BLM: Keuse om nie knie te buig ‘nie teken van rassisme’

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) sê die minister van sport, Nathi Mthethwa, se uitsprake oor agt Suid-Afrikaanse rugbyspelers wat nie die knie gebuig het voor ʼn klubwestryd in Engeland ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging nie, kom neer op kommerwekkende en onvanpaste inmenging met spelers se vryheid van spraak en assosiasie.

Die navorsing- en beleidsorganisasie sê Mthethwa het SA Rugby gevra om kommentaar te lewer oor die keuse wat die agt spelers gemaak het.

Luidens die IRV se verklaring het die minister gesinspeel dat hul optrede “rassistiese gedrag en die wys van ʼn rassistiese houding” behels en dat dit “nie geduld” kan word nie.

Die minister het opgemerk dat die spelers T-hemde ter ondersteuning van “Rugby Against Racism” gedra het, maar hy het hulle steeds uitgesonder omdat hulle “nie die knie gebuig het ter ondersteuning van die BLM-beweging” nie.

Die IRV sê Mthethwa het geen reg om daarop aan te dring dat die spelers kniel nie.

“Om te kies om nie te kniel nie, is nie ʼn teken van rassisme of enige ander walglike gedrag wat die minister wil aanvoer nie. Vir baie is om te kniel ʼn geloofsdaad wat net voor God geneem word,” het die IRV gesê.

Die organisasie sê ʼn ruimte is geskep wat voorstel dat steun vir BLM nodig is om te bewys iemand is gekant teen rassisme,  maar dat dít onwaar en moedswillig is.

“Sommige sê die gedagte om BLM te ondersteun is prysenswaardig, selfs al is steun van die beweging ongewens. Om daardie onderskeid te moet probeer regverdig is ongewens en onnodig. Steun vir ‘Rugby Against Racism’ is ʼn onomwonde uitdrukking van teenkanting teen rassisme,” sê die IRV.

Die instituut sê Mthethwa se vermaning is ʼn blatante verontagsaming van die spelers se grondwetlike reg op vryheid van geloof, mening, uitdrukking, assosiasie en bowenal waardigheid.

Die DA het vroeër gesê Mthethwa is besig met ʼn heksejag en dat sy uitsprake oor die kwessie Suid-Afrikaners verdeel.

Volgens DA-LP Zakhele Mbhele is die minister se versoek aan SA Rugby vir ʼn verduideliking belaglik en dat geen Suid-Afrikaner gedwing moet word om steun vir enige beweging te toon nie.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op sy beurt gesê hy beskou die minister se aandrang dat SA Rugby teen dié spelers moet optree, as diktatoriaal.

Solidariteit het gesê hy sal intree namens enige van die agt spelers wat deur die minister geteiken is, asook enige ander sportlui wat in die beoefening van hul beroep benadeel word weens hul weiering om die BLM-beweging te ondersteun.

Die VF Plus het ook gesê Mthethwa se dreigemente teen sportlui wat nie die knie voor die BLM-ideologie wil buig nie, is ongrondwetlik en verkeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Pieter ·

Ja die ou swart rasis. Waar is ou AB en span wat so kniee buig. Die 8 manne het meer in hulle as almal saam wat net buig oor dit media sou haal as hulle nie doen nie, want baie kniee oor dit en nie oor hulle regtig wil of sou nie.

Trotse Boervrou ·

IRV, te min, te laat. Die skade is aangerig en SA Sport gaan dit aan hul sak voel. Ons is klaar met SA Sport.

RS ·

Onkunde en geen geestelike waardes nie. As hy kerk toe gegaan het vir die regte redes sou hy weet dat daar net voor God gekniel word.

Yvonne ·

Die dag as die minister sy knie moet buig voor die Allerhoogste sal onkunde nie n verskoning kan wees nie…so tragies

antieke antie ·

nog iemand wat gekies het om nie tevrede te wees met hoe hy gebore is nie… hy moet sy ouers dagvaar… miskien voel hulle hy is ook n verleentheid vir hulle… gemaak en laat staan

Prikkie ·

Die minister tree doktoriaal op en ek vermoed HY het ‘n erge streep rassisme in hom.

Hy moet eers na binne kyk voor hy so klappe links en regs wil uitdeel en boonop is dit nie sy taak om sport te “micro manage” nie.

Sy loopbaan rekord spreek van mislukkings tot dusver.

Jr ·

Hy sal nie binne in hom kyk nie want dit is nog n marksistiese leun dat swartes kan nie rassisties wees nie.

Andre ·

Ook maar vrek bang vir die paar blankes in die land. Seker maar apartheid se skuld van ‘n kwarteeu gelede.

Jacobus ·

Wil herhaal. Die vent is selfde as EFF en kry hopeloos te veel publisiteit. Dit is duidelik instruksie van uberbevel om aandag weg te deflekteer van Covid korrupsie gebeure. Die ou kalant van WGO , Tedros reken hy is “disgusted” met die stelery.
Oom Nathi kyk na die groter probleme?! En gaan doen in diepte navorsing oor oorle Floyd, BLM en die aanstigters.

Persheks Adri ·

Ons het vrye keuse om knieg te buig of nie! Ek buig my knieë voor God ALLEEN vir niemand anders nie. Ek is onsteld oor sy opmerking dat hy ons gaan kom jag en ek hoop daar word opgetree teen hom, want hy is ‘n rassis teenoor blankes!

#All lives matter!

Johan ·

Hierdie spelers is slim hulle weet hulle mag nie Herman se Black like me produkte ondersteun nie dit gaan hulle borge ontstel.

4ntj13 ·

Ek wonder wie van die anti-rassiste en die sogenaamde rassiste is die ergste xenofobies. Maar, miskien moet ek die regte ding doen en in die eerste plek nie veralgemeen nie. Ek glo wel dat ministers wat veroordeel nadat hulle veralgemeen het, verdien om onmiddelik uit alle posisies geskors behoort te word, en dat ʼn regering wat dit verdra nie die belange van die publiek dien nie, maar duidelik ʼn intimidasie-regime is.

Jannie van Niekerk ·

Nathi Mthetwha: Indien die sportmanne sal kniel om hulle teenkanting teen PLAAS MOORDE te kenne te gee, sal jy nogsteeds sê hulle is rassisties? Ek twyfel of jy DIT sal goedkeur.

Excalibur ·

In die land van blindes is ou eenoog Koning…Minister, jy is deur ons Skepper met ‘n swart vel geskape.
Ja, jy het nie gekies om swart te wees nie en so het menige Burger ‘n ander vel gelaatskleur wat hom/haar in sommige gevalle in ‘n spesifieke ras indeel sonder keuse maar kyk om u rond dat selfs in die verskillende rasse; velkleure van donker tot lig verskil en baie ampertjies hom/haar kon oordruk na ‘n ander ras as dit slegs oor velkleur sou gaan. Aanvaar met trots u Skepper se keuse met u en tree liefs dankbaar en Christelik op want niks wat u of hierdie wereld gaan maak gaan u van ras of velkleur verander nie. Jy word nie as n agterblewende of n armlastige gebore as jy swart is nie maar dit wat jy van jou lewe maak deur ontwikkeling, ens maak wat jy eendag voor gerespekteer sal word en geellaas duer ons Skepper geoordeel sal word. Daarvoor buig ons slegs die knie voor die Almagtige Skepper van die heelal. “GOS LOVES ALL = ALL LIVES MATTER”

Flip ·

Ek hou die borge dop en “A” is die eerste een wat nie meer n sent van my gaan kry nie…
Hoop nie ou nathi wil eendag sy begrafnis by n kerk hou nie want hy wil Christen gelowiges dan nou laat verbolg…..

Rentia ·

Raai wat Nathi… Dan IS ek ‘n rassis. Ek sal NIE my knieë buig voor jou nie. Ek sal net voor EEN mens die knieg buig. Net soos ek ook weet jy sal nie jou knieg voor my buig nie.
Staan VAS manne! Ons staan sterk agter julle!

Cherokee ·

Voor EEN mens? God is nie ‘n mens maar die skepper van mense en ‘n Wese vêr verhewe bo die mensdom. Mense is aards.

katerinadiekat ·

The human race..seem to have this need to always find Something or Someone to kneel in front of. Vreemd. Slaaf-siele. Get up off your knees, its sad and pathetic and it looks ridiculous.

twaalfboor ·

Bla bla bla bla……. hierdie manne verdien meer by die Sale Sharks as in die groen en goud. “Bite me Mthethwa”. LMGA vir jou patetiese pogings.

Cherokee ·

So konserwatief as wat julle my ken, moet ek erken dat ek BLM ondersteun. Ek sal selfs vir my ‘n T-hemp laat maak met BLM op die rug because Black Label Matters.

Niklaas ·

Die minister is maar min in die nuus en dit pla hom dalks vreeslik. Nou maak hy groot lawaai oor nietighede en kry so daai nodige media belangstelling.

herman ·

Baie eenvoudig boikot alle SA Cricket en SA Rugby.Dan sal ons sien wie gaan na die stadiums,en waar die geld vandaan sal kom om slapgaate soos AB en Faf en sy jommies ALMAL CHOCERS geld gaan kry.
En Syia kamstig so swaar gekry MAAR IN DIE BESTE SKOLE IN DIE LAND glad nie beste flank in die land nie,en hy weet dit net soos Nigidi baie beter spellers.ALL LIVES MATTER!! HOEKOM WORRY JULLE NIE OOR DIE BOERE WAT VERMOOR WORD NIE .EN JULLE ELKE DAG KOS GEE NIE.
MAAR DIE KNIEG BUIG VIR LOOTERS CRIMINALS GAAN KYK WAT IS BLACK LIVES MATTER SE MAIFESTO EN VIR WAT HULLE STAAN DAN PRAAT ONS WEER
Komaan LAAT ONS HULLE BYCOTT EN RUGRAAT WYS IN DIE LAND
KLAAR MET ALLE SA CRICKET EN SA RUGBY

twaalfboor ·

Okay herman…. ek stem saam met jou. Moet net nie so op my skree nie. LOL!

Sniperwolf ·

Ek het my smaak vir SA sport verloor. As jy ruggraatloos is dan het jy niks om enige iemand te bied nie. Lafaards walg my.

NWT ·

Die lied van Ron Kenoly ” I now my knee before Your Throne ” speel oor en oor in my kop. My God is die enigste persoon voor wie ek my knie buig. As ons as Christene ons knie buig is ons besig om God te verloen. Hoekom was Daniel en sy vriende in die leeukuil gegooi……..omdat hul geweier het om te buig en te kniel voor n aartse God……. maar hul God wat nou nog lewe hul deurgekom vir hulle.

Die minister van sport moet afgedank word sy raassistiese versoek aan SA rugby. Israel Folua se naam kom nou by nou by op…..staan by sy Christelike waardeer…..en niemand kan iets daaraan maak.

Ek voel die kerk moet sterker na vote kom oor die minister se aanmerkings. Ook oor die feit dat kerke en ander geloofs instansies nog altyd 50 mense op n slag moet akkoomodeer terwyl die strande onder vlak 2 oop is duisende mense is om te swem. Dink hulle as mense swem word die virus weggewas. Nie almal swem nie . Sommige gaan le net op die strande.

NWT ·

Ek wil by die minister van sport weet hoekom sport kodes nie n derde van hul toeskouers kan toelaat nie. Hande word by die hekke gesanitize, almal dra maskers en almal sit 3 stoele weg van mekaar. So kan sport kodes hul inkomste begin genereer. Kom ons kyk na shopping malls. Duisende mense in die malls….maar net n aantal mense word binne toegelaat op n tyd. Hoekom nie by sportskodes nie.

Sarel ·

Hierdie ou het nou genoeg publisiteit gekry. Die genoemde groep ry ook lekker op diecgratis publisiteit

Sniperwolf ·

Dis die resultaat van stommerikke wat skielik ‘n platform het om iets te sê. Daar sal anargie wees soos die wêreld nog nie gesien het nie as swartes vir wittes moes kniel. Dan sal dit kras rassisme, wit oorheersing en ‘n terugkeer na die ewige chip op die skouer-slawerny deur elke progressiewe breindood liberaal genoem word en die wêreld se swart (anderskleuriges).

Anoniem ·

Mnr. Mthethwa word asb. groot en buig jy maar die knie voor jou geldgod!!!

Niklaas ·

Daardie Sale Sharks spelers ignoreer vir Nathi, want hulle is onbereikbaar. Sover ek weet is die span hoofkwartier in Manchester. In Engeland. Dis dalks so dat Nathi nie mooi seker is van die ligging van al hierdie plekke nie. ‘n Wereldkaart, atlas of Google-earth kan wondere doen om sy geografiese kennis te verbeter. Dan kan hy die onsinnighede laat vaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.