BLF: TLU SA dreig met regsaksie teen NVG

Andile Mnxitana, leier van die BLF (September 2019) (Foto: Mia Slabbert)

Die landbou-organisasie TLU SA het Dinsdag gesê hy oorweeg regstappe om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te dwing om bevredigende antwoorde te verskaf oor die vervolging van Andile Mngxitama, leier van Black First Land First (BLF).

Dít hou verband met beweerde uitlatings wat Mngxitama oor wit vroue en kinders in Desember verlede jaar tydens ʼn saamtrek in Potchefstroom in Noordwes gemaak het.

Maroela Media het vroeër berig TLU SA het op 11 Desember 2018 ʼn klag van haatspraak teen Mngxitama by die polisie aanhangig gemaak, nadat hy by ʼn openbare byeenkoms voor ʼn groot gehoor gedreig het om vyf wit mense dood te maak vir elke swart persoon wat doodgemaak word. Hy het voortgegaan om vroue en kinders te dreig: “We will kill their children, we will kill their women, we will kill anything we find on our way”.

Die organisasie het sedertdien herhaaldelik navraag gedoen oor die vordering van die saak teen Mngxitama, maar kry geen antwoord van die NVG nie.

Volgens Louis Meintjes, president van TLU SA, is dit duidelik uit die mees onlangse skrywe aan die NVG in November dat daar steeds geen uitsluitsel is oor wat met die saak aangaan, of selfs wie dit hanteer nie.

“In terme van die Nasionale Vervolgingsgesagwet lê die mag om regsaksies namens die staat in te stel en te onderneem by die NVG. Die staat moet Suid-Afrikaners beskerm teen misdaad, maar faal keer op keer. Dit is hoogs kommerwekkend en skep die idee dat wetsoortreders kan doen wat hulle wil sonder enige gevolge.

“Die werkswyse van die NVG is ʼn skreiende skande en toon die NVG se disrespek vir klaers. Die minste wat die NVG kan doen is om klaers se navrae na behore te antwoord maar selfs dit gebeur nie,” meen Meintjes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ja swaer

Adv Shamila Bathohi. Nou ja uiters doeltreffend ne …

Suzette Geringer

Moenie dreig met regstappe nie – gaan eenvoudig voort met regstappe – want hulle pas net dieselfde tegniek oor en oor toe om alles te laat sloer en vee hulle af aan reëls. Die tyd vir blink lek is lankal verby.

J

Ag dis net nog n “organisasie” wat die blankes dreig, NVG gaan niks NIKS doen nie, sy vel is reg, en dreig die regte velkleur

Anoniem

Hulle is almal kop in een mus gee nie n duit om nie. Nvg useless in alles wat hulle doen.

Michael P

Wat het a Shamila nou al gedoen van dat sy aangestel is NET MOOI NIKS N KADER WAT BAIE GROOT PAY TREK.