BLF steeds op stembrief ná hofaansoek

Andile Mngxitama van BLF. (Foto: Facebook)

Die kieshof in Johannesburg het die Vryheidsfront Plus gelyk gegee dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ‘n fout gemaak het om Black First Land First (BLF) vir die verkiesing te laat registreer, maar geen opdrag is gegee om hul stemme uit die verkiesing te verwyder nie.

Die VF Plus se beswaar teen die registrasie van die BLF berus daarop dat die BLF slegs swart mense as lede toelaat. Dit is teen die beginsel van nie-rassigheid in die Kieswet.

Die VF Plus voer dus aan die BLF is verkeerdelik as politieke party geregistreer en tot die verkiesing toegelaat.

In sy opsomming van die dag se gebeure het die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, gesê die kieshof het die VF Plus gelyk gegee dat die OVK nooit die BLF moes registreer as politieke party nie.

Terselfdertyd het die kieshof slegs gesê dat die OVK die fout moet regstel – nie hoe die fout reggestel moet word nie. Die kieshof het byvoorbeeld nie opdrag gegee dat die BLF van die stembrief verwyder moet word of dat die party se stemme nie getel moet word nie.

Die OVK het vroeër aangevoer dat die land se 60 miljoen stembriewe reeds gedruk is teen ‘n koste van R25 miljoen en dat dit nie nou oorgedoen kan word nie.

Groenewald het gesê dis heeltemal moontlik vir die OVK om die BLF se stemme as ongeldig te verklaar. Die VF Plus sal dus in die volgende dae die OVK se optrede dophou en besluit wat die party se eie optrede sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Laat die stemvee vir die Bfl stem en is dit heel eenvoudig – die stemme tel net nie!! “Finish en Klaar”!

Andreas ·

“Pass the buck”. Hoe dan anders? Heen en weer en heen en weer.

Andreas ·

Ai, die speletjies wat tog so deur die terwilliges gespeel word.

Boerin ·

Wat n grap!! Nee solank hulle die wittes haat sal hulle nie verwyder word nie! Was die skoen aan die ander voet sou die saak nie hof toe gegaan het nie !die OVK sou dadelik n besuit neem!
Almal te bang om te se wat die eintlike regstelling is.

Dries du Toit ·

Indien die opperste rassistiese BLF toegelaat gaan word om aan die verkiesing deel te neem sal dit sonder enige twyfel bewys dat al hierdie mooi dinge wat in ons grondwet staan nie die ink op daai papier werd is nie. Dit sê ook bitter baie dat dit net die VF+ is wat hier die grondwet beskerm. Waar is die DA. Sê gou vir ons Annie

Freek ·

Die howe is ook vir hierdie rassistiese spul versigtig.
Die VF+ verdien respek vir die moed wat hulle aan die dag gelê het deur hirdie spul aan te vat

Cobus ·

Dries nie seker hoekom krap die VF+ met die saak nie dit is duidelik dat die BLF deelneem stemme sal weg trek van die EEF/ANC die DA is slim om nie teveel aktief te wees met die aksie nie.As dit nodig is Kan mens altyd hulle Hof toe sleep maar nie nou nie. Choose when to engage your enemy and the battlreground wisely Later DA later as dit nodig is

Dries du Toit ·

Cobus. Die hof het reeds gevra hoekom het die VF+ so lank gewag. Behalwe vir dit Cobus indien die goed staan sal daai aaklige rassis Andile parlement toe gaan en op my en jou onkostes betaal word. Ek walg aan daai gedagte

Anni ·

Ja sien my party is ni geregisreer ni. WLE, WIT LAND EERSTE.

Johann ·

Slapgatte! Te bang om Wette toe te pas want hey…tog net nie optree teen n kultuur wat hulle self verbly en verjeug in onskuldige blanke kinders se dood nie! VERGEET van stem prosesse en reels! Welkom in die HUIDIGE RSA!

Lerato ·

Toe maak VF myns insiens ‘n groot fout. As BLF stem sal dit die EFF se steun. Verdeel en heers.

Gert ·

Die EFF gaan seker weer terug na hulle huisie toe waar hulle begin het. Iemand moet seker hulle plekke vat.

Gert ·

Dis beter om die BLF in die lig te sien in Parliament as in die donker waar hulle weg kruip. Laat hulle op daai banke sit vir die buiteland om te sien waarvoor hulle staan en druk plaas op die regeerende meerderheid.

marie Gouws ·

BLF SE NAAM IS KLAAR OP DIE KIESERS LYS. DIE OOK KAN DIT SLEGS TOE PLAK! !! DON’T BE DOM!!!!?

Grys ·

En julle dink seker nog steeds ons het n toekoms in die land né ?

Oom Jaco ·

Presies, geen toekoms vir ons hier. Ek gaan stem vir ń party wat WARE selfbeskikking vir mense van europese afkoms (Afrikaners ingesluit) najaag, en dit is NIE VF+ nie…

Sarel ·

As hierdie blf manne ingesluit word is die verskiesing nie vry en regverdig nie.
Die ovk is dan ook nie meer so ovk nie. Dit oorskrei hulle eie wette.
Dit raak al duideliker as daglig wat hulle wil hê.

Stebastiaan ·

Stem saam Sarel die OVK is onder verdenking so of hierdie verkiesing regverdig gaan wees is onwaarskynlik!!!

Manie van Worcester ·

Onthou een ding, as hulle mag se net swart mag lid van party wees kan enige organisasie of kerk of skool of wat ookal weereens se net wit word by my toegelaat. Dit gaan n baie groot turksvy word hierdie. BAIE DANKIE VF, JULLE GEE OM VIR DIE LAND. JULLE HET MY STEM, MORE AAND GAAN EK NA DR MULDER LUISTER. MAN UIT EEN STUK. Nooi almal in Worcester om ook te kom luister na die woorde van n ware leier.

Sarel ·

Dit is volgens die huidige wet wat politieke partye betref.
Daar is geen wet wat kerk en organisasie beperk. Kyk na swart besigheidskamer van gauteng ens. Gaan probeer lid word daar

Foxi ·

En die duiwel met sy trawante seëvier! Maar sy tyd word ook min.

Oom Jaco ·

Presies, geen toekoms vir ons hier. Ek gaan stem vir ń party wat WARE selfbeskikking vir mense van europese afkoms (Afrikaners ingesluit) najaag, en dit is NIE VF+ nie…

Sarel ·

Klag behoort teen die ovk gelê te word nadat hulle willens en wetens hierin opgetree het om blf te registreer. Doelbewus nie die manne se konstitusie beskikbaar gestel op hulle webwerf. Jammer ek hoor wat blf te sê het en hulle verweer is ovk het hulle registreer… waarop ek ook sou steun. Hier is kamma in kamma land.
Grondwethof.

Henry ·

Die OVK het die landswette verbreek. Hulle kan nie vertrou word nie, hulle het hulle eie reëls en wette verontagsaam. Dalk het die OVK klaar al die stemme getel. O gonna maar dit kan mos nie gebeur nie want ons het nog nie gestem nie. Of hoe?? Hulle is dus oneties en kan dan nie vertrou word nie

CallieL ·

Stem Manie. Nou mag wittes mos enige iets stig waar net wit mag wees. Skole, universiteite, selfs Orania. Dit kan werk. Los hulle. Net noem, julle is ysters VF

Donderstorm ·

Nee wat sonder om lelik te wees of negatief te wees hul sal stem en hul stemme sal tel ons weet mos hoe dinge werk in die nuwe SA .

Ella ·

Nou wie kla die OVK aan oor hul nalatigheid.
Kan mens sonder kommer gaan stem as selfs die OVK nie hul werk reg doen.
Ongeag, my stem sal, soos Oom Jaco s’n, gaan na die Party wat my belange op die hart dra, vir wat dit tans werd is.

Anoniem ·

Met hierdie uitspraak sal niemand voortaan ‘n “eksklusiewe” instansie kan verbied nie. Die BLF gaan in ieder geval geen hond haaraf maak nie en is vir alle praktiese doeleindes van nul en gener waarde. Hulle verdeel net die ANC/EFF, so laat hulle stem asseblief.

Judge Dredd ·

Net nog ‘n bewys dat ons nie meer op ons howe kan staatmaak, met so “ons wil nie ‘n besluit neem” uitspraak

Dit is heel eenvoudig – of die OVK druk nuwe stembriewe met die BLF verwyder of die BLF se stemme moet nie getel word.

As dit kamstig te laat is om nuwe stembriewe te druk dan moet BLF stemme nie getel word – En dit is wat die Hof se uitspraak moes gewees het.

Om dit nou vir die OVK wat alreeds duidelik teen sy eie reels opgetree te los beteken waarskynlik dat VF+ nou bereid moet wees om vir die volgende 5 jaar(tot met volgende verkiesing) hierdie proses te beveg – Dit terwyl die BLF 5 jaar in parlement kry.

kolla ·

Dink jy die BLF gaan ‘n setel in die parlement kry? Kort omtrent 50000 stemme. Persoonlik dink ek hulle kan dit dalk maak.

Asmain ·

Die hele verkiesingsproses is n klug! Ons het die naweek in die buiteland gestem. Jou stembrief kom in koevert A wat dan oogevou word en in koevert B gesit word. Op koevert B skryf jy al jou besonderhede en sit dit in n oop, ongeseelde krat wat daar staan. Ek is oortuig al die koevertjies met wit name word uit die krat verwyder en in file 13 gedump!

Wilma ·

Die OVK het mooi geleer by Zim hoe dinge gedoen moet word. Baie bokse met stembriewe gaan hier ook verdwyn.

Owee! ·

Ag asseblief! NIEMAND gaan die BFLF van die verkiesingsdokumente verwyder nie; mark my words! Hy gaan meer stemme as JUJU kry.

Lerato ·

Toe gee die VF+ vir die BLF dringend benodigde reklame. Die een hand was die ander.

Jeanette ·

Gehoor van koalisies! Die resultaat gaan dieselfde wees want EFF en BLF se stemme gaan altyd bymekaar getel word omdat hulle waardes dieselfde is. Beide radikale patye, slegs persoonlike aspirasies wat verhoed dat dit nie een party is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.