Blinde krieketspeler spog met graad

Jackson Make, Suid-Afrikaanse blinde krieketspeler (Foto: ANA)

’n Suid-Afrikaanse blinde krieketspeler, Jackson Make, het Dinsdag sy BA-graad in sosiale wetenskappe aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) verwerf.

Hierdie blinde krieketspeler wat sy skoolloopbaan in ’n skool vir blindes in die Vrystaat voltooi het, beskryf dié BA-graad as een van sy grootste prestasies.

“Ek is heeltemal blind, maar goed met veldwerk en boulwerk. Ek maak staat op die klank van die bal,” sê Make. Hy is van plan om sy nagraadse studie in die toekoms te voltooi en terselfdertyd sy krieketloopbaan na te streef.

Make was deel van die Suid-Afrikaanse krieketspan wat deelgeneem het aan die Wêreldbeker-kriekettoernooi vir blindes met 40 boulbeurte wat in 2014 in Kaapstad plaasgevind het. Hy het ook deelgeneem aan die T20-Wêreldbeker-kriekettoernooi vir blindes wat in 2012 in Indië plaasgevind het.

Make is in 2014 deur die KwaZulu-Natalse Krieketunie as die blinde krieketspeler van die jaar aangewys.

In krieket vir blindes word ’n plastiekbal gebruik wat ’n prominente geluid maak wanneer dit beweeg. Die paaltjies is vervaardig uit ’n metaal wat ’n klinkende geluid maak wanneer dit getref word.

Make hoop om met sy prestasies op die krieketveld en in die akademie ’n groot inspirasie vir ander blinde studente te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Hierdie man moet gelukgewens word met sy uitstaande prestasies! Dit wys ‘n mens wat gedoen kan word al het jy groot struikelblokke in jou lewe….

veer ·

Wow, dis ongelooflik! Hoeveel sal hierdie struikelblokke nie as ‘n verskoning gebruik nie! Respek Jackson Make!

Estelle ·

Voorwaar ‘n mens wat met reg trots kan wees op sy mylpale behaal. Ek haal my hoed af vir u Mnr Make. Baie geluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.