Die liggaam van ’n blinde vrou is Dinsdagoggend in haar huis in Kwanobuhle buite Uitenhage in die Oos-Kaap aangetref.
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is omstreeks 09:00 na ’n huis in Mdledlestraat ontbied nadat ’n vrou (55) se vriend en haar versorger op haar liggaam in die slaapkamer van die huis afgekom het.
Thobeka Goxa se liggaam is met steekwonde aan die linkerkant van haar bors op die slaapkamer se vloer aangetref.
Volgens Naidu het Goxa se versorger haar Maandag omstreeks 16:00 in haar huis agtergelaat waarna die deur gesluit is.
Die kombuisdeur en veiligheidshek was egter vanoggend wawyd oop toe Goxa se vriend en haar versorger op haar liggaam afgekom het. Daar was egter geen teken van gedwonge toegang tot die huis nie.
“Daar word beweer dat Goxa vir niemand die deur sou oopmaak tensy sy hul stem herken het nie.”
Dit is nie in dié stadium duidelik of enigiets uit die huis vermis word nie.
Die polisie doen ’n beroep op mense om enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van verdagtes by die plaaslike polisiestasie by 041 978 8800 aan te meld.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Dis wreedaardig
Sy het daardie moordenaar se stem geken dis hoekom sy die deur oopgemaak het.
Siek om ‘n blinde te vermoor.
Hoe het ons land soo wreed en brutaal geword?
Onskuldige bloed roep vanaf die grond . . .
Vreeslik is dit om te val in die hande van n lewende GOD!