BLF vaar uit ná deregistrasie as politieke party

Die organisasie Black First Land First (BLF) sê hy gaan hom nie verder onderwerp aan die “boendoehowe van wit oorheersing” nie en het besluit om nié teen die kieshof se beslissing, dat hy as politieke party gederegistreer word, te appelleer nie.

Die BLF is gederegistreer omdat hy op grond van ras diskrimineer deur nie mense van alle rasse as lede te aanvaar nie. Wit mense mag nie lid van die BLF word nie. Die besluit is Maandag geneem.

“BLF is bewus dat die hele wit establishment vreesbevange is vir die swart agenda wat ons verteenwoordig,” het die organisasie getwiet.

Hy sê dit is die “slegs wittes, politieke organisasie van gronddiewe – die VF Plus”, wat die kwessie gedryf het.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier wat inderdaad die veldtog teen die BLF aangevoor het, het Dinsdag uitgewys dat die VF Plus deurgaans volgehou het dat die BLF wit mense uitsluit. Die BLF se verweer was dat mense van ander rasse ook as swart beskou kan word.

Volgens Groenewald is die deregistrasie van die BLF ʼn oorwinning vir die hele Suid-Afrika omdat dit ʼn oorwinning oor rassehaat en onverdraagsaamheid is, asook vir wet en orde.

Groenewald het gesê dit is nogtans jammer dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) die wet oortree het deur die BLF as party te registreer, want niemand is verhewe bo die wet nie.

Volgens die BLF het die organisasie alle vertroue in die strafregstelsel verloor en meen dat die kieshof, nes die meeste ander howe, openlik vyandig en bevooroordeeld teenoor die BLF is.

“Swart mense weet nou dat dit in Suid-Afrika onwettig is om swart te wees. BLF is ʼn revolusionêre beweging wat sal voortveg tot swart mense waarlik vry is. Grond of die dood,” het die organisasie getwiet.

Die DA het ook die deregistrasie van die BLF verwelkom. “Sedert die party se ontstaan het dit verdeeldheid onder Suid-Afrikaners gesaai, deurdat slegs swart mense lid kon wees van die party,” het Mike Moriarty, DA-hoofsweep in die Gautengse wetgewer gesê. “Daar is geen plek vir so ʼn party of vir politici wat stemme wen deur haar aan te vuur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

James ·

Swart agenda hahaha nout ek lekker gelag. Soos blackouts…

Johnny ·

Baie bly daaroor daar is so baie haat in ons land politiek sal altyd daar wees maar in ons company leef ons sonder politiek en gaan ons as familie wit swart company net vorentoe sonder bribes en word net sterker werk en verhoudings groei elke dag

andre ·

Ai … al die bog wat dié mense sal kwytraak … net om op die SOUTREIN te kom.

Sal ALLES doen vir rykdom BEHALWE om te werk daarvoor.

Nice try! … ha … ha …

Gert van Wierdapark ·

Ag tot, die “grond outjies”wil ook darem net gesien en gehoor word! Ek wonder of hul toe tog vir hulself gestem het.? Die beslissing on hul Nie as par-ty toe te laat nie, is voor die verkiesing geneem. Hul het dus steeds nie grond on op te staan om dit te betwis nie.

Dries Bý ·

Hy moet net dit kalmer vat die revs is te hoog as jy so will operate vat dit kalm .
Anyway is daar nie plek vir aandagsoek op sy vlak nie.

Emma ·

Ja is die anc, blf en eff wat nie vorentoe kan beweeg nie. Ras is net vir hulle te belangrik. Ons op grondvlak voel heeltemal anders teenoor mekaar as wat hulle aanblaas. Kan maar nie oor die wittes kom nie net hul geld is goed genoeg

sweis ·

Ek kan nie verstaan hoekom hierdie rassiste enige media dekking kry net om die bog wat hulle uitdink te versprei en goeie mense onnodig kwaad te maak.

Pieter ·

Hulle moet op hou dryg en kom dat ons die wapens op vat dan gaan jy n ander storie sien ek is moeg vir die siek ANC land

Cecilia ·

Sweis ek dink dit is om ons aandag af te trek van die goed wat regtig saak maak.

Willehond ·

Grond of dood?? Dis die dood my geveerde mede burgers!!!

???? leser ·

begin die blf ook haatspraak kwytraak, GROND of die DOOD, wat se snert is dit

Arjen.M ·

Dis goeie nuus, want soveel boere is al vermoor deur dié, en baie onskuldigde wit mense wat deur hul ewils geteiken was of word. Dankie VF+

Chris Ws ·

Hoeveel stemme het julle gekry BLF? 21,000 ?Ons lag julle uit!Julle slaan jul naam met ‘n bree plank!ha-ha-ha.Julle is ‘n trop narre!

Gert van Wierdapark ·

Volgens News 24 oorweeg die Bfl om nou “ondergronds” te gaan! Dalk is dit waar hul hoort – nader aan die grond en onder die wat tel, se voete uit!

Anoniem ·

Ondergronds…klink baie verdag… wat beteken dit? Plaas Moorde?

Dries Bý ·

Vat jou pie en waai probeer iemand anders met guts ,jy het gesoek vir wat jy nou kry ,BLF moet by n ander boom gaan blaf ,geld raak op.

Dries Bý ·

Dont cry for mee you had your pie.Go and bark up another tree.

Arak ·

Die ironie is, dat daar ‘n hele klomp wit sosialiste op die universiteite is (meestal in die geesteswetenskappe) wat nou nie meer weet vir wie hulle moet stem nie. Vir wie moet Piet Kopdoek nou stem?

Zombie ·

BLF, laat dit maar net terloops val dat julle groot Bok-ondersteuners is en kyk hoe baie ondersteuning julle kan trek.

Eugene ·

Goeie nuus. Jammer die OVK het nie sy eie reëls toegepas nie.

George in Bloem ·

Dit het lank gevat maar toe skielik bars die bubble. Shame. En die “onafhanklike” OVK wat hulle geregistreer het sal vlekkeloos uit hierdie debakel uit loop,silwerskoon. Laat my nogal dink aan die “wonderlike en onpartydige” MRK. Die BLF spul dreig nou om ondergronds te gaan en die wapen op te neem. Wat ‘n tragiese dom onnosele grap is die ou vertraagde spulletjie tog nie. Good luck with that chaps. Let us know how it works out for you…..

Kolskoot ·

BLF = Black Lafaards .
Ondergronds om tereurdade te beplan ons sal sien waar dit julle bring so dankbaar julle is nie in die Parlement nie

Michelle ·

Wees asb simpatiek met die kêrel hy het ‘n identiteitskrisis op groot skaal hy moet groot word daar is baie wat so is jy moet hom eintlik jammer kry. Hy wil die middelpunt wees.

Die uwe, Realiteit ·

Die Engelse het ‘n baie toepaslik uitdrukking: “bunch of loosers”.
As die Eff iemand uitgeskop het is hy erger as onindiensneembaar.

jaco ·

Hoe bly Orania dan voortbestaan? Dis dan net vir wit mense.
Ek hoe bly die Afrikaanse Protestantse Kerk en hulle AP Akademie voortbestaan, want dis ook net oop vir wit mense.

Judge Dredd ·

OVK reels.

APK en Orania neem nie deel as politieke partye.

……..ek sien wat jy probeer doen – dit sal nie slaag nie.

HPV ·

Was hulle ooit ‘n party? Hy en een en ‘n half aanhanger, ons gaan die ou groepie beslis nie mis nie. “One down” nou vir Malema dan begin Suid Afrika gesond word.

grondgryp ·

Gee vir die blf ‘n lepel en ‘n sak grond………………….
Hulle sal lank daaraan kan eet. Hulle sal dit nie kan bewerk nie .

Etta van der Merwe ·

Grondgryp, jy is in die kol. Verseker sal die grond nie bewerk word nie – die leier sal soos ‘n koning leef en ‘n harem bedryf. Ek glo (my mening) dat daar niks anders as slawerny sal plaasvind nie – die leiers trap die nie-belese volgelinge plat vir mag en rykdom. Daarom is dit so maklik om hulle te oortuig – haat die witmens want dit is sy skuld dat julle in hierdie penarie sit. Die krummelpap het op die grond geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.