BLF wil parlement toe

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Die omstrede organisasie Black First Land First (BLF) het nou nie meer sy visier net op grond nie, maar ook op setels in die parlement.

Die organisasie, onder leiding van Andile Mngxitama, sê hy het by die Onafhanklike Verkiesingkommissie (OVK) geregistreer om aan die algemene verkiesing volgende jaar deel te neem. Om dit te kan doen, moet die organisasie egter teen einde Januarie 2019 ʼn deposito van R605 000 aan die OVK betaal – geld wat hy tans nie het nie.

Lindsay Maasdorp, nasionale woordvoerder van BLF, sê in ʼn verklaring die organisasie het ʼn skarebefondsingsveldtog van stapel gestuur om dié bedrag in te samel. Die organisasie doen ʼn beroep op die publiek op geld te skenk sodat die deposito betaal kan word en die BLF setels in die parlement kan wen.

Maasdorp sê indien die BLF tot die parlement verkies word, sal die deposito aan die organisasie terugbetaal word, waarna hulle die geld sal gebruik om ʼn skool op te gradeer en ʼn huis vir ʼn “verdienstelike familie” te bou.

Die skarebefondsingsveldtog word vanoggend amptelik by die Sophunga Primary School in Inanda, KwaZulu-Natal, bekendgestel.

Die BLF en sy president, Mngxitama, is bekend vir omstrede uitsprake en aggressiewe najaag van grondonteiening. Volgens inligting op die organisasie se webtuiste beywer hy homself daarvoor dat swart mense voorkeur moet geniet en dat grond in Suid-Afrika by wit mense afgeneem en aan swart mense “teruggegee” moet word.

“Swart mense is die eerste mense op aarde. Ons swartes het die wit wêreld lewe en beskawing gegee, maar slawerny, kolonialisme en apartheid het die swartes laaste gesit. Ons stel nou hierdie ongeregtigheid reg deur aan te dring op swart eerste!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Ag regtig ·

By ‘n Laerskool bekendgestel??? Gaan die kinders dan nie skool nie? Politiek hoort nie by skole nie

MissDemeanor ·

Klink of hul leierskap se opvoeding ook gestop het by Laerskool. As die eerste mense uit Afrika afkomstig was, dan was dit mos Afrikane wat uit Afrika uit getrek het na Europa, die Midde Ooste, Asië en die Amerikas en daar het hierdie “diaspora” Afrikane se velle ligter geword omdat hul moes aanpas by die minder sonlig (tekort aan vitD). Dus is ons witmense hier in Afrika mos eintlik die nasate van die Afrika oer-ouers van alle mense. Snaaks dat hul nie tot die afleiding kan kom nie, want dit volg logies op hul eerste stelling..,

GAB ·

Nig kinders wil in politiek ingaan. Hulle redeneer soos kinders en dan wil hulle by skole geld in vorder. EFF doen dieselfde. Dink soos kinders, regeer by kinders. Hulle wil net soos n kind alles hê, maar verstaan nie wat dit is om te werk en om dit te verdien en instaand te hou nie

John ·

… was die eerste mense op aarde… G’n wonder hulle wil by ‘n laerskool begin nie… Eintlik moes dit ‘n kleuterskool gewees het. Sit nou mooi stil maatjies: Eendag lank, lank gelede was daar ‘n… Nee wag nou…. Sjjjjt nou… Waar was ek…

Ettienne ·

Die bekommernis is nie waar hy die fonds insameling gaan doen nie…. eerder dat hy in Parlement wil inkom.

Hierde man is baie rasisties en laat Julius soos kleuter seuntjie lyk.

Snowball ·

Dit is pynlik om soveel gekonstipeerde idees van een onbeduidende individu te moet aanhoor; stel jou voor, wat gaan gesê word as dié afstammeling van die eerste aardling die Parlement haal.

waarheid ·

Wonder of hy nie van evolusie praat nie?
Help my asb reg?

B-man ·

Ek wonder wat sal BLF doen as iemand, soos byvoorbeeld AfriForum, vir hulle ‘n aansienlike skenking gee?

Ek is sommer lus en gee geld, net om te sien of hulle die ANC-ondersteuning nog verder kan verdeel.

lisa ·

die man is belaglik. as hierdie man die fondse vind (en hy gaan deur korrupsie) sien ek swaar dae vir Suid Afrika voor.

Theresa ·

Net om te sien wat hy sê, is ‘n bevestiging dat hy die pot mis sit. Om darem nou duisende probeer van ‘n reeds wankelende wal die sloot in te help…

Johan ·

Ek sal nie n sent gee vir enige rassistiese organisasie nie. Punt!

ChrisE ·

Ek is nie ‘n navolger of glo aan evolusie nie. Wat my egter aan die dink laat sit het is ek het iewers gelees dat daar ‘n “reverse” in evolusie is. Soos ek dit verstaan die mense is besig om terug te gaan na sy oorsprong. Party mense se optredes bevestig dit dat evolusie wel plaasgevind het en dat dit nou omgekeer word.

alida ·

Nog ‘n nar wat sy naam met ‘n plank slaan. Hierdie ou is heeltemal van die pad af dan sit ons nog met ‘n minister wat homself ontbloot op sosiale media en hy het net homself te blameer daarvoor. Never a dull moment in SA. Mens kan net lag vir hierdie mense. Hierdie BLF groot meneer en twee kanse om R600 000.00 by ‘n swart laerskool in te vorder. As daardie lekker bank nog oop was het hulle lankal daai geld gehad maar hulle doppie is daar ook geklink. Malema en Floyd se turf sit ook so hulle kan ook nie help nie. PAY BACK THE MONEY

Blits ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar hulle wil n skool opgradeer en n huis vir vrdienstelike familie bou.

Ek wonne wat dink hulle om n skool op te gradeer en dan nog n huis vir verdienslike familie te bou,

WORD WAKKER R600 000.00 IS HEELTEMAL TE MIN, o nou dat ek daar aan dink hulle gaan shacks bou Okay nou verstaan ek ook

Hendrik ·

Mense dit is alles deel van die demokrasie. Indien hy sitplekke kry in die parlement beteken dit dat mense vir hom stem en sy standpunte ondersteun. Mense ondersteun die ANC, EFF en DA.

Jerry ·

Die jeug is die toekoms en wie ookal die jeug beheer, beheer die rigting van more. AfriForum doen presies dieselfde. Hulle inisiatiewe is gerig op die jeug en die se regte. Dus, luister die jeug as AfriForum praat en ondersteun hulle AfriForum inisiatiewe. Die jeug gaan Andile slaafs volg net soos die jeug aan die anderkant van die draad AfriForum volg. Die ooreenkoms tussen die twee groepe is dat beide die jeug teen mekaar afspeel. Die een groep se regte is die ander groep se vrees vir onderdrukking en ook andersom. Gelyke regte is dus nie op enige van die twee groepe se spyskaart nie en veroorsaak verdeeldheid en onverdraagsaamheid tussen die verskillende jeuggroepe. Suid Afrika gaan dus n toekoms tegemoet met n verdeelde, onverdraagsame en haatdraende jeug. Die drukketel is tot oorlopens toe vol tussen die verskillende jeuggroepe en was dit nie vir CR se vreedsame intensies en inisiatiewe teen korrupsie en vir investering wat n mate van hoop gebring het, sou die drukketel ongetwyfeld ontplof het. So was dit ook in 1994, dat was dit nie vir FW de Klerk, Pik Botha en Mandela nie, dan het SA reeds sy burgeroorlog gehad. Diegene wat verdeeldheid onder die verskillende jeuggroepe veroorsaak speel dus met vuur! Daar is egter hoop dat SA keer op keer steeds deur die regte leier op die regte tyd gered sal word. Ons veroordeel en blameer ons leiers en sweep die jeug op terwyl ons steeds genade ontvang! Ons moet die jeug se harte versag.

Bewyse ·

CR het nog ‘n ver pad om te gaan voor hy as die “regte” leier beskou kan word. Word AfriForum werklik soveel deur die “jeug” gesteun? Bewyse asb.

Anoniem ·

Hi Jerry.Ek het nog nie gehoor dat Blf enige wit kind ondersteun nie. Maar ek weet Afriforum help n swart skool by Nkandla.Ek het nog nie gehoor.dat.Afriforum haatspraak goedkeur teen enige ras in S.A nie.Blf het.
Blf se Maasdorp glo ook nie in God nie teensy dit n swart God is nie.Gaan luister na Ronaldo Gouws en Blf se Maasdorp op utube.

PJC ·

Net as jy dink dinge kan nie slegter as wat dit al reeds is nie vind jy uit dit kan wel.

Chris du preez ·

Die mense net soos die EFF is uitgeslape. Hulle begin die kinders beinvloed om vorentoe in die toekoms die oorhand te kry

Gert van Wierdapark ·

BLF se bedel-aksie is net n rookskerm. Hul befondsing is reeds in plek (plaaslik (ongeskik) en oorsee (as stemvee). Stem saam dat dit n verdeelstem kan wees in sg leier se dom-astrantheid en sy soeke na n kaartjie op die Soustrein!

Andre Reinecke ·

Die nare sal die EFF sirkus soos amateurs laat lyk. Die eerste swart oorpakke in die parlement. Laat hulle maar die anc en eff verder verdeel. Hier kom sports.

Hanna Hoekom ·

Andile en Maasdorp rook beslis n baie sterk “substance” wanneer mens na hul redenasies luister! Sou dit nie n baie beter idee wees om n paar onwettige erwe af te merk en dan aan jul onnosel ondersteuners te verkoop en sodoende vir jul sirkus geld in te samel nie? Ten minste word die toekomstige ondersteuners nie op die skoolbanke ontwrig nie… In elk geval nie nou al nie.

J van Rustenburg ·

Die Gupta geld het op gedroog Enigste manier op voortbestaan is ‘n lekker vet salaris as hy ‘n setel kry

Heinrich ·

Ja die BLF se Boek van Waarhede is definitief iets om te lees! Vader Kersfees wou dit vir my gee maar die paashaas moes ‘n las maak omdat dit so duur is as gevolg van al die navorsing wat daarin bevat is. Die Laerskool was ‘n geskikte plek vir die bekendstelling en is met storietyd so tussen Rooikappie en die drie varkies ingewerk, waar die rol van die wolf wat die varkies se huis wou kom omblaas op die voorgrond geplaas is. Ek kan net dink watter ander veeverhale in die parlement uitgespoeg gaan word.

Vonkprop ·

Hoe gaan hulle geld by ‘n laerskool insamel? Gaan hulle melktert en koeksisters verkoop en speletjies speel soos vissie vang, balgooi, vroteier en al daardie lekker dinge? Ek sal graag items wil borg vir die dag soos die vroteier en ‘n bal.

Chris ·

As politikus is jy verseker van n inkomste sonder dat jy n steek werk verrig al wat jy moet doen is maak baie geraas en beloftes wat nie realiseer nie. O ja en blameer die minderheid vir enige iets waaraan jy kan dink net solank jy die blaam kan verskuif en in ontkenning leef

Katerina ·

Ja ek het ook daaraan gedink toe ek vroeer vandag die berig gelees het:-)! Sy sou haar tjekboek so vinnig gryp dat sy haar gewrig sou verstuit.

zoom zoom ·

Ek Sal nie verbaas wees as die Zuma’s agter die dinge sit. BLF is soos ‘n brakkie al agter Zuma aan waar ookal hy gaan.

Andre ·

Aanhaling: Dietrich Bonhoeffer (1906 – 1945) Stupidity is a more dangerous enemy of the good than malice. One may protest against evil, it can be exposed and, if need be prevented by force. Evil always carries within itself the germ of its own subversion in that it leaves behind in human beings at least a sense of unease. Against stupidity we are defenseless neither protest nor the use of force accomplish anything, reasons fall on deaf ears. Facts that contradict one’s prejudgement simply need to be believed – in such moments the stupid person even becomes critical – and when facts are irrefutable they are pushed aside as inconsequential,as incidental. In all this the stupid person, in contrast to the malicious one, is utterly self – satisfied, and being irritated, becomes dangerous by going on the attack. For that reason, greater caution is called for when dealing with a stupid person than with a malicious one. never again will we try to persuade the stupid person with reasons, for it is senseless and dangerous.

Marie Visser ·

Mag God ons tog bewaar van nog ‘n onreg in die Parlement!

tamboti ·

Baie dankie Andre vir die aanhaling, wie ook al Dietrich Bonhoeffer was, hy is so reg soos Salomo / of watter groot wysheer jy ookal wil kies.

Wilma ·

Wit wereld lewe beskawing gegee. Hy laat my lag. Hy kani beskawing spel ni want dan sou sy optrede anders gewees het. Hy baie arrogant

Alie ·

Jerry ek dink jys absoluut verkeerd oor Afriforum. Indien Afriforum nie na die blankes en ook ander kleuriges, bv die mense wat by Nkandla n skool wil he en die saak teen Grace Mugabe se belange omsien en help nie, wie in die land doen enige iets om benadeelde minderhede te help? Jy kan werklik nie Afriforum en BLF in dieselfde asem noem nie!

humor ·

Tambotie dietrich Bonhoeffer was tydens die 2de wereldoorlog n gevangenis in n konsentrasiekamp in Duidsland. Jy kan gerus sy boek Dissipeskap lees.

GES ·

Hulle het gehoor die politiek betaal goed. No reken hulle so, as daar plek op die soustrein is, waarom kan hulle nie saamry nie? Lagwekkend en bejammeringswaardig …. siestog!

HPV ·

Gedink die land is kaal geplunder maar blf sien blykbaar nog baie om te plunder…
Die stembrief gaan egter nou so lank word dat mens dit eers op ‘n tafel sal moet oopsprei om jou party te soek. Derde wêreld stembrief…

Smirre ·

Net nog ‘n nar wat ‘n party wil stig, in die parlement sit en ‘n lewe maak op die rug van die belastingbetaler terwyl hy ‘n platform het om sy ideologies onsin te vekoop en sy reeds ooropgeblaaste ego te voer. Terwyl hy ‘n klein horde idiotiese volgelinge het wat geld insamel en mense intimideer. Copycat EFF.

Dries Moolman ·

Maasdorp hoort in die tronk. Hy het op kamera gese hy ondersteun swart mense wat blankes verkrag. Waarom is hy nog nie vervolg nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.