BLF-oorname by Sodwana-lodge betwis

Sodwana is ‘n gewilde toerismebestemming. (Foto: Dave Gilbert/Facebook)

ʼn Bittere twis woed oënskynlik tussen lede van Black First Land First (BLF) en die restaurant-eienaar en hotel by die Sodwana Bay Lodge.

Lede van die BLF het verlede Vrydag beheer van die restaurant en hotel oorgeneem, nadat hulle aangevoer het dat hulle ʼn huurooreenkoms daarvoor met die plaaslike stamowerheid aangegaan het. Lede van die BLF beset ook die afgelope week die hotelkamers.

Maroela Media verneem die bestaande eienaar van die restaurant bedryf dit al sowat 20 jaar lank en het hom tot die hof gewend om die nuwe huurooreenkoms te betwis. Die saak word volgende maand aangehoor.

Andile Mngxitama, leier van die BLF, het Vrydag gesê daar is verlede Saterdag met die “sogenaamde eienaars” van die restaurant vergader en dié kon nie bewys van eienaarskap of ʼn huurooreenkoms lewer nie.

Mngxitama voer aan die huurooreenkoms is met die stamowerheid aangegaan en onderteken. Hy kon nie dadelik die naam van die owerheid verstrek nie en sê dat hy nie regstreeks by die optrede betrokke is nie, maar dat die BLF dit ten volle steun.

Mngxitama het ook onderneem om die nuwe huuroorenkoms te verskaf. Maroela Media het dit in hierdie stadium nog nie ontvang nie.

Die brief aan besoekers is wyd op sosialemediaplatforms gedeel.

Hy sê hy het ook verneem dat ʼn hooggeregshofbevel bekom is wat die BLF-lede verbied om sake by die lodge te ontwrig, maar dat hy dit ook nog nie onder oë gehad het nie.

“Die bevel is irrelevant. Ons is nie daar om enigiets te ontwrig nie. Ons bedryf ʼn onderneming,” sê Mngxitama.

“Die grondeienaar is die stamowerheid. Ons is moeg dat mense van Nederland ons teister. Hulle is nie eienaars nie, hulle is diewe. Hulle het geen reg op grond of eiendom nie. Hulle treiter ons en moet teruggaan Nederland toe,” sê hy.

ʼn Brief wat die bestuurder van Sodwana Bay Lodge aan besoekers gestuur het, is intussen wyd versprei. Dit lui dat die plaaslike stamowerheid die oorname van Coral Coast, die hotel en restaurant aan BLF oorgegee het en het reeds talle bekommerde boodskappe tot gevolg gehad.

Herman Combrinck, bestuurder van Sodwana Bay Lodge, het by navraag gesê lede van die BLF het wél die bestuur van die hotel en restaurant oorgeneem, maar die situasie is in hierdie stadium rustig.

“Ons is elke dag hier en alles gaan voort,” sê Combrinck.

Die tyddeelgedeelte van die lodge word in hierdie stadium nie geraak nie.

ʼn Boodskap op Sodwana Bay Lodge se Facebook-blad lui dat daar “geen rede tot paniek of bekommernis is nie”.

Verskeie besoekers het egter verlede naweek, ná die oorname, glo besluit om eerder die oord te verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Janee ·

Kom ons wag en kyk of die lodge na twee maande nog sal “staan”…….

MakersMark ·

Sal die lodge afbreek en langsaan 20 plakkershutte bou.

Loeloe ·

Baie van die grond in Natal word uitgehuur, oa die myne daar. Gaan hulle nou dit als ook net oorneem?

Stofdonkie ·

Nee, hulle sal net die plekke oorneem waar hulle gemaklik kan plak. Hulle kan niks opbou nie en moet dus alles vat wat reeds gebou is en dit dan net beset.

Nie Verbaas ·

Die geagte ou landgenote wil net vat. Dit sal in elk geval binne n kort tyd verwoes wees want hulle kan nie eers n vuurhoudjie boksie oordentlik bedryf en in stand hou nie.

Dup ·

Kan jy nou meer…..so gaan hulle nog by ander eiendomme ook net opdaag en oorvat.Hulle kan nie eers ñ kruiwa “bestuur”, so wat nog van ñ vakansieoord.

MrMagic ·

En ek dink nog die heeltyd BLF staan vir “Black Label Fundies”

ouma1 ·

Hul gaan in elk geval nie betaal vir die huurooreenkoms nie, en oor n paar maande is die lodge afgebreek en shacks opgerig. So daar gaan die stamowerheid se ching ching.

Bennie ·

Nou wat nou nog wag …as dit myne was brand ek dit af en stoot als op n hoop…hull soek mos net die grond wie het die Hotel gebou? stamhoofde huur mos net grond uit..

Werner ·

En dit is presies wat met die plase en ander eiendom gaan gebeur

Aai ·

Totsiens Sodwana was gewees.Die mense wat die plek ondersteun sal nie meer gaan as BLF enige iets daar beheer.

MakersMark ·

Ongelukkig sal die mentaliteit nooit verander nie. Te onbevoeg om enige waarde of welvaart te skep maar meer as bereik om dit wat die mense van Nederland in ‘n wildernis kom opbou het te vat. In die naam van die land behoort aan hulle. Niks anders as diefstal nie. Wonder hoe sal die plekkie lyk as al die mense van Nederland padgee saam met hul belasting bydrae en ondernemingsgees, tegnologie, logika, wette en die bietjie “governance” wat nog oor is ?

Boerkind ·

Sover die geskiedenis aangaan, was daar nie in 1652 swartstamme suid van die ewenaar nie… Ons sal op ‘n stadium moet kyk wie regtig moet terug gaan….

Keelvol ·

Ons moet maar mense aftaai om by die Sodwana Lodge te gaan bly. Laat dit ten gronde gaan.

Mariana ·

Nog ‘,n besigheid gedoem. Terroriste het oorgeneem. Feit is hulle word toegelaat. Hoe lank voor hulle vir Combrinck daar uitwerk. Hulle vat ook net besighede wat bestaan maak….dan verwoes hulle dit tot niks.

Samuel ·

Wat weet die geagte lede van die BLF van hotel bestuur en die hele gasvryheidsbedryf? Hulle gaan wel alles opneuk. Dit is verseker.

Niklaas ·

Dis nou diefstal helder oordag. Daar is beslis potieke motiewe ook wat hieragter skuil. Publisiteit en aandag kry. Daar gaan my lekker tyddeel week.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.