BLF: “Ons vertrou geen wit mens nie”

Andile Mngxitama. Foto: Skermskoot/kykNET-video

Die Black First Land First-groep (BLF) het Donderdag buite die Johannesburgse hooggeregshof laat hoor hulle meen die uitkoms van hul saak is nou in ʼn wit regter se hande, en hulle vertrou hom nie.

“Teen 12:00 môre [Vrydag] sal ʼn wit regter uitspraak lewer. Hy kom net soos alle wit mense uit ʼn raamwerk wat glo dat sy witheid eerste moet kom. Ons vertrou nie enige wit mens nie,” het Andile Mngxitama, leier van BLF gesê.

Dié hof het vroeër ʼn dringende aansoek deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) en ander joernaliste vir ʼn interdik aangehoor. Dié interdik is om te verhoed dat BLF die joernaliste teister, intimideer, aanrand of dreig. Dit is veral joernaliste wat oor die staatskaping berig lewer.

Mngxitama het ook uitgevaar teen verskeie mediahuise, insluitend Naspers, en Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, ʼn “house negro” genoem.

Regter Corrie van der Westhuizen het vroeër gesê hy is tevrede met die aansoek en dat die saak met dringendheid aangehoor moet word. Uitspraak word Vrydag verwag.

Tydens die hofverrigtinge het Thembeka Ngcukaitobi, Sanef se regsverteenwoordiger, Van der Westhuizen versoek om ʼn hofbevel uit te reik dat BLF nie meer die joernaliste mag intimideer nie, dat BLF al hul vorige verklarings op sosiale media moet terugtrek en dat hulle verantwoordelik moet wees vir die regskostes. BFL-lede het gelag toe dié versoek gerig is.

Mahlatse Gallens, voorsitter van Sanef, het gesê hulle glo die uitspraak sal in hul guns wees. “Ons is hier, want ons wil die gereg eer. Wat ons nou gesien het, is die teistering van joernaliste wat eintlik net hul werk doen soos dit in die Grondwet vervat is.”

Gallens het bygevoeg daar is niks verkeerd met betogings nie, omdat dit deel is van die land se demokrasie en deur die wet beskerm word. “As jy wil betoog, gaan polisie toe en vra toestemming. Maar om na mense se huise toe te gaan en joernaliste aan te rand is ʼn kriminele oortreding. Ons wil hê BLF en die hof moet las die optogte mag nie gewelddadig wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Therese van Schalkwyk ·

Niels Posthumus, joernalis van die Nederlandse koerant “Trouw”, skryf in ‘n artikel getiteld “Witte Zuid-Afrikanen voeren al eeuwen oorlog tegen ons … “, oor sy onderhoud met Zanele Lwana (26) van BLF.
Posthumus voer die onderhoud in Suid-Afrika en vertel o.a. hoe verbaas BLF-lede was dat hy dit gewaag het om as ‘n wit persoon in hul kantore in te stap aangesien “wit mense hul vyande” is.
Hoe kenmerkend van ons stamlande dat hul joernaliste die moeite doen om met ‘n openlik rassistiese organisasie kontak te maak, terwyl hulle nie juis oor hul voete val om oor die wel en weë van wit Suid-Afrikaners te skryf nie.

Tilla ·

Dit is vir my so interessant. Ons hoor alewig wit mense dit en witmense dat – wanneer vee hierdie mense voor hulle eie deure en kry end met hierdie soort haatspraak ens en probeer dat ons ‘n beter lewe vir een en almal kan probeer bewerkstellig

So maak mens ·

My mede suid afrikaners wat gaan ons maak??eks hopeloos

Bella Bok ·

Wonderlik! Dink die mannetjie dit pla ons wat sy opinie is?

FrenchPeteers ·

Die rasisme in die land ruk nou hand uit. Ons moet ophou dreig met oorlog voering (wat ons in elk geval net 100 tree teurg gaan laat beweeg) en ons moet ophou kla. Ons moet dringend met hierdie mense om die tafel begin sit en ons toekoms vorentoe saam beplan. Vergeet vir ‘n oomblik van jou besittings meneer en dink aan jou kinders se toekoms in die land. Ons kla net, maar nerens neem ons die vrymoedigheid om op die regte manier hierdie saak aan te pak.

Arend ·

French: gee vir jouself genoeg tyd vir jou onderhandelings, dan kom jy terug en vertel vir ons wat jy uitgerig het …..

Werner ·

French Piet Retief en Pienk Frikkie de Klerk het dit probeer en kyk wat het dit tot stand gebring jy droom drome jy kan nie met sulke mense onderhandel nie

Rerig ·

Rerig wit dink nie ons most eerste kom nie ons glo net gelyke regte beteken wat geld vir my geld vir jou how moeilik kan dit wees

De Villiers ·

So, wat BLF eintlik sê is dat hulle ‘n swart regter verkies wat in hul belange eerder gaan vooropstel as die blankes s’n. Same difference. Nee wat, ek dink nie eens die BLF het vertroue in hulself nie.

Catryn ·

@De Villiers stem saam jou ; eintlik die wat so AANGAAN soos ‘n gramofoonplaat oor blankes is net obsessief oor blankes en dit sluit hulle almal in wat die blankes haat; selfs die verligte liberale blankes is obsessief oor blankes en wat hulle bereik het

Weet nie hoekom hulle enigsins moeite doen met hofsake oor blankes nie; is hofsake nie maar ook koloniaal nie?

marous ·

Dit lyk of dit wat uit sy mond kom dieselfde samestelling het as wat hy in Kaapstad se lughawe vir protes aangewend het.

Annette Stander ·

Die gevoel is wederkerig. Ons sit met ‘n swart regering wat jy nie kan vertrou nie

De Villiers ·

So, wat BLF eintlik sê, is dat indien ‘n swart regter die uitspraak moet lewer, hulle belange belangriker geag gaan word as Sanef s’n. So wat is die verskil? Ek dink BLF vertrou hulself nie eens nie.
Ek stel ook voor BLF gaan doen ook ‘n bietjie navorsing oor die geskiedenis van die land sodat hulle tot die besef kom dat hulle nie die eerste bewoners van Suid Afrika was nie, wel die San. Dan sal hulle dalk besef dat alle grond in die verlede deur blankes wettig bekom is, en dat BLF eintlik dan geen eise het nie, en moet ophou met hul aksies.

Anoniem ·

Ag Shame! Wat weet hy van die “struggle” Hy het dan self die EFF gekritiseer ( Julius Malema). en was uitgeskop. Soek seker nou aalmoese van politici vir sy eie finansiele gewin.

SUSAN ·

Het erens gelees die Guptas betaal hulle. Het ook gelees die e-posse wat gelek het vertel dat die Guptas ‘n swart werknemer ‘n “monkey” genoem. Wonder wat sê hy daarvan of is die geld belangriker?

Greg ·

Nee wragtig, die mentaliteit van sulke persone laat mens stom. Na 23 jaar van demokrasie het ons in der waarheid nie veel vordering gemaak. Dis nie dat die BLF ‘n anderskleurige regter nie kan vertrou nie, dis omdat HUL NIE WIL NIE. Ek voel met tye die vlak van rassehaat en ontevredenheid met mekaar is hoër as ooit tevore. Voordat verdraagsaamheid nie geskied, gaan ons nêrens heen.

Donovan ·

Die man wag seker vir daai regter wat haat spraak as kuns verklaar het… miskien moet hulle net by die verkeerde joernalis se huis gaan kuier en n paar lood pille sluk… gewoonlik is die nerf nie deel van die gespuis wat by jou huis op daag nie… hulle bekke is groot en kruip gewoonlik agter die massas weg… nes daai tamatie plaas werker met sy rooi overhaul… Ek kan nie glo dat daar n mens is met so min IK nie…

F ·

As ek so iets kwyt geraak het was ek Hof toe gesleep…. wie gaan dit asb doen? Ons kan dit nie daar los nie SA

jimmy Davis ·

Gaan hulle die uitspraak respekteer? Dink nie so nie..nie eers die regering van die dag steur hulle aan hofuitsprake nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek vertrou niemand wat nie soos ek lyk nie. Kom kyk na al die kamera’s in my huis sodat ek kan sien wie ek kan of nie kan vertrou nie. Moet se, vandat ek die kamera’s het het almal anders as wat soos ek lyk padgegee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.