Blitsbokke maak steeds trots

Die Blitsbokke vier hul sewessukses in Dubai. Foto: Twitter.

Ná 24 onoorwonne wedstryde en ’n rits titels is die Blitsbokke ongetwyfeld op die kruin van die wêreldsewesgolf.

Shakes Soyizwapi se spanlede het die afgelope naweek hul tweede agtereenvolgende toernooi in Dubai gewen toe hulle vir Australië met 10–7 in die bekereindstryd geklop het.

Te danke aan hul uitstekende vertoning is JC Pretorius, Impi Visser, Ronald Brown en Shilton van Wyk almal in die toernooi se droomspan ingesluit.

Ja, die Suid-Afrikaners het tydens die Olimpiese Spele in Tokio teleurgestel, maar sedertdien bars hul trofeekas uit sy nate.

Toegegee, Nieu-Seeland is deesdae pal afwesig by internasionale sewestoernooie, maar die Blitsbokke moet steeds ses wedstryde per toernooi wen om met die silwerware weg te stap.

En dit is presies wat hulle doen.

Die Suid-Afrikaners (44 punte) is ná twee toernooie gemaklik voor op die jongste reeks se puntelys, gevolg deur Argentinië (34) en Australië (32).

Droomspan: JC Pretorius, Impi Visser, Ronald Brown, Shilton van Wyk, Herman Humwa (Kenia), Josh Turner (Australië) en Dietrich Roache (Australië).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Colombo ·

Daar is geen kwotaspelers in die span nie.Elke persoon is daar op meriete.Ek sal hulle ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.