Blitsberig: Dijana wen Comrades-marathon

Tete Dijana het die 95ste weergawe van die Comrades-marathon gewen. Foto: Nedbank Sport via Twitter.

Tete Dijana het in 2019 die Comrades-marathon in die 50ste plek klaargemaak. Vandag het die Suid-Afrikaner die ikoniese ultramarathon van Pietermaritzburg na Durban in ’n tyd van 05:30:38 gewen.

“Ek het nie woorde om dit te beskryf nie. Dit beteken ongelooflik baie vir my want ek moes deur soveel dinge gaan om tot op hierdie punt te kom,” het Dijana ná die afloop van sy merkwaardige poging gesê.

Die Nedbank-atleet ontvang ook ’n wentjek van R260 000.

Edward Mothibi, die verdedigende kampioen, het tweede met sy tyd van 5:33:46 klaargemaak.

Dit is die eerste keer in twee jaar wat die Comrades-marathon aangebied word nadat die wêreldwye Covid-19-pandemie amok met die internasionale sportkalender gemaak het.

Hoewel Gerda Steyn nie vandag deel van die aksie is nie omdat sy die New York-marathon in haar visier het, het sy vroeër gesê dat die Comrades-marathon enig in sy soort is.

“Dit is die oudste en mees gesogte pad-ultramarathon en om die wedloop te voltooi is ’n belewenis wat ’n mens nie sommer kan beskryf nie. Die duisende drawwers wat jaarliks saam die pad aandurf is ’n unieke ervaring en ’n juweel van ons land!” het Suid-Afrika se goue langafstand-ster gesê.

  • Mans-uitslae:
  1. Tete Dijana 5:30:38
  2. Edward Mothibi 5:33:46
  3. Dan Moselakwe 5:36:25
  4. Bongmusa Mthembu 5:38:07
  5. Johannes Makgetla 5:41:36.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.