Blitsberaad oor onteiening sonder vergoeding

Argieffoto

Die sakeregte-waghond AfriSake bied, in samewerking met verskeie organisasies, op Dinsdag 6 Maart 2018 ’n blitsberaad oor onteiening sonder vergoeding aan. Dít volg nadat die EFF se mosie oor ’n grondwetwysiging oor grondonteiening sonder vergoeding gister in die parlement geslaag het.

Organisasies wat reeds hul deelname aan die blitsberaad bevestig het, sluit in AfriSake, AfriForum, Agri SA, die FW de Klerk Stigting, die Instituut vir Rasseaangeleenthede, Solidariteit, TLU en die Vryemarkstigting.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê dit is van kardinale belang dat die burgerlike samelewing dringende stappe doen om eiendomsreg te beskerm: “Die doel van die beraad is om die onderskeie organisasies se interpretasie van die EFF en ANC se mosie, die politieke verwikkelinge en die pad vorentoe te bespreek. Ons rig ’n ope uitnodiging aan enige organisasie wat die beskerming van eiendomsreg in Suid-Afrika op die hart dra om by die blitsberaad aan te sluit.

“Die ANC se aanvaarding van die beginsel van onteiening sonder vergoeding het ’n nuwe politieke landskap in Suid-Afrika daargestel: een waar die radikale Julius Malema en sy EFF se verregaande beleidspunt skielik hoofstroom geword het. Alhoewel daar rede is om te glo dat president Cyril Ramaphosa die impak daarvan wil beperk, is dit ongelukkig ’n realiteit dat sy moontlike versigtigheid geen waarborg vir stabiliteit is nie. Die minagting van eiendomsreg wat nou geduld en gevoed word, is besig om al die verkeerde verwagtinge by kiesers te skep, en lê die grondslag vir ’n nuwe, radikaler politieke fase in Suid-Afrika. Dit móét teengestaan word,” sê Le Roux verder.

Uitnodigings is ook aan die vier partye wat gister in die parlement teen die mosie gestem het, naamlik die ACDP, COPE, DA en VF+, gerig. Daar word verder op terugvoer van verskeie ander organisasies gewag.

  • AfriSake is ’n onafhanklike sakeorganisasie wat optree vir die beskerming van eiendomsreg, die vryemark en in die belang van ’n voorspoedige ekonomie. AfriSake is in 2011 opgerig en het tans meer as 12 000 lede.

Organisasies, belangstellendes en media wat die beraad wil bywoon, kan AfriSake kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Cherokee ·

Dit laat ‘n beswaarde gevoel dat die FW De Klerk Stigting ook deelneem. Onteiening is deur De Klerk gestig.

Pieter ·

Dit wat nou gebeur is mos wat fw wou gehad het, te laat om nou publieke trane te huil.

Anoniem ·

BR, jy het regtig geen idee wat agter die skerms aangaan nie, het jy? Doen ondersoek, daar is soveel informasie beskikbaar.

WaarMaakSeer ·

FW is een van die rykste politici omdat hy die land destyds uitverkoop het. Ek het destyds by ‘n baie betroubare eks ANC lid wat baie hoog op is gehoor dat ‘n die buiteland destyds die oorgang van SA bewerkstellig het. Veral ‘n groot Italiaanse Olie maatskappy was betrokke. Dit lei ons na die Italian Connection. FW het destyds ‘n Italiaanse minnares gehad wat tans sy vrou is. Na my mening by homgeplaas om hom in sy spoor te hou. FW se eks vrou is ook destyds deur die bejaarde tuinman vermoor. Die
arme drommel (tuinman) het skuld erken op die moord maar kon nie ‘n grondige rede verskaf waarom hy die misdaad gepleeg het. Na my mening wou FW se eks die komplot om land uit te verkoop op die lappe bring, sy is toe vermoor en die tuinman omgekoop om skuld te erken op die moord. Kyk hoe mooi val alle legkaart stukke inmekaar.

Al ·

Dis goed dat daar ñ dringende beraad gehou word, aangesien dit onsekerte bring oor vae beleidskwessies.
Die ANC en EFF kan nie vertrou word nie, hul sal gemoedere probeer kalmeer dan val ons terug in ons naiewe gemaksone.
Laat weet ons burgers wat ons kan doen.
Ons het ñ goeie leier en ñ uitstekende strateeg nodig wie slinks is.
Dalk is die beste verdeding om die ANC en EFF onkant te betrap sodat hul nie weet wat die volgende stap is nie.

thinus erasmus ·

Daars sal geen keer meer wees vir Anc/swart meerderheid regering om te maak soos hulle wil. Daar kan alleenlik op ‘n klein onafhandelike Afrikaner tuisland beroep word op grond van die huidige grondwet totdat hul dit ook verander. Dit moes ongelukkig reeds in 94 plaasgevind het.
Op grond van restitusie het ons ook ‘n eis op die grond wat Piet Retief gekoop het, maar hul sal argumenteer dat dit reeds in blanke besit was en dus geen eis nie.
Ons is uitverkoop, verloen en sal binnekort vertrap word tot stof.
Ramaphosa het nog niks oor moorde op blankes/boere gese nie. Niks oor misdaad nie en dit verteenwoordig sy sentiment. Afrikane het en sal nooit witman in vrede aanvaar nie.

Bietjie bietjie ·

Aaaag asseblief hou jou negatiwiteit .
Wie stel belang in jou bitter uitlatings ?
Bly liewer stil
Sit man sit

Casper Labuschagne ·

@Bietjie Bietjie, as dit by onteiening kom, is die tafel gedek vir diegene wat negatief daaroor is. Om positief te bly oor mense wat jou eiendom wil annekseer en ons ekonomie sal vernietig is die opsie wat op drome en nie op werklikheid gegrond is nie. Ons wit minderheid sit letterlik soos paddas in die pot water wat warmer word en nou amper al kook, presies soos die uitlating wat Ramaphosa self gemaak het. Die negatiewe paddas spring uit, maar die positiewe paddas sal sit en kook totdat hulle lekker gaar is.

Antigrondgryp ·

Moet tog nie vir fw daar toelaat nie.Hy het genoeg skade veroorsaak en sal vir res van sy lewe as n verraaier beskou word.Ook in die geskiedenis boeke.Sy woorde en aksies dra geen krag nie en Ramaposa is besig om in sy voetspore te volg.

Johannes ·

Ek dink die blote feit Afriforum en Solidariteit met die fw de klerk stigting wil beraadslag het my oortuig om my lidmaadskap eerder te beïndig by hierdie twee organisasies. De klerk en sy liberale maatjies is skuldig aan volksverraad en is die rede vir hierdie gemors waarin ons is.

Nicolise ·

waarom altyd so negatief? Dit is agv mense met so ‘n houding dat alles platval. Kom ek vra so wat het jy al gedoen om te help buiten om net die lidmaatskapgeld te betaal? Het jy al een van die groot berade bygewoon? Het jy al gehelp met een van hulle projekte? Voordat ons Solidariteit aanval kyk eers mooi na jouself. Want glo my as hulle nie hier was nie het ons al baie groter moeilikheid gehad en sou niemand binne in die werksplek veilig gewees het nie.

Johannes ·

Nicolise, ek het al vele berade en vergaderings bygewoon, al hoeveel eposse gestuur en voorstelle gemaak. Afriforum en Solidariteit doen goeie werk – dis is ‘n feit. Maar ek begin al hoe meer gefrustreerd raak dat hieride organisasies nie die HARDE WERKLIKHEID in die oë wil kyk nie.

Ons – die Boere Afrikaners in Suid Afrika HET VET MOEILIKHEID!

Afriforum en Solidariteit wil handjies vat en petisies teken (en dit dan met verraaiers en uitverkopers soos de klerk) – die tyd daarvoor is lank reeds verby. DIT IS TYD VIR DAADWERKLIKE, AKTIEWE EN ALTERNATIEWE OPTREDES!

Nols ·

Kom ek sê julle wat julle gaan doen. Presies wat julle doen omtrent die duisende plaasmoorde: NIKS.

DewaldS ·

Moet nou nie so negatief wees nie man! Ek ruik ‘n vuurwarm SMS-bydrae veldtog…

ben ·

Die skrif is aan die muur.
Waar gaan ons nou.
Oranje??????????? hier kom ons??

Gerhard ·

As alle grond onteien kan word is Orania ongelukkig nie meer ‘n opsie nie. Dis ‘n dorpie met goeie infrastruktuur, ideaal om behuising aan ‘n KLOMP ander mense te gee.

Gerhard ·

As Orania val, dan is dit verby met die Afrikaner. Dan kan jy maar jou tassies pak.

Drikus Kotze ·

Wat word van ‘n verband op eiendom? Gaan die bankwese nie in duie stort? Sal die nuwe bewooner die grond besit, of behoort alle grond dan aan die staat?

gatiep ·

Alles gebeur darm nou vinnig na Zuma uit is.
Lyk amper of Zuma grond afvat gekeer het.

Gerhard ·

Zuma was ‘n geleentheid wat die Afrikaner leiers deur hulle hande laat glip het. Nou sit hulle met ‘n ware opponent. Ek is bevrees ek sien selfs in die beste Afrikaner leiers ‘n tekort aan visie.

t ·

Hoe lank voor Zuma se bewind as die vleispotte van Egipte gesien word?
Of anders gestel “better the devil you know (than the devil you don’t)”.

frederik ·

de klerk en sy meelopers is die oorsaak van hierdie gemors – hoe kan julle nog met die verraaier wil samesprekings hou?
Julle gaan julle integriteit prysgee. Miskien het julle alreeds?
Ons sal ons eie battles veg – letterlik – sonder daardie verraaier.

ChristaT ·

Nou wat stel jy foor frederik? Al wat jy doen is kla? Kom met ‘n beter voorstel. Maak nie saak wat jy se nie, dit was so beskik gewees dat de Klerk moes oorgee. Jy kan nie die geskiedenis verander nie en bitterheid sal jou nerens bring nie. Kies bitter of beter. Om soos ‘n dwarstreker teker te gaan gaan nie die probleem oplos nie. Of jy werk saam of jy werk teen alles en grawe net ‘n dieper gat vir almal.

DAVID ·

Die ANC en EFF se voorstel is dat ALLE grond aan staat behoort en die bewoner moet huur aan staat betaal,my vraag is gaan ons president sy eiendomme en die paleis wat tans in aanbouing is ook aan die staat afstaan so ook Julius Malema gaan almal van hulle hul eiendomme aan staat afstaan SONDER vergoeding.Kom ons gesels bietjie hieroor

vissie ·

Aangesien die regering dan nou nuwe eienaars van ons grond is dan moet hy mos nou pa staan vir al die rates en taxes op die grond

Robert Naude ·

Wat het gebeur met wit monopolie kapitaal?
Weerhou alle landbou gewasse /voedsel van die mark. Doen dit net vir ń maand lank.
Die wat kan , weerhou om inkomstebelasting te betaal.
Iets moet gedoen word. Mens kan nie verder toelaat dat die regering en sy kronies die klas van besluite neem nie.

Loubser ·

Was nog altyd positief oor ons land. Maar wonder nou hoe moet ons jongmense voel wat klein kindertjies het wat se hele toekoms voor hul lê??? Watter gelukkige regverdige toekoms het hulle in SA?

Francois le Cochon ·

Boere hou die land gyselaar met hul hoe voedselpryse. Hoe minder boere daar gaan wees, hoe meer sal kosinvoerders toegelaat word om kos in te voer. Tans word hulle streng beperk om die boere te beskerm wat “duur” kos produseer. Omtrent alle kos kan goedkoper ingevoer word, en beter kwaliteit. Ons sal nie ‘n tweede Zim raak as plase afgeneem word nie, want Zim het nie geld om kos in te voer nie, SA het.

tamboti ·

Francois, die boere kry maar ‘n klein deel van die prys wat ek en jy vir die produk betaal. Dit is nie hulle wat ons gyselaar hou nie – ek het gadink jy is bietjie beter ingelig.
Goedkoop invoere: soos al die Chinese gemors wat ons moet koop, die onwettige sigarette, die nagemaakde (onwettige) produkte en natuurlik die landbou surplusse van oorsee – onthou dit is net goedkoop solank dit SURPLUS is. Kyk bietjie na ons “ingevoerde” brandstof ne’, en ons voormalige “goedkoop” krag. Die boere het niks daarmee uit te waai nie – dis STAATS inmenging en beleid meneer!
Nee wat as jy die die boer wil haat oor ander redes, sal jy wel enige verskoning soek om hul te kritiseer/kelder.

tamboti ·

Francois, die boere kry maar ‘n klein deel van die prys wat ek en jy vir die produk betaal. Dit is nie hulle wat ons gyselaar hou nie – ek het gadink jy is bietjie beter ingelig.
Goedkoop invoere: soos al die Chinese gemors wat ons moet koop, die onwettige sigarette, die nagemaakde (onwettige) produkte en natuurlik die landbou surplusse van oorsee – onthou dit is net goedkoop solank dit SURPLUS is. Kyk bietjie na ons “ingevoerde” brandstof ne’, en ons voormalige “goedkoop” krag. Die boere het niks daarmee uit te waai nie – dis STAATS inmenging en beleid meneer!
Nee wat as jy die die boer wil haat oor ander redes, sal jy wel enige verskoning soek om hul te kritiseer/kelder.
O ja ons het geld, Zim het ook gehad tot die rekord inflasie koers alles tot niet gemaak het (behalwe Mugabe wie se geldjies gedollar was)

Sann ·

François, ‘n skaapboer kry nou +/- R30 per kg vir ‘n slagdier. Eet jy vleis? Wat betaal jy vir jou tjoppies? En moenie eens van gehalte kom praat nie. Wie dink jy plant McCain se aartappels?

DewaldS ·

“It is easier to fool people than to convince them that they have been fooled. “

Jerry ·

Johannes, jy het die reg om emosioneel te raak omdat die FW stigting en Afri-Forum gaan saamwerk. Jy het ook die reg om wanneer jy minder emosioneel is weer kommentaar te lewer oor die kwessie. My beskeie on-emosionele opinie is dat dit juis nou die tyd is dat die Afrikaners mekaar vergewe en hande vat om saam die aanslag met die beste moontlike opsies, die hoof te bied. Afri-Forum se leiers begin nou insig toon en besef dat die Afrikaner in sy kanon in is omrede hy homself geisoleer het met sekere inisiatiewe. Die FW stigting is nie geisoleer nie en kan dus Afri-Forum uit hulle isolasie verlos en sommer terselftertyd vir jou ook. Wees dankbaar dat jou leiers se oe begin oopgaan en verhoog jou bydrae!

Gerhard ·

De Klerk en sy trawante het mos nou al bewys hulle is onbevoeg om iets vir die Afrikaner te onderhandel. Inteendeel as jy dit nou goed op wil dinges stuur jy die manne om dit vir jou te doen.

PJC ·

Ek is baie nuuskierig om te weet watter insette die FW de Klerk stigting gaan lewer. Na alles wat die afgelope 20 jaar in die land gebeur het dink ek nie enigiemand vertrou ń organisasie waaraan sy naam gekoppel is nie.

Gerhard ·

Hulle gaan seker praat oor al die wigte en teenwigte wat in die onderhandeling ooreengekom is.

Koos ·

Baie dankie aan alle organisasies wat meehelp om grondgrype te verhoed of te vertraag.
Moet nooit vergeet dat Afrisake, Afriforum, Agri SA, FW de Klerk Stigting, Instituut vir Rasseaangeleenthede en nog ander, sambrele van die Broeders is wat meegedoen het met onderhandelinge met die ANC om ons duurgekoopte land weg te teken. Die resultaat van die onderhandelinge beleef ons vandag. Onderhandelinge het ook resultate opgelewer wat so duidelik uitspeel by die geskiedenis van Piet Retief.
Weer dankie aan almal wat help om te red wat weggeteken is.

DewaldS ·

Hahaha – hulle gaan seker somer die vergadering daar by die ‘nie-geheime-organisasie-met-geheime’ se losie hou!!

Gerhard ·

Kan die F.W. De Klerk Stigting die Afrikaner ‘n baie groot guns bewys en net vanself ontbind asb. Julle moes dit eintlik al jare gelede gedoen het. Net soos die ou Nasionale Party het julle tyd gekom en weer gegaan.

Eish ·

Die mosie oor grondonteiening is aanvaar met 241 stemme daarvoor en 83 daarteen.
Dit impliseer dat 65.56% van die parlement gestem het daarvoor. Twee derdes, die magiese getal wat nodig is om die grondwet te wysig.
Met n gewysigde grondwet, is daar geen salf meer te smeer nie en sal onteiening sonder vergoeding dus wettig wees.
Die berade en stofopskoppery gaan baie geraas maak alvorens die wysiging aangebring word, maar met n twee derde meerderheid is dit oppad.
Baie sterkte met die beraad en protesaksies en optogte, maar hierdie verkankering van ons hele bestel is oppad.
Spesifiek geteiken is eiendom in blanke besit. Die tradisionele leiers sal goed na omgesien word in die wet se woordgimnastiek om konfrontasie in eie geledere te vermy.
Die groot gelykmaker is oppad, alger ewe arm.

tamboti ·

Bietjie bietjie, jy reken ek is negatief. Nou gee jy vir my een positiewe bewys waar in die hele Afrika het ‘n land sukses behaal en dit behou na onafhandlikheid van koloniale/europese mag?
Ek wag gretig vir jou of enigeen se antwoord.
Nog beter: waar het ‘n Afrika land sonder kolonialisering ontwikkel tot beskaafde en moderne ekonomie?

frederik ·

christaT – lees asb weer my laaste sin.
Miskien verstaan jy nie mooi nie.

anoniem# ·

Die meeste landbouers het lenings by banke en landbanke om n boerdery te laat vloei.”Groot skuld” om dit so te stel- om landbou saad en materiaal aan te koop en werkers aan diens te onderhou.Indien jou grond gevat word laat dit die landbouer met geen inkomste.Wat daartoe ly dat hy as ” bankrot” verklaar moet word.Dan kry die banke en landbanke nie hul geld wat geleen is terug nie.Dit laat Suid- Afrika in nog n groter gemors.Wie gaan die geld aan die banke terug betaal.Dan vou hulle mos ook!!!!!!

Spook ·

Ek sien dit stuur op n bloedbad dit is seker wat hulle wil he.

Nugter ·

Mense is darem maar oningelig. Sekere kommentators kla (regmatig) oor die FW de Klerk Stigting, terwyl hulle nie besef dat AL die organisasies hierbo is filiale van die Afrikanerbond. Gaan “google” gerus die Afrikanerbond se webtuiste en sien hoe lyk hulle logo, en gaan soek die YouTube Video (klip produksies) wat oor hulle handel. Dan sal julle vinnig sien wat werklik aangaan.

Gerhard ·

Dit is darem nie regverdig om alle Broederbonders ewe veel te blameer vir die gemors nie. Daar was ook baie wat teen dit geveg het. Ongelukkig was die Broederbond later net ‘n instrument om hulself te vereik. Die punt is nie almal in die organisasies wat aan die beheer staan Afrikaner belange is sleg nie, maar die vrot appels wat ons weet is vrot moet verseker uitgegooi word.

Cor ·

Die mense het al voor ’94 hulle planne agtermekaar gehad. Wat nou gebeur, was alreeds voor Roelf Meyer se patetiese poging op besluit. Hulle het die geduld van Afrika toegepas en 24 jaar gewag met die wete dat die Afrikaner dan oor geen mag meer sal beskik nie. Baie van ons het reeds jare gelede al ons wapens ingehandig…. dit was ook maar deel van hul groter plan. Mooipraat gaan nie werk nie. Ongelukkig het die geskiedenis bewys dat daar maar net een taal is wat hulle verstaan.

T ·

Begin jy nou eers wonder?
Waarom dink jy is omtrent al die blankes wat kon landuit, alreeds weg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.