BLF-president verkla oor ‘haatspraak’

Andile Mngxitama het gewaarsku as Johann Rupert die taxibedryf op die EFF loslaat, sal hulle vyf wit mense doodmaak vir elke swart mens wat sterf.

Minstens twee organisasies het reeds aangedui hulle wil ʼn amptelike klag teen die president van Black First Land First (BLF) indien weens sy beweerde rassistiese uitlatings op ʼn saamtrek van dié organisasie in Potchefstroom waar hul verkiesingsveldtog bekendgestel is.

Andile Mngxitama het Saterdag na aanleiding van die sakemagnaat Johann Rupert se dreigement om die taxibedryf te mobiliseer om hom teen die EFF se dreigemente te beskerm, gesê vir elke swart mens wat in so ʼn konflik sterf, sal sy party “vyf wit mense doodmaak”.

“Johann Rupert, dis in die haak,” het Mngxitama in dié omstrede toespraak gesê. “Betaal die taxibedryfbase. Maar dis hoe dit is: Vir elke mens wat deur die taxibedryf doodgemaak word, sal ons vyf wit mense doodmaak.”

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, beplan om Dinsdagoggend om 11:00 ʼn klag teen Mngxitama by die Potchefstroomse polisiestasie in te dien.

AfriForum het intussen sy regspan opdrag gegee om hofstukke op te stel om Mngxitama by die gelykheidshof van haatspraak aan te kla. Die organisasie versoek ook ’n bevinding deur die hof dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ondersoek moet instel om Mngxitama strafregtelik te vervolg.

Mngxitama se uitlatings is blatante haatspraak.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê Mngxitama se uitlatings is “blatante haatspraak en aanhitsing van geweld” en onderneem hulle sal “dit met die nodige erns beveg”.

In die hofstukke vra AfriForum voorts dat Mngxitama beveel word om R500 000 aan ’n organisasie te betaal wat dit daarvoor beywer om haatspraak te beveg.

Roets sê hul hofstukke behoort teen môre by die gelykheidshof geliasseer te word.

Zanele Lwana, BLF-woordvoerder, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê dit was Rupert, nie hulle nie, wat rassehaat aangeblaas het toe hy gesê het hy sal “die taxibedryf loslaat op die EFF” om hom teen dié party te beskerm omdat hy kwansuis dié bedryf beheer. “Ons het bloot op sy uitlatings gereageer,” sê Lwana.

“Ons sal nie toelaat dat [Rupert] swart mense gebruik om ons aan te val nie. Ons sal nie swart mense aanval nie, maar onsself verdedig teen die wit mense wat hulle stuur om ons aan te val.”

Die Menseregtekommissie se woordvoerder was ondanks talle pogings nog nie beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johnnie ·

Nou wat gaan nou eindlik met die BlafLawaaiFlaffie gebeur net mooi niks nie want hulle is mos swart en kan maak en se net wat hulle wil.

Staak saam ·

Met Malema sal niks gebeur nie want hy doen voetwerk vir die ANC en toets die waters, maar hierdie een, hulle gaan sy strot uitruk as voorbeeld dat rassisme nie geduld sal word nie, wat n mooi voorbeeld gaan dit net nie die wereld in stuur nie.

Merk my woorde!

Joe ·

Ek dink jy is soos in helemal verkeerd! Rassisme gaan net eenkant toe, en dis nie in voordeel vir blankes nie. Die storie gaan ook net doodloop en niks weer van hoor nie, en al gebeur iets, die oningeligtes het reeds dit gehoor, en gaan dit uitvoer. Nes plaasmoorde.

RG ·

Presies Joe. Verstaan nie waarom dit so moeilik is vir mense om dit te begryp nie en geen hofsaak gaan hul keer nie.

Thinus Erasmus ·

Die “menseregte’ kommissie sal nie kommentaar lewer nie – die knop in hul kele is nog te groot. (van lekkerkry)

Komaan ·

MENSEREGTEKOMMISSIE SE WOORDVOERDER KRUIP WEG WANT DI E oortreder is nie WIT NIE, as dit ‘n Sannie of JANNIE was was hy vandag in die hof en more in die tronk . maar o wee die MENSEREGTEKOMMISSIE is ‘n groot grap en so liberaal soos wat kan kom … BEWYS MY VERKEERD.

Hoc est bellum ·

Hy kry te veel publisiteit en hoe meer aandag hy kry, hoe meer uitdagend en belaglik gaan sy opmerkings word. Ek neem nie alles wat hy sê met ‘n knippie sout nie, maar ek neem aan hy gaan te lafhartig wees om die “aanvalle” te lei. Ek wonder net wie skryf sy toesprake vir hom.

Anoniem ·

Gee hom aan by die Wêreldhof in Den Haag sodat hulle druk op die regering kan uitoefen oor sulke goed, en sommer vir die toekoms ook!

Jean ·

Narre…hul het nog nooit en sal nooit vie wit Suid-Afrikaners in die bresse tree nie.

Anoniem nr ·

Stem heelhartig saam met Anoniem en Komaan.
Albei van julle kon dit nie beter stel en is presies wat gaan gebeur.
Omdat NIE ‘n Annie of Kosie is nie gaan dit net so verbygaan anders was beide name oombliklik verhoor en in die tronk. Maar omdat andersom word daar GEEN woord van die heersende Regering of ANC geuiter nie.
Wat geld vir die een geld ongelukkig nie vir die ‘ander’ nie!!!
En so gaan dit met ALLES in hierdie eens wonderlike land van ons.

Elba Niemandt ·

Ek het al verskeie versoeke gerig aan Afriforum en VF om hulle by die wereldhof te verkla maar dit lyk of niemand luister of belangstel nie.

Outop ·

Hoekom publiseer Maroela nie alles wat hy te se gehad het oor die wit mense nie?

Jean ·

Raai-raai…die DA is nie een van daardie twee organisasies nie?!!

Geregtigheid ·

Hierdie blatante rassisme en uiterste haatspraak moet end kry. Ag nou ja, vir sekere mense geld sekere reels en hulle kan doen wat hulle wil. Hy moet krimineel vervolg word. Indien n wit persoon dit durf waag slaap hy dieselfde aand al in die tronk. Nuwe Suid Afrika ?????

Willehond ·

Dis reg! Kom maar! Ons wag vir julle dit gaan n fees wees. Ons is nou moeg vir hierdie nonsens!

Hoc est bellum ·

BLF = Gun Free South Africa. Ons mag nie onsself verdedig nie. Ha! Ha!

Karl ·

Niks gaan hier gebeur nie, en al word hy oor die vingers getik, is dit te laat, die ANC,EFF het al jare terug plaasmoorde goed gekeer, en dan na die tyd gese “ons bedoel dit nie letterlik nie” maar die massas wat die partye volg het reeds gehoor “kill the boer” , “kill the white man” hul gaan voort met dit. Die gaan soos die studente wat “f…whites” hemde gedra het, niks van gebeur nie.

barend ·

ek het in die 1980 hulle sort gejag in angola ,ek is nie bang nie .min dae

zoom zoom ·

Barend.
Ek het al in 1973 in Angola begin om sulkes te jag. Nee hy praat maklik. Ek het tyd en geduld sal wag vir hom. Hy praat homself moed in want hy weet hy self beteken niks

Mrs H ·

Dis vooraf meditering van moord wat teen die wet is. Ruperd het niks van dood maak gese nie, maar wel van beskerming. Wat is rasisties? BLF uiter “wit/swart/moord” in dieselfde sin., as dit nie rasisties en mediterende moord is nie, wat is dit….Born Stupid?

Bamsie ·

Of as n Sannie of Jannie gese het hy tree soos n aap op was daar GROOT moeilikheid.

Bamsie ·

As n Sannie of Jannie gese het hy tree soos n aap op was daar GROOT moeilikheid.

Ena van Rooyen ·

Want Maroela Media is of aan die slaap of eensydig! DA het die 10de al media verklaring gemaak dat hulle hom aangee.
(Baie verkorte weergawe)
The DA will be reporting Andile Mngxitama to the South African Human Rights Commission (SAHRC) and the Equality Court in terms of the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act (PEPUDA) for comments in which he incites violence .

South Africa belongs to all who live in it. There is no place for race-based incitement of violence and those who engage in hate speech should be investigated and prosecuted with the full might of the law. We cannot turn a blind eye to or diminish the seriousness of Mngxitama’s naked racism, hate speech and incitement.
The DA will continue to fight for the rights of all South Africans – black and white. We are the only party that will build One South Africa for All and bring the much-needed change South Africans so desperately deserve.
Media Enquiries
Solly Malatsi MP
DA National Spokesperson083 943 1449

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.