Blitspatrollie betrap mans met AK-47’s en ander wapens

Die vuurwapens waarop beslag gelê. Foto: Verskaf

Die Germiston-blitspatrollie aan die Oos-Rand het Donderdag in die vroeë oggendure twee mans vasgetrek wat onder meer ʼn AK-47-aanvalsgeweer in hul besit gehad het.

Kapt. Pinky Tsinyane, polisiewoordvoerder, het gesê die beamptes was omstreeks 01:30 besig met hul roetinepligte toe hulle ʼn verdagte wit VW Golf 7 met ’n KwaZulu-Natal-nommerplaat opgemerk het.

“Die bestuurder van die voertuig het roekeloos bestuur en teen ʼn hoë spoed op die N3-Noord in die rigting van Pretoria gejaag. Die beamptes het vinnig gereageer en die Golf agternagesit. Hulle kon daarin slaag op die verdagtes se voertuig by Greylaan-afrit van die pad af te trek,” het Tsinyane gesê.

Volgens Tsinyane was daar twee insittendes in die voertuig, onderskeidelik 35 en 50 jaar oud.

“Die voertuig is deeglik deursoek en die beamptes het op ʼn AK-47-geweer met 21 patrone afgekom. Daar was ook ʼn R5-geweer met 20 patrone, ʼn Z88-pistool met 14 patrone en twee ekstra magasyne met nóg ammunisie in.”

Die polisie het op die vuurwapens en ammunisie beslag gelê. Dit sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit met enige misdrywe verbind kan word.

“In dié stadium is dit nie duidelik waarheen die verdagtes op pad was nie, maar voorlopige ondersoek dui daarop dat hulle wel van KwaZulu-Natal afkomstig is. Verdere ondersoek word ingestel.”

Albei mans is in hegtenis geneem en moet binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Etienne

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Annie ·

Knap gedaan Polisie – wens meer van hulle kan so gevang word. Hoop hulle kry nie borg nie.

Koos1 ·

Ja, maar nie net uitsluitlik vir die polisie nie. Enige person kan die Z88 vrylik in die mark wettiglik koop.
Die R5, nou ja, dis ‘n ander storie. Daar is ‘n AR5 op die mark beskikbaar maar word net in uitsonderlike gevalle aan private burgers verkoop en is nie volle outomaties nie. As dit ‘n R5 is wat volle outomaties is, dit is uitsluitlik vir die SAPS.

Stev ·

Om aan te sluit by Koos1, die AR5 is eintlik ‘n AR15. Die uitsonderlike gevalle wat genoem word is vir ‘n sport skut wat deelneem in skiet kompetiesies, en is semi outomaties soos in enige geval met hedendaagse pistole.

En net vir die wis en die onwis : AR staan nie vir “Assault Rifle” nie maar eintlik ArmaLite Rifle. Dit word ook nie meer ‘n AR genoem nie maar ‘n MSR wat staan vir “Modern Sport Rifle”.

Stev ·

in blou,
hoop my ander kommentaar word ook geplaas sodat daar nie ‘n wanindruk geskep kan word nie. ASB MM!

Griki ·

Knap gedaan aan die op-en-wakker polisiebeamptes. Julle moet net uitvind waar hulle dit gekry het ook.

pie in the sky ·

11/10 vir ons knap blitspatrollielede daar!
(As alle SAPS lede net so trots oor hulle werk was…)

Gert ·

En vanaand slaap hulle en iemand stap net in en steel weer alles. So verwissel die wapens net hande en word nooit regtig verwyder nie…

John ·

Oppad na Pretoria… en die opstande in Hercules-omgewing? Mense ry nie met sulke wapens rond net om die kar te help op-jack in geval van ‘n papwiel nie… of wanneer ‘n rondloperleeu sy been durf lig teen jou VW Golf se nuwe wieldoppe nie…

anton ·

Iets sê vir my dat hier nie veel gaan kom van die saak nie want moontelik is die 2 lede, in die polisie mag of hulle het vriende in die polisie.
Natuurlik kon die wapens gesteel wees by die polisie ook maar ek wonder altyd as sulke wapens gevind word wat eintelik net deur die SAP gebruik word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.