Blitspatrollielede aangekla oor polisiebeampte se moord

Argieffoto

Argieffoto

Twee lede van die Soweto-blitspatrollie is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn polisiebeampte in Januarie vanjaar.

“Die polisie het na bewering in Januarie 2016 inligting opgevolg oor ʼn gekaapte Ford Figo wat in Soweto opgemerk is,” het Robbie Raburabu, woordvoerder van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), gesê. “Die twee blitspatrolliebeamptes wat in hegtenis geneem is, voer aan die polisiebeampte is doodgeskiet toe hy hul pad versper het en hulle verhoed het om by die gekaapte motor uit te kom.”

Raburabu bevestig Opod ondersoek die moord en die lede, ʼn 49-jarige adjudant-offisier en 29-jarige konstabel, is Maandagoggend in hegtenis geneem en het in die Kliptown-landdroshof verskyn. “Hulle staan tereg op aanklag van moord en dwarsboming van die gereg.”

Hulle bly in aanhouding tot hulle Woensdag formeel kan aansoek doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Irene ·

Joe alweer polisie waar gaan dit eindig hoe kan jy nou op kyk na hulle regering sal drasties plan maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.