Blikkies politoer toe eintlik springstof

Springstof in ‘n motor se kattebak gevind. (Foto: SAPS)

Die polisie het Maandagoggend ʼn 42-jarige vrou tussen Musina en die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe met 496 eenhede springstof betrap. Die vrou het aanvanklik vir beamptes by ʼn padblokkade op die N1 gesê sy vervoer blikkies Cobra-politoer na Suid-Afrika. Met nadere ondersoek het die polisie egter op die drie sakke vol springstof in die kattebak van die Toyota Corolla afgekom.

“Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die springstof aan die vrouepassasier in die motor behoort en dat sy dit oor die grens gesmokkel het. Die verdagte is ʼn buitelander,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. “Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem en sal Woensdag in die landdroshof in Musina verskyn.”

Dit is die derde voorval sedert einde April waartydens ʼn verdagte aangekeer is vir die besit van springstowwe. In al drie gevalle was die verdagtes op pad tussen Johannesburg en die grens met Zimbabwe.

ʼn 30-jarige verdagte is in Julie by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem nadat die polisie springstof ter waarde van derduisende rande in die verdagte se besit gevind het. Maroela Media het destyds berig die verdagte het glo die springstof in ʼn lykswa uit die land probeer smokkel.

In nog ʼn voorval het Linda Katiyo (38) op 28 April met springstof ter waarde van R1,2 miljoen van Zimbabwe na Gauteng gereis. Sy het by die Beitbrug-grenspos aangekom waar polisiebeamptes snuf in die neus gekry het oor die sak wat sy by haar gehad het. Sy is in Julie tot tien jaar tronkstraf gevonnis, het Maroela Media berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cornelius ·

Seker gebruik vir onwettige mynbedrywighede. Maar met al Shabaab aan die groei in Oos Afrika en die Jihadist oorname van Noordelike Mosambiek lê daar groot probleme vir Suid Afrika voor. Zimbabwe en Mosambiek bied geen
grens beskerming meer nie.

Wielspore ·

Hoekom geld waarde aan springstof koppel, eerder die gewig daarvan en die skade wat dit kan berokken.

Scalla ·

Word gebruik vir rooftogte en kitsbanke, hoe en deur wie word die randwaarde bepaal?

Mossel ·

Die”our people maak reg vir oorlog ! Ons moet bewapen oeffen en reg wees mense.. ons nasie moet nou as een man praat en doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.