en vrees onder die mense te begin en slaag gedeeltelik daarin. Die meeste van hulle protesoptrede gaan gepaard met geweld en opsweping van mense teen hul eie wil.
Die mnr se leefstyl is nie volhoudbaar want in 95% van sy allerdaagse optredes is hy net soos ek en jy, koop by dieselfde winkels, ry motors op dieselfde paaie.
Het jy al stroopm op geswem, aan die begin lyk jy goed en dapper, nou-nou dryf jy saam met die opdrifsels in die stroom af, uitgeput.
My pa het altyd verwys na ‘n eenman vertoning, solank mense daarna kyk vol hy goed, as hy toeskouers loop is hy alleen.

HOBBO ·

Stukkie insig…….mooit nooit mer n dwaas in gesprek tree nie. Hy is en sal altyd onbeholpe bly ?

Blikke ·

Stem saam Hobbo….n mens antwoord nie n SOT op sy SOTHEID nie!!!

Penellope Jones ·

Wel, hy moet daarby hou anders kan dit gesien word as erkenning en dit sal hy mos nou nie doen nie. . . . .

Maro ·

Hulle mors net almal se tyd. Die goed wat hulle kwytraak is bloot net dwaasheid. BLF kry heeltemal te veel aandag in die nuus. Hy hoort nerens in die politiek nie.

ZAR ·

Ek is min gepla oor wat hierdie mense sê of dink. Maar. Dan moet ons ook kan sê en dink wat ons wil sonder tronkstraf.

Andreas ·

Elkeen moet grond hê, op die grond moet daar ‘n haan en ‘n mishoop wees.

willem Botha ·

My oupa het altyd gesê you cannot argue with a fool because he will drag you down to his level and then beat you with experience.

Cornelia ·

In beginsel moet Solidariteit en belanghebbende sleutel organisasies egter die “gelykheidshof” op die proef stel rakende sy “demokratiese” rol en die relevantheid van sy politieke doelwit. As ons die aard van die “vuurspuwende – drake sprake” sou oorsien, mag dit dalk net as ‘n stille aanvaarding van sulke verwronge uitlatings gesien word. Andile, Maasdorp, Malema en ander draers van doodspraak, vind verligting in haatspraak. In werklikheid besmeer hulle net hulself tot daar waar dit nie meer sin maak nie.

Koos ·

Gemeet aan die OVK se basiese normes en standaard vereistes gestel vir party aansoeke om aan verkiesings te kan deel neem in die RSA, behoort die BLF glad nie kwalifiseer om as ‘n party te registreer nie.

Só, op grond waarvan het die OVK dan die BLF as politieke party geregistreer as hulle nie hou by hulle eie bepalings en regulasies nie?

Kan iemand asseblief meer inligting hieroor verskaf of uitbrei oor die redes waarom sulke blatante rassistiese gedrag en uitsprake deur ‘n politieke party, enigsins verduur behoort te word in enige demokratiese opset?

Johanna ·

Soos hulle sal sê Meng jou met die semels en die varke vreet jou!!

MJ ·

Waar sou die land gewees het as die nuwe regering 25 jaar gelede net voort gebou het op dit wat die ou regering vir hul daar gelaat het? Hoe sou swart mense se pyn vandag gelyk het as daar vir hulle in die afgelope 25 jaar gesorg was deur werkskepping, behuising, behoorlike skoolopleiding ens?
Ek wonder…

Melanie ·

The masses will always be prepared to defend their most prized possession, their ignorance.

Leonard ·

Hulle mag mos se en doen net wat hulle wil hulle velle is mos swart. Dis mos net wit mense wat rassisties is hy sal sy dag kry saam malema

LS ·

Andy ou seun, kom die oom nooi jou vir n uitstappie net ek en jy alleen dan herhaal jy gou bietjie jou uitlatings, kom ons kyk of jou bek nog so groot gaan wees as jy alleen is.

Leeutjie ·

LS moet net nie jou rug op hom draai nie….hulle kom van agter af!!!

Alma ·

Hy haat die “westerse” dinge tog so baie, maar kan hy sonder sy luukshede klaarkom? Hoekom gaan kry hy nie vir hom n donkie om op te ry en n beesvelletjie om aan te trek nie, niemand dwing hom om “ons” westerse (wit) maniere aan te hang nie.

Petto ·

Ag asseblief maroela hou op oor sy snol skryf,hy soek aandag en jul gee hom dit.

Spike ·

Wanneer jy dood is weet jy dit nie, maar ander weet dit. Dieselfde met onnosel.

N stukkie grond ·

Ek het navorsing gedoen op my familie en dit het uitgekom dat ons stam vader se moeder n nie blanke was. Kan ek maar my stukkie grond ook op eis.

Hannetjie ·

Org…dit slaan my ook dronk! As ek of enige ander witmens(whites) daardie tipe uitlatings gemaak het.. was ons summier verwyder uit die samelewing.Waarom kom hy daarmee weg?

waarheid ·

Spike, ek lag so lekker – dit is so waar!!
Gee vir die skepsel ‘n sakkie grond sodat hy dit orals met hom kan saamsleep…

Jerry ·

Anton v d Bijl, die aanname wat jy maak dat die BLF se sienings van die pyn oor witbevoorregting en dat swartmense daarom nie rassiste kan wees nie, nie die meerderheid se siening weerspieel nie, is presies net dit, n aanname. Jy sal eendag nog besef hoe verkeerd jou aanname was. Dit was nog nooit deel van swartmense se menswees om te praat nie, maar wanneer die geleentheid homself voordoen, dan wys hulle dade dit waaroor hulle nie praat nie. Die politieke partye doen die praatwerk namens swartmense en die BLF en EFF maak uitsprake wat die ANC graag ook sou wou maak, maar agv die beeld wat hulle as regering moet uitdra vir beleggings en buitelandse investering, n wag voor hulle monde moet plaas. Duidelik het jy nie n benul van hoe kolonialisme en apartheid die psige van alle swartmense vertrap en verneder het nie! Ek se weer dat dit wat reg en goed was vir witmense, was verkeerd en sleg vir swartmense en wat vandag reg en goed is vir swartmense is noodwendig verkeerd en sleg vir witmense omrede dit “payback time” is. Hoekom se die ANC nie vir die wereld dat hulle NDR programme gebaseer is op “reverse discrimination” teen witmense, want hulle hoef dit nie te se nie, almal weet dit en almal het aanvaar dat dit sal die Afrikaner se lot wees, behalwe natuurlik die Afrikaner self wat sukkel om te sien dat die skrif al n geruime tyd teen die muur is!

Dries Moolman ·

My vraag is: hoe op hierdie aarde hulle toegelaat kan word om aan die verkiesing deel te neem, terwyl hulle aksies en woorde teen die IEC se ‘reels’ is? Is daar rerig geen hoop meer oor vir hierdie land nie?

Michael ·

Dries ek vra ook “is daar regtig nie meer hoop nie”Daar is nie te veel skade aangerig en die ANC sien hoe daar elke dag net nog en nog skade aangerig word .Vir n regering om toe te laat dat n party soos die blf aan n verkiesing deel te neem se vir jou waarvan die ANC aanmekaar gesit is

Gert van Wierdapark ·

Die Spektakel en sy Bfl is nutteloos en vol gaatjies!

KL ·

@Ou Andile, en hy moet nie vergeet dat daar BAIE meer taxis op die pad is nie

barend ·

ou toilet met nuwe vensters,gewoontlik dra hulle tog sonbrille ,dan lyk hulle nes vrugte torre

GM ·

Jerry, so jy voel dis reg om mense te straf wat niks met apartheid te doen gehad het nie? En daarna straf dié groepie weer die ander groepie, en so hou dit aan en aan. Slim hoor. Dalk moet die ware Geskiedenis ook net aan die jongklomp vertel word en nie net dele wat vir jul tel nie.
Dis darem maar gerieflik hoe daar van soveel dinge gebruik gemaak kan word wat die witman tot stand gebring het, terwyl hul so gehaat word, hoekom nie dit ook afbrand nie? Dan kan almal saam oor begin – dan is als mos gelyk. Of hoe?
En hoekom die witman se belastinggeld aanvaar? Ek sou skaamkry as die man wie ek haat, my moes versorg.

Bietjie baie ·

Ek kies vandag om Andile Mngxitama vry te spreek en te vergewe vir al die haatdraende goed wat hy uitspreek teen Blanke mense. Ek doen dit opgrond van Jesus Christus wat my vergewe het en ons blankes wat swart mense sleg behandel het ook sal vergewe.
iewers in Andile se lewe moes hy en sy familie baie sleg behandel gewees het deur blanke mense, daarom het hy soveel bitterheid teenoor ons.
Ek het al gesien wat vergifnis aan mense doen en ek bid vandag dat Andile Mngxitama vry sal kom van daardie bitterheid en ook blankes sal vergewe. Nie almal van ons is skuldig aan rassisme nie, en so ook is nie alle swart mense skuldig aan rassisme nie.

Michael ·

Bietjie baie. Dit is sulke mooi woorde daai , maar onthou Andlle Mngxitama en sy trawante is n terroriste party niks het eintlik met hulle gebeur nie toe hulle groot word het mense soos die Malemas nonsens in hul koppe gepraat waar was hulle dan in 1994 /96/99 ens. Onthou ek sal dit weer se hierdie mense hou nie van werk nie So politiek is n maklike uitweg maar hulle het aandag nodig dit is hoekom hulle doen wat hulle doen.

Se maar net ·

So Pennie Sparrow het ook nie vryheid van spraak gehad nie, maar BLF mag vryheid van spraak he. Andile het selfs gese dat sikloon Idai die wit mense se skuld is. Was in n koerant gewees waar hy hierdie belaglike aanmerkings gemaak het.

Dis net jammer hulle word nie aangekla vir crimen injuria nie, maar laat dit nou wit mense is dan word ons al die volgende dag in die hof swaar beboet.

Oe eh eh, die regstel darem.

Peterson ·

Eks WIT, en ek is TROTS WIT! Niemand gaan my laat skuldig voel omdat ons weet hoe om te werk en op te bou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.