Blitsbok-kaptein se pa sterf

Philip Snyman. Foto: Facebook

Flip Snyman (63), die pa van die Blitsbok-kaptein, Philip Snyman, is oorlede.

Ao. Lorraine Earle, woordvoerder van die polisie, het gesê Flip het ongeveer 2 km buite Fauresmith in die Vrystaat op ʼn grondpad verongeluk.

Volgens Earle is dit nog nie duidelik presies wanneer die ongeluk plaasgevind het nie. “Iemand het omstreeks 07:10 vanoggend op die ongelukstoneel afgekom en die polisie ontbied. Dit het op ʼn grondpad so 2 km buite Fauresmith op pad na Philippolis gebeur,” het Earle gesê.

“Dit lyk of hy beheer oor sy Isuzu-dubbelkajuitbakkie verloor het, waarna die voertuig die veld ingery en omgeslaan het. Hy was alleen in die bakkie, maar dit is in dié stadium nog nie bekend wanneer die ongeluk gebeur het of waarheen hy op pad was nie.”

Earle het gesê Flip se naasbestaandes is reeds van sy afsterwe ingelig. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Flip was ʼn afgetrede Wiskunde-onderwyser. Behalwe vir sy seun, Philip, laat hy ook sy dogters, Mariona du Toit en Douwneen Naudé, en vier kleinkinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oom Kalahari ·

Ai dit is nou hartseer nuus. RIV Flip, dit is so onverwags en dankie vir jou vriendskap en ook al die jare wat my kinders van graad 1 (Sub A) tot Graad 12 (STD10) deel was van jou opleiding te Phillipolis koskool en toe in Fauresmith. Hy was uistekende rugby afrigter vir my seuns. Die kinders is na al die jare steeds vriende. Aan die Snyman familie en ook Phillip daar in die verre, alle sterkte en ons innige simpatie met jul groot verlies en wens jul alle sterkte gedurende hierdie tyd van rou.

TLC ·

Philip al my simpatie en sterkte aan jou en jou familie Klink my jou Pa wat net so yster soos jy Mag God se hand jul dra deur die seer tyd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.