BLF skuldig aan minagting van die hof

Andile Mngxitama. Foto: ANA

Black First Land First (BLF) en die organisasie  se leier, Andile Mngxitama, is aan minagting van die hof skuldig bevind.

Die hof het gelas dat BLF en Mngxitama ʼn hofinterdik, wat hulle onder meer verhoed om joernaliste te intimideer, oortree en geminag het. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het ‘n aansoek gebring dat Mngxitama in hegtenis geneem word en 90 dae se tronkstraf opgelê word as hy die hofbevel weer minag.

Die hof het gelas dat Mngxitama in hegtenis geneem sal word indien hy aanhou om joernaliste te dreig en te teister. Sanef het op 7 Julie die interdik teen BLF en Mngxitama bekom.

Sanef het die nuwe aansoek gebring nadat Mngxitama en BLF-lede ’n amaBhungane-geleentheid ontwrig het waarop die gelekte Gupta-e-posse bespreek is.

AfriSake het die uitspraak verwelkom. “Die hof het weereens bewys dat geen persoon bo die reg verhewe is nie en dat wetsgehoorsaamheid tesame met die oppergesag van die reg moet seëvier,” het Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidsregsadvieseenheid, gesê.

As die interdik weer oortree word, sal die BLF en Mgxitama aanspreeklik wees om ʼn boete van R100 000 te betaal. Die bestek van die interdik is ook tot alle joernaliste uitgebrei.

“AfriSake vertrou dat Mgxitama en sy aanhangers die boodskap duidelik ontvang het dat daar geen plek vir ongeoorloofde optrede in Suid-Afrika is nie,” het Castle gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

John ·

Die BLF tree op onder die vleuels van mense wat hoegenaamd niks belangstel in die vooruitgang van SA nie en eie belang eerste stel. Chaos is ons voorland onder hul befondsers se beheer.

Jordaan ·

Hy moet reeds gearresteer word vir minagting. Hofuitsprake word gans te maklik ge-ignoreer.

Alida ·

As Zuma hofbevele ignoreer wat laat julle dink hierdie vent gaan hom daaraan steur.

Jurie ·

As normale landsburger n hofbevel verontagsaam kry hulle nie n 2de kans, wat maak hom beter hy verontagsaam hofbefel doelbewus.

Johan ·

Dis geen wen die nie…hy net weer waarskuwing gekry…hy moes nou 90dae gesit het plus die boete…

anton ·

Andre, soveel keer as wat jy wil, veral as jy nie n blanke is nie.

klug ·

ag tog kom nou hy kry al sy geld by Gupta’s …die wat dit nie weet nie wel verrasing…hy word geborg duer meeste van die Gupta se geld…

BANG JAN SE VROU ·

LOS NOU MAAR DIE STORIE. niks gaan gebeur nie. niks gaan hiervan kom nie.

FM ·

Die andile mannetjie us te groot vir sy skoene. Iemand gaan hom op n dag seermaak en dan gaan hy huil soos n klein seuntjie.Sy mond is so groot omdat hy skuil agter pappa zumpies en die gupties. Mens kan sien hy ly aan n meerderwaardige minderwaardigheidskompleks. Sies tog!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.